Friday Jan 12, 2024
Israel stel saak
- Netwerk 24 berig: ‘Daar is geen volksmoord deur Israel nie’ – Shaw Malcolm Shaw KC, namens Israel sê Suid-Afrika het ’n verwarrende en gedeeltelike beeld vir die hof aangebied. As daar enige dade is wat dui op volksmoord, is dit juis Hamas se aanval op 7 Oktober.
- Shaw sê dis slegs Suid-Afrika, ’n ondersteuner van Hamas, wat ’n klag by die Wêreldhof ingedien het.
- Lande het die reg om hulself te verdedig wanneer hulle aangeval word – hulle mag optree, sê Shaw. Hoe kan enigiemand argumenteer dat Israel die aanvalle op 7 Oktober moes ignoreer en nie daarteen optree nie?
- Israel kom sy verantwoordelikheid na om sy burgers te beskerm, dit sluit ook die regte in van sy burgers wat as gyselaars geneem is.
- Israel het Vrydag beskuldigings wat deur Suid-Afrika by die VN se hooggeregshof gebring is as “grof verdraaide” beskuldigings verwerp dat sy militêre operasie in Gasa 'n staatsgeleide volksmoordveldtog teen die Palestynse bevolking is.
- UNISA Professor in Internasionale Reg, Andre Thomashausen, sê hy twyfel sterk dat die Internasionale Hof van Justisie in die guns van Suid-Afrika sal beslis berig die SAUK.
- Veiligheidsbekommernisse het KSA genoop om David Teeger as die nasionale o.19-kaptein te onthef voor volgende week se Wêreldbeker-sokkertoernooi.
- Minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regerende African National Congress (ANC) sal na verwagting Saterdag sy verjaardagvieringe van 8 Januarie gebruik om beleggers terug te lok te midde van kommer oor beleidsonsekerheid.
- Maroela Media berig: Nuwe ‘struggle’ vir ANC voor verkiesing Platsak en onder skoot oor korrupsie, ʼn sukkelende ekonomie, die kragkrisis en misdaadvlakke wat hardnekkig hoog bly, maar nietemin wys meningspeilings dat die ANC na alle verwagting vanjaar steeds by die stembus gaan koning kraai.
- Flip Buys, Voorsitter van die Solidariteit Beweging, oor ons mense se geskiedenis.' Die verhaal van Afrikaners se verlede' Lees gerus sodra jy 'n oomblik kry oor die naweek.
- ’n Redelike groot waarskynlikheid bestaan dat siklone of tropiese storms in die volgende twee maande kan voorkom, met Februarie wat gewoonlik omtrent die middel van die tropiese-sikloonseisoen is. “ ’n Baie groot gebied van die westelike Indiese Oseaan is tans 1-2 °C warmer as normaal met temperature van byna 30 °C. Temperature van hoër as 26 °C is nodig vir die ontstaan van siklone,” sê Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige berig Landboucom
No comments yet. Be the first to say something!