Thursday Oct 24, 2024
Episode 357 - Gaan die RNE partye saam Kersfees sien ?
Die sukses van Suid-Afrika se Regering van Nasionale Eenheid (RNE), wat ná die 2024-verkiesing gestig is, hang af van verskeie kritieke faktore en historiese lesse van vorige eenheidsregerings.
Elke week is daar nuwe spanning in die RNE rondom Bela, die NGV, Rusland en die nuutste spannings kwessie is die nasionale dialoog wat vir Desember beplan is.
Met die nasionale dialoog is die geleentheid aangekondig deur die Adjunkpresident Paul Mashatile vir 16 Desember en die DA het dadelik laat weet hulle is nie geken in die reëlings nie.
Vroeër die week het die ANC en DA ook verskil oor Rusland. Maroela Media berig: Poetin g’n pel van DA John Steenhuisen en sy party distansieer hul van pres. Cyril Ramaphosa se opmerking dat Rusland “’n waardevolle bondgenoot en vriend” van Suid-Afrika is.
Die RNE het gevorm in reaksie op die gefragmenteerde politieke landskap waar geen party 'n meerderheid verseker het nie. Die ANC het, ondanks die feit dat hy 40% van die stemme gekry het, gekies vir 'n magsdeling reëling met ander partye, insluitend die DA en IVP.
Hierdie benadering het ten doel om stabiliteit te bevorder deur samewerking tussen diverse politieke entiteite, wat 'n breër tendens weerspieël wat in verdeelde samelewings waargeneem word waar sulke regerings gesien word as meganismes om konflik te versag en bestuur te bevorder.
Netwerk 24 berig die volgende oor geskille: Geskille in RNE oor Bela-wetgewing Donderdag bespreek
Geskille wat politieke partye in die regering van nasionale eenheid (RNE) oor veral die omstrede taal- en toelatingsbeleide vir skole in die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) het, word vandag bespreek.
Adj.pres. Paul Mashatile het dit Donderdagoggend bevestig voor ’n vergadering van die RNE se geskiloplossings- of sogenaamde Clearing House-meganisme (CHM) by Tuynhuis in Kaapstad.
Die meganisme dien as platform vir die tien RNE-partye om hul geskille oor wetgewing, beleid en ander landskwessies intern op te los.
Vir die RNE om doeltreffend te funksioneer, moet politieke elite samewerking bo verdeeldheid prioritiseer. Dit vereis 'n kulturele verskuiwing na aanspreeklikheid en wedersydse respek onder partyleiers, wat noodsaaklik is vir die bevordering van 'n stabiele bestuur omgewing.
Dit is juis hier waar Gauteng premie Panyaza Lesufi ‘n gaping gesien het om die RNE te verdeel. Hy het reeds suksesvol die volgende strategie uitgevoer:
- Goedkeuring van Bela wetgewing met druk van sy kant af.
- Die vervanging van die DA koalisie in Tshwane met een deur die ANC-EFF-ActionSA.
- Gauteng te regeer met ‘n minderheidsregering.
Lesufi daag openlik die ANC se nasionale gesag uit en die nasionale leierskap het nie die politieke wil en vermoë om hom in lyn te kry nie.
Op die oomblik steur die ANC hom nie veel aan die mening van sy junior vennote in die RNE nie. Die verhouding is nie volhoubaar nie en die vraag ontstaan Gaan die RNE partye saam Kersfees sien ?
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.