Wednesday Sep 04, 2024

Episode 327 - Red Pretoria veldtog skop af

  • AfriForum skop veldtog af om Tshwane-metro uit die EFF se hande te hou AfriForum het ’n omvattende veldtog afgeskop om die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit uit die hande van ’n EFF-ANC-koalisie te hou. Dit volg nadat ActionSA aangekondig het dat hy dit ernstig oorweeg om hom by die ANC en die EFF te skaar om die burgemeester, Cilliers Brink, uit te stem en sodoende die DA-geleide veelpartykoalisie in die metro ten gronde te laat gaan. Die publiek kan deur die webblad www.redpretoria.co.za só ’n toekoms in die wiele ry. Met die ondertekening van die petisie sal ’n outomatiese skrywe aan leiers van ActionSA, DA, IVP, ACDP en VF+ gestuur word om die geskille in die koalisie so gou moontlik en in die belang van die metro se inwoners by te lê.  
  • Maroela Media berig: AfriForum wil Tshwane-metro uit die EFF se hande hou “Dis tyd dat die inwoners van die Tshwane-metro hul stemme laat hoor deur dit hard en duidelik te maak dat hulle alles in die stryd sal werp om te verhoed dat ’n EFF-ANC-koalisie mag oor die metro bekom.”
  • Kallie Kriel @kalliekriel video Help @afriforum om te probeer stop dat 'n EFF-koalisie Pretoria regeer. Dit is wat gaan gebeur indien @Action4SA onttrek uit die huidige koalisie. Jy kan help! Besoek http://redpretoria.co.za en vul jou besonderhede in om outomaties 'n skrywe aan die leiers van ActionSA, DA, IVP, ACDP en VF Plus te stuur waarin jy vra dat hulle alles in hul vermoë doen om die bestaande koalisie te red. Versprei die boodskap asb. dringend aan jou vriende en familie.
  • Rapport berig: Tweespalt in ActionSA oor verwydering van Cilliers Brink Terwyl Herman Mashaba, ActionSA se leier, skynbaar met vakansie is in die buiteland, is daar spanning tussen die party se verteenwoordigers in Tshwane en die senaat wat die party op nasionale vlak bestuur. Die senaat is volgens ’n bron in die binnekring van die party nie ingenome met die Tshwane-span se toenadering tot die ANC nie.
  • ActionSA se besluit om hom te onttrek aan die DA-geleide koalisie in Tshwane het die afgelope week amper die gewilde burgemeester, Cilliers Brink, sy amp gekos. ’n Beplande mosie van wantroue, waar ActionSA volgens alle aanduidings met die ANC sou saamspan om hom uit sy pos te verwyder, is op die nipper uitgestel.
  • Daar is 2 politieke kragte wat inspeel. Nasionaal is daar ‘n Regering van Nasionale Eenheid waar die DA en ander partye deel is van die RNE.
  • Provinsiaal het die ANC geweier om met die DA saam te werk en verkies om ‘n minderheidsregering te vorm. Deel van die strategie is om politieke beheer oor die Metro’s te kry. Tshwane is die enigste Metro nie onder ANC beheer nie. Vir die ANC om beheer te kry benodig hy die steun van die EFF en ActionSA.
  • The Citizen berig: Die verhouding tussen die ANC en die DA is sterk aan die bokant waar hulle vreedsaam saamwerk, maar swak aan die onderkant waar hulle mekaar se kele is.
  • Kenners meen die verduideliking hiervoor is nie moeilik om te vind nie. Dit is geleë in 'n magspel wat deur die ANC en DA gespeel word om mekaar te probeer domineer.
  • Indien ActionSA besluit om eerder die ANC te steun sal dit die party politieke steun kos in die volgende munisipale verkiesing.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125