Monday Sep 16, 2024

Episode 334 - Gesprekke en dialoog nuwe koers wat die RNE moet inslaan volgens president Cyril Ramaphosa

  • Rapport berig berig: EKSKLUSIEF | Laataand-gesprekke met Kallie en Dirk laat Cyril swig oor Bela Danksy ’n pleidooi van John Steenhuisen dat pres. Cyril Ramaphosa met Dirk Hermann en Kallie Kriel praat voordat hy die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) bekragtig, is twee van die mees omstrede artikels ter elfder ure op ys geplaas.
  • Rapport kan vandag eksklusief onthul hoe Hermann, hoof van Solidariteit, en Kriel, hoof van AfriForum, in laataand-oproepe en vroegoggend-WhatsApps Ramaphosa oortuig het om verdere konsultasie oor art. 4 en 5 van die Bela-wet aan te vra voordat hy dit bekragtig.
  • In reaksie op die City Press voorblad: BELA Bill: How Ramaphosa buckled to pressure from Solidarity and Afriforum die volgende: Kallie Kriel skryf: #BelaWet  Vir 'n president om by alle gemeenskappe betrokke te raak, selfs diegene wat nie met sy party saamstem nie, word goeie staatsmanskap genoem. Om president Ramaphosa se besluit om met verteenwoordigers van minderheidsgemeenskappe te skakel uit te beeld asof hy 'aan druk vasgegespe' is, is 'n valse narratief wat geskep word deur diegene wat nie wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe wil bevorder nie. Die land het dringend samewerking nodig, nie verhoogde polarisasie nie. #KomOnsPraat
  • Netwerk 24 berig: RNE sal danksy openheid en dialoog aanhou floreer – Ramaphosa
  • Die regering van nasionale eenheid (RNE) sal ondanks geskille onder vennote, soos verlede week met die omstrede Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela), nie net oorleef nie, maar ook floreer, glo pres. Cyril Ramaphosa.
  • Netwerk 24 berig EFF dreig met hofstappe oor afkoeltyd vir 2 Bela-klousules Die EFF sal alle beskikbare regs- en ander kanale oorweeg om pres. Cyril Ramaphosa te dwing om die hele Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela), insluitend die uitgestelde klousules oor taal- en toelatingsbeleid, dadelik ten volle in werking te stel.
  • Departement eis: Prop nóg kinders in elke klas berig Netwerk 24: “Leiers van Afrikaanse skole in die Pretoriase Moot het die afgelope week ’n voorsmakie gekry van wat kan kom as die Bela-wet se klousule oor toelatingsbeleid in sy huidige vorm in werking sou tree.”
  • News 24 berig: President Cyril Ramaphosa sê hy sal sake-organisasies in die komende dae ontmoet om hul besware teen die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te bespreek, na aanleiding van 'n versoek van Business Unity South Africa (BUSA).
  • Maroela Media berig: ActionSA groet veelpartykoalisie in Tshwane “Ons was nog altyd gekant teen onnodige veranderinge aan regerings wat werk, maar ons kan nie, met ’n skoon gewete, stilbly in die aangesig van die duidelike misbruik van openbare vertroue, veral waar die bestuur van openbare finansies betrokke is nie.”
  • Red Pretoria: AfriForum oorhandig petisie met 17 000 name aan Tshwane-koalisievennote Hoor die pleidooi van die inwoners! Dít is die dringende beroep wat die burgerregteorganisasie AfriForum aan die Tshwane-metro se koalisievennote gaan rig wanneer dit môre (17 September) die name van sowat 17 000 ondertekenaars, wat die organisasie se Red Pretoria-petisie onderteken het, aan verteenwoordigers van die koalisie gaan oorhandig.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125