Monday Nov 04, 2024
Momentum bou op vir reuse Bela protes
Bela-protes: Duisende verwag by grootste Afrikaanse optog
Altesaam 41 Afrikaanse organisasies van oor ʼn wye spektrum het vandag op ʼn mediakonferensie hul steun uitgespreek vir die protesoptog op 5 November teen die Bela-wet.
Hulle het ook eendragtig hul teenstand uitgespreek teen die artikels in die Bela-wet wat handel oor taal- en toelatingsbeleid by skole. Duisende mense word by die protesaksie op 5 November verwag.
Kallie Kriel @kalliekriel skryf: 41 organisasies het vanoggend die memorandum onderteken wat tydens môre se vreedsame optog by die Voortrekkermonument teen die anti-Afrikaanse BELA-wet aan die regering oorhandig sal word. Kom stap saam: • Datum: 5 November• Tyd: 09:00• Plek: Voortrekkermonument. Registreer by http://belaprotes.co.za. #BelaProtes #StopBela
AfriForum en meer as 40 ander organisasies het vandag hulle gereedheid vir deelname aan die protesoptog teen die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette 32 van 2024 (die Bela-wet) bevestig. Die optogprogram sal môre vanaf 09:00 by die Voortrekkermonument in Pretoria ’n aanvang neem. Die organisasie se verbintenis om die Bela-wet se omstrede artikels teen te staan, is vanoggend tydens ’n mediakonferensie in Centurion herbevestig.
Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, skep die huidige formaat van die wet se bepalings oor openbare skole se toelatings- en taalbeleide die “grootste enkele uitdaging vir Afrikaanse kultuurgemeenskappe sedert 1994”. Hy het die teenstand teen hierdie bepalings, waarmee AfriForum sedert 2017 deurlopend besig is, beskryf as die grootste en belangrikste stryd waarby AfriForum in dié organisasie se 18-jarige bestaan betrokke is.
Kriel noem dat hierdie saak gaan oor die oorlewing van Afrikaanse kultuurgemeenskappe, omdat Afrikaanse skole ’n sentrale rol binne hierdie gemeenskappe speel. “Ten einde ’n magsbalans te handhaaf en om ter beskerming van Afrikaanse kultuurgemeenskappe se oorlewing op te tree, is sigbare protes nodig, wat verduidelik waarom hierdie protesaksie noodsaaklik is,” benadruk Kriel.
Daar is vandag ‘n mediakonferensie gehou oor die protes waar sprekers die volgende uitgewys het:
Flip Buys, Voorsitter van die Solidariteit Beweging wys uit: "Stap môre 'n paar kilometers saam, sodat ons kinders nie eendag duisende kilometers hoef te vlug nie." –
Dr. Hendrik Theys, Voorsitter van die Afrikaanse Taalraad "Ons kan nie taalmoord toelaat nie. As jy die taal van 'n gemeenskap wegvat, vat jy sy bestaansreg weg."
Leon Fourie, Uitvoerende Hoof van SOS Skole "Die staat het in 30 jaar nie 'n enkele Afrikaanse skool gebou nie. Politici is openlik vyandig teenoor Afrikaanse skole, dis hulle wat gaan besluit oor onderrig in Afrikaans. SOS verwerp die intreding van artikel 4 en 5."
Joost Strydom @StrydomJoost skryf: "Die doel van Bela-wetgewing is om in die naam van 'integrasie' Afrikanerkultuur te disintegreer. Ons kinders behoort NIE aan die ANC nie, hulle behoort aan 'n Hoër Gesag"
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.