Monday Jul 22, 2024

Episode 300 - Klagtes teen John Hlope deur AfriForum

  • Rapport berig op sy voorblad: AfriForum vra hoogste hof: ‘Skop Hlophe uit!’
  • AfriForum veg nou in die konstitusionele hof om te keer dat John Hlophe, uitgeskopte regter-president van die Wes-Kaap, in die land se waghondliggaam vir regters dien.
  • Hlophe se teenwoordigheid in die Regterlike Dienskommissie (RDK) ondermyn die geloofwaardigheid en onafhanklikheid van die regbank, het Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van AfriForum, gister gesê.
  • Dié burgerregteorganisasie se hofstukke is reeds elektronies beteken aan die speaker van die parlement, Hlophe en die MK-party, waarvan hy die leier in die parlement is. Dit sal in die komende week by die konstitusionele hof ingedien word.
  • Maroela Media berig: Regterlike skandaal: AfriForum se kruistog teen Hlophe Die Konstitusionele Hof word versoek om te verklaar dat John Hlophe se aanstelling irrasioneel, onregmatig en in stryd met die Nasionale Vergadering se grondwetlike plig is.
  • Sunday World berig: President Cyril Ramaphosa hou vol Julius Malema het steeds politieke leiding nodig. Ramaphosa het Malema, EFF-leier, berispe omdat hy persoonlike aanvalle gerig op Ramaphosa in die parlement geloods het.
  • Ramaphosa het Maandag tydens 'n gesamentlike sitting in Kaapstad se middestad gereageer op die parlement se debat oor die opening van die parlementsrede. Malema het Vrydag tydens sy debat oor die opening van die parlement beweer dat Ramaphosa, wat die stigtersleier van die National Union of Mineworkers is, 'n sagte lewe geniet het toe mede-kamerade onder apartheid gely het.
  • Maroela Media berig: LS Mikro kry dalk gou Engelse leerders Ouers aan dié Afrikaanse skool in Kuilsrivier sê hulle is nie behoorlik in die proses geken nie en is bang dat die skool eersdaags heeltemal kan verengels.
  • AfriForum het ’n dringende vertoë aan die beheerliggaam en hoof van Laerskool Mikro gerig om die skool se enkelmedium Afrikaanse taalbeleid te handhaaf. Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat die skool oorweeg om in 2025 ’n Engelse Graad R-klas in te stel.
  • Die skool in Kuilsrivier, ’n omgewing met inwoners wat oorwegend Afrikaanssprekend is, het in 2005 bekendheid verwerf met ’n stryd om dit ’n Afrikaanse laerskool te hou. Sedertdien is dit simbolies van Afrikaanssprekendes se behoefte aan onderrig in eie taal en van die noodsaak van moedertaalonderrig. Die skool se sosiale media bewys die gemeenskap se trots op hulle Afrikaanse kultuur in ’n tyd waar baie omliggende skole reeds gedeeltelik of geheel en al verengels het.
  • Maroela Media berig: Demokrate loof Biden; Republikeine eis bedanking “Wie regeer ons land nou? Dis nie slinkse Joe nie, hy het geen benul waar hy is nie. As hy nie aan die presidensiële verkiesing kan deelneem nie, kan hy nie ons land regeer nie,” het oudpres. Donald Trump op Truth Social geskryf.
  • Moontlike teenstanders vir Donald Trump is  Kamala  Harris,  Michelle Obama of Hillary Clinton.  Ted Cruz voorspel Michelle Obama of Camila Harris sal kandidaat in Joe Biden se plek wees.
  • SA se lekkerste lamsvleis kom van die Vrystaat | berig Maroela Media. Honderd skaap- en 50 bokboere van reg oor Suid-Afrika het aan die Lamb Champs-kompetisie deelgeneem om die beste lam- en bokvleis in die land te bepaal.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125