Friday Oct 25, 2024
Spanning in RNE is ‘n rigtingwyser vir magstryd in ANC
Die stigting van die RNE in Suid-Afrika het ontstaan uit die ANC se onvermoë om 'n meerderheid te verseker in onlangse verkiesings, wat koalisiebestuur met ander partye genoodsaak het, veral die DA.
Weekliks is daar punte waarop die partye in die RNE verskil maar daar is nog nie werkbare meganisme of konsensus om oplossings te kry nie. Een van die groot brandpunte is Bela wetgewing.
Netwerk 24 berig: Nog geen konsensus oor Bela – Mashatile Politieke partye in die regering van nasionale eenheid (RNE) kon nog nie konsensus bereik in hul geskille oor die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) nie.
Adj.pres. Paul Mashatile het dit Donderdagaand ná ’n vergadering van die RNE se geskiloplossingsmeganisme (clearing-house mechanism, CHM) by Tuynhuys in Kaapstad bevestig.
Die nuutste twispunt die week was die presedensie en die DA wat verskillende standpunte oor Rusland het. Dan sit die presedensie en die DA vas oor die nasionale dialoog wat op 16 Desember gehou moet word.
Die onsekerheid oor beleid speel af met ‘n magstryd in die ANC en die vraag wie gaan Cyril Ramaphosa opvolg as die volgende president van die ANC en by implikasie Suid-Afrika.
Rondom die spanning in die ANC wys MG die volgende uit: "Mbalula se werklike teiken is Mashatile"
Panyaza Lesufi is nie 'n bedreiging vir die sekretaris-generaal nie, maar kan kollaterale skade wees in 'n gevolmagtigde stryd voor die ANC se verkiesingskonferensie
Senior bronne in die ANC meen die aanvalle op Gautengse voorsitter, Panyaza Lesufi, deur die party se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, is indirek gemik op adjunkpresident Paul Mashatile terwyl die party gereed maak vir sy 2027 verkiesingskonferensie.
Faksies, onderhandeling spanning, strategiese posisionering speel af teen ‘n ekonomie wat nie groei en infrastruktuur wat onder druk is. Daarby word sake vererger deur sistemiese korrupsie en swak ekonomiese beleid en die uitvoering van die beleid.
Die ANC ervaar tans interne verdeeldheid. Hierdie faksies ding mee om beheer en invloed binne die party, wat onderhandelinge binne die RNE bemoeilik. Die is veral die Lesufi-Paul Mashatile wat sterk na vore getree het sedert die RNE gestig is. Die faksie sal verkies dat die DA moet uit en vervang word met ‘n RET-faksie wat partye soos MK en die EFF betrek.
Die rolspel het al prakties uitgespeel met die DA koalisie wat vervang is in Tshwane. Ironies is dat Gauteng op die oomblik swak regeer word maar dit verhoed nie vir Panyaza Lesufi om ‘n groter leierskap rol in die ANC te wil speel nie.
Netwerk 24 berig: Tyd om Gauteng te herbou – Lesufi Die herlewing van middestede in Gauteng is een van die hoofprioriteite van die provinsiale regering, het Panyaza Lesufi, premier, Donderdag op ’n beraad aan leiers van munisipaliteite in die provinsie gesê.
Gestel die RNE ontbind dan kan die magstryd in die ANC versnel waar Lesufi-Paul Mashatile beheer sal wil oorneem. Dit kan beteken dat Ramaphosa vroeër vervang kan word as ANC president. ‘n Lot wat voorgangers soos Thabo Mbeki en Jacob Zuma ook getref het.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.