Monday Oct 07, 2024
Episode 345 - Cosatu staking net ‘n asempie na die glorie dae van vroeër.
Cosatu gebruik ’n stakingsertifikaat wat uit 2017 dateer vir goedkeuring vir sy nasionale staking oor die swak ekonomie en afleggings Maandag berig News 24.
Teen 14H00 het nie #Cosatu of ‘n staking verwante tema getrend op X nie. Weg is die dae waar Cosatu optogte en stakings duisende lede gelok is. Op Cosatu se X profiel het die video gedeel ‘n paar honderd stakers op. Net soos wat die ANC met die verkiesing in geplof het 40.18% stemme het Cosatu vandag gewys dat dit nie meer die noemenswaardige vakbond federasie van vroeër is nie.
Cosatu is ondersteun die vakbond federasie Fedusa wat in die verlede nie groot wat op die tipe optogte en stakings nie. Die vakbonde federasie SAFTU het nie die staking ondersteun nie.
Die hoof optog was na die JSE in Johannesburg. Aksies is ook beplan vir Amanzimtoti, Kaapstad, Durban, Oos-Londen, Jozini, Kimberley, Komatipoort, Pietermaritzburg, Polokwane, Rustenburg en Sasolburg.
Die landwye staking word om verskeie redes as 'n mislukking gekenmerk:
- Gebrek aan deelname
Ten spyte van Cosatu se oproep om massadeelname om werkloosheid en ekonomiese kwessies aan te spreek, dui verslae daarop dat die opkoms aansienlik laer was as wat verwag is. Baie werkers het verkies om nie deel te neem nie, wat gelei het tot 'n gebrek aan sigbare impak van die betogings in groot stede.
- Ekonomiese konteks
Die staking het plaasgevind in 'n uitdagende ekonomiese omgewing, gekenmerk deur hoë werkloosheidsyfers en stygende lewenskoste. Baie besighede en ekonomiese ontleders het egter aangevoer dat sulke stakingsaksies die reeds brose ekonomie verder benadeel.
- Regs- en organisatoriese uitdagings
Cosatu se staking is wetlik beskerm onder Suid-Afrikaanse arbeidswette, maar tog was daar dispute oor die wettigheid van die stakingsertifikaat. Sakegroepe het hierdie sertifisering betwis, wat moontlik sommige potensiële deelnemers ontmoedig het om by die betogings aan te sluit weens vrese vir regsgevolge of kommer oor werksekerheid.
- Openbare sentiment
Openbare sentiment teenoor stakings is gemeng. Alhoewel daar simpatie is vir die lot van werkers wat werkloosheid en ekonomiese swaarkry in die gesig staar, is daar ook frustrasie met voortdurende ontwrigtings wat deur stakings veroorsaak word.
Cosatu net soos die ANC is in ‘n krisis. Daar is ‘n interne stryd oor sy organisatoriese beginsels en identiteit. Histories was Cosatu 'n kritieke bondgenoot van die ANC, wat organisatoriese ondersteuning en legitimiteit verskaf het. Die verhouding het baie verswak in die Ramaphosa era.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.