Thursday Dec 12, 2024
Episode 384 - – Lesufi en die SAKP hou nie van die RNE en gebruik Bela om druk op die ANC te plaas.
- Lesufi druk vir Bela implimentering
Netwerk 24 berig: As Bela misluk, kelder dit NGV-wet ook, sê Lesufi
As die Bela-wet nie slaag nie, sal dit ook die einde van die voorgenome Wet op Nasionale Gesondheidsversekering wees, sê Panyaza Lesufi, premier van Gauteng.
“As die Bela-wet misluk, sal ons vyande bloed ruik en alles moontlik doen om die wet op gesondheidsversekering te kelder,” het Lesufi Donderdag in Boksburg gesê.
Hy was aan die woord op die vyfde spesiale kongres van die SAKP.
Lesufi het Vrydag 13 Desember as ’n baie belangrike dag bestempel. “Ons moet kies of ons ons kinders wil beskerm en of ons wil oorgee aan diegene wat ons haat.”
- Lesufi bedank die SAKP vir hul bystand
City Press berig: Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het dank uitgespreek teenoor die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) vir die ondersteuning van die provinsie tydens die vorming van 'n regering van provinsiale eenheid.
Lesufi, wat verplig was om 'n minderheidsregering te stig nadat hy nie konsensus met die DA bereik het nie, het Donderdag by die SAKP se 5de Spesiale Nasionale Kongres in Boksburg gepraat.
Hy het gesê: Toe ons 'n regering van provinsiale eenheid sonder daardie ander politieke party [DA] tot stand gebring het, is ons aangeval en beledig. Maar die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party het saam met ons gestaan. Vandag wil ons hier wees en dankie sê, dankie, dankie.
- Vrydag die 13de is D-dag vir Bela
Maroela Media berig: Bela | ‘Onwaarskynlik dat klousules Vrydag in werking tree’
Willie Aucamp sê indien die president Siviwe Gwarube of “enige ander DA-minister afdank”, sal dit beslis die einde van die RNE beteken.
- SAKP bly deel van die ANC maar gaan sy kandidate stel in die 2026 munisipale verkiesing
Netwerk 24 berig: Blade bly in kabinet, al is SAKP teen RNE Hy hoef nie uit sy kabinetspos te bedank net omdat die SAKP teen die regering van nasionale eenheid (RNE) gekant is nie, sê dr. Blade Nzimande, minister van wetenskap, tegnologie en innovasie.
EWN berig: Die SAKP het ook aangekondig tydens die kongres dat hy die plaaslike regeringsverkiesings van 2026 alleen gaan deelneem en nie onder die ANC-vaandel nie.
Volgens die SAKP is dit ANC arrogansie wat die SAKP gedwing het om op hul eie aan die verkiesing deel te neem berig Times Live.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.