Friday Nov 22, 2024
Episode 377- G20 balanseertoertjie wag vir Suid-Afrika
Die Regering spreek tans die volgende probleme aan met gemengde sukses. Die probleme is tans in die media.
- Nasionale ramp verklaar rondom kos wat vergiftig is.
- Registrasie van spaza winkels om te help teen voedselvergiftiging.
- Onwettige myners steeds in die Stilfontein nommer 11 skag.
- Verhore rondom Eskom verhogings wat nie bekostigbaar is nie.
- Departement van Onderwys bou net 1 skool die afgelope jaar.
- Waterkrisis in Gauteng en ander munisipaliteite.
Bogenoemde is ‘n lys van plaaslike kwessies die week in die media. Internasionaal was daar egter gebeure wat Suid-Afrika direk gaan raak in 2025.
- SA hofsaak teen Israel
Op die internasionale front het Suid-Afrika sukses behaal teen Israel. Maroela Media berig: SA regering verwelkom lasbriewe vir Netanyahu en kie
Die Suid-Afrikaanse regering verwelkom die lasbriewe en het gesê dit is ’n “belangrike stap in die rigting van geregtigheid is vir misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade in Palestina”.
- Verhouding met die VSA
Die sukses moet gemeet word teenoor die reaksie van ‘n land soos die VSA waar Donald Trump onlangs verkies is tot president van die VSA.
The African Report wys die volgende uit: Pretoria se vriendskaplike bande met China en Rusland en sy kritiek op Israel het dit in Republikeine se visier geplaas, wat Suid-Afrika se voortgesette deelname aan die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika bedreig. (AGOA).
Die verkose Amerikaanse president Donald Trump kies vokale kritici van Suid-Afrika se sélf verklaarde “onverbonde” beleid vir sleutel diplomatieke en nasionale veiligheids poste. 'n Inkomende administrasie wat 'n premie op lojaliteit plaas, sal na verwagting minder vergewensgesind wees as die huidige span teenoor president Cyril Ramaphosa se bande met Amerikaanse mededingers China en Rusland, en sy land se kritiek op Israel.
- Volgende G20 beraad in Sandton Suid-Afrika.
Suid-Afrika is die week aangewys om die volgende G20 beraad aan te bied. Dit gaan in Sandton in Johannesburg aangebied word.
Suid-Afrika sal sy G20-presidentskap gebruik om te fokus op die bevordering van inklusiewe ekonomiese groei, voedselsekerheid en kunsmatige intelligensie, het president Cyril Ramaphosa Dinsdag by 'n beraad van die Groep van 20 (G20) groot ekonomieë in Brasilië gesê berig Engineering News.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.