Thursday Apr 04, 2024

Voormalige speaker verskyn in die hof en kry borg van R50 000

  • Nosiviwe Mapisa-Nqakula verskyn in die landdroshof in Pretoria. Die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering word van 12 aanklagte van bedrog en korrupsie aangekla. Sy het na bewering R4,5 miljoen se terugbetalings van 'n kontrakteur ontvang toe sy Minister van Verdediging was. Sy word vrygelaat met borg van R50 000.
  • Nuusagenda video: #Speaker gee oor aan die SAPD
  • Die Burger berig op sy voorblad Mapisa-Nqakula se bedanking ‘groot verligting vir ANC’ Die ANC sal volgens politieke kenners verlig wees dat Nosiviwe Mapisa-Nqakula Woensdag ná bykans twee weke van intense druk met onmiddellike effek as speaker van die Nasionale Vergadering en LP bedank het.
  • Dié bedanking laatmiddag is manna uit die hemel vir die ANC, veral so kort voor vanjaar se verkiesing. Die regerende party kan nou sê mense wat van korrupsie beskuldig word, voel nie tuis in sy geledere nie, sê prof. Ntsikelelo Breakfast, politieke ontleder verbonde aan die Nelson Mandela-Universiteit
  • Maroela Media berig: Speaker bedank Nosiviwe Mapisa-Nqakula stel dit egter duidelik dat haar bedanking “geensins ’n aanduiding van skulderkenning” is nie.
  • Maroela Media berig: Nuwe speaker moet dringend verkies word Ingevolge die reëls van die Nasionale Vergadering én die Grondwet moet ʼn nuwe speaker verkies word sodra die posisie vakant word.
  • 'n Video van 'n lid van die ANC wat in die openbaar 'n beroep doen dat oudpresident Jacob Zuma doodgeskiet moet word het na vore gekom.
  • Maroela Media berig: Ramptoestand in dorre Zimbabwe afgekondig Emmerson Mnangagwa sê meer as 2,7 miljoen Zimbabwiërs sal vanjaar nie genoeg kos op hul tafel hê nie nadat die droogte sowat die helfte van die land se mielie-oes vernietig het.
  • Die Oesskattings komitee het getoon dat Suid-Afrika se 2023/2024-somergraan- en oliesade produksie op ’n jaargrondslag met 21% kan daal.
  • Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het gesê hy beoordeel die erns van die El Nino-geïnduseerde droogte en die impak daarvan op oes opbrengste en die finansiële status van boere.
  • Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement, het gesê die onlangse Oesskattings komitee het getoon dat Suid-Afrika se 2023/24-somergraan- en oliesade produksie met 21% jaar-op-jaar tot 15,2 miljoen ton kan daal.
  • NUWE AFRIFORUM-BOEK WERP LIG OP VRIENDSKAP TUSSEN AFRIKANERS EN HONGARE
  • ’n Nuwe boek is vandag tydens ’n paneelgesprek in die AfriForum Teater bekendgestel wat die besonderse vriendskap tussen Afrikaners en Hongare in oënskou neem. Verhoudinge tussen Afrikaners en Hongare, 1652-2023: ’n Historiese perspektief op twee kultuurgemeenskappe is in Afrikaans en Engels gedruk en kyk na spesifieke gebeure sedert 1652 waar die vriendskapsbande tussen dié twee kultuurgroepe gebou is.

Comments (0)

To leave or reply to comments, please download free Podbean or

No Comments

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125