Thursday Sep 19, 2024
Episode 336 - Wat werk en wat werk nie op 19 September 2024 in Suid-Afrika.
- EWN berig: Die African National Congress (ANC) in Tshwane sê hy is gevra om nog een voorlegging oor sy planne te maak sou sy strewe na mag in die hoofstad vrygestel word.
- Die metro het nie werk onder die ANC en die DA koalisie begin nou stadig die finansiële situasie verbeter. ActionSA beplan om die koalisie op 26 September tot niet te laat gaan.
- Bela gaan nie werk nie en daar is groot protes: Oorweldigende steun teen BELA-wet: AfriForum-petisie groei met meer as 100 000 in 24 uur!
- NGV gaan nie werk nie. Maroela Media berig: AfriForum eis behoorlike konsultasie oor NGV
- Fitch, ʼn kredietgraderingsagentskap, het die NVG vandeesweek gelys as een van die vernaamste bedreigings vir die stabiliteit van die Suid-Afrikaanse ekonomie.
- Siek of nie siek nie. Paul Mashatile werk nie as adjunk president nie. ANC sal planne moet maak oor wie Cyril Ramaphosa opvolg. Maroela Media berig: Mashatile moet rus; antwoord nie Donderdag vraepres. Paul Mashatile se mediese span het hom aangeraai om ʼn week te rus en te herstel ná die “mediese voorval” die afgelope naweek in Limpopo.
- Die SAUK werk nie. Business Live berig: Parlement debatteer oor die vervanging van TV-lisensie met huishoudelike heffing Die SAUK-wetsontwerp vereis dat die minister van kommunikasie en digitale tegnologieë ’n finansieringsmodelraamwerk vir die uitsaaier moet skep. Die parlement hou Donderdag openbare verhore oor die SAUK-wetsontwerp, wat poog om die finansieringskrisis daar aan te spreek deur onder meer voor te stel dat die openbare uitsaaier die TV-lisensie met 'n huishoudelike heffing vervang.
- Die ANC se beleid en ideologie werk nie. Tog volhard hul. Koos Malan skryf op Netwerk 24: Koos Malan: Wat word nou van die ANC se ‘revolusie’? Moenie dink die ANC het vanweë die vorming van die regering van nasionale eenheid afgesien van sy “revolusie” nie. Die party volg eintlik ’n heel bekende strategie, skryf Koos Malan.
- Ofskoon die ANC vir die grootste gedeelte van sy bestaan nie onomwonde kommunisties was nie, is sy ideologiese en strategiese uitkyk deurlopend sterk deur denkbeelde vanuit kommunisme beïnvloed. Sowel Sowjet- as Chinese kommunisme was vir hom rigtinggewend. Die groot twintigste-eeuse figure van die kommunisme, veral Lenin en Mao, was nog altyd vir die ANC helder ligte op sy pad.
- Die Poskantoor werk nie meer nie: Netwerk 24 berig: Poskantoor: Gryp dringend in want sakeredders het misluk, eis komitee Dringende ingryping by die sakereddingsproses van die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) word op ’n ministeriële vlak bepleit.
- Die ekonomie werk nie lekker nie. Die Rand het versterk na R17.50 maar die ekonomiese beleid kort hervorming. Maroela Media berig Inflasie bly daal, maar hervorming noodsaaklik “Oor vyf jaar sal Suid-Afrika se sukses gemeet word aan twee eenvoudige kriteria: verhoogde ekonomiese groei en verminderde werkloosheid.”
- Daar is ‘n sterk moontlikheid dat rentekoerse marginaal vandag verlaag kan word. Fed verlaag rentekoers; SA volg waarskynlik ook Suid-Afrika se Reserwebank maak Donderdag net ná 15:00 ook sy jongste rentekoersbesluit bekend en daar is heelwat optimisme dat die bank ook ʼn verlaging gaan aankondiging.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.