Friday Jan 10, 2025

Episode 392 - Die ANC se 8 Januarie verklaring is die jaar van pleisters plak.

  • 8 Januarie-verklaring

Maroela Media berig: ANC se 8 Januarie-verklaring moet vanjaar buite die boks wees  Pres. Cyril Ramaphosa gaan vanjaar die ANC se 8 Januarie-verklaring vir die eerste keer in tien jaar in die Wes-Kaap lewer. Die Kaapse skare gaan ook ooglopend kleiner wees wanneer die ANC-president Saterdag die podium tydens die party se 113de bestaansjaarvieringe by die Mandela Park-stadion in Khayelitsha bestyg.

  • Lees die ANC se verklarings van 8 Januarie vir die vorige 10 jaar

January 8th, 2024 –  Die jaar van  verenigde aksie om ons vryheid te verdedig en 'n beter lewe vir almal te bevorder. Vorentoe na 'n beslissende oorwinning!

January 8th, 2023 –  Die jaar van beslissende aksie om die mense se belange te bevorder en ons beweging te vernuwe.

January 8th, 2022 –  Die Jaar van Eenheid en Vernuwing om Suid-Afrika se demokratiese winste te verdedig en te bevorder.

January 8th, 2021 -  Die jaar van Charlotte Maxeke.

January 8th, 2020 - Die jaar van eenheid, sosio-ekonomiese vernuwing en nasiebou.

January 8th, 2019 -  Die Jaar van Verenigde Aksie om Suid-Afrika te laat groei.

January 8th, 2018 -  100 jaar van Nelson Mandela: Die jaar van vernuwing, eenheid en werk.

January 8th, 2017 - Die jaar van Oliver Reginald Tambo: Laat ons eenheid verdiep.

January 8th, 2016 –  Die jaar van bevordering van mense se mag: Plaaslike regering is in jou hande.

January 8th, 2015 –  Die Jaar van die Vryheid manifes en Eenheid in Aksie om Ekonomiese Vryheid te bevorder.

January 8th, 2014 -  Die Jaar van Verenigde Aksie om Suid-Afrika vorentoe te beweeg.

  • Sosialistiese retoriek

Ontleed mens die vorige 10 jaar se 8 Januarie verklarings van oudste na die nuutste dan lees jy sosialistiese retoriek waarin ‘n droom of doelwit gestel word maar wat dan nie bereik word nie.

In 2014 was daar aksie wat Suid-Afrika vorentoe moet laat beweeg. In 2018 word werkloosheid op die naam genoem as ‘n groot probleem. Met die jare het werkloosheid net ‘n groter probleem geword. Vir 2024 is “'n beter lewe vir almal” belowe maar by die stembus het kiesers nie meer die ANC beloftes geglo nie en die uitkoms was ‘n Regering van Nasionale Eenheid om aan bewind te bly.

  • 2025 is die jaar van groot pleisters plak op ‘n wond wat bly bloei.

Vir die ANC kan 2025 ‘n jaar wees van herbou soos wat president Ramaphosa in die week laat val het in ‘n video met die woorde: “Ons is besig om die ANC te herbou.” Die herbou is egter moeilik met ‘n party wat fragmenteer en ‘n skaduwee van sy vorige self met partye links van die ANC  in ‘n warboel.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125