Monday Jan 08, 2024
NSFAS skandaal. Blade skuld SA antwoorde
- OUTA doen 'n beroep op amptenare in die departement van hoër onderwys om te bedank ná uitgelekte oudio's wat diep korrupsie suggereer.
- Die leier van die Demokratiese Alliansie, John Steenhuisen, het aangesluit by oproepe deur die Outa, ActionSA en VF Plus vir die NSFAS-raadsvoorsitter, Ernest Khosa en die minister van hoër onderwys, dr Blade Nzimande om afgedank te word.
- Maroela Media berig: Misdaadklag teen Nzimande kom; NSFAS-raad ook verkla John Steenhuisen sê weens “die president se ingebore lafhartigheid” om iets oor die situasie te doen, het die DA dit op homself geneem om stappe te doen teen diegene wat by die beweerde patronaatskapnetwerk in die departement van hoër onderwys betrokke is.
- Die SAUK berig dat die minister van hoër onderwys, dr Blade Nzimande, by monde van Ishmael Mnisi, departementele woordvoerder, die aantygings wat teen hom gemaak is, ontken.
- Blade sal bly. Ramaphosa sal waarskynlik nie teen Nzimande optree nie.
- Onafhanklike politieke ontleder Sandile Swana het gesê Ramaphosa sal waarskynlik nie teen sy getroue bondgenoot optree nie en sodoende die geledere binne die drieparty-alliansie sluit in die aanloop tot vanjaar se peilings.
- “Politiek is dit onwaarskynlik dat Ramaphosa sal optree teen Nzimande wat 'n politieke pilaar en lyfwag van 'n onsekere president is.
- Departement sê daar is aanduidings dat meer lande SA kan steun nadat die ICJ hierdie week argumente aangehoor het.
- Suid-Afrika berei voor vir 'n diplomatieke terugslag van die VSA en Europa terwyl die regering Israel hierdie week in die Internasionale Hof van Justisie (ICJ) aanvat oor bewerings van volksmoord in sy oorlog in Gasa.
- Maroela Media berig: Blinken na Israel vir taai gesprekke oor Gaza Die vrees bestaan dat die konflik tussen Israel en militante van Hamas nou verder in die streek sal uitkring nadat al hoe meer voorvalle van geweld in naburige lande opgemerk is.
- Andre de Ruyter wil terugkeer na Suid-Afrika.
- Maroela Media berig: Eskom beëindig kragskepe se voorkeurtoegang Ondernemings wat kragaanlegte op skepe bou, soos die Turkse maatskappy Karpowership, se opwekkingskapasiteit is nie meer gewaarborg om by die kragnetwerk geïntegreer te word nie omdat hy en ander kragverskaffers Eskom se sperdatum vir integrasie tot die netwerk misgeloop het.
- Ons het in Zuma se verdediging gelieg, sê Mbalula oor Nkandla 'brandpoel' sekuriteitsopgradering berig The Times Live
- 101 van die meer as 16 000 gevangenes wat in 2023 as deel van ’n spesiale kwytskeldingsprogram vrygelaat is, is weer agter tralies. Van hulle was nog nie eens ’n week buite nie toe hulle weer in hegtenis geneem is, sê Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste berig Netwerk 24.
- Die Suid-Afrikaanse Weerdienste het gewaarsku teen voortgesette swaar reënval Maandagaand tot Dinsdag.
- Reën word in Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo verwag.
- Onlangse swaar reënbuie het verwoesting in dele van Gauteng gesaai, wat tot oorstroomde paaie op die N3-hoofweg gelei het.
No comments yet. Be the first to say something!