Monday Jan 13, 2025

Episode 393 - Matriekuitslae gelek voor bekendmaking

  • Uitslae gelek

Maroela Media berig: Video | Valke ondersoek uitgelekte matriekuitslae Die minister van basiese onderwys het Maandag bevestig dat die departement van onderwys se stelsel moontlik onder dataskending deurgeloop het.

Die Burger berig op sy voorblad: Onderneming verkoop glo ‘matriekuitslae’ vooraf

’n Onderneming het oënskynlik 2024-matrikulante se “matriekuitslae” aanlyn teen R99,90 per persoon verkoop.

Dít terwyl leerlinge eers Dinsdag hul uitslae van die departement van onderwys by hul skole kan kry.

Al wat ’n leerling benodig het, is sy eksamennommer en dat hy vir die Nasionale Seniorsertifikaat (NSS)-eksamen geregistreer moes wees. Leerlinge van private skole wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB)-kurrikulum volg, kon dus nie hul uitslae op dié manier ontvang nie.

Die webtuiste was laat Sondagmiddag nog aanlyn, maar die portaal waar leerlinge hul uitslae kon koop, was toe skielik van lyn af. Dit is nie duidelik waarom of wie daarvoor verantwoordelik is nie.

  • Uitslae goedgekeur

Maroela Media berig: Eksamen geloofwaardig, haakplekke ten spyt – Umalusi Umalusi het die matriekeksamen as “geloofwaardig” en “deursigtig” beskryf, ondanks voorvalle waar leerders bymekaar afgekyk het en ander onreëlmatighede met registrasie en akkreditasie.

  • Bela in bedryf

Netwerk 24 berig: Bela geïmplementeer, of mense daarvan hou of nie – CR Die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys is daargestel om ons land se onderwyssektor te verbeter.

“En ons beklemtoon dat daardie wet, die Bela-wet, inderdaad geïmplementeer sal word, of mense nou daarvan hou of nie,” het pres. Cyril Ramaphosa Vrydagaand aan ANC-lede, sakelui en gaste op die presidensiële galadinee in Kaapstad gesê.

Die inwerkingstelling van die hele Bela-wet is op 24 Desember in die Staatskoerant gepubliseer.

  • Skoolfonds en infrastruktuur

Maroela Media berig: Afrikaanse skole hiér veel duurder

Groot Afrikaanse skole se skoolfonds het boonop vanjaar met tussen 6% en 15% toegeneem.

News 24 berig:  Altesaam 16 648 uit die 22 511 openbare skole in Suid-Afrika het geen biblioteke nie, terwyl 18 551 geen laboratoriums het nie en 14 839 geen rekenaarsentrums nie.

  • Kry jou uitslae in die koerant

IOL skryf: Matriekklas van 2024! Op 14 Januarie kan jy jou IEB- en NSS-matriekuitslae kry met die spesiale Matriekuitslae-bylaag in Mercury, Cape Times en Star koerante!

Uitslae ook beskikbaar op Maroela Media en  Netwerk 24

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125