Episodes
Friday Oct 03, 2025
Friday Oct 03, 2025
Moontlikheid van tronkstraf
Netwerk 24 berig Malema-vuurwapensaak: Tronkstraf wel moontlik, sê kenners
Julius Malema, leier van die EFF, kan tronkstraf kry nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy ’n vuurwapen op ’n openbare saamtrek van die party afgevuur het.
Die vonnis sal egter onderhewig wees aan die versagtende en verswarende omstandighede wat die staat en verdediging tydens die voorvonnisverrigtinge in die hof kan bewys, sê dr. Llewelyn Curlewis, strafregkenner verbonde aan die Universiteit van Pretoria.
Hy wys daarop dat dit ’n statutêre misdaad is, en die voorgeskrewe vonnis kan wissel van 15 tot 25 jaar tronkstraf, afhangende van die omstandighede.
“Hierdie misdade word as baie ernstig beskou en daarom sal die hof na verwagting ’n vonnis oplê wat afskrikwaarde het,” sê hy.
Malema is Woensdag in die streekhof in Oos-Londen skuldig bevind aan die onwettige besit van ’n vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie, die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude of openbare gebied, die oortreding van die Wet op Beheer van Vuurwapens, dat hy nie redelike voorsorgmaatreëls getref het om te verseker dat mense of eiendom nie in gevaar is nie, en dat hy menselewens en eiendom in gevaar gestel het.
Die aanklagte spruit uit ’n voorval meer as sewe jaar gelede waartydens Malema op die EFF se vyfde bestaansjaarvieringe skote in ’n stadion in Mdantsane, net duskant Oos-Londen, afgevuur het.
Malema het erken hy het skote afgevuur, maar volgehou ’n speelgoedgeweer is gebruik en dat niemand se lewe in gevaar gestel is nie.
Twanet Olivier, die landdros in die saak, het egter nie dié weergawe aanvaar nie en bevind die staat se bewyse is betroubaar en eerlik.
Malema, wat kort ná die uitspraak gesê het hy is nie bang om tronk toe te gaan nie, sal op 23 Januarie vir voorvonnisverrigtinge na die streekhof terugkeer. Sy borgtog is ná sy skuldigbevinding verleng.
Volgens Curlewis sal Malema gedurende die verrigtinge versagtende omstandighede moet bewys vir die landdros om van die voorgeskrewe vonnis af te wyk. Die staat sal die teenoorgestelde moet doen.
Ontleding
Nuuspod video Julius Malema gaan tronk toe, se senior advokaat
Ek gesels met adv. Francois Botes oor Julius Malema se toekoms na skuldigbevinding
Thursday Oct 02, 2025
Thursday Oct 02, 2025
Skuldig bevind aan die onregmatige afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude gebied
Netwerk 24 berig: Malema se ‘ontwykende’, ‘vermaaklike’ antwoorde kos hom in hof
Die skuldigbevinding van Julius Malema, EFF-leier, Woensdag bewys niemand is bo die reg verhewe nie.
Dit is kortweg die mening van enkele politieke partye wat die uitspraak teen hom verwelkom het.
Malema is in die streekhof in Oos-Londen skuldig bevind aan ’n oortreding van die Wet op Beheer van Vuurwapens nadat hy sowat sewe jaar gelede op ’n EFF-saamtrek in ’n stadion in Mdantsane naby Oos-Londen skote afgevuur het.
Dit was die tweede keer in net meer as ’n maand dat hy deur ’n hof skuldig bevind is. Einde Augustus is hy skuldig bevind aan haatspraak in ’n saak wat verband hou met kommentaar op ’n voorval in 2020 by die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad toe EFF-lede en ’n groep inwoners slaags geraak het.
Malema het Woensdag aangedui dat hy sy skuldigbevinding tot in die hoogste hof in die land sal beveg en sy regspan vir die appèlproses sal opskerp.
AfriForum reaksie
ForumNuus video: Julius Malema, leier van die EFF, is vandag in die Landdroshof in Oos-Londen skuldig bevind op vyf aanklagtes waaronder die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude gebied sonder genoegsame rede. Dit volg nadat AfriForum in Augustus 2018 strafregtelike klagtes teen Malema aanhangig gemaak het ná ’n video die lig gesien het waarin hy, tydens die EFF se vyfde verjaarsdagvieringe, met ’n vuurwapen verskeie skote in die lug in afvuur.
Malema gaan beslissing appelleer tot in hoogste hof van die land
Businees Live berig: Die Oos-Londense landdroshof het EFF-leier Julius Malema skuldig bevind aan die afvuur van 'n geweer tydens 'n 2018-saamtrek.
Malema het egter gesê dat hy tot in die hoogste hof in die land sal gaan om teen die beslissing te appelleer.
Hy het Woensdag 'n skare buite die hof toegespreek. “Ons vertrek hier hoogs vasberade. Ons gaan dit tot in die Konstitusionele Hof beveg,” het hy gesê.
Dit volg op landdros Twanet Olivier se uitspraak dat die verdediging nie daarin geslaag het om die staat se saak bo redelike twyfel te weerlê nie.
Vonnis
Maroela Media berig Uitspraak oor Malema welkom, maar lang wagtyd vir vonnis stel teleur
“Suid-Afrikaners is moeg vir misdaad en die staat se klaarblyklike huiwering om in sekere gevalle kragdadig op te tree. Vertragings in sake skep die persepsie van ongelyke geregtigheid.”
Wednesday Oct 01, 2025
Wednesday Oct 01, 2025
Skuldig bevind aan die onregmatige afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude gebied
Kallie Kriel skryf: Nuusflits: Julius Malema is pas skuldig bevind aan die onregmatige afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude gebied en die vier ander aanklagte teen hom. AfriForum het reeds in Augustus 2018 die strafregtelike klag teen Malema by die polisie ingedien.
Die skuldigbevinding is ’n welkome wending in AfriForum se jarelange stryd om te verseker dat niemand in Suid-Afrika onaantasbaar of bo die reg verhewe is nie. Geregtigheid geskied uiteindelik, selfs al neem dit weens Suid-Afrika se gebrekkige strafregstelsel soms baie lank.
Tot dusver was die staat huiwerig om Malema oor onder meer die On Point- en VBS-korrupsiesake te vervolg. Vandag se uitspraak is daarom van kardinale belang om gelykheid voor die reg in Suid-Afrika te help verseker.
Maroela Media berig Vuurwapenklag | Malema skuldig bevind
“Geregtigheid geskied uiteindelik, selfs al neem dit weens Suid-Afrika se gebrekkige strafregstelsel soms baie lank,” het AfriForum in reaksie op die skuldigbevinding gesê.
AfriForum reaksie
Skuldigbevinding in Malema-vuurwapensaak ’n oorwinning vir aanspreeklikheid en oppergesag van die reg
AfriForum verwelkom die uitspraak wat pas in die Landdroshof in Oos-Londen gelewer is waarin Julius Malema, leier van die EFF, skuldig bevind is op vyf aanklagtes waaronder die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude of openbare gebied sonder genoegsame rede, die onwettige besit van ’n vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie. Dié skuldigbevinding volg op die strafregtelike klagtes wat AfriForum in Augustus 2018 teen Malema aanhangig gemaak het nadat hy verskeie skote met ’n vuurwapen afgevuur het tydens die viering van die EFF se vyfde verjaarsdag wat op 28 Julie 2018 buite Oos-Londen by die Sisa Dukashe-stadion in Mdantsane gehou is.
Volgens Jacques Broodryk, AfriForum se hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, het geregtigheid nou uiteindelik – ten spyte van jare se vertragings en onreëlmatighede in dié saak – geskied. “Die getuienis het oorweldigend bewys dat Malema verskeie ernstige oortredings ingevolge die Wet op die Beheer van Vuurwapens begaan het, en die uitspraak bevestig dat diegene wat dink dat hulle onaantasbaar is, uiteindelik verantwoording sal moet doen, al vat dit ook hoe lank,” verduidelik Broodryk.
Die burgerregteorganisasie het ’n kritieke rol gespeel om toe te sien dat vervolging geskied en sonder die organisasie se betrokkenheid sou vervolging waarskynlik nooit plaasgevind het nie.
Tuesday Sep 30, 2025
Tuesday Sep 30, 2025
Ramaphosa se rol van vernietiging
Dirk Hermann @SolidariDirk President Ramaphosa het Suid-Afrika geen guns bewys met sy optrede by die VN in New York nie. By die forum waar 'n tariefooreenkoms onderhandel moes word, het hy eerder gekies om Amerika en spesifiek president Trump aan te val. Die vlakke van frustrasie met Suid-Afrika is hoog. Tienduisende mense sal met hul werk betaal vir Ramaphosa se dapper toespraak. Diplomatieke betrekkinge is nou erger as voor die Suid-Afrikaanse span selfs daar aangekom het.
Netwerk 24 berig Withuis ooglopend gefrustreerd met SA, sê Solidariteit
Pres. Donald Trump se administrasie is ooglopend gefrustreerd met die Suid-Afrikaanse regering, meen die Solidariteit-beweging.
“Die sluiting van ’n handelsooreenkoms is binne bereik, maar die Suid-Afrikaanse regering se politieke wil ontbreek,” sê Jaco Kleynhans, Solidariteit se hoof van internasionale skakeling.
Kleynhans en Werner Human, bedryfshoof van Solidariteit, is tans in Amerika om oor ’n handelsraamwerk met die Trump-administrasie te vergader.
Solidariteit het Maandag bekend gemaak dat Kleynhans namens die beweging Sondag weer ’n opvolgbesoek aan die Withuis gebring het.
Gebrek aan politieke wil aan SA kant
Maroela Media berig Solidariteit besoek Withuis ná ministers se kritiek
“Die Withuis is duidelik gefrustreerd met die Suid-Afrikaanse regering. Die sluit van ʼn handelsooreenkoms is binne bereik, maar die SA regering se politieke wil ontbreek.”
AGOA verval Dinsdag
Maroela Media berig ‘Niks verander’ wanneer Agoa Dinsdag verval
“Dit is egter nie die einde van die wêreld nie,” het nie net een nie, maar sommer twéé ekonome op die vooraand van die handelsooreenkoms se verstryking gesê.
Hou SA in Agoa vra Ramaphosa
Maroela Media berig Hou SA in Agoa, vra Ramaphosa
“Voorspelbare, voorkeurtoegang tot die Amerikaanse mark is nie net noodsaaklik vir Suid-Afrika se eie uitvoere nie, maar ook vir Amerikaanse maatskappye wat afhanklik is van betroubare invoere.”
Monday Sep 29, 2025
Monday Sep 29, 2025
Hoogverraad-ondersoek is politieke intimidasie
Kallie Kriel @kalliekriel Die ANC kan nie regeer nie; nou probeer hulle eerder om te intimideer. Hulle misluk ook hierin, want ons het nie slapelose nagte nie. Hierdie ongegronde dreigemente motiveer @afriforum om met nog groter ywer vir geregtigheid en teen onreg te veg. Die meegaande artikel verskyn vandag in Die Burger.
Maroela Media berig Dirk Hermann | Hoogverraad-ondersoek is politieke intimidasie
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gereageer op die hoogverraad-aanklagte wat steeds ondersoek word nadat dié beweging saam met AfriForum vroeër vanjaar die VSA besoek het.
Netwerk 24 berig: ‘Hoogverraad’ deur AfriForum en kie: Ondersoek nog nie klaar, sê Cachalia
Die ondersoek na klagte van hoogverraad teen lede van AfriForum en Solidariteit is nog nie afgehandel nie.Volgens prof. Firoz Cachalia, waarnemende minister van polisie, sal ’n besluit oor vervolging eers met die voltooiing van die ondersoek geneem word.
Cachalia het gereageer op ’n parlementêre vraag van Carl Niehaus, EFF-LP, wat wou weet wanneer die aanklagte van hoogverraad teen die leiers van AfriForum en die Solidariteit-beweging gebring sal word en ’n bevel vir hul inhegtenisneming uitgereik sal word.
Niehaus wou ook weet of die Valke dié aanklagte as ’n prioriteit hanteer. Cachalia sê die ondersoek rakende aantygings van hoogverraad word as prioriteit beskou en die sake word ondersoek deur ’n gespesialiseerde afdeling van die Valke gemoeid met misdade teen die staat.
“Die spesifieke sake is aan twee ervare ondersoekbeamptes toegewys om die ondersoek te doen onder leiding van ’n toegewyde aanklaer van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Gauteng.”
AGOA verval Dinsdag
News 24 berig: Hoop het bestaan dat die Afrika-groei- en geleentheidswet (AGOA), wat Dinsdag verval, vir nog twee jaar verleng sal word, met SA wat steeds in aanmerking kom vir voordele.
Terselfdertyd het president Cyril Ramaphosa verlede week bevestig dat SA en die VSA uiteindelik gedetailleerde onderhandelinge oor 'n handelsooreenkoms begin het deur die uitruil van 'n lang teks, wat amptenare van die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (dtic) nou wyer binne die regering bespreek.
Handelsbande bly sterk volgens Ramaphosa
Netwerk 24 berig: Handelsbande tussen SA en VSA bly sterk en brei uit, skryf Cyril
Suid-Afrika se handelsbande met Amerika is steeds sterk, ondanks die politieke wrywing, debatte oor handelsbeleid en nuusopskrifte – én brei selfs verder uit, sê pres. Cyril Ramaphosa.
Hy skryf Maandag so in sy weeklikse nuusbrief nadat hy en ’n afvaardiging van ministers Amerika verlede week besoek het om die sitting van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York by te woon.
Friday Sep 26, 2025
Friday Sep 26, 2025
Dinsdag is D-dag wanneer Gayton McKenzie wil bedank
EWN berig: Gayton McKenzie sê Patriotiese Alliansie sal onttrek aan die Regering van Nasionale Eenheid. McKenzie belowe om Dinsdag as minister te bedank
Dit volg op 'n ultimatum wat aan die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, uitgereik is om die party se adjunkpresident, Kenny Kunene, in sy voormalige burgemeesterskomiteerol te herstel.
Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, sê hy sal Dinsdag bedank wanneer sy party, die Patriotiese Alliansie (PA), formeel aan die Regering van Nasionale Eenheid (GNU) onttrek.
Dit volg op 'n ultimatum wat aan die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, uitgereik is om die party se adjunkpresident, Kenny Kunene, in sy voormalige burgemeesterskomiteerol te herstel.
'n Regsondersoek, gelas deur McKenzie, het Kunene van enige oortreding vrygespreek nadat hy op die toneel van die inhegtenisneming van die moordbeskuldigde Katiso Molefe gevind is.
In 'n plasing op sosiale media vanoggend het McKenzie gesê sy party sal ook volgende week aan alle ander koalisies op verskillende vlakke van regering onttrek.
- PA sal Ramaphosa bly steun al onttrek hul uit die RNE
Business Day berig: PA-leier Gayton McKenzie het belowe om president Cyril Ramaphosa te bly steun indien hy 'n mosie van wantroue in die gesig staar, ten spyte van sy party se besluit om uit die regering van nasionale eenheid te onttrek.
Ontleding
Netwerk 24 berig: PA gaan aan regering onttrek, sê McKenzie; RNE sal wel oorleef – kenners
Al dreig Gayton McKenzie, PA-leier, om sy party aan die regering van nasionale eenheid (RNE) te onttrek, meen kenners die toekoms van die pakt is steeds veilig.
Prof. Ntsikelelo Breakfast, politieke kenner verbonde aan die Nelson Mandela-Universiteit, sê hy twyfel sterk of die PA hom werklik aan die RNE sal onttrek. “Sou dit wel gebeur, sal ander partye hom vervang.”
Prof. Theo Neethling, politieke kenner verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, meen ook dit sal geen bedreiging vir die voortbestaan van die RNE inhou as die PA hom onttrek nie.
McKenzie sal waarskynlik dan sy pos as minister van sport, kuns en kultuur moet prysgee, sê Neethling.
Opmerking
Die skuif van Gayton McKenzie om die Patriotiese Alliansie uit die RNE te onttrek is polities slim en strategies voor die 2026 munisipale verkiesing. Die PA se steun groei en sy nismark ondersteun hom. Die PA gaan meer politieke steun buite die RNE kry wie se foute hy dan meer openlik kan begin kritiseer. Hy gaan dus ‘n groter rolspeler word as die van minister as Sport wat hy tans vertolk.
Thursday Sep 25, 2025
Thursday Sep 25, 2025
AfriForum het die Malema-dossier aan senior Withuis-amptenare oorhandig as deel van ons internasionale stryd teen aanhitsing tot geweld en menseregteskendings. Dis ’n deurslaggewende stap om reg en geregtigheid te bevorder, maar ons kan dit nie alleen doen nie.
Kallie Kriel@kalliekriel video AfriForum het pas weer die Withuis besoek om met senior amptenare binne die Trump-administrasie te vergader as deel van ’n opvolg-skakelbesoek aan die VSA, saam met Solidariteit.
Werner Human, lid van @afriforum se direksie, het die Malema-dossier, wat AfriForum vroeër vandeesmaand bekendgestel het, aan hierdie amptenare oorhandig. Hierdie omvattende dossier bied die grondslag vir internasionale optrede, soos geteikende sanksies, teen die EFF-leier, Julius Malema, deur sy geskiedenis van aanhitsing tot geweld, beweerde betrokkenheid by korrupsie en sy steun vir terreurgroepe uiteen te sit.
Maroela Media berig: ‘Malema-dossier’ aan Withuis-amptenare oorhandig
“Hierdie omvattende klagstaat bied die grondslag vir internasionale optrede, soos geteikende sanksies teen Julius Malema, leier van die EFF.”
Netwerk 24 berig: AfriForum oorhandig ‘Malema-dossier’ aan Withuis
AfriForum het sy “Malema-dossier” aan senior amptenare van die Trump-administrasie by die Withuis in Washington oorhandig, sê Werner Human.
Human, ’n direksielid van AfriForum, het die Withuis Woensdag besoek as deel van ’n opvolgbesoek aan Amerika saam met Solidariteit. Hy het self die dossier aan die amptenare oorhandig.
“Die Malema-dossier is by die Withuis, die magtigste kantoor in die wêreld in die magtigste land ter wêreld, ingedien,” sê Human.
Uitvoerende bevel om tariefverligting te bring
Solidariteit vra Trump vir uitvoerende bevel om tariefverligting te bring
Solidariteit het vandag in die Withuis gevra dat president Trump ’n uitvoerende bevel onderteken om tariefverligting vir sekere sektore in Suid-Afrika te bring hangende die finalisering van ’n handelsooreenkoms tussen die twee lande. Die sleutelbedrywe wat Solidariteit voorstel, is die motorbedryf, landbou, tekstiel en mynbou.
Solidariteit se versoek kom te midde van ’n gespanne verhouding tussen die twee lande en slegs sowat ’n week voor die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (AGOA) verval.
Solidariteit se voorstel volg nadat president Trump die afgelope tyd ’n bereidwilligheid getoon het om dieselfde soort verligting aan ander lande te bied. Hy het onder andere aan die begin van September ’n uitvoerende bevel onderteken waarvolgens invoertariewe op Japannese motors vanaf 27,5% tot 15% verlaag is. Solidariteit het die Withuis vir ’n soortgelyke bevel gevra om tariewe op sommige Suid-Afrikaanse uitvoere tot 15% te verlaag, wat dit steeds mededingend met die produkte van ander lande sal maak.
Tuesday Sep 23, 2025
Tuesday Sep 23, 2025
AGOA verval aan die einde van die maand sonder nuwe planne in plek
Reuters berig: Afrika-amptenare en sakebestuurders is bekommerd oor die dreigende verstryking van die belangrike, belastingvrye handelsprogram met die Verenigde State aan die einde van September, sonder enige woord van Washington oor of dit verleng sal word of nie.
Handelsooreenkoms
Maroela Media berig Handelsooreenkoms: SA kan nie wag vir ‘eksterne oplossings’
Die komende maande gaan Suid-Afrika se kollektiewe vasberadenheid en aanpasbaarheid as ʼn land toets. En of Suid-Afrika nou ʼn deurbraak met Amerikaanse onderhandelings maak of voortgesette hindernisse te bowe moet kom – die doelwit bly dieselfde: versnelde ekonomiese transformasie deur gediversifiseerde vennootskappe, verbeterde infrastruktuur en verhoogde beleggersvertroue.
SEB nie hoofkwessie op die tafel in SA se handelsgesprekke met VSA nie – Tau
The Citizen berig: Die verwydering van Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB)-reëls vir Amerikaanse (VSA) maatskappye blyk nie 'n groot kwessie in handelsgesprekke tussen Suid-Afrika en die VSA te wees nie, aangesien dit 'n politieke kwessie eerder as 'n kommersiële een is. Dit was aan die begin van die onderhandelinge op die tafel en sal waarskynlik later aangespreek word.
Dr. Parks Tau, minister van handel, nywerheid en mededinging, het Sondagaand met die SABC gepraat oor hul vordering met die onderhandelinge. Hy het verlede week by die groep aangesluit voordat hy by die president se afvaardiging aangesluit het toe hy oor die naweek aangekom het. Die president se spesiale gesant, dr. Allistair Ruiters, is reeds drie weke daar.
'n Afvaardiging van AfriForum en Solidariteit is ook in die VSA om die Trump-administrasie aan te spoor om te verhoed dat Suid-Afrikaanse boere gestraf word in die proses van die administrasie van tariewe, maar Tau sê hulle help nie Suid-Afrika se vermoë om die beste uitkoms vir die onderhandelinge te kry nie.
Straf die ware skurke vra Solidariteit
Maroela Media berig Pleidooi aan die VSA: ‘Straf die ware skurke’ “Ek herhaal: Moet asseblief nie julle vriende, soos Afrikanerboere, met tariewe straf nie. Straf die ware skurke wat teen Amerikaanse belange opgetree het, en steeds optree!”
VN besoek. Ramaphosa vra vir erkenning van Palestynse staat
Maroela Media berig Ramaphosa by VN: ‘Wêreld moet nou Palestynse staat erken’ “Dit is ʼn saak van groot belang, nie net vir die mense van Palestina nie, nie net vir die mense van Israel nie, maar vir alle mense wat die ideale van vryheid en selfbeskikking koester,” het Ramaphosa Maandag by die VN in New York gesê.
Monday Sep 22, 2025
Monday Sep 22, 2025
Solidariteit en AfriForum gaan voort met hul besoek aan die VSA en bevorder 'n voorgestelde handelsraamwerk om tariewe en gespanne betrekkinge aan te spreek. Die regering het die reis as verdelende en "anti-demokraties" bestempel en daarop aandring dat dit amptelike diplomasie ondermyn.
‘Plaas nou druk op radikales en herwin SA as bondgenoot só ...,’ sê Solidariteit in VSA
Solidariteit het ʼn gulde geleentheid by die 36ste Republikeinse Leierskapskonferensie in die deelstaat Michigan aangegryp om ʼn pleidooi te lewer vir strafmaatreëls teen vyandige Suid-Afrikaanse politieke rolspelers, eerder as optrede teen onskuldige mense van die land self.
Jaco Kleynhans, hoof van openbare skakeling by Solidariteit, het gister op uitnodiging as gasspreker by die tweejaarlikse konferensie op Mackinac-eiland opgetree, waar sowat 1 500 lede van die Republikeinse party, insluitend kongreslede, teenwoordig was. Volgens Kleynhans is dit duidelik uit gesprekke met konferensiegangers, en uit hul reaksie ná sy toespraak, dat Amerikaners deesdae veel beter ingelig is oor Suid-Afrika, Afrikaners en die uitdagings wat hulle ervaar.
Kleynhans se toespraak is ook gister op Solidariteit se sosialemediablaaie gepubliseer.
Ná afloop van die konferensie het Kleynhans en Werner Human, operasionele hoof van die Solidariteit Beweging, na Washington D.C. vertrek, waar sommige van die belangrikste ontmoetings van die toer oor die volgende paar dae wag.
Ramaphosa by VN in die VSA
Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering vier sy 80ste bestaansjaar, met 195 wêreldleiers wat die Algemene Debat in New York deur die loop van die week toespreek.
Onduidelik of Ramaphosa, Trump volgende week ontmoet “Die president gaan na die Verenigde State, maar nie om die regering van die Verenigde State te besoek nie.”
Solidariteit besoek
Solidariteit in VSA: ‘Dispuut kos ons lede hul werk’
Die Trump-administrasie het vriendelik gereageer op Solidariteit se voorgestelde handelsraamwerk en tot gesprekke op verskeie vlakke van die Amerikaanse regering ingestem.
Nuwe wetsontwerp in die Amerikaanse senaat
Wetsontwerp vir sanksies teen ANC-leiers en om SA uit Agoa te skop by VSA se senaat ingedien
Terwyl pres. Cyril Ramaphosa sy hoop op beter diplomatieke betrekkinge met Amerika vestig, is ’n nuwe wetsontwerp Maandag in die Amerikaanse senaat ter tafel gelê wat onder meer vir sanksies teen ANC-leiers voorspraak maak.
Thursday Sep 18, 2025
Thursday Sep 18, 2025
Sanksies teen korrupte kaders
Maroela Media berig: Tweede VSA-wetsontwerp kan tot sankies teen ANC-leiers lei ʼn Tweede wetsontwerp in die VSA om sanksies teen ANC-leiers in te stel, is in die Amerikaanse senaat ingedien. Dit vra egter ook vir ʼn volledige hersiening van Agoa en ander betrekkinge tussen Suid-Afrika en die VSA.
Verwelkoming
Kallie Kriel skryf: Nuusflits: ’n Tweede wetsontwerp in die VSA om sanksies teen ANC-leiers in te stel, is ingedien. Dié keer in die Senaat. Die wetsontwerp vereis ’n lys van Suid-Afrikaanse regeringsamptenare en lede van die ANC wat moontlik vir sanksies in aanmerking kom ingevolge die Global Magnitsky-wet.
Ongelukkig vra die wetsontwerp ook vir ’n hersiening van AGOA en ander betrekkinge met Suid-Afrika. Dit sal die gewone mense van Suid-Afrika benadeel. AfriForum glo dat die land nie gestraf moet word vir die onverantwoordelike beleid van ANC-leiers nie. Indien sanksies ingestel word, behoort dit eerder te fokus op ANC-leiers wat korrup is en die menseregte van minderhede in Suid-Afrika skend.
Solidariteit besoek aan die VSA
Maroela Media berig: Afvaardiging van Solidariteit weer in VSA: ‘Ons bou brûe waar ANC afbreek’ “Die vraag is nie wat maak die Solidariteit Beweging in die VSA nie, maar waar is die regering?”
Die Solidariteit Beweging skop besoek aan die VSA af
Die Solidariteit Beweging het ’n uitgebreide besoek aan die Verenigde State van Amerika (VSA) afgeskop. Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het die tyd vir gemeenskapsdiplomasie aangebreek.
Volgens Buys is die regering en die ANC aandadig aan die swak diplomatieke verhoudings tussen Suid-Afrika en die VSA, en kan hulle nie meer vertrou word om dit alleen te hanteer nie. Die land is te belangrik om dit net in hulle hande te los.
Die doel van die besoek is om in te tree vir die land, die ekonomie en die werkende mense. Die Solidariteit Beweging gaan in die komende weke verskeie rolspelers in die Amerikaanse regering op federale- en deelstaatsvlak besoek.
Afleggingskrisis waar ANC beleid en skraping van Agoa ‘n rol speel
Maroela Media berig Verslag wys: ANC-regering dryf werkers na afleggingskrisis
Die verslag fokus op afleggingskennisgewings wat Solidariteit ontvang het – afleggings wat reeds meer as 350 000 mense direk of indirek raak. Dit sluit ook moontlike verdere werkverliese in by ondernemings wat formele bekommernisse uitgespreek het oor hul voortgesette bedrywighede in Suid-Afrika.









