Tuesday Oct 15, 2024

Episode 351 - Korrupsie in Gauteng vier hoogty onder Lesufi bewind - Forensiese verslae word versteek.

Premier Panyaza Lesufi is daarvan beskuldig dat hy korrupte amptenare beskerm het en versuim om op te tree teen korrupsiebewerings binne die Gautengse regering. Forensiese verslae word versteek en nie bekend gemaak nie.

Lesufi word beskryf as 'n sentrale figuur in 'n grootskaalse toesmeerdery wat wydlopende korrupsie, geldwassery, omkopery  en bedrog  wat behels dat die provinsiale regering glo honderde miljoene rande gekos het wat bedoel is vir nie-winsgewende organisasies.

Die verslag: Calling the shots. The strong arm of extortion in Gauteng wat verlede week vrygestel is bevestig die stand van sake in Gauteng rondom omkopery.  

AfriForum wys die volgende uit: Panyaza Lesufi geïmpliseer in beweerde toesmeer van korrupsie en dwarsboming van strafregtelike ondersoek

Die Gautengse Premier, Panyaza Lesufi, is na bewering ’n kernfiguur in ’n grootskaalse toesmeerveldtog van ongebreidelde korrupsie, geldwassery en bedrog wat die provinsiale regering nou al reeds honderde miljoene rande beloop en aan die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling toegeken is om maatskappye sonder winsoogmerk (MSW) te ondersteun. AfriForum se privaatvervolgingseenheid verteenwoordig nou ’n fluitjieblaser in hierdie saak en is die opdrag opgelê om die geïmpliseerde amptenare en hulle instaatstellers, insluitend politici, strafregtelik aanspreeklik te hou vir hierdie diefstal wat nou al vir byna ’n dekade aan die gang is.

Die praktyk van kaderontplooiing, waar politieke lojaliteit dikwels meriete by staatsdiens aanstellings vervang, is aangehaal as 'n bydraende faktor tot voortdurende korrupsie.

Rondom bewerings van toesmeerdery word die volgende strategie gebruik:

  • Versuim om forensiese verslae vry te stel: Lesufi is gekritiseer omdat hy nie die bevindings van forensiese ondersoeke na korrupsie bekend gemaak het nie, veral dié wat met die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling verband hou. Die DA het hierdie verslae herhaaldelik aangevra, wat glo bewyse van wangedrag bevat, maar dit bly nie bekend gemaak nie. Die versoek is ook dan vandag tydens ‘n mediakonferensie herhaal deur die DA.
  • Aanstelling van regsfirmas: Verslae dui daarop dat Lesufi, in plaas daarvan om dissiplinêre stappe teen geïmpliseerde amptenare te volg, die aanstelling van 'n regsfirma toegelaat het om forensiese verslae te hersien met die doel om die betrokkenes vry te stel.

Op die oomblik is die ANC te bang om teen Lesufi op te tree. The Citizen wys ook dan die volgende uit op hul voorblad:  Geen stappe teen Lesufi geneem nie omdat ANC bang is om hom te verloor. Luthuli huis het vermy om Panyaza Lesufi te dissiplineer oor sy anti-RNE-standpunt, uit vrees vir moontlike afwykings na Zuma se MK-party.”

Lesufi is aktief besig met ‘n magspel in die ANC met die doelwit dat die RET-faksie weer beheer oorneem van Luthuli huis en daarna MK en die EFF te betrek.  Lesufi het verkies om Gauteng met ‘n minderheidsregering te regeer. Dit bemoeilik deursigtigheid. Vir Lesufi is die prioriteit om mag ten alle koste te behou ten koste van skoon regering.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125