Thursday Apr 03, 2025
Episode 436 - Trump tariewe skop in
Die episode kyk na die onlangse omwenteling in handelsbetrekkinge terwyl die Verenigde State, gelei deur president Donald Trump, 'n beduidende 30%-tarief oplê vir Suid-Afrika, wat kontroversie en kritiek ontlok het. Die oplegging het kommer by verskeie regering en organisasies laat ontstaan, wat samesprekings oor die behoefte aan hernude bilaterale handelsooreenkomste voorstaan.
- 30% tarief vir SA
Maroela Media berig: Trump kap SA met 30%-tarief as een van ‘ergste oortreders’
“Hulle het ʼn paar slegte dinge aan die gang in Suid-Afrika. Jy weet, ons betaal hulle miljarde dollar, en ons het die befondsing gesny omdat baie slegte dinge in Suid-Afrika gebeur,” het Trump tydens die aankondiging gesê.
- Regering rekasie
Netwerk 24 berig Presidensie reageer op Trump se tariewe: 'Nuwe bilaterale handelsooreenkoms nodig'
Die eensydige heffings en straftariewe wat pres. Donald Trump van Amerika ingestel het, is kommerwekkend en dien as ’n hindernis vir handel en gedeelde welvaart, sê die presidensie Donderdagoggend in reaksie op Trump se nuwe 30%-tarief op Suid-Afrikaanse produkte.
“Die presidensie het met kommer kennis geneem van die nuwe tariewe op Suid-Afrikaanse uitvoer na die VSA.”
Vincent Magwenya, pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder, sê Suid-Afrika is steeds verbind tot ’n wedersyds voordelige handelsverhouding met Amerika en waarsku eensydige heffings en straftariewe is ’n bekommernis en ’n hindernis vir handel en gedeelde welvaart.
- Reaksie van AfriForum
Invoertariefskok: ANC moet skuld dra vir Trump-besluit – AfriForum
ANC-leiers en die ANC-geleide regering moet direk verantwoordelik gehou word vir die straf wat die Amerikaanse president, Donald Trump, aan Suid-Afrika opgelê het met die implementering van ’n invoertarief wat aansienlik hoër is as die meeste ander lande s’n.
Só meen die burgerregteorganisasie AfriForum nadat Trump laat gisteraand Suid-Afrikaanse tyd nuwe tariewe op invoere na die VSA aangekondig het en ’n sogenaamde “wederkerige belasting” aan Suid-Afrika en nagenoeg 60 ander lande opgelê het weens dié lande se slegte verhouding met die VSA.
- Ontleding
Flip Buys skryf: Hierdie krisis is deur die ANC veroorsaak, en nou ly die hele land. Ons het met ons VSA besoek ons bes probeer om die Amerikaners te oortuig om nie die land te straf as die ANC droogmaak nie.
Ongelukkig saboteer die ANC enige goedbedoelde poging om tariewe te vermy, deur hardnekkig aan hulle uitgediende 1960’s beleidsrigtings vas te klou. Dan het SA boonop ‘n Ambassadeur daar gehad wat sy gashere beledig, ipv goeie verhoudings met hulle te bou.
Ons sal steeds na die Amerikaners uitreik om te sien wat gedoen kan word, maar die ANC maak soos ‘n stout kind wat al sy vakke dop, en steeds dink hy is die skoolhoof.
No comments yet. Be the first to say something!