Tuesday Jul 08, 2025
Episode 478 - Trump tarief tref SA
- Invoertarief van 30% aangekondig
Maroela Media berig: Trump-tarief: ‘Regering het land en sy mense gefaal’
Pres. Donald Trump het ‘n invoertarief van 30% aangekondig op Suid-Afrikaanse produkte wat na Amerika uitgevoer word.
- Cyril Ramaphosa terug in SA en sy reaksie
Netwerk 24 berig: Ramaphosa oor 30%-invoertarief: ‘Trump se data onakkuraat’
Amerika se 30%-invoertarief op Suid-Afrikaanse produkte is nie ’n akkurate voorstelling van beskikbare handelsdata nie, het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagoggend gesê in ’n verklaring wat deur die presidensie uitgereik is.
“Hierdie betwiste interpretasie vorm deel van die kwessies wat deur die onderhandelingspanne van Suid-Afrika en die VSA oorweeg word. Gevolglik hou Suid-Afrika vol dat die wederkerige tarief van 30% nie ’n akkurate voorstelling van beskikbare handelsdata is nie.”
In Suid-Afrika se interpretasie van die beskikbare handelsdata staan die gemiddelde tarief vir ingevoerde goedere wat Suid-Afrika binnekom op 7,6%.
Luidens die verklaring is dit belangrik om uit te lig dat 56% van goedere Suid-Afrika binnekom teen ’n tarief van 0% ingevolge die wedersydse “Most-Favoured Nation” (MFN)-beginsel, met 77% van Amerikaanse goedere wat die Suid-Afrikaanse mark teen dié 0%-tarief binnekom.
- Laaste kans. Ramaphosa moet oorgaan tot aksie
Solidariteit waarsku in mediaverklaring: VSA-tariewe: Laaste kans vir Ramaphosa om groot werksverliese te red
Suid-Afrika sal die pyn wat die VSA se handelstarief van 30% op sy ekonomie gaan meebring kan vryspring, mits president Cyril Ramaphosa dringend oorgaan tot aksie.
Só sê Jaco Kleynhans, hoof van openbare skakeling by Solidariteit, nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, Suid-Afrika met ʼn skrywe in kennis gestel het dat die 30%-handelstarief op 1 Augustus in werking tree.
“Daar is steeds ruimte tot 1 Augustus om te onderhandel, maar die probleem is dat ons regering en Ramaphosa nog altyd hiermee voete sleep. Die Amerikaners wou onderhandel dus kan die situasie nog beredder word. “Daar moet egter besef word dat Amerika ook ʼn politieke skikking met Suid-Afrika soek en nie net ʼn ekonomiese skikking nie,” sê Kleynhans.
- Onderhandeling nodig
News 24 berig: Minister van Landbou, John Steenhuisen, het gesê dat SA binne minder as 'n maand na die onderhandelingstafel met die VSA moet terugkeer, aangesien 'n 30%-tarief volgende maand in werking sal tree.
No comments yet. Be the first to say something!