Tuesday Oct 22, 2024
Episode 355 - Hoe betroubaar is die Suid-Afrikaanse Weerdiens ?
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdienswet (Wet No. 8 van 2001) is die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) die enigste instansie wat wetlik gemagtig is om swaar weerwaarskuwings in Suid-Afrika uit te reik. Dit is 'n misdaad om enige swaarweer waarskuwing te publiseer, te vervaardig of te versprei wat 'n mens weet of behoort te weet misleidend of vals is. Hierdie regulasie is bedoel om te verseker dat die publiek akkurate en betroubare inligting ontvang oor gevaarlike weerstoestande, wat deurslaggewend is vir veiligheid en ramp gereedheid.
Die vraag ontstaan: Hoe betroubaar is die Suid-Afrikaanse Weerdiens ?
- Soms is waarskuwings laat of daar is geen waarskuwings nie.
- Soms is daar waarskuwings maar niks gebeur nie.
- Soms is die waarskuwings vir ‘n bepaalde gebied maar dan reën dit op ‘n ander plek.
- Soms stem voorspellings nie ooreen met informasie wat jy via ander weerdienste en hul Toeps beskikbaar gestel word.
Die SAWD gebruik “IMPACT BASED SEVERE WEATHER WARNING SYSTEM (ImpB-SWWS)” vir waarskuwings. Die hoofdoel van die impak gebaseerde SWWS is om seker te maak dat die waarskuwings wat uitgereik word maklik verstaanbaar is. Dit is sodat die nodige aksies voor die tyd geneem kan word om nadelige impakte te versag. Hierdie waarskuwings sal nie gebruik maak van meteorologiese jargon nie en deur 'n robotkleurkodering te gebruik, vereenvoudig dit die waarskuwings vlakke en moet daarop reageer.
Die uitdaging bestaan ook dat as die SAWD ‘n waarskuwing uitreik dan moet dit nog deur die media vertolk en gekommunikeer word. Dit gebeur in baie gevalle as die venster tyd van die waarskuwing reeds verby is.
Rondom die huidige weer is die volgende waarskuwing gegee op 21 Oktober: Weerdiens waarsku tot 200 mm reën kan val
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bygewerkte kaarte uitgereik van die Oos-Kaapse en KwaZulu-Natalse gebiede waar swaar reën Maandag en Dinsdag (21 en 22 Oktober 2024) verwag word. Swaar donderstorms kan ook in ander dele van die land voorkom.
’n Oranje vlak 6-waarskuwing is uitgereik vir ontwrigtende reënval en vloede wat vir die kusgebiede in dié twee provinsies voorspel is. Die jongste kaarte volg op waarskuwings wat die weerdiens Saterdag 19 Oktober uitgereik het oor die weerstoestande wat tot Dinsdag 22 Oktober verwag word.
Die huidige seisoen vir die landbou het uitdagend begin en word beskryf as: Reën kol-kol ‘normaal’ aan begin van somerreënseisoen. Dan is daar ook die moontlikheid dat dit ‘n La Niña jaar met heelwat reën besig is om te verander na ‘n droëer jaar met minder reën.
Dit is veral landbouers wat ander weerdienste se Toeps gebruik. Uit die argiewe van 28 Februarie 2024 berig Lanboucom Groot reën vir die Overberg? Dit hang af na watter app jy kyk. Die volgende dag is die artikel opgevolg met: Voorspeller waarsku oor akkuraatheid van Europese weermodelle
Om die “regte weer en voorspelling” te kry moet daar gekyk word wat voorspel die SAWD en dit dan evalueer teenoor ander weer Toeps se voorspellings opweeg. Akkuraatheid en duidelikheid verhoog as jy inteken op die subskripsie weergawes wat die Toeps bied.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.