Episodes
Wednesday Jul 16, 2025
Wednesday Jul 16, 2025
Risiko van 'n staatsgreep volgens minister
Newzroom Afrika video Minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, onthul dat die regering 'n moontlike risiko van 'n staatsgreep in SA geïdentifiseer het. Sy sê hulle monitor mense wat agter sulke planne sit.
Maatreëls ingestel om risiko te verminder
Ntshavheni het die publiek egter verseker dat veiligheidsagentskappe reeds maatreëls ingestel het om hierdie risiko te verminder en het beklemtoon dat Suid-Afrika se veiligheid tans nie in gevaar is nie. Sy het beklemtoon dat daar geen onlangse poging was om 'n staatsgreep te pleeg nie en het verseker dat die veiligheidsgroep solied bly, met nasionale veiligheid wat deur die regering geprioritiseer word.
Indien daar ‘n staatsgreep poging was, waar is die skuldiges
Die vraag ontstaan: Hoekom is die persone wat die staatsgreep beplan het nie in e in hegtenis geneem nie? Dit is 'n ernstige misdaad. Hoekom 'n staatsgreep-plot aankondig as jy geen bewyse het nie en niemand in hegtenis geneem het nie? Daar is geen staatsgreep-plot hier nie. Dit is gevaarlike leuens van 'n onverantwoordelike regering.
Wat wel uitspeel is dat faksies in die SAPD mekaar uitwerk. Die pogings betrek ook ander staatsveiligheid instellings en jy kry ‘n minister in die Presidensie wat aantygings maak wat sy nie kan staaf met die nodige bewyse en betroubare inligting nie
Gwede Mantashe waarnemend vir 2 weke
Maroela Media berig: Mantashe as waarnemende polisieminister aangestel
Gwede Mantashe sal in die amp as polisieminister waarneem totdat Firoz Cachalia vanaf 1 Augustus by hom kan oorneem.
genl. Shadrack Sibiya moet by die huis bly
Maroela Media berig: Nóg ʼn polisiehoof gevra om liefs tuis te bly
Lt.genl. Shadrack Sibiya, adjunk- nasionale kommissaris vir misdaadopsporing, is Dinsdag gevra om spesiale verlof te neem ná afloop van verdoemende bewerings oor politieke inmenging in polisieondersoeke.
Mchunu word deur die SAPD ondersoek
Die DA sê dat hulle bevestiging van die Suid-Afrikaanse Polisiediens ontvang het dat Minister Senzo Mchunu nou onder ondersoek is. Die Da het verlede week kriminele klagte teen Mchunu ingedien.
Mchunu is steeds lid van die parlement en kan daar voortgaan met sy aktiwiteite.
Tuesday Jul 15, 2025
Tuesday Jul 15, 2025
Nuwe waarnemende minister van polisie op nommer 99 aangestel
Prof Firoz Cachalia het 'n oproep van president Cyril Ramaphosa ontvang 'n uur voordat hy as die nuwe waarnemende minister van polisie aangekondig is.
Hofsaak dreigemente oor aanstelling. Waarnemende
Newzroom Afrika video: Die inkomende waarnemende minister van polisie, prof. Firoz Cachalia, het bewerings verwerp dat sy aanstelling deur president Cyril Ramaphosa ongrondwetlik is. Hy voeg by dat diegene wat sy aanstelling in die hof wil betwis, dit kan doen.
Netwerk 24 berig: Kommissie van ondersoek: MKP dreig Ramaphosa met die hof Prof. Koos Malan, ’n konstitusionele juris, meen daar is geen meriete om Ramaphosa se besluit in die howe te betwis nie.
Publiek vertroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens op 'n rekordlaagtepunt
Die skandaal beklemtoon langdurige frustrasies oor geweldsmisdaad, openbare vertroue in die polisie en korrupsie op verskeie vlakke van die Suid-Afrikaanse samelewing. Die publiek se vertroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens het 'n rekordlaagtepunt bereik berig Jacaranda FM
Maroela Media berig: Ramaphosa: Kommissie moet ‘integriteit, doeltreffendheid’ van polisie beskerm “Dit is noodsaaklik dat ons die feite vasstel deur ’n onafhanklike, geloofwaardige en deeglike proses sodat ons die publiek se vertroue in die polisiediens kan beskerm.”
Spanning op die ANC geleide regering
Die kwessie word gesien as 'n groot uitdaging vir die huidige koalisieregering, veral aangesien plaaslike regeringsverkiesings op hande is. Opvallend wil die DA via die parlement ‘n komitee aanstel wat hul eie ondersoek loods. Dit word gesien as parlementêre oorsig.
Die ANC gee vanmiddag 14H00 hul standpunt oor die kommissie van ondersoek aan die media
News 24 berig: 'n Parlementêre ondersoek na bewerings dat die land se polisiediens deur kriminele netwerke geïnfiltreer is, sal waarskynlik almal wat betrokke is by die plofbare beweerde misdadigheid wat deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi uiteengesit is, dagvaar.
Kommissie van ondersoek na Senzo Mchunu en kans vir sukses en optrede
Maroela Media berig: Mchunu-skorsing | Ondersoekkommissies lewer weinig vrug
Sedert pres. Cyril Ramaphosa aan bewind gekom het, is minstens 180 kommissies, panele, komitees en ander soortgelyke liggame in die lewe geroep om bepaalde kwessies te ondersoek – sonder dat daar enige daadwerklike gevolge was vir die oortreders wat hierdeur uitgewys is.
Monday Jul 14, 2025
Monday Jul 14, 2025
Kommissie moet minister ondersoek
Netwerk 24 berig: Firoz Cachalia word waarnemende minister van polisie
Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig dat hy 'n nuwe kommissie van ondersoek instel na ernstige beweringe van misdaadsindikate wat wetstoepassings- en intelligensiestrukture geïnfiltreer het.
Minister Senzo Mchunu is op verpligte verlof geplaas
Prof. Firoz Cachalia is as waarnemende polisieminister aangestel
Ondersoek dek polisie, NVG, howe, staatsveiligheid en metropolisie
Kommissie het 6 maande om werk te voltooi
Sondag koerante voorspel vooraf uitkoms van besluit
MCHUNU ASKS RAMAPHOSA TO PROBE HIM (Sunday World voorblad)
President has been rattled by the allegations
Mchunu asks Ramaphosa to put him on leave Sunday Times voorblad (Voorbrand strategie )
Political storm threatens to tear SAPS apart
3de Kommissie van ondersoek onder Ramaphosa
Kommissie van ondersoek ’n aanklag teen die vermoë van bestaande wetstoepassingsagentskappe – AfriForum
AfriForum bestempel president Cyril Ramaphosa se aankondiging dat ’n kommissie van ondersoek in die lewe geroep is om onder meer ernstige bewerings van politieke inmenging en korrupsie teen Polisieminister Senzu Mchunu, te ondersoek, as ’n ernstige aanklag teen die vermoë van bestaande wetstoepassingsagentskappe. Dit dui volgens AfriForum daarop dat dié agentskappe óf nie die vermoë het om die ondersoek te doen nie óf nie die vermoë het om dit sonder vooroordeel aan te pak nie, en daarom word daar nou na ’n ander instrument gesoek om die ondersoek te onderneem.
Kragtens Ramaphosa se aankondiging sal die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), die Staatsveiligheidsagentskap (SVA), die regbank en die Johannesburg- en Tshwane-metro se metropolisie nou deur die kommissie van ondersoek, onder voorsitterskap van waarnemende adjunkhoofregter Mbuyiseli Madlanga, ondersoek word.
Volgens Jacques Broodryk, hoofwoordvoerder van Gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het kommissies van ondersoek in Ramaphosa se tyd nog nie werklik vrugte afgewerp nie. Die gesloer met die implementering van die aanbevelings van die Zondo-kommissie se ondersoek na staatskaping dien as ’n voorbeeld hiervan.
Thursday Jul 10, 2025
Thursday Jul 10, 2025
Agoa
Dít het ANC nou van valse narratief – AfriForum
Daar is nou min hoop dat Agoa hernu gaan word. AfriForum sê diegene wat die toenemende diplomatieke spanning as die verspreiding van waninligting afgemaak het en die ANC se valse narratief help bevorder het, is aandadig.
AfriForum hou president Cyril Ramaphosa en sy ANC-geleide regering direk verantwoordelik vir die 30%-tarief wat die Amerikaanse president Donald Trump gister op invoere uit Suid-Afrika aangekondig het. Die organisasie hou vol dat Ramaphosa en sy regering valslik die VSA se kwellinge probeer afmaak het as die gevolg van misinfomasie, terwyl hulle eerder die VSA se bekommernisse moes erken en daadwerklik opgelos het. Die land pluk nou volgens AfriForum die wrang vrugte van die regering se versuim op dit te doen.
Die tarief tree op 1 Augustus in werking. Dit was vir 90 dae opgeskort om toe te laat vir onderhandeling. Ramaphosa en die ANC-geleide regering het egter die 90 dae-vergunning vermors en geen vordering gemaak om die diplomatieke krisis met die Trump-administrasie te beredder nie. AfriForum beskou diegene wat die ANC se valse narratief help bevorder het en die uitwys van kritieke kwessies in die VSA en Suid-Afrika se verhoudinge afgemaak het as die verspreiding van waninligting, as aandadig aan dié krisis.
Regering se voetslepery
Nuuskommentaar: Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
President Donald Trump se tariefbom het hierdie week gebars en hoewel die implementering daarvan vroeër met 90 dae opgeskort was om ruimte te laat vir onderhandelinge, het die ANC-geleide regering ’n kop-in-die-sand-benadering gevolg. Die 30%-tarief op invoere na die VSA tree op 1 Augustus in werking en die land gaan nou die wrang vrugte smaak van die regering se voetslepery en ontkenning van probleme, skryf Ernst van Zyl, AfriForum se hoof van Openbare Betrekkinge, in hierdie week se nuuskommentaar.
Politieke spel
Trump-tariewe gaan oor ‘politiek, nie ekonomie’
Die ekonoom Dawie Roodt meen Suid-Afrikaners betaal al vir meer as 30 jaar ʼn duur prys vir die ANC se beleid. “Die nuwe tarief is dus net nóg ’n spyker in die Suid-Afrikaanse ekonomie se doodskis. Suid-Afrikaners moet egter begin besef dat ons nie meer hierdie organisasie kan bekostig nie. Ons ekonomie is in intensiewe sorg.” ..
Tuesday Jul 08, 2025
Tuesday Jul 08, 2025
Invoertarief van 30% aangekondig
Maroela Media berig: Trump-tarief: ‘Regering het land en sy mense gefaal’
Pres. Donald Trump het ‘n invoertarief van 30% aangekondig op Suid-Afrikaanse produkte wat na Amerika uitgevoer word.
Cyril Ramaphosa terug in SA en sy reaksie
Netwerk 24 berig: Ramaphosa oor 30%-invoertarief: ‘Trump se data onakkuraat’
Amerika se 30%-invoertarief op Suid-Afrikaanse produkte is nie ’n akkurate voorstelling van beskikbare handelsdata nie, het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagoggend gesê in ’n verklaring wat deur die presidensie uitgereik is.
“Hierdie betwiste interpretasie vorm deel van die kwessies wat deur die onderhandelingspanne van Suid-Afrika en die VSA oorweeg word. Gevolglik hou Suid-Afrika vol dat die wederkerige tarief van 30% nie ’n akkurate voorstelling van beskikbare handelsdata is nie.”
In Suid-Afrika se interpretasie van die beskikbare handelsdata staan die gemiddelde tarief vir ingevoerde goedere wat Suid-Afrika binnekom op 7,6%.
Luidens die verklaring is dit belangrik om uit te lig dat 56% van goedere Suid-Afrika binnekom teen ’n tarief van 0% ingevolge die wedersydse “Most-Favoured Nation” (MFN)-beginsel, met 77% van Amerikaanse goedere wat die Suid-Afrikaanse mark teen dié 0%-tarief binnekom.
Laaste kans. Ramaphosa moet oorgaan tot aksie
Solidariteit waarsku in mediaverklaring: VSA-tariewe: Laaste kans vir Ramaphosa om groot werksverliese te red
Suid-Afrika sal die pyn wat die VSA se handelstarief van 30% op sy ekonomie gaan meebring kan vryspring, mits president Cyril Ramaphosa dringend oorgaan tot aksie.
Só sê Jaco Kleynhans, hoof van openbare skakeling by Solidariteit, nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, Suid-Afrika met ʼn skrywe in kennis gestel het dat die 30%-handelstarief op 1 Augustus in werking tree.
“Daar is steeds ruimte tot 1 Augustus om te onderhandel, maar die probleem is dat ons regering en Ramaphosa nog altyd hiermee voete sleep. Die Amerikaners wou onderhandel dus kan die situasie nog beredder word. “Daar moet egter besef word dat Amerika ook ʼn politieke skikking met Suid-Afrika soek en nie net ʼn ekonomiese skikking nie,” sê Kleynhans.
Onderhandeling nodig
News 24 berig: Minister van Landbou, John Steenhuisen, het gesê dat SA binne minder as 'n maand na die onderhandelingstafel met die VSA moet terugkeer, aangesien 'n 30%-tarief volgende maand in werking sal tree.
Monday Jul 07, 2025
Monday Jul 07, 2025
Netwerk 24 berig: KZN-polisiekommissaris klim in kryt oor ‘politieke inmenging’: Waar’s die bewyse? vra Mchunu Daar kan nooit iets soos samewerking tussen ’n polisiebeampte en ’n misdadiger wees nie, het lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, provinsiale polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Sondag gesê nadat hy politici van politieke inmenging en bande met misdadigers beskuldig het.
Hy het op ’n mediakonferensie in Durban skokkende bewerings gemaak en onder andere vir Senzo Mchunu, polisieminister, van politieke inmenging beskuldig. Hy het ’n strafregtelike ondersoek na Mchunu aanhangig gemaak.
Ramaphosa reaksie.
Maroela Media berig Bewerings teen minister nou ‘prioriteit’ – Ramaphosa
“Alle partye in hierdie saak word versoek om dissipline en selfbeheersing uit te oefen,” het pres. Cyril Ramaphosa uit Brasilië laat weet.
Minister standpunt
SABC News video: Polisieminister Senzo Mchunu sê hy sal binnekort aandag gee aan die verklarings van KZN se polisiekommissaris-generaal Mkhwanazi.
Oproepe vir verantwoordbaarheid. Vrae oor kaping van die SAPD
Bewerings het teen die leierskap van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ontstaan, wat oproepe vir verantwoordbaarheid binne die organisasie verskerp. Hierdie ondersoek volg op verklarings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, wat senior SAPD-amptenare in die openbaar daarvan beskuldig het dat hulle kriminele netwerke beskerm en die openbare vertroue in wetstoepassing ondermyn.
Netwerk 24 berig Indien Mkhwanazi waarheid praat, wys dit SAPD is gekaap – Cameron
Indien die onthullings van lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, waar is, kan dit daarop dui dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gekaap is.
In hierdie onderhoud met BizNews, sê die Demokratiese Alliansie (DA) se woordvoerder oor polisie, Ian Cameron: “...al die politieke partye is eens dat hulle voor die Parlement moet verantwoording doen...Ek sou dit baie skokkend vind dat 'n provinsiale kommissaris soos Generaal Mkhwanazi die risiko sou neem, beide fisies en in terme van sy werk, sy hele loopbaan, die risiko sou neem wat hy gister geneem het as hy nie iets gehad het om dit mee te staaf nie.”
Video: DA-LP Ian Cameron sê as minister Senzo Mchunu vir die parlement gelieg het oor sy verhouding met Brown Mokgotsi, kom dit neer op 'n kriminele oortreding.
Friday Jul 04, 2025
Friday Jul 04, 2025
Tariewe teen SA
Bloomberg berig: Trump stuur vanaf Vrydag tariefbriewe, stel 10%-70%-reeks vas
Die Amerikaanse president Donald Trump het gesê sy administrasie sal Vrydag briewe aan handelsvennote begin uitstuur waarin eensydige tariefkoerse vasgestel word, wat lande op 1 Augustus sal moet begin betaal.
Trump het aan verslaggewers gesê dat ongeveer "10 of 12" briewe Vrydag uitgestuur sal word, met bykomende briewe wat "oor die volgende paar dae" sal kom, en hy dink teen 9 Julie sal hulle ten volle gedek wees.
Trump het gesê lande sal "op 1 Augustus begin betaal. Die geld sal op 1 Augustus die Verenigde State binnekom."
Die Amerikaanse president Donald Trump het gesê dat sy administrasie Vrydag briewe aan handelsvennote sal begin uitstuur waarin eensydige tariefkoerse vasgestel word, wat hy gesê het lande op 1 Augustus sal moet begin betaal.
Trump het aan verslaggewers gesê dat ongeveer "10 of 12" briewe Vrydag uitgestuur sal word, met bykomende briewe wat "oor die volgende paar dae" sal kom.
ANC geleide regering steur hom nie aan die voorwaardes nie en vra uitstel
Voorwaardes gekommunikeer aan die regering sluit in:
Om plaasaanvalle en misdaad in landelike gebiede as prioriteitsmisdade te klassifiseer;
Die ANC moet die “Kill the Boer” dreunsang in die openbaar veroordeel;
Die regering moet verseker dat grondonteiening met billike mark vergoeding plaasvind; en
Amerikaanse maatskappye en organisasies moet vrygestel word van rasgebaseerde beleide, soos swart ekonomiese bemagtiging (SEB).
Die regering het vir uitstel gevra rondom die vasstel van tariewe.
Sanksies teen politieke leiers in SA wat staan teen Israel ook in pyplyn
Die Amerikaanse Verteenwoordiger Greg Steube het op 16 Junie die Wet op die Aanspreek van Vyandige en Antisemitiese Gedrag deur die Republiek van Suid-Afrika van 2025 bekendgestel aan die Huis van Verteenwoordigers in die VSA.
Hierdie wetsontwerp sal direkte bystand aan Suid-Afrika opskort terwyl dit geteikende sanksies oplê teen politieke leiers wat verantwoordelik is vir hul regering se antagonisme teenoor die Verenigde State en sy bondgenote, regsgedinge teen Israel by die Internasionale Geregshof, en die inskakeling by Iran se ekonomiese en militêre belange.
Thursday Jul 03, 2025
Thursday Jul 03, 2025
Voorwaardes
VSA vra vir verandering rondom swart ekonomiese bemagtiging, plaasmoorde, grondonteiening, en opruiende retoriek soos “Kill the Boer”.
Maroela Media berig: Afrikaner-afvaardiging terug uit VSA: Dít is Amerikaners se voorwaardes “Ons het nie gegaan om te kla nie. Ons het dit van die begin af duidelik gemaak dat ons wil hê ons land moet floreer.”
The Citizen berig oor die voorwaardes na aanleiding van ‘n mediakonferensie gister gehou is deur die VF Plus, NEASA en SAAI en terugvoer te gee oor hul VSA besoek.
Die VF Plus het amptenare in die VSA ontmoet en beweer dat Ramaphosa se ontmoeting met Trump 'n mislukking was.
Die leier van die VF Plus, Corne Mulder, sê president Cyril Ramaphosa en sy span kon nie die verhouding met die Amerikaanse regering herstel nie.
Mulder het gesê hy is meegedeel dat daar vier voorwaardes is waaraan voldoen moet word vir Suid-Afrika se verhouding met die VSA om herstel te word. Die vier voorwaardes is:
Om plaasaanvalle en misdaad in landelike gebiede as prioriteitsmisdade te klassifiseer;
Die ANC moet die “Kill the Boer” dreunsang in die openbaar veroordeel;
Die regering moet verseker dat grondonteiening met billike mark vergoeding plaasvind; en
Amerikaanse maatskappye en organisasies moet vrygestel word van rasgebaseerde beleide, soos swart ekonomiese bemagtiging (SEB).
“Enigiemand wat dink dat hierdie voorwaardes 'n versinsel van ons verbeelding is of dat ons buite die Withuis gaan staan het, nee, julle doen dit op eie risiko.
ANC geleide regering steur hom nie aan die voorwaardes nie
Kyk mens na voorwaardes gestel steur die ANC geleide regering hom nie veel aan die voorwaardes nie en vra vir ‘n 90 dae uitstel rondom onderhandeling met die VSA oor tariewe en Agoa. Tans is daar groot spanning in die regering oor die verhouding tussen die ANC en DA.
Sakevertroue naby vier jaar-laagtepunt in die privaatsektor
Businessday berig Toekomstige aktiwiteit vooruitsigte daal tot swakste vlak sedert Julie 2021, weens onsekerheid oor binnelandse en buitelandse beleid.
SA se privaatsektor-ekonomie het in Junie gemengde seine gestuur, met firmas wat meer personeel aangestel het, selfs terwyl sakevertroue tot sy laagste vlak in byna vier jaar gedaal het, volgens die jongste S&P Global SA-aankoopbestuurdersindeks (PMI).
Die PMI vir SA het in Junie tot 50.1 gedaal vanaf 50.8 in Mei, en bly nougeset bo die 50.0-drempel wat verbeterende sake toestande van agteruitgang skei.
Wednesday Jul 02, 2025
Wednesday Jul 02, 2025
Ramaphosa nie lus vir verdere optrede nou teen die DA nie
Times Live berig: President Cyril Ramaphosa het glo koue water gegooi oor passievolle lede van die nasionale werkkomitee (NWK) wat Maandag tydens die vergadering om die DA se bloed gesmeek het. Volgens goed geplaasde bronne binne die ANC het Ramaphosa se sentimente tydens die vergadering “gewys dat hy geen aptyt gehad het om die DA te straf nie” omdat hulle die begroting verwerp het en sy gesag uitgedaag het met dreigemente om 'n mosie van wantroue teen hom in te dien.
Ontleding
Die politieke analis Mpumelelo Mkhabela ontleed op News 24 president Cyril Ramaphosa se besluit om Andrew Whitfield, 'n adjunkminister van die Demokratiese Alliansie (DA), te ontslaan, en beklemtoon die breër politieke en diplomatieke implikasies buite die onmiddellike kwessie van protokol breuk.
Konteks van Whitfield se ontslag: Whitfield het na die Verenigde State gereis op 'n DA-geborgde reis sonder Ramaphosa se goedkeuring, wat die kabinetsreëls oortree het. Ten spyte van 'n post-facto verskoning, het Ramaphosa hom afgedank om presidensiële gesag oor buitelandse beleid te laat geld.
Ramaphosa se presidensiële gesag: Alhoewel hy grondwetlik geregtig is om ministers aan te stel en te ontslaan, is Ramaphosa se skuif simbolies, met die doel om beheer oor buitelandse beleid te versterk, wat diep verweef is met binnelandse beleidsprioriteite.
Politieke en buitelandse beleidsverskille: Die ANC en DA het fundamenteel verskillende binnelandse beleide, veral oor kwessies soos grondhervorming en transformasiewette. Hierdie verskille strek natuurlik tot hul buitelandse beleidsuitdrukkings, veral in invloedryke arenas soos Washington, waar beide partye Amerikaanse belanghebbendes wil beïnvloed.
Mkhabela voer aan dat Ramaphosa homself dalk mislei as hy glo dat die afdanking van Whitfield sy buitelandse beleid gesag ten volle sal afdwing, gegewe die diepgewortelde politieke dinamika en verskillende party-agendas.
DA se veldtog teen ANC ministers wat oortree gaan voort
eNCA @eNCA video Die DA dring daarop aan dat hulle teen begrotings stemmings sal stem wat gelei word deur ministers wat hulle sê besmet is. Dit sluit in die minister van menslike nedersettings, Thembi Simelane, en die minister van hoër onderwys, Nobuhle Nkabane.
Maroela Media berig DA dien strafklag teen Nkabane in “Ons is vandag hier om die eenvoudige rede dat pres. Cyril Ramaphosa weier om sy woord gestand te doen en teen korrupsie en kriminaliteit in ons parlement op te tree.”
Maroela Media berig: DA eis opnuut Simelane se kop “Minister Simelane is nóg ʼn ANC-minister in die nasionale uitvoerende raad van pres. Cyril Ramaphosa wat ondersoek word vir ʼn ernstige misdaad.”
Tuesday Jul 01, 2025
Tuesday Jul 01, 2025
Uitkyk oor die RNE
Die ANC het die RNE sien die RNE as voertuig om weer die politieke mag volkome te herwin in Suid-Afrika. Die DA sien die RNE as voertuig om politieke verandering te bewerkstellig. Beide partye is ideologies verwyder van mekaar. Die ANC is dit eens dat SEB as beleid moet bly.
Klagte teen minister.
Die spanning tussen die ANC en die DA is vandag verder verhoog deur die indien van ‘n kriminele klagte teen ‘n ANC minister.
Pretoria FM berig: Die DA dien strafregtelike klagte in teen minister Nkabane
Die DA het vanoggend strafregtelike klagte teen die minister van hoër onderwys en opleiding, Nobuhle Nkabane by die Kaapstadse Sentrale-polisiekantoor aanhangig gemaak.
Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, het buite die polisiekantoor gesê dat die klagte ingedien is omdat die party glo dat Nkabane vir die portefeulje komitee oor hoër onderwys gelieg het toe sy gesê het dat alle lede van die paneel wat die raadsvoorsitters van die sektorale en onderwys-en-opleidingsowerhede (SOOO) gekeur het, onafhanklik is.
Die DA kla Nkabane van onder meer bedrog en die statutêre oortreding van die Wet op Voorregte en Vrywaring aan.Volgens Zille het Nkabane ANC-kaders aangestel om op die raad te dien. Zille sê omdat Ramaphosa weier om teen Nkabane op te tree, sal die DA dit namens hom doen.
Mosie van wantroue in Ramaphosa
Die DA het die naweek geskimp dat ‘n mosie van wantroue ingedien kan word in die parlement teen Cyril Ramaphosa. So stap sal lei tot ‘n finale breuk tussen die partye.
DA gesig wen oefening
Die klagte teen die minister en die mosie van wantroue dreigemente is deel van die DA se strategie waar hul ‘n adjunk minister verloor het wat afgedank was en gedreig het met optrede en selfs ‘n ultimatum. Daar het egter nie veel van die DA se dreigemente of ultimatums gekom nie en die ANC het die DA se bluf geroep.
Wat nou oorbly is dat die twee partye mekaar op verskillende maniere probeer skade berokken. Die strategie gaan een of ander tyd lei tot ‘n breuk tussen die rolspelers alhoewel kenners noem dat dit nie nou al sal gebeur nie. Die DA het egter nie baie politieke vriende op die oomblik nie.
Kleiner politieke partye probeer in die ANC se goeie boekies (en moontlike regering kom) indien die ANC en DA verhouding verbrokkel.
In Gauteng het die minderheid ANC regering ook gewys dat hul suksesvol kan regeer. Daar is ‘n groter fokus op die metro’s en hul bestuur wat die ANC reageer saam met kleiner ander partye wat nie langs dieselfde vuur as die ANC sit nie.









