3 days ago

Episode 398 - Trump 2.0 en die veranderende media landskap

  • Trump kommunikeer met MAGA ondersteuners en is ernstig om hul mandaat uit te voer

In strategiese kommunikasie moet jy jou nismark identifiseer en met hul kommunikeer. Die wêreld en die media is onder die indruk dat Trump met sy inhuldiging met hul kommunikeer.  Trump se kommunikasie is gemik op die kiesers in die VSA wat vir hom gestem het en hy het hom daartoe verbind om die mandaat wat hy deur verkiesings beloftes gemaak het uit te voer.

  • Beloftes gekoppel aan aksie en optrede

Trump het nog dieselfde aand van sy inhuldiging aan die werk gespring. Daar is uitvoerende bevele uitgeroep wat Biden beleid herroep het en amptenare wat die Trump administrasie en beleid nie ondersteun is afgedank. Maroela Media berig: ‘You’re fired!’ Trump gee talle al trekpas Pres. Donald Trump het teen Dinsdagoggend reeds vier senior staatsamptenare afgedank.

  • Media stel steeds belang in klieks en koerant verkope

Die inhuldiging van Donald Trump was nuuswaardig. Sit daarby vir Elon Musk en genoeg inhoud kan geskep word wat sorg vir meer klieks op skakels in webwerwe en koerant verkope. Omdat Suid-Afrika byna nie meer enige koerante het nie is dit net The Citizen wat ‘n Musk foto op die voorblad het.

Die media bestaan uit:

  • Tradisionele media soos koerante en TV
  • Nuwe media wat alles elektronies is.
  • Hibriede media wat kombinasie van bogenoemde is en die twee mediums wat in interaksie met mekaar kommunikeer.

Trump gebruik Truth Social as die platform waarmee hy kommunikeer. Sy uitsprake spoel dan oor na X waar dit nie meer gesensor word soos wat 4 jaar gelede die geval is nie. Sy boodskappe word dan verder vertolk en vergroot deur nuwe media instellings wat gebruik maak van potsend, Telegram, You Tube en Tik Tok. Wat tradisionele media oor Trump berig pla hom en sy ondersteuners nie veel nie. In hul oë is tradisionele media nie meer geloofwaardig en irrelevant.

Kyk mens na Trump se inhuldiging was daar op X byna 5 miljard teksindrukke en byna 700 miljoen videokyke. Dit wys dat tradisionele media moet vertolk wat gebeur in die nuwe media omgewing.

  • Menings oor Trump. Vandag se gevalle studie in Die Burger.

Vandag se Burger  bevat ‘n spotprent wat suggereer dat Trump en Elon Musk se ondersteuners almal Nazi’s is. Daar is ‘n rubriek  deur  Fienie Grobler met opskrif Trump-woorde skiet weer seer en op die teenoorgestelde blad is Trump met swaard in die hand by Reuters vertaalde artikel wat aangepas is: Wat kan Trump alles doen ? . Daar is darem ‘n lesersbrief Aanvaar tog nou dat Trump die president is wat balans probeer skep.

Uit die minder as 48 uur nadat Trump president geword het is dit duidelik dat die publiek in SA nie moet staatmaak op die tradisionele media as hul presies wil uitvind wat gebeur in die VSA. Artikels wat gebruik word, word in die meeste gevalle net oorgeneem van Bloomberg, Reuters en die AFP wat Trump administrasie van nature vyandig gesind is.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125