Friday Sep 13, 2024
Episode 333 - Bela-wet: Openbare druk lei tot taktiese deurbraak.
- Kallie Kriel skryf: President Ramaphosa plaas taalbeleidklousule van die Bela-wetsontwerp op ys vir verdere gesprekvoering:
- Openbare druk en gesprekvoering het hierdie positiewe verwikkeling tot gevolg gehad. Ek en Dirk Hermann het gister, namens onderskeidelik AfriForum en Solidariteit, gesprekke met president Ramaphosa gevoer, en hy het my vanoggend telefonies ingelig dat hy die deur vir verdere gesprekke oor skole se taalbeleid sal heropen. Sou dit op niks uitloop nie, sal ons regstappe voortgaan. Intussen sal ons gesprekke met verskillende partye voer om met sinvolle voorstelle vorendag te kom wat die behoud van Afrikaanse skole sal verseker.
- AfriForum, Solidariteit en SOS verwelkom taktiese deurbraak oor BELA
- ’n Taktiese deurbraak is vanoggend gemaak in AfriForum, Solidariteit en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se stryd téén twee gewraakte artikels in die Wet op Basiese Onderwyswette wat pas deur president Cyril Ramaphosa onderteken is. In wat dié organisasies as ’n wen vir Afrikaanse gemeenskappe ag, het Ramaphosa besluit om artikels 4 en 5 van dié wet oop te maak vir verdere gesprekvoering en derhalwe nie dadelik te implementeer nie. Dit dien as ’n bewys dat openbare druk sukses kán behaal.
- Die president se aankondiging in dié verband volg ná AfriForum en Solidariteit gister (Donderdag) in gesprek met die president was en die versoek aan hom gerig het dat hierdie gewraakte artikels nie geïmplementeer moet word nie. Hierdie artikels bepaal dat die hoof van die provinsiale Onderwysdepartement die finale sê sal hê oor skole se toelatings- en taalbeleide. ’n Staatsamptenaar sal dus ’n beheerliggaam kan veto en onder meer die demografie van die groter onderwysdistrik in die toepassing van dié betrokke artikels in ag neem.
- Maroela Media berig: onderteken Bela, maar omstrede artikels op ys
- Die toegewing is as ʼn “taktiese deurbraak” bestempel en word onder meer toegeskryf aan die volgehoue druk wat daar op die regering was om die artikels te hersien.
- Netwerk 24 berig: KYK | Ramaphosa swig onder druk oor Bela Dit blyk dat pres. Cyril Ramaphosa onder die druk van partye binne die regering van nasionale eenheid (RNE) geswig het oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela).
- Hoewel Ramaphosa dit Vrydag onderteken het, is dele van die wetsontwerp waarteen RNE-vennote kapsie gemaak het nie deel van die wet wat hy onderteken het nie.
- Artikel 4 en 5 (wat onderskeidelik handel oor toelating en taal) is vir eers op ys geplaas.
- Die AfriForum STOP die Bela-wet! Veldtog het 68,861 handtekeninge gekry
- Dirk Hermann @SolidariDirk van Solidariteit skryf 50 000 mense het in minder as 48 uur persoonlike e-posse vir president Ramaphosa gestuur. Mense is met reg kwaad
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.