
Monday Sep 09, 2024
Episdoe 328 - Kan die ANC in die spieël kyk en die party regruk ?
- Die ANC staar 'n uitdagende pad vir suksesvolle hervorming in die gesig ná die 2024-verkiesing, waar dit sy parlementêre meerderheid verloor het.
- Die ANC het deurlopend uitdagings met korrupsie en in die nuutste insident is dit al 10 dae dat die minister van Justisie Thembi Simelane antwoorde moet verskaf oor ‘n VBS-lening.
- News 24 berig: ’n ANC wat nie hernu word nie, is ’n ANC wat sal aanhou om korrupte mense te dra en daarom is ’n hernuwingsprojek van kardinale belang. Dit was die mening van oudpresident Thabo Mbeki, wat toe hy 'n lesing by Unisa se gelewer het, gesê het die ANC se hernuwing moet nog plaasvind.
- Voormalige president Thabo Mbeki het sy gewig agter die RNE ingegooi en gesê dit is 'n noodsaaklike ingryping om te verseker dat die land werk berig Times Live. Hierdie koalisie, terwyl dit die regering stabiliseer, bestaan uit partye met verskillende ideologieë, wat konsensus oor hervormings moet kan bereik om te funksioneer.
- Politieke fragmentasie tree na vore. Die verkiesingsuitslae weerspieël 'n beduidende afname in die ANC se steun, wat van meer as 57% in vorige verkiesings tot ongeveer 40% gedaal het. Hierdie fragmentasie dui op 'n verskuiwing in kiesersentiment en 'n potensiële uitdaging vir die ANC om samehangende beleid te implementeer. Dit behels byvoorbeeld dat die ANC in KZN 40 staf lede moet afdank en kantore moet sluit berig News 24.
- Die ANC se koalisie is opgestel as 'n RNE wat samewerking tussen partye beklemtoon om dringende kwessies soos werkloosheid, armoede en ongelykheid aan te pak. Die doeltreffendheid van hierdie benadering sal egter afhang van die ANC se vermoë om onenigheid tussen partye te navigeer.
- Business Live berig: Die gebrek aan 'n maatskaplike ooreenkoms om SA se hoë werkloosheidsyfer en die ekonomie aan te spreek twee jaar nadat president Cyril Ramaphosa dit aangekondig het, sal groot opduik wanneer maatskaplike vennote Vrydag vir die Nasionale Ekonomiese Ontwikkeling en Arbeidsraad (Nedlac) se jaarlikse beraad in Johannesburg vergader.
- As die ANC effektief met die DA en ander koalisievennote kan saamwerk, kan dit dalk beduidende hervormings deurdruk. ’n Suksesvolle koalisie kan bestuur stabiliseer en ’n meer sakevriendelike omgewing bevorder, wat noodsaaklik is vir ekonomiese herstel. In Gauteng gebeur egter die teenoorgestelde waar die ANC aktief die DA en ander partye probeer ondergrawe. In Tshwane is daar tans groot spanning met die ANC wat met behulp van ActionSA die DA en vennote wil uitwerk. Maroela Media berig: DA boos oor ActionSA se ‘smeerveldtog’ Die DA en ActionSA se twis oor wie die septer in die Tshwane-metro moet swaai, ontaard nou in ʼn moddergooiery.
- Die jongste voorbeeld van ANC wanbestuur is die Poskantoor wat R4 miljard benodig om nie teen November te likwideer nie. Maroela Media berig: Poskantoor byna by Dag Zero, minister moet ingryp Die DA sê slegs die private sektor kan nou Sapo se voortbestaan verseker.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.