Monday Sep 22, 2025

Episode 520 - Plaas druk op die ANC

 

  • Solidariteit en AfriForum gaan voort met hul besoek aan die VSA en bevorder 'n voorgestelde handelsraamwerk om tariewe en gespanne betrekkinge aan te spreek. Die regering het die reis as verdelende en "anti-demokraties" bestempel en daarop aandring dat dit amptelike diplomasie ondermyn.

‘Plaas nou druk op radikales en herwin SA as bondgenoot só ...,’ sê Solidariteit in VSA

Solidariteit het ʼn gulde geleentheid by die 36ste Republikeinse Leierskapskonferensie in die deelstaat Michigan aangegryp om ʼn pleidooi te lewer vir strafmaatreëls teen vyandige Suid-Afrikaanse politieke rolspelers, eerder as optrede teen onskuldige mense van die land self.

Jaco Kleynhans, hoof van openbare skakeling by Solidariteit, het gister op uitnodiging as gasspreker by die tweejaarlikse konferensie op Mackinac-eiland opgetree, waar sowat 1 500 lede van die Republikeinse party, insluitend kongreslede, teenwoordig was. Volgens Kleynhans is dit duidelik uit gesprekke met konferensiegangers, en uit hul reaksie ná sy toespraak, dat Amerikaners deesdae veel beter ingelig is oor Suid-Afrika, Afrikaners en die uitdagings wat hulle ervaar.

Kleynhans se toespraak is ook gister op Solidariteit se sosialemediablaaie gepubliseer.

Ná afloop van die konferensie het Kleynhans en Werner Human, operasionele hoof van die Solidariteit Beweging, na Washington D.C. vertrek, waar sommige van die belangrikste ontmoetings van die toer oor die volgende paar dae wag.

  • Ramaphosa by VN in die VSA
  • Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering vier sy 80ste bestaansjaar, met 195 wêreldleiers wat die Algemene Debat in New York deur die loop van die week toespreek.

Onduidelik of Ramaphosa, Trump volgende week ontmoet  “Die president gaan na die Verenigde State, maar nie om die regering van die Verenigde State te besoek nie.”

  • Solidariteit besoek

Solidariteit in VSA: ‘Dispuut kos ons lede hul werk’

Die Trump-administrasie het vriendelik gereageer op Solidariteit se voorgestelde handelsraamwerk en tot gesprekke op verskeie vlakke van die Amerikaanse regering ingestem.

  • Nuwe wetsontwerp in die Amerikaanse senaat

Wetsontwerp vir sanksies teen ANC-leiers en om SA uit Agoa te skop by VSA se senaat ingedien

Terwyl pres. Cyril Ramaphosa sy hoop op beter diplomatieke betrekkinge met Amerika vestig, is ’n nuwe wetsontwerp Maandag in die Amerikaanse senaat ter tafel gelê wat onder meer vir sanksies teen ANC-leiers voorspraak maak.

Comment (0)

No comments yet. Be the first to say something!

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125