Wednesday Nov 20, 2024

Episode 375 - Voortslepende waterkrisis in baie munisipaliteite

  • Voortslepende waterkrisis in baie munisipaliteite

Kallie Kriel @kalliekriel wys in video met water was soos olie lyk die volgende uit: Waterkrisis: Só lyk die water van 'n inwoner in Parys, Vrystaat. Dit is nog 'n voorbeeld van waarom AfriForum besluit het om te fokus op die vind van oplossings vir die waterkrisis in baie munisipaliteite.

Die voortslepende waterkrisis in baie munisipaliteite in Suid-Afrika, spesifiek in Parys, Vrystaat. Kriel se video en plasing beklemtoon die swak kwaliteit van water in die dorp.

  • Fondse gaan geblok word

News 24 berig: Die Nasionale Tesourie maak gereed om vroeg volgende maand net minder as R500 miljoen se toelaes aan vyf munisipaliteite te blokkeer in 'n laaste poging om hulle te verplig om vir water te begin betaal.

Die fondse sal slegs – in gedeeltes – vrygestel word as die munisipaliteite begin betaal wat hulle aan waterrade vir grootmaat water verskuldig is.

“Ons waterrade stort in duie weens wanbetaling,” het Minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, aan die Parlement se Portefeuljekomitee oor Water en Sanitasie gesê.

Majodina het gesê die besluit om die fondse te weerhou is deur die departement van water en sanitasie (DWS) en tesourie geneem om die bankrotskap van Magalies Water en Vaal Sentraal Water af te weer.

  • Moontlike tronkstraf vir persone wat omgewings misdade pleeg

BusinessTech berig: Suid-Afrikaanse owerhede het gesê dat hulle pogings om omgewings misdade te bekamp opskerp; met verhoogde nakomings inspeksies.

Die adjunkminister van bosbou, visserye en die omgewing (DFFE), Narend Singh, het gewaarsku dat tronkstraf dalk die beste is om korporatiewe en munisipale oortreders af te skrik.

  • Bekendstelling van verslag

Die “National Environmental Compliance and Enforcement Report” is ook deur Sing bekend gestel. Die verslag noem dat meer omgewings inspeksies gedoen is. Wat egter ook uitkom in die verslag is dat daar meer probleme en insidente is maar sake en arrestasies teen oortreders daal.

  • Ontleding van waterprobleme.

kykNET Argief video: Paneelgesprek met prof. Anja du Plessis en Lambert de Klerk

Paneelgesprek met prof. Anja du Plessis en Lambert de Klerk | 18 November 2024 | kykNET

'n Paneelgesprek met prof. Anja du Plessis en Lambert de Klerk oor die waterkrisis in dele van Suid-Afrika en die impak van die wisselvallige reënval op voedselsekerheid.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125