Wednesday Jul 19, 2023

Poetin bly by die huis

  • Wladimir Poetin van Rusland sal nie aanstaande maand se Brics-beraad in Suid-Afrika bywoon nie, het die presidensie Woensdag bekend gemaak. “Daar is wedersyds ooreengekom dat Poetin nie die beraad sal bywoon nie,” lui ’n verklaring van die presidensie berig Netwerk 24.
  • President Cyril Ramaphosa was bang vir kernoorlogpraatjies deur Russiese president Vladimir Poetin se bondgenoot – en dit is hoekom hy geweier het om hom te verbind tot die nakoming van 'n internasionale verdrag om Poetin in hegtenis te neem sou hy volgende maand in Suid-Afrika aankom berig News 24.
  • Volgens die president sal Poetin se inhegtenisneming ʼn “oorlogsverklaring” wees. Hy hou vol hy het ʼn verpligting om Suid-Afrika teen oorlog met Rusland te beskerm berig Maroela Media
  • Oorlog met Rusland kan vermy word deur pres. Wladimir Poetin se uitnodiging na die Brics-beraad in Suid-Afrika terug te trek pleks daarvan om hom in hegtenis te neem sou hy in die land aankom, sê die DA in hofstukke berig Netwerk 24.
  • President Cyril Ramaphosa het onthul dat daar pogings was om 'n vredesending deur Afrika-lande na Rusland en Oekraïne te keer.
  • President Ramaphosa sê Rusland het dit duidelik gemaak dat die arrestasie van president Poetin 'n oorlogsverklaring sal wees. dit is onthul in sy vertroulike beëdigde verklaring wat Dinsdag bekend gemaak is na aanleiding van 'n bevel van die hooggeregshof in Johannesburg.
  • Suid-Afrika is in gesprek met die Internasionale Strafhof vir oplossings vir die probleme wat Suid-Afrika “verhinder of verhoed” om pres. Wladimir Poetin van Rusland in hegtenis te neem, sê pres. Cyril Ramaphosa berig Netwerk 24
  • Die nuwe konsepregulasies oor waterregte wat op ras gegrond gaan word, is “baie kommerwekkend”, sê Gareth Ackerman, voorsitter van die Pick n Pay-groep. Ackerman het in ’n toespraak op die groep se jaarvergadering gesê dit het groot potensiaal om voedselsekerheid te beïnvloed berig Netwerk 24.
  • Gebaretaal is as 12de amptelike taal vandag wet gemaak nadat president Ramaphosa dit bekragtig het.
  • Privaatvervolgingseenheid en Tshwane-gemeenskapsveiligheid staan saam teen korrupsie
  • Inflasie daal na 5,4%.
  • Eskom het steenkoolverskaffingsooreenkomste en konstruksiekontrakte ter waarde van R11 miljard rand gekanselleer waar korrupsie betrokke is volgens president Cyril Ramaphosa.
  • Eskom vrees dat inkomste daal namate die aptyt vir sonkrag groei met solar.
  • ArcelorMittal blameer beurtkrag en hoë skuld vir verwagte verlies. Staalprodusente-aandele daal met meer as 40%.
  • Brrr! Nog koue op pad berig Maroela Media: “Reënerige toestande word ook verwag in dele van die Noord-Kaap, Noordwes, Gauteng, Vrystaat, KwaZulu-Natal en Mpumalanga.”

Comment (0)

No comments yet. Be the first to say something!

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125