Tuesday Dec 10, 2024
Episode 382 - ANC omswaai met Bela ooreenkoms
- Hof toe
Maroela Media berig: ‘Pres. sal moet hof toe om uit ooreenkoms te kom’ – Solidariteit “Indien pres. Cyril Ramaphosa uit die Bela-skikkingsooreenkoms wil kom, sal hy dit in die hof ongeldig moet verklaar.”
- Risiko
Netwerk 24 berig: Onveranderd hou Bela-wet ‘groot risiko’ vir RNE in – Zille Sou pres. Cyril Ramaphosa Vrydag die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) onveranderd implementeer, hou dit ’n “groot risiko” in vir die regering van nasionale eenheid (RNE), waarsku Helen Zille, die DA se federale hoof.
“Dit sal nie rasioneel wees as die president die prosesse (waaronder die Nedlac-skikkingsooreenkoms) waarby die presidensie betrokke was, ignoreer nie. Ons wil in goeder trou ’n oplossing vind,” het Zille Maandag by navraag aan Netwerk24 gesê.
- Lesufi kritiek
Times Live berig: Nooit en nooit weer nie': Lesufi neem streng standpunt oor Bela-wet in. Al ons kinders moet toegang hê tot kwaliteit onderwys, ongeag hul taalvaardigheid of kleur van hul vel. Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het sterk uitgespreek teen politieke partye wat die ondertekening van die twee oorblywende klousules in die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) teenstaan.
Dirk Hermann wys die volgende uit oor Lesufi se uitlating: ‘n Goeie begin sal wees om vir kinders skole te bou. Onder Lesufi is daar nege minder skole en 300 000 meer kinders. ‘n Volgende stap sal wees om aktief ‘n program te begin vir moedertaalonderwys. Dit sal help dat Suid-Afrika nie laaste in die wêreld is in wiskunde en wetenskap. Derdens: hou op om energie te mors op die minder as 5% skole wat in Afrikaans klas gee.
- Gevaarlike spel
MorningShot video wys in ‘n video uit dat Cyril Ramaphosa besig is met ‘n gevaarlike spel wat selfs kan lei tot die ineenstorting van die RNE.
- Dreigement van staking
Netwerk 24 berig: Sadou dreig met staking, regstappe oor Bela Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) het ’n dringende brief aan pres. Cyril Ramaphosa geskryf waarin die vakbond eis dat die regering die hele Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) teen Vrydag in werking stel.
- Nie genoeg plek in skole nie. 9 minder skole met 300 000 meer leerders
Maroela Media berig: 99% van Gauteng-leerders geplaas Die Gautengse departement van onderwys is weer onverpoos aan die plan maak om meer plekke in Gautengse skole beskikbaar te stel.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.