Thursday Sep 12, 2024

Episode 332 - ‘Bela-wet is daad van aggressie teen Afrikaans’

  • ‘Bela-wet is daad van aggressie teen Afrikaans’ AfriForum, Solidariteit, Solidariteit Helpende Hand, die Skoleondersteuningsentrum, die FAK en die Afrikaanse Onderwysnetwerk het aangekondig dat hulle regstukke gereed is indien Ramaphosa die BELA-wet bekragtig.
  • Netwerk 24 berig: Herrie oor Bela en bedreiging van RNE ‘ontstel’ Ramaphosa Dit is “ontstellend” vir die president dat die stabiliteit van die regering van nasionale eenheid (RNE) bedreig word elke keer as die RNE-vennote ’n dispuut het, soos ook nou met die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela). “Dit is ontstellend omdat sulke dreigemente nie net teen die president gerig is nie, maar ook teen die stabiliteit van die land én teenoor Suid-Afrikaners,” het Vincent Magwenya, pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Woensdag namens hom by die parlement in Kaapstad gesê.
  • Dit het gevolg nadat ’n herrie Woensdag onder veral politieke partye en burgerlike organisasies losgebars toe die presidensie bekend gemaak het dat Ramaphosa beplan om dié hoogs omstrede wetsontwerp Vrydag in die openbaar by die Uniegebou te bekragtig.
  • Bela | Hof toe as Ramaphosa teken berig Maroela Media oor die Solidariteit Beweging wat die hof roete wil neem. “’n Poging tot kulturele etniese suiwering en ’n daad van aggressie, is pres. Cyril Ramaphosa se beoogde ondertekening van die Bela-konsepwet Woensdag genoem.”
  • News 24 berig: President Cyril Ramaphosa is nie geroer deur John Steenhuisen, DA-leier, se dreigement dat die ondertekening van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA) die regering van nasionale eenheid (RNE) in duie kan laat stort nie.
  • Die Regering het gekommunikeer: President Cyril Ramaphosa onderteken BELA-wetsontwerp. Ondertekening seremonie sal soos volg plaasvind op Vrydag, 13 September 2024 om 10:30 by die Uniegebou, Pretoria.
  • BELA-ondertekening is “skole-kaping”, sê Kaapse Forum Kaapse Forum doen ’n beroep op bruin gemeenskappe om nie die dreigende ondertekening van die drakoniese Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA) te beskou as ’n saak wat slegs voormalige model C-skole gaan raak nie. Dit is ’n geveg vir elke skool en elke huishouding in Suid-Afrika en spesifiek Afrikaanssprekende gemeenskappe.
  • Die DA woordvoerder noem dat die party nie die RNE sal verlaat oor die ondertekening van die omstrede BELA-wetsontwerp deur president Cyril Ramaphosa nie, al is dit daarteen. Willie Aucamp, DA-woordvoerder, sê hulle sal die saak egter hof toe neem. Hy voeg by dat Siviwe Gwarube, minister van onderwys, dit sal implementeer “al glo hulle nie daarin nie” berig Newzroom Afrika @Newzroom405 video:
  • Alida Kok: Afrikaanses is nou by kruispad skryf op Netwerk 24. “Die Afrikaanse gemeenskap se eerste reaksie op die nuus dat pres. Cyril Ramaphosa die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) môre gaan onderteken, is om dit ’n “daad van aggressie” te noem.” “”Saam met die onlangse ondertekening van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) en die koms van die tweepotstelsel is die moontlike ondertekening van Bela en die verwagte einde van die Cilliers Brink-administrasie in Tshwane van die tekens dat die Afrikaanse gemeenskap by ’n kruispad staan.
  • Tog kan ’n mens nie meer baie vertroue in die RNE hê nie. ’n Voorwaarde vir die totstandkoming daarvan was ’n nasionale dialoog wat deur ’n verteenwoordigende burgerlike samelewing gelei word.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125