Thursday Nov 14, 2024
Episode 372 - Zama zamas laat fokus val op onwettige mynbou
- Die SAPD wys daarop dat geen zama zamas ondergronds vasgekeer is nie.
EWN berig: 'Niemand is vasgekeer nie': Wetstoepassers sê hulle sal nie toegee aan eise van onwettige mynwerkers in Stilfontein nie. Die zama zamas weier om bogronds te gaan uit vrees vir arrestasie.
- Uit die argiewe: “Liquidation: A Stilfontein Story”
Gebeure by Stilfontein en 4500 zama zamas wat ondergronds verkeer laat my terugdink aan 2005 toe ek betrokke was by die sluiting van die DRD-goudmyn as Solidariteit woordvoerder van Mynbou. Gebeure word verduidelik in die dokumentêr “Liquidation: A Stilfontein Story (2005)” oor die verwoestende ekonomiese rimpeling wat die sluiting van die DRD-goudmyn in die dorpie Stilfontein veroorsaak het. Daarna is myners maande lank gevoed deur skenkings totdat nuwe eienaars weer begin het om van die skagte te bedryf en van die myners weer begin werk het.
- “Regering het geen simpatie met onwettige mynwerkers nie”
Bykans 20 jaar verder en Stilfontein is weer in fokus. Wat ‘n onder die radar gebeurtenis was het nasionaal geraak met ‘n opmerking deur ‘n minister “Ons gaan hulle uitrook”. .
News 24 berig: Minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê vasgekeerde onwettige mynwerkers sal nie hulp van die regering ontvang nie, wat hulle as "misdadigers" bestempel. Sy het gesê: "Ons stuur nie hulp aan misdadigers nie. Ons gaan hulle uitrook. Hulle sal uitkom. Misdadigers moet nie gehelp word nie, misdadigers moet vervolg word."
News24 was Woensdag by die myn waar 'n groot kontingent polisie- en SA Nasionale Weermag (SANW)-soldate saamgetrek het.
Owerhede was die afgelope maande by die myn en het ingange en uitgange toegemaak. Die mynwerkers het vandeesweek tou aangevra sodat hulle die siekes, beseerdes en dooies wat onder die geraamde 4 500 zama zamas was wat ondergronds vasgekeer was, kon verwyder.
- “Ons gaan hulle uitrook” uitspraak ontlok reaksie
Die vakbond Amcu-president Joseph Mathunjwa sê die regering is in geen posisie om die vasgekeerde onwettige mynwerkers in Stilfontein, Noordwes, as misdadigers te klassifiseer nie. Phillip Mankge, waarnemende adjunk-hoofsekretaris van die NUM, sê Ntshavheni se opmerking is onverantwoordelik en onmenslik berig Newzroom Afrika. Opvallend steun partye soos ActionSA en PA die opmerking van die minister terwyl die DA dit veroordeel.
- Kos en water toegelaat maar SAPD bly wag vir onwettige myners.
The Citizen berig: Die polisie en ander veiligheidsbeamptes sal in plek bly totdat alle onwettige mynwerkers weer bogronds is. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) sal Donderdag kos- en wateraflewerings aan onwettige mynwerkers wat ondergronds bly, toelaat.
Die jongste nuus oor die kwessie is dat die ontbinde lyk van een persoon na die oppervlak gebring is.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.