5 days ago

Episode 397 - Die era van T en impak op SA

  • Donald Trump word ingehuldig as die president van die VSA

Donald Trump word vandag ingehuldig as die president van die VSA. Oor die algemeen is die publiek en media in Suid-Afrika skepties en pessimisties oor sy presidentskap.

Van die media se kant sal daar ‘n daaglikse dosis anti-Trump retoriek gepubliseer word en sy besluite sal onder ‘n vergrootglas gesit word.

Polities sit die SA regering en die Trump bewind nie langs dieselfde vuur nie. Suid-Afrika het nuwe vriende gemaak in die BRICS dampkring. Daar is ‘n groot vriendskap met Iran en ‘n anti-Israel veldtog wat gedryf is deur die regering. Die Trump bewind is sterk pro-Israel.

Daar is  kwessies waar Trump ‘n invloed en impak gaan uitoefen oor Suid-Afrika wat insluit.

  • VSA posisie oor AGOA.
  • Gebeure in Israel.
  • Rusland se oorlog met Oekraïne. Suid-Afrika is goeie vriende met Rusland.
  • Die G20 beraad November 2025 in SA.
  • Invoertariewe teen lande soos China wat weer Suid-Afrika beïnvloed.
  • Starlink se uitsluiting in SA.

Een van Trump se staatmakers is Elon Musk. Die gee die nuwe bewind ‘n Suid-Afrikaanse hoek. Musk is egter nie veel gepla oor wat is Suid-Afrika se interne politieke dinamika nie.

  • Trump belowe nuwe era. Trump transformeer die Republikeinse party

Jaco Kleynhans @JacoKleynhans Vanoggend se gesprek op RSG: Podsend Dis Trump-dag vir Amerika

Netwerk 24 berig: KYK | Amerikaanse agteruitgang nou verby, sê Trump op vooraand van inhuldiging

Donald Trump beloof ’n rits presidensiële stappe om “Amerikaanse agteruitgang”, die sogenaamde woke-denkwyses en immigrasiekwale te stuit.

  • Eerste aksies. Nuwe energie planne

Bloomberg berig Die verkose president Donald Trump is gereed om noodmagte in te roep as deel van sy plan om binnelandse energieproduksie te ontketen terwyl hy probeer om president Joe Biden se optrede om klimaatsverandering te bekamp, ​​volgens mense wat vertroud is met die saak.

Die stap sal onder 'n reeks aksies wees wat Trump sal neem - ure nadat hy Maandag ingesweer is - om veldtogbeloftes na te kom om binnelandse energie-uitset 'n hupstoot te gee.

  • Invoertariewe

Landboucom berig: Die dreigemente van Donald Trump oor invoertariewe teen lande soos China kan tot die groter fragmentering van die wêreldhandel lei en ook nuwe onsekerhede oor handel in landbouprodukte skep.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125