Friday Sep 20, 2024

Episode 337 - Swak sensus of nuutste verskoning vir swak ANC bestuur en beleid ?

  • Goeie bestuur kan nie swak beleid en ideologie regruk nie. Kombineer jy swak bestuur met swak beleid en ideologie dan is ‘n ramp jou voorland.
  • Maroela Media berig: ‘Katastrofiese sensus’ kan stede se begrotings knou Die kop van die statistikus-generaal word geëis noudat die ernstige gevolge van die onlangse gebrekkige sensusopname al hoe duideliker word.
  • Netwerk 24 berig: Tesourie: Swak sensus besnoei geld vir 7 m. armes, 30% van metro-beursies
  • Die domino’s hou aan val soos die nadraai van die erg problematiese gevolgtrekkings van die 2022-sensus die tesourie nou noop om meeste metro’s se toedelings te besnoei en 6,8 miljoen armes te ignoreer.
  • Die nasionale tesourie kon met die publikasie van die nasionale begrotingsraamwerk in Februarie reeds nie al sy nodige bevolkingsdata van 2011 af tot meer onlangse syfers opdateer nie weens die afwesigheid van belangrike data uit die jongste sensus van 2022.
  • Nou sal hy nie eens die middel-van-die-jaar-ramings, wat drasties verskil van die sensus, kan benut om voorsiening te maak in die begroting vir miljoene mense wat nie met die sensus getel is nie.
  • Verder word hy nou genoop om armoedevlakke van 2011 te benut om te bereken hoeveel arm huishoudings in die land tans ondersteuning benodig – al is daar volgens meer akkurate maar nietoelaatbare data nou 6,8 miljoen meer armes.
  • Die sensus van 2022 is 11 jaar pleks van die gewone 10 ná die vorige een in 2011 gedoen.
  • Met opnames wat tydens Covid-19-inperking moes geskied, het talle probleme vroeg al begin kop uitsteek. Dit is egter eers met die publikasie van die syfers in Oktober verlede jaar dat die omvang van die tekortkominge duidelik geword het.
  • Oorweldigende steun teen Bela-wet groei steeds: AfriForum-petisie nou verby 200 000 kerf
  • AfriForum se Stop Bela-petisie (www.stopbela.co.za) teen die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys 32 van 2024 groei steeds. ’n Dag nadat die 150 000 kerf verbygesteek is, het die aantal ondertekenaars tot meer as 200 000 gestyg. Dit is ’n duidelike bewys van die publiek se sterk teenstand teen hierdie wet met sy verskeie ondeurdagte en gevaarlike bepalings.
  • Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, is dit duidelik dat die publiek baie ernstig teen die wet se aanslag teen Afrikaanse skole en kinders is. Hulle besef ook dat die implementering daarvan ’n ernstige bedreiging vir die toekoms van gehalte onderrig en moedertaalonderrig oor die algemeen in die land sal inhou.
  • Solidariteit verwelkom verligting wat rentekoersverlaging meebring
  • Solidariteit verwelkom die besluit van die Reserwebank se monetêre beleidskomitee om met ʼn rentekoersverlagting van 25 basispunte broodnodige verligting aan huishoudings reg oor die land te bring.
  • “Hierdie rentekoersverlaging is heel waarskynlik nog nie genoeg om die ekonomie weer behoorlik aan die gang te kry nie, maar almal wat huis- en motorpaaiemente afbetaal, sal darem ʼn mate van verligting voel.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125