Wednesday Oct 23, 2024
Episode 356 - Lesufi dompel Gauteng in ‘n krisis
Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, is in die middel van 'n krisis wat die provinsie raak, hoofsaaklik weens deurlopende kwessies wat verband hou met watervoorsiening, riool en munisipale skuld.
Lesufi se premierskap word gekenmerk deur buitensporige politieke beloftes maar in praktyk is die provinsie se krane droog. ‘n Studie wat die week bekend gemaak is voel Gauteng se inwoners dat lewenskwaliteit op ‘n rekord laagtepunt is en ‘n kommerwekkende afname toon.
Lesufi bring ook spanning in die RNE omdat hy weier om met die DA saam te werk wat die 2de grootste party in die RNE is berig Bloomberg.
Die provinsie worstel ook met 'n dreigende waterkrisis, wat oproepe van organisasies soos AfriForum laat ontstaan vir Lesufi se verwydering. AfriForum wys uit dat sy administrasie nie daarin geslaag het om effektiewe toesig en aanspreeklikheid oor watervoorsienings kwessies te verseker nie, wat al hoe meer kritiek word namate inwoners tekorte in die gesig staar.
Netwerk 24 berig: ‘Géén water in Gauteng as daar nie ingegryp word’ Die departement van water en sanitasie het munisipaliteite in Gauteng, sowel as die premier, Panyaza Lesufi, gewaarsku daar gaan binnekort geen water in die provinsie wees as daar nie drasties ingegryp word nie. Vlak 1-waterbeperkings is op 18 September weens die dreigende krisis ingestel.
News 24 berig: Water oorbenutting en munisipale nie-inkomste kwessies is wat Gauteng in 'n waterkrisis gedompel het, volgens Pemmy Majodina, minister van water en sanitasie, wat daarop gewys het dat Rand Water die regte hoeveelheid water onttrek om die provinsie voldoende te voorsien.
Die publieke sentiment teenoor Lesufi se leierskap is toenemend negatief. Kritici voer aan dat sy administrasie se onvermoë om doeltreffend op hierdie dringende kwessies te hanteer skep ‘n krisis.
Lesufi self besef daar is groot probleme. Netwerk 24 berig: ‘Gauteng is in ’n krisis gedompel’ – Lesufi Gauteng is in ’n krisis gedompel en daar moet nuwe idees gevind word om te verseker dat die ekonomiese hartland ’n herlewing beleef. So het Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, Dinsdag in Sandton met die bekendmaking van die Gauteng City-Region Observatory (GCRO)-studie oor lewensgehalte aan Netwerk24 gesê. Kliek hier vir die volledige studie.
Die studie wys dat alles nie wel is in Gauteng en een van die outeurs wys die volgende uit: 'n Sleutelbevinding van die Gauteng Stad-streek Observatory (GCRO) se sewende opname wat Dinsdag vrygestel word, is dat die Lewenskwaliteit-indeks, wat 33 aanwysers van regoor die opname kombineer om 'n maatstaf van welstand te verskaf, met meer as twee gedaal het. opeenvolgende opnames tot sy laagste vlak ooit. Die indeks meet ontwikkelingsvordering oor sewe dimensies van gesondheid, veiligheid, lewens tevredenheid, sosio-ekonomiese status, dienste, regerings tevredenheid en deelname.
Inwoners van Gauteng sit moet die probleem dat die provinsie regeer word deur ‘n minderheidsregering. Vir die persone in magsposisies soos Lesufi is dit belangriker om mag te behou as om die provinsie se probleme aan te spreek.
As dag zero Gauteng met water tref gaan daar nie vinnige kits oplossings wees nie. Selfs al word Lesufi vervang gaan dit nie dadelik maak dat die probleme verdwyn nie.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.