Wednesday Sep 11, 2024
Episode 331 - Swart dag vir Afrikaans in skole. Ramaphosa teken Bela die Vrydag
- Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA) is voor die verkiesing deur die Nasionale Vergadering aanvaar. President Cyril Ramaphosa moet dit teken sodat dit ‘n wet kan word. President Ramaphosa teken die wet Vrydag.
- Flip Buys, Uitvoerende Hoof van Solidariteit, sê: "Suid-Afrika staan vandag voor 'n belangrike kruispad. Afrikaanse skole is 'n baken van uitnemendheid- ons ag die sukses daarvan baie hoog. Bela is 'n tree terug! "
- AfriForum gaan voort met regstappe sodra president BELA onderteken AfriForum beskou die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA) as ’n poging tot kulturele etniese suiwering deur die ANC-regering, aangesien dit die vernietiging van ’n taal- en kultuurgemeenskap se skole sal moontlik maak om sodoende die groep se kulturele voorbestaan in gedrang te bring. Om dié rede is AfriForum se regspan gereed om stappe teen die implementering daarvan te doen sodra die wetsontwerp deur president Cyril Ramaphosa onderteken word. AfriForum het vandag dié aangekondig gemaak tydens ’n gesamentlike mediakonferensie deur AfriForum, Solidariteit, Solidariteit Helpende Hand, die Skoleondersteuningsentrum (SOS) en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK).
- Maroela Media berig: Bela | Hof toe as Ramaphosa teken ’n Poging tot kulturele etniese suiwering en ’n daad van aggressie, is pres. Cyril Ramaphosa se beoogde ondertekening van die Bela-konsepwet Woensdag genoem.
- Netwerk 24 berig: 'As Bela Vrydag wet word, gaan ons hof toe' – Solidariteit Die Solidariteit-beweging sal hom tot die hof wend indien pres. Cyril Ramaphosa Vrydag voortgaan om die Bela-wysigingswetsontwerp te onderteken, het dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van die Solidariteit-beweging, Woensdag op ’n nuuskonferensie gesê.
- “Ons sien die ondertekening as ’n daad van aggressie en verbreking van die vertrouensverhouding met die Afrikaanse gemeenskap. Die ondertekening breek die gees van eenheid van die nasionale regering,” het Hermann gesê.
- Netwerk 24 berig: Bela oor 48 uur landswet Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) word ondanks hewige teenstand oor 48 uur amptelik ’n landswet.
- Cyril Ramaphosa se kantoor het Woensdagoggend in ’n verklaring aangekondig hy gaan Vrydag hierdie omstrede wetsontwerp bekragtig.
- Netwerk 24 berig: As Cyril Bela wet maak, is RNE in gedrang – Steenhuisen As pres. Cyril Ramaphosa die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) as landswet bekragtig, stel hy die toekoms van die regering van nasionale eenheid (RNE) in gevaar, waarsku John Steenhuisen, DA-leier.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.