Friday Oct 11, 2024
Episode 349 - Massaoptog teen Bela
Die stabiliteit van die RNE in Suid-Afrika is onseker, hoofsaaklik as gevolg van spanning rondom die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) asook die manier waarop die DA koalisie in Tshwane verwyder is deur die Lesufi-faksie in die ANC. Boonop is die Lesufi-faksie aktief besig binne die RNE om dit te rysmier en te sorg dat dit misluk.
Weerstand teen Bela is vir politieke partye soos die DA en VF Plus belangrik. Die DA het vandag op X verklaar: “Die DA sal onder geen omstandighede sal instem tot Die implementering van klousule 4 en 5 van Bela. “
Dit is egter die Solidariteit Beweging en organisasies onder die Beweging wat daad by die woord sit en met protes voortgaan.
Op 5 November word ‘n Massaoptog teen Bela beplan na die Uniegeboue toe: Die stryd teen sekere klousules van die Bela is nie net om ’n wet teen te staan nie, maar gaan oor kulturele oorlewing. Daarom sal die Solidariteit-beweging alles in sy vermoë doen om te keer dat dit in werking gestel word, benadruk Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.
Maroela Media berig: Bela | Alles in stryd gewerp om Afrikaanse skole te red Tydens die Bela-aksieberaad is onder meer besluit op ʼn massaprotesaksie op 5 November in Pretoria.
Netwerk 24 berig: Optog en groot stryd kom nog oor Bela Die Bela-wet word uit verskeie oorde beskou as die grootste bedreiging wat Afrikaanse skole nog moes trotseer aangesien dit onder meer ouerinspraak ondermyn en die voortbestaan van die Afrikaanse skole en kultuurgemeenskappe bedreig.
As die DA en VF Plus hul steun onttrek weens ontevredenheid met ANC-beleid of versuim om die BELA-wet te wysig, kan dit tot onstabiliteit binne die regering lei. Dit sal nie net wetgewende prosesse beïnvloed nie, maar ook openbare vertroue in regering en politieke stabiliteit in Suid-Afrika beïnvloed.
So uitkoms sal verwelkom word deur die Lesufi-faksie. Lesufi se politieke doelwit is om die RNE te vernietig en homself te vestig as opvolger vir Cyril Ramaphosa.
Ons het die week gesien dat ‘n ActionSA, Lesufi ANC en EFF die Tshwane Metro oorneem. Willie Spies wys die volgende uit vandag op Netwerk 24 in sy rubriek: Willie Spies: Kan DA, VF Plus Tshwane wen? Tans bevind die DA hom dus in ’n moeilike situasie. Wanneer hy homself posisioneer om swart steun te wen, staan hy in die proses wit steun af aan ’n party soos die VF Plus, maar aan die ander kant wys eenvoudige wiskunde selfs al kry die DA al die VF Plus-kiesers om voortaan vir hom te stem, sal dit nooit genoeg wees om die oorhand in Tshwane te kry waar 82,8% van die inwoners swart is nie.
Flip Buys het gister opgemerk tydens die BELA-aksieberaad "Afrikaners kom vandag weer te staan teen politici met imperiale ambisies - die nuwe kolonialiste van 'n spesiale soort."
Vrydenker @vrydenker merk op: Dialoog, samewerking en wedersydse respek is nie in die ANC se DNS nie. 'n Optog dalk ook nie in ons s'n nie, maar vir ons verre nageslagte kan ons sê: "Ons het alles ingegooi".
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.