Monday Apr 08, 2024
Waterkrisis klop aan die deur en regering wil planne maak
- Sunday Times berig op sy voorblad: Boere, AfriForum en Solidariteit genooi om in te tree en plaaslike munisipaliteite by te staan
- In 'n dringende stap om 'n volskaalse waterkrisis in Suid-Afrika te voorkom, beoog die regering om boere en die meestal Afrikaner-burgerbeweging Solidariteit in tou te hou om plaaslike regerings te help om honderde geteisterde watersuiweringsaanlegte te herstel en in stand te hou.
- Die nasionale regering waarsku dat dit as 'n laaste uitweg die voorsiening van waterverantwoordelikhede van plaaslike rade sal oorneem indien herhaalde ingrypings en fondse nie daarin slaag om die vinnige afname in watergehalte en toenemende gevalle van "waterstorting" te stuit nie.
- Netwerk 24 berig: Landbou, burgerregteorganisasies ‘gretig om te help met waterkrisis’ As die regering uitreik na AfriForum, Solidariteit en Agri SA om te help om die waterkrisis op te los, sal hulle die uitnodiging met ope arms aanvaar.
- So het dié organisasies by navraag gesê oor adj.pres. Paul Mashatile se plan om die private sektor en boeregemeenskappe by sy watertaakspan te betrek.
- Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, glo hulle kan ’n bydra lewer en is meer as bereid om dit te doen. “Dit is in almal se belang dat ons doen wat ons kan om die bedreiging wat die waterkrisis inhou die hoof te bied.”
- Maroela Media berig: Mashatile se waterplan: Solidariteit, AfriForum ‘sal help, mits …’ pres. Paul Mashatile het in ʼn onderhoud met Sunday Times gesê die regering wil na boere, die vakbond Solidariteit en die burgerregte-organisasie AfriForum uitreik vir hulp ten einde ʼn volskaalse waterkrisis in die land te voorkom.
- Dirk Hermann skryf: Adjunkpresident Paul Mashatile het gesê hy gaan onder andere AfriForum en Solidariteit nader in sy groot waterplan.
- Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het al voorheen gesê dat ons nie van die regering hou nie, maar ons is lief vir die land. Daarom sal ons graag help.
- Ons sal opreg wees om te help. Dit is as die regering opreg wil help en nie net geraas maak voor die verkiesing nie.
- Maroela Media berig: NWU skort klasse op midde Potch-waterkrisis Die Noordwes-Universiteit (NWU) het kontakklasse op sy Potchefstroomkampus vir minstens die volgende week opgeskort weens die waterprobleme wat in die dorp en omliggende gebiede ervaar word.
- Winde van tot 150 km/h het Sondag chaos en verwoesting in die Kaapse Wynlande, Somerset-Wes en die Overberg veroorsaak.
- Owerhede het gesê die windspoed op die Stellenbosch-vliegveld het Sondag 303 km/h gemeet.
- Wes-Kaap steeds op hoë gereedheidsgrondslag berig Maroela Media: Groot skade is reeds aangemeld in verskeie gebiede oor die Wes-Kaap te midde van stormsterk wind en reënval. Kaapstad se ramprisikobestuursentrum het Maandag weer vergader oor die stad se reaksie op die gure weer.
- Landboucom berig: KYK | Tot 200mm by Kroonstad aangemeld, en nog reën op pad Inwoners van Kroonstad het van Sondagmiddag tot Maandagoggend tot 200 mm reën gemeet en ’n waarskuwing is uitgereik dat ’n tweede storm na die gebied op pad is.
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.