Wednesday Oct 09, 2024

Episode 347 - ActionSA beloon met burgermeester pos in Tshwane

Nasiphi Moya is met kruispartysteun tot burgemeester van Tshwane verkies. Beide die ANC en die EFF het hul steun agter Nasiphi Moya gegooi. Moya het die steun van haar eie party ontvang, asook die African ANC, EFF en ’n aantal kleiner partye in die raad.

Die algemene verkiesing van 2024 het 'n beduidende impak op Action SA se politieke strategie gehad, wat sy posisionering en toekomstige doelwitte in Suid-Afrika se ontwikkelende politieke landskap beïnvloed het. Die partye het baie swakker gedoen as met die 2021 plaaslike verkiesing.

In die 2024-verkiesing het Action SA ses setels in die Nasionale Vergadering verseker, wat 1,2% van die stemme gekry het.  In 2021 was hul steun 2.34% en was hul die blinkoog party van daardie verkiesing.

Die swak uitkoms van 2024 het gelei tot 'n herevaluering van ActionSA se strategie, veral omdat hulle 'n uitnodiging van die hand gewys het om by die ANC-geleide Regering van Nasionale Eenheid  te dien.

Panyaza Lesufi, die Gautengse premier, het 'n deurslaggewende rol gespeel in die politieke maneuvers rondom vandag se  stemming vir ActionSA se burgemeester in Tshwane. Na die uitskop van die DA se Cilliers Brink deur 'n mosie van wantroue, het die ANC besluit om ActionSA raadslid Dr. Nasiphi Moya as die nuwe burgemeester te ondersteun.

Hierdie besluit is beïnvloed deur Lesufi se strategie om die RNE van provinsie vlak af te rysmier en homself op te stel teenoor die bestaande nasionale ANC leierskap.  Lesufi se steun aan Moya onderstreep 'n breër strategie wat daarop gemik is om al die metro’s in Gauteng te beheer al het die ANC net 36% steun gekry in die provinsiale verkiesing vroeër vanjaar.  

Omdat ActionSA nie deel was van die RNE nie moes die party iets doen om relevant te word en was oop vir samewerking met die ANC en EFF-faksies in Tshwane. Die besluit is ‘n kort termyn stap tot mag maar op die langtermyn met die volgende munisipale verkiesing sal die kiesers ActionSA straf vir die besluit.

Action SA het sy boodskap strategie verfyn die laaste twee weke in Tshwane om die indruk te probeer skep dat Nasiphi Moya ‘n werkende burgermeester is. Iets wat haar voorganger Cilliers Brink goed reggekry het. Of sy Brink se skoen kan volstaan is ‘n ander vraag. Voor vandag se verkiesing het inwoners van Tshwane nie eers geweet wie is Nasiphi Moya nie.

The Times Live berig: “In 'n brief wat Helen Zille, die party se federale voorsitter, aan Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC en David Makhura, NUK-lid, geskryf het, het sy verklaar dat die DA formeel aan samesprekings onttrek het en enige dat die ANC vir enige verdere metro-ineenstorting geblameer moet word. “Die ANC moet nou verantwoordelikheid aanvaar vir die voortdurende chroniese onstabiliteit van hierdie metro’s en voortgesette diensleweringsmislukkings namate Suid-Afrika die 2026 plaaslike regeringsverkiesing nader.”

Die hele Tshwane debakel dui daarop dat die RNE onder druk is. Dit wys dat Panyaza Lesufi hom posisioneer om die volgende president van die ANC te word.  Inwoners van Tshwane kan hulself ook regmaak vir swakker dienslewering van die metro af.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125