Monday Sep 30, 2024
Episode341 - Lesufi verdeel die ANC in twee.
Die magstryd binne die ANC het al hoe meer kompleks geword, en dit behels hoofsaaklik faksies wat in lyn is met Cyril Ramaphosa en Panyaza Lesufi, laasgenoemde is 'n prominente figuur in die ANC en die Gautengse premier. Hierdie interne konflik weerspieël breër kwessies van bestuur, korrupsie en party lojaliteit.
Die Lesufi faksie dryf twee kwessie op die oomblik:
- Die opmerklik gekoördineerde poging dat Bela volledig geïmplementeer moet word.
- Verwydering van die burgermeester van Tshwane .
Met beide kwessies het die Lesufi faksie wat ook radikale ekonomiese transformasie (RET) voorstaan veld gewen en momentum gekry vir opvolg aksies.
Lesufi se doelwit en uitkoms is dat die RNE moet misluk. Cyril Ramaphosa moet bedank en Lesufi vir Ramaphosa moet opvolg as volgende president van die ANC en by implikasie van SA.
Lesufi was baie vermakerig op X rondom die Tshwane besluit en die volgende tweet vir Helen Zille gestuur: Gogo @helenzille the decision to support the Motion of No Confidence was taken by the NATIONAL Working Committee of the ANC and no amount of propaganda and misuse of media houses will change that narrative. The decision to not incorporate the DA in the Gauteng Government of Provincial Unity was also taken by the National Leadership of the ANC, the sooner you accept this reality the sooner the healing process will begin. The BELA Bill (Act ) was approved by the ANC NEC subcommittee on Education and Health and fully voted by all MPs of the ANC in parliament not Gauteng. Insult us as you wish. Call us names like roque as you wish, reality is the ANC will never be a branch of the DA.
Lesufi het dan ook vir Zille gekap en genoem sy kan nie die ANC voorskryf nie.
Netwerk 24 berig: Ramaphosa, Lesufi kan nie albei septer swaai in ANC, sê Zille
Wie swaai werklik die septer in die ANC? Dit is óf pres. Cyril Ramaphosa, nasionale ANC-leier, óf Panyaza Lesufi, Gautengse premier en provinsiale ANC-voorsitter, maar dit kan nie albei wees nie, sê Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad.
William Gumede wys in die Sunday Times uit: Ramaphosa moet die ANC se anti-RNE-faksie weerstaan Daar is sterk opposisie teen die RNE binne die ANC, sowel as van partye wat daarvan weggebreek het, soos die MK en die EFF, wat werk om dit te laat misluk. Die uitslag van die ANC se opvolg stryd, wat sal bepaal wie as partyleier by Cyril Ramaphosa gaan oorneem, sal afhang van die sukses van die RNE.
Kwessie wat tans verder spanning in die ANC bring is:
- Thembi Simelane wat betrokke is by ‘n VBS skandaal.
- Paul Mashatile betrokke R85 miljoen twyfelagtige transaksie van persone naby aan hom.
Die magstryd tussen hierdie faksies weerspieël dieper kwessies binne die SA politiek. Lesufi sal doelbewus Ramaphosa se mag bly uitdaag. Die uitslag van hierdie stryd sal nie net die ANC nie, maar ook Suid-Afrika se politieke landskap beïnvloed.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.