Nuusagenda

Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Listen Notes
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Wednesday Jun 04, 2025


Vaardighede benodig veldtog wat geloods gaan word
BusinessLive berig: Die eerste nasionale arbeidsmigrasiebeleid stel aggressiewe werwing onder diaspora en buitelandse professionele persone voor.
Suid-Afrika beplan om 'n "aggressiewe" werwingsveldtog te loods wat op geskoolde buitelandse professionele persone gemik is om die trae ekonomie te laat herleef, insluitend potensiële subsidies vir immigrasiekoste, in die hoop om die breindrein om te keer en sleutelsektore te laat herleef.
Nog 'n doelwit in die departement van indiensneming en arbeid se plan om SA se vaardigheidsbasis te laat groei, is om ervare uitgewekenes terug te lok wat elders groener weivelde gesoek het.
Die plan, wat in die land se eerste nasionale arbeidsmigrasiebeleid gepubliseer is, stel aggressiewe werwing onder die diaspora en buitelandse professionele persone in kritiek geaffekteerde sektore en beroepe voor, met aanvulling van standaard werkvisumaansoeke.
'n Tweeledige strategie
Die artikel wys verder uit: Die departement van indiensneming en arbeid het deur die voorgestelde beleid 'n tweeledige strategie voorgestel om proaktief geskoolde buitelandse burgers te werf en 'n sjarme-offensief te loods om geskoolde uitgewekenes terug huis toe te lok.
Solidariteit waarsku
In ‘n BizNewsTv video: en diepgaande onderhoud gesels Alec Hogg met Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, oor die ANC se nuutste werkgelykheidsregulasies.
Mulder verduidelik hoe die regering se rasse-teikens vir werkplekdemografie nie net onprakties is nie, maar ook moontlik skadelik vir Suid-Afrika se ekonomie is. Hy onthul die verborge koste van nakoming, insluitend gedwonge personeelvervangings en dreigende boetes, en bevraagteken die langtermyn-lewensvatbaarheid van sulke beleide.
Sien SNI se verslag oor rasseregulasies hier aangeheg en lees Sektorteikens: Regering kóm vir 70 000 wit mans en 111 000 vroue se werk
Hoe kan die ANC geleide regering op twee stoele sit?
Die linker en die regterhand in die ANC geleide regering weet nie wat doen die ander hand nie. Aan die eenkant moet vaardighede gelok word uit ‘n poel van gewese inwoners van die land wat benadeel is deur regstellende aksie en Swart Ekonomiese Bemagtiging.
Aan die anderkant het die regering nog planne in plek om verder ontslae te raak van kundigheid soos wat die Solidariteit studie uitwys.
Een rasmal regime na 'n nuwe een
Ernst van Zyl skryf Die afgelope 25+ jaar van rasdiskriminerende wette in SA het niks naastenby "gelykheid" geskep nie. Hulle het net 'n nuwe bevoorregte groep en 'n nuwe vervolgde groep geskep. Ons het eenvoudig 'n verandering van bestuur aanskou van een rasmal regime na 'n nuwe een.

Tuesday Jun 03, 2025


Geval van bek-en-klouseer by Karan Beef
Maroela Media berig: Bek-en-klou by Karan Beef bevestig Produsente is egter nie die enigste slagoffers nie; verbruikers gaan waarskynlik meer vir vleis betaal.
Grootste voerkraal ter wêreld
Landboucom berig: Bek-en-klouseer tref wêreld se grootste voerkraal
Karan Beef se Heidelberg-aanleg, die grootste voerkraal ter wêreld, is onder kwarantyn geplaas nadat ’n geval van bek-en-klouseer (BKS) amptelik bevestig is. Die uitbreking is vanjaar op Vrydag 30 Mei geïdentifiseer ten spyte van streng biosekerheidsmaatreëls wat in die aanleg toegepas word.
In ’n amptelike verklaring wat Maandag uitgereik is, het Karan Beef bevestig dat alle inname van beeste in die Heidelberg-voerkraal as voorsorgmaatreël tydelik opgeskort is. Die besluit is in noue samewerking met die staatsveearts geneem.
“Hierdie stap is in belang van inperking om enige risiko’s vir die breër veebedryf te verminder,” het Henk Groenewald, algemene bestuurder van Karan Beef, gesê. “Ons verstaan dat dit regstreekse gevolge vir beesboere se bedrywighede en veebeplannings inhou.”
SAAI waarskuwing van 2024 af
Via mediaverklaring: Saai is diep bekommerd oor uitbrake van veesiektes
Die uitbreking van bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal, en die daaropvolgende verspreiding daarvan na sommige van die grootste voerkrale in Suid-Afrika, is ’n ramp van onmeetbare omvang vir beesboere. As boere nie hul vee op veilings, aan voerkrale of slagpale kan verkoop nie, het die boerdery – en daardie gesin – geen inkomste nie.
Die krisis het sy oorsprong by die staat. Die Departement van Landbou, wat deur plaaslike private veeartse ondersteun word, moet onmiddellik by die waarneming van simptome optree, die besmette gebied identifiseer en afsper. Versuim om tydig op te tree, verseker verdere verspreiding van die siekte en rig vernietigende skade aan die beesbedryf aan.
Ekonomiese implikasies
Die ekonomiese implikasies gaan beduidend wees op landbou. Uitvoer ontwrigtings met verbod van uitvoere na sleutel markte na byvoorbeeld China en die Midde-Ooste.
Die vee sektor, insluitend beesvleis produksie, is verantwoordelik vir byna die helfte van Suid-Afrika se landbou-ekonomie. Uitbrake van bek-en-klouseer bedreig die lewensvatbaarheid van die rooi vleisbedryf, wat lewensonderhoud en die breër landbou-ekonomie beïnvloed.
Suid-Afrika het ‘n goeie graan seisoen agter die blad en baie boere maak staat om graan via voerkrale in vleis te omskep. As daar tekort aan beesvleis gaan wees kan die vleispryse in SA opjaag.  Daar gaan druk wees op graan en vee pryse en onsekerheid skep by boere wat besluite moet neem rondom uitgawes vir die 2026 seisoen.

Monday Jun 02, 2025


Groei oorskat
Die Nasionale Tesourie het Suid-Afrika se ekonomiese groei oor die afgelope 15 jaar konsekwent oorskat, wat tot swakker fiskale uitkomste as verwag gelei het berig Dailyinvestor
Regering beplan om pensioenfondsgelde vir SA infrastruktuur projekte te gebruik
BusinessTech berig in artikel:  Regering beplan om pensioenfondsgelde vir SA infrastruktuur projekte te gebruik die volgende: Minister van Finansies, Enoch Godongwana, het die regering se plan herbevestig om infrastruktuur projekte en  te finansier deur langtermyn-binnelandse spaargeld, soos pensioenfondse, te gebruik. Werk is aan die gang om die eerste infrastruktuur-obligasie teen 2026 uit te reik.
Dit is onthul tydens die Minister van Finansies se derde en laaste aanbieding van die Nasionale Begroting op 21 Mei 2025.
Tydens sy toespraak het Godongwana infrastruktuur as 'n kritieke pilaar van Suid-Afrika se groeistrategieë beklemtoon.
Nie nuwe plan nie
Die idee om pensioenfondse te gebruik om in infrastruktuur te belê, is nie nuut nie. Die publiek  kan egter verseker wees dat die Suid-Afrikaanse regering nie pensioenfondsgelde direk kan beslag lê of neem sonder om behoorlike regsprosesse te volg nie. Alhoewel daar voorstelle was vir pensioenfondse om in staat gesteunde bates of infrastruktuur te belê, beperk regulasies en regsraamwerk die regering se vermoë om hierdie fondse te gebruik berig IOL.
Die regering soek van jou pensioen vir hul infrastruktuur planne
Daar kan aanvaar word met begrotingstekorte en gebrek aan inkomste dat die regering groter druk op pensioenfondse sal sit met byvoorbeeld die ontwikkeling van infrastruktuur. Die vraag ontstaan of dit pensioen fondse se plig is om die swak ekonomiese beleid van  die ANC geleide regering te befonds? Kyk mens na die toepassing van SEB,  rasteikens en korrupsie en diefstal gaan die nie goeie beleggings wees vir pensioenfondse nie.
Onlangse gevallestudie van Daybreak
As onlangse gevalle studie word daar na Daybreak gekyk in die BizNews video: R33-billion in pension funds squandered on high-risk, politically-driven investments
Die gesprek is met Zirk Gous (die woordvoerder van die Vereniging vir Monitering en Belange behartiging van Staatspensioene (AMAGP)). Volgens Gous is veral die Openbare Beleggingskorporasie ( PIC ) wat geld verloor via die GEPF wat die pensioen van staatsdiens werkers bestuur

Thursday May 29, 2025


Ramaphosa weier om die “Kill the Boer, kill the farmer”-oproep tot volksmoord te veroordeel
  Kallie Kriel  video: Die feit dat president Cyril Ramaphosa gister opnuut geweier het om die “Kill the Boer, kill the farmer”-oproep tot volksmoord te veroordeel, én sy aanduiding dat die regering nie teen Julius Malema gaan optree vir die gebruik van dié slagspreuk nie, is – volgens die Suid-Afrikaanse regering se eie maatstawwe rakende volksmoord – ’n growwe skending van die Verenigde Nasies (VN) se Volksmoordkonvensie.
Hierdie stelling is gegrond op die getuienis wat advokaat Tembeka Ngcukaitobi, lid van Suid-Afrika se regspan, in Januarie 2024 in die Wêreldhof tydens die volksmoordsaak teen Israel gelewer het. Ngcukaitobi het namens Suid-Afrika aangevoer dat “die opsetlike versuim van die regering van Israel om sodanige aanhitsing tot volksmoord te veroordeel, te voorkom en te straf, op sigself ’n growwe skending van die Volksmoordkonvensie is”.
Ngcukaitobi het verder aangevoer dat “hierdie versuim om sulke uitlatings deur die regering te veroordeel, te voorkom en te straf, daartoe gelei het dat volksmoordretoriek genormaliseer is” en dat dit “uiterste gevaar vir Palestyne in die Israeliese samelewing [ingehou het]”.
President Ramaphosa en die ANC-geleide regering se verdediging van die “Kill the Boer”-slagspreuk, terwyl hulle soortgelyke oproepe elders in die wêreld uitwys as ’n aanduiding van ’n voorneme om volksmoord te pleeg, dui volgens AfriForum op dubbele standaarde in hul interpretasie van die Volksmoordkonvensie.
Oortreding
Netwerk 24 berig: ‘Kill the Boer’: Ramaphosa oortree VN-konvensie, sê AfriForum
AfriForum beskuldig pres. Cyril Ramaphosa daarvan dat hy die Verenigde Nasies (VN) se konvensie oor Volksmoord oortree deur nie die kreet “Kill the Boer” te veroordeel nie.
In ’n verklaring wat Woensdag uitgereik is in reaksie op Ramaphosa se vraag-en-antwoordsessie Dinsdag in die parlement, skryf AfriForum: “Die feit dat pres. Cyril Ramaphosa gister opnuut geweier het om die ‘Kill the Boer, kill the farmer’-oproep tot volksmoord te veroordeel én sy aanduiding dat die regering nie teen Julius Malema (EFF-leier) gaan optree vir die gebruik van dié slagspreuk nie, is – volgens die Suid-Afrikaanse regering se eie maatstawwe rakende volksmoord – ’n growwe skending van die VN se Volksmoord-konvensie.”
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê in die verklaring: “AfriForum het nog altyd op die ernstige aard van plaasmoorde gefokus eerder as om in semantiese debatte oor die term ‘volksmoord’ betrokke te raak, maar dink dit het nou noodsaaklik geword om die optrede van Ramaphosa se regering te toets aan die hand van hul eie maatstawwe rakende die betekenis van volksmoord.”

Wednesday May 28, 2025


Vrae in die parlement. Ramaphosa soos ‘n mot om ‘n kers
President Cyril Ramaphosa het gister vrae in die parlement geantwoord. Uit die antwoorde is Ramaphosa nog ideologies verknog aan ‘n uitgediende beleid en standpunte.
“Ramaphosa is soos ‘n mot om ‘n kers. Hy weet hy moet wegbly van die vlam voordat sy vlerke gaan verbrand maar die politieke wil ontbreek om die besluit te neem. Die uitkoms gaan rampspoedig vir hom en die ANC wees”
BEE en AA ‘n ramp.
Ramaphosa kan nie insien dat BEE en AA nie werk nie. Ekonomiese groei vir die jaar 1% wees volgens ABSA.  Met die ekonomie wat nie groei neem werkloosheid toe en op sy beurt neem misdaad weer toe. Nog ‘n geval van ‘n mot om ‘n kers.
Withuis en parlement ervarings ontnugter Ramaphosa
Maroela Media berig: ‘Ek voel mishandel,’ sê Ramaphosa oor EFF-ontwrigting
“Maar jy het nie so gevoel toe Trump jou in die Withuis mishandel het nie,” het Sinawo Thambo, LP en nasionale woordvoerder van die EFF, teruggekap na Ramaphosa.
Netwerk 24 berig ‘Mishandelde’ Ramaphosa maak rug styf in parlement oor Trump, SEB
Enigiemand wat sê die ekonomiese bemagtiging van swart mense is verkeerd, moet sy kop laat ondersoek, het ’n “mishandelde” pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag gesê in ’n parlementêre vraag-en-antwoordsessie wat erg deur die EFF ontwrig is.
Ramaphosa het hom op ’n besige dag nie net die gramskap van die EFF op die hals gehaal nie, maar ook sy rug styfgemaak teen pres. Donald Trump van Amerika én minstens een waarnemer ontstel met sy siening oor rasseklassifikasie.
Ramaphosa het teen die einde van die chaotiese sessie gesê hy voel “misbruik”, waarop EFF-LP’s hom toegesnou het hy is in die Withuis deur pres. Donald Trump met waninligting “misbruik”.
Ramaphosa het voor die parlementêre sessie op ’n konferensie oor infrastruktuur aan verslaggewers gesê niemand sal in hegtenis geneem word vir die sing van die strydkreet “Kill the Boer” nie. Hy het nie Malema op sy naam genoem nie.
Die inhegtenisneming van enigiemand vir die gebruik van enige slagspreuk is volgens Ramaphosa ’n kwessie van soewereiniteit.
“Dit is nie ’n kwessie waar ons deur iemand beveel kan word om iemand in hegtenis te gaan neem nie,” het Ramaphosa gesê met verwysing na Trump se vraag waarom Malema nie in hegtenis geneem word nie.
Dokumentêr het meer 42 miljoen kyke
In ‘n onderhoud met BizNewsTv video: wys Ernst van Zyl uit dat sy dokumentêr Is Trump right about South Africa? | Documentary reeds meer 42 miljoen kyke. Dit het viraal gegaan toe Elon Musk daaroor getweet het.  

Tuesday May 27, 2025


Malema veilig
IOL berig: Ramaphosa staan ​​ferm teen Trump: 'Ons sal Malema nie arresteer oor sing van “Kill the Boer” nie!' - President Cyril Ramaphosa het gereageer op die Amerikaanse president Donald Trump wat hom konfronteer met snitte van EFF-leier Julius Malema wat "Maak die boer dood" skree, en gesê dat Suid-Afrika nie deur enige buitelandse leier opdrag sal kry oor wie dit moet arresteer nie.
“Uit die Suid-Afrikaanse staat se oogpunt beskou, was daar soveel belangrike punte wat gemaak moes word, wat doodeenvoudig verlore gegaan het. Kwessies soos buitelandse belegging en handel was krities vanuit Suid-Afrika se oogpunt om te opper en het totaal verlore gegaan.”
Malema gaan bly sing
Maroela Media Kill the Boer | ‘Of ons dit veroordeel of nie, Malema sal dit aanhou sing’
“Ongelukkig is die media geneig om mnr. Malema ’n oneweredige hoeveelheid aandag te gee as die werklike gevolg van sy uitsprake of gesange,” sê pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder.
G20 bywoning
Volgens president Cyril Ramaphosa gaan president Trump die G20 beraad bywoon in November in Suid-Afrika. Daar was egter nog geen bevestiging van die Trump kant af nie.
RNE moet “Kill the boer” veroordeel volgens John Steenhuisen,
Landboucom berig: RNE moet voortgaan om ‘Kill the boer’-lied sterk te veroordeel
“Ek dink regtig Julius Malema moet ernstig introspeksie doen oor wat hy doen wanneer hy die lied ‘Kill the Boer’ sing,” sê John Steenhuisen, minister van landbou.
Die regering van nasionale eenheid (RNE) met voortgaan om die sing van “Kill the Boer” ten sterkte te veroordeel. “Dié lied het geen plek in Suid-Afrika nie. Dis ’n anakronistiese lied wat deur ons almal veroordeel moet word.”
Só sê John Steenhuisen, minister van landbou en leier van die DA, in ’n onderhoud met Landbou.com. Hy het gesê hy dink Malema, leier van die EFF, moet herbesin oor dié lied.
Malema standpunt
Netwerk 24 berig Niemand sal hom arresteer as hy ‘Kill the Boer’ sing, sê Malema
Die woordestryd oor Julius Malema, leier van die EFF, wat die lied “Kill the Boer” Sondag in die Vrystaat gesing het nadat dit ’n opskudding in die Withuis veroorsaak het, is besig om uit te kring.
Die presidensie het Maandag gesê die lied “Kill the Boer” het vandag geen relevansie of plek meer in die Suid-Afrikaanse samelewing nie.
Of dit egter nou veroordeel word of nie, mense soos Malema sal aanhou om dit te sing vir die aandag wat dit op hom vestig maar waarvan die uitkoms onbeduidend bly, sê Vincent Magwenya, pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder.
Ian Cameron, DA-LP en voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, het die video van Malema wat “Kill the Boer” in Koppies sing op X gedeel en gesê “dié ouens voel vere vir Suid-Afrika”.

Monday May 26, 2025


Malema sing weer “Kill the Boer”
Netwerk 24 berig: Malema sing wéér ‘Kill the Boer’, sê Trump intimideer hom nie
Vier dae nadat Julius Malema se sing van “Kill the Boer, kill the farmer” in die Withuis in Amerika opgeklink het, het hy dié omstrede lied Sondag weer in Koppies in die Vrystaat gesing.
“Shoot to kill, Nyamazana! Kill the Boer, the farmer! I repeat: Kill the Boer, the farmer,” het die leier van die EFF voor ’n paar duisend EFF-ondersteuners in die dorp gesing. Hy het hier opgetree voor Woensdag se tussenverkiesing in wyk 16 in die Ngwathe-munisipaliteit.
Maroela Media berig: Malema weier om omstrede ‘Kill the Boer’-lied te laat vaar
Hy het voorts benadruk dat enige poging om hom te verhoed om die ‘Kill the Boer’-lied te sing, neerkom op ʼn poging om die geskiedenis van die bevrydingstryd uit te wis.
Geen plek vir die lied volgens presidensie maar geen veroordeling
Netwerk 24 berig: ‘Kill the Boer’ het g’n plek meer in samelewing; Malema soek bloot aandag, sê presidensie
Die lied “Kill the Boer, Kill the Farmer” het geen relevansie of plek meer in ons samelewing vandag nie.
Maar, of dit veroordeel word of nie, mense soos Julius Malema, EFF-leier, sal aanhou om dit te sing vir geen spesifieke rede afgesien van die aandag wat hy sodoende op hom vestig nie.
Die resultaat bly egter onbeduidend, sê Vincent Magwenya, pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder.
Sy kommentaar volg nadat Netwerk24 hom Maandagoggend gevra het of Ramaphosa van plan is om die sing van “Kill the Boer” te veroordeel ná sy besoek aan pres. Donald Trump van Amerika verlede week.
Strafhof
Maroela Media berig:  ‘Ramaphosa, ANC oortree Volksmoordkonvensie’ – AfriForum Die Suid-Afrikaanse regering kan nie Israel voor die Internasionale Geregshof (ICJ) van volksmoord beskuldig, terwyl hy self oor liedere soos “Kill the Boer” swyg nie.
Die VSA en Withuis besoek ontleed. Wêrelde kyk na Suid-Afrika
Reset (herstel) en die hinderlaag (ambush) was sleutelwoorde.
Punte bespreek in die Withuis speel prakties uit in SA politiek
Malema bly Kill the Boer sing en voel hy verdien die aandag/
Ontsteltenis oor Starlink in SA toegelaat kan word.(The Citizen, Cape Times voorblad)
Sukses volgens regering. Bevestig met weeklikse nuusbrief.

Thursday May 22, 2025


Media raam insident as lokval (ambush) behalwe WJS wat verwys na botsing
Netwerk 24 berig; Kalm Ramaphosa ‘ontlont lokval wat Trump vir hom stel’
Pres. Cyril Ramaphosa is volgens die meeste plaaslike kenners in ’n politieke lokval gelei deur pres. Donald Trump van Amerika, maar ’n “(pres. Wolodimir) Zelenski-situasie” is vermy deurdat hy kalm gebly het en die land se saak verder deur lede van sy afvaardiging beredder is.
Trump en Ramaphosa se langverwagte vergadering in die Withuis het ’n dramatiese wending geneem toe uitsprake van Julius Malema, EFF-leier, vertoon is, gevolg deur videomateriaal van wit kruise vir vermoorde boere en nog beeldmateriaal van Malema, wat onder meer die gewraakte “Kill the Boer, Kill the Farmer” dreunsing.
Uitkoms
Maroela Media berig: Ontmoeting ‘was ʼn katastrofe’ vir Ramaphosa, ANC
“Uit die Suid-Afrikaanse staat se oogpunt beskou, was daar soveel belangrike punte wat gemaak moes word, wat doodeenvoudig verlore gegaan het. Kwessies soos buitelandse belegging en handel was krities vanuit Suid-Afrika se oogpunt om te opper en het totaal verlore gegaan.”
Kallie Kriel  video: AfriForum het gewaarsku dat die pogings van ANC-leiers en hulle bondgenote in sekere media om kommer oor probleme in die land valslik as die gevolg van “misinformasie” af te maak, sal misluk.
Wat eerder nodig is, is dat die menseregteskendings waaraan Afrikaners en ander minderhede onderwerp word, erken en opgelos moet word. Plaaslike oplossings is ook die enigste wyse waarop internasionale kommer besweer en verhoudinge met die VSA herstel kan word.
Die ANC-geleide regering se daad van aggressie teen Afrikaanssprekendes deur Afrikaanse skole en gevolglik Afrikaanse kultuurgemeenskappe se voortbestaan te bedreig, het ’n ernstige vertrouensbreuk veroorsaak. Dit is vererger deur die publisering van drakoniese rasseregulasies wat streng rassekwotas in die werksplek en ekonomie afdwing, die ontkenning van menseregteskendings soos plaasmoorde, en wetgewing wat onteiening sonder vergoeding moontlik maak.
Keuse moet gemaak word
Ramaphosa moet nóú kies – hou aan ontken of herstel, waarsku AfriForum
 AfriForum waarsku dat ANC-leiers en hul bondgenote se verbete pogings om kommer oor probleme in die land valslik af te maak as die gevolg van misinformasie, sál misluk. Dié waarskuwing volg in reaksie op gister se ontmoeting in die Withuis tussen die Suid-Afrikaanse afvaardiging onder leiding van president Cyril Ramaphosa met die Amerikaanse president Donald Trump waartydens Trump fel kritiek uitgespreek het oor onder meer die Onteieningswet en die “Kill the Boer”-dreunsang. 

Wednesday May 21, 2025


Span SA
Netwerk 24 berig: ‘Ernie Els was die dryfkrag’ agter Trump-Ramaphosa-vergadering
Die gholfspeler Ernie Els was die dryfkrag om pres. Donald Trump te oorreed om Woensdag met ’n Suid-Afrikaanse afvaardiging te vergader, sê Johann Rupert, voorsitter van Richemont.
“Ernie was eintlik die persoon wat Trump in die afgelope maand omgepraat het,” sê Rupert.
Sowel Els as Rupert is tans in Washington DC en nou betrokke by die proses om pres. Cyril Ramaphosa saam met Trump om ’n tafel te kry.
Hulle vergader Woensdag met die Suid-Afrikaanse afvaardiging wat hoop om Trump se aanslag op Suid-Afrika te ontlont deur onder meer ’n aanloklike nuwe handelsaanbod.
Rupert ken Trump al sedert 1996 en speel saam met hom en Els gholf.
Herstel van verhouding
Solidariteit doen beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel
 Solidariteit het vandag ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse regering – en spesifiek president Ramaphosa – gedoen om alles moontlik te doen om diplomatieke verhoudinge met die VSA te herstel. Volgens Solidariteit is beleidsverandering nie net nodig om die VSA tevrede te stel nie, maar om die land op ʼn groeipad te kry.
 “Gewone werkende mense wil ekonomiese groei, werksekuriteit en werkskepping sien. Ons lede soek werk en stel nie belang in die ideologiese spel van die ANC en die regering nie. Ons doen ʼn beroep op president Ramaphosa om as ʼn staatsman op te tree en die land bo ANC-ideologie te plaas,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.
Onteieningswet hofsaak
AfriForum begin hofstryd om die Onteieningswet ongrondwetlik te laat verklaar
 Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n aansoek by die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria ingedien om die grondwetlikheid van die omstrede Onteieningswet 13 van 2024 te betwis. AfriForum hou vol dat hierdie wet, wat op 20 Desember 2024 deur president Cyril Ramaphosa onderteken is en waarvan die kennisgewing van ondertekening daarvan eers ’n maand later, op 24 Januarie 2025, in die Staatskoerant gepubliseer is, ’n ernstige bedreiging inhou vir die grondwetlike reg op privaat eiendom in Suid-Afrika.

Tuesday May 20, 2025


Span SA
Netwerk 24 berig: Ramaphosa en sy span na VSA: ‘Die beste wat ons nou het’ – kenners
Die afvaardiging wat pres. Cyril Ramaphosa na Washington DC vergesel vir samesprekings met die Trump-administrasie, maak nie alle waarnemers ewe opgewonde nie, hoewel hulle meen dit is die beste span wat in dié stadium saamgestel kan word.
Die presidensie het Maandag bevestig John Steenhuisen, minister van landbou en DA-leier, Ronald Lamola, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Parks Tau, minister van handel, nywerheid en mededinging, en Khumbudzo Ntshavheni, minister in die presidensie, gaan die samesprekings saam met Ramaphosa aandurf.
Mncebisi Jonas, Suid-Afrika se spesiale gesant in Amerika, en Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz, is saam met ander sakelui ook lede van die afvaardiging.
Op ‘n ander plasing noem Redi Tlhabi   dat Johan Rupert ook in Washington is om die SA span te ondersteun.
Wat soek SA uit die besoek?
Die President se besoek aan die VSA bied 'n platform om die strategiese verhouding tussen twee lande te herstel. ( The President's visit to the USA provides a platform to reset the strategic relationship between two countries) 
Trump skets van SA
The Citizen berig: Die Amerikaanse president Donald Trump sal na verwagting president Cyril Ramaphosa konfronteer oor die oënskynlike volksmoord teen wit Suid-Afrikaners en Afrikanerboere.
Dit volg op Trump se bewering verlede week dat “Suid-Afrika buite beheer was”. Die verhoog is gereed vir die verwagte verhitte en robuuste ontmoeting tussen Ramaphosa en Trump, wat na verwagting Woensdag by die Withuis sal plaasvind.
Elon Musk rol
Elon Musk is een van Donald Trump se adviseurs. Musk is ook nie gelukkig dat Starlink nie ‘n lisensie in Suid-Afrika kan kry weens die land se SEB reëls nie.
Onderhandeling
Woensdag is die ontmoeting in die Wit Huis. Die partye sal dan praat oor hul verwagting. SA se grootste fout is dat die land eiewys is en nie wil erken dat hy foute maak nie.
Wat soek die VSA van SA? Die lys van Joel Pollok gee idee. Partye egter ver uitmekaar.
Wysig die Onteieningswet om private eiendom te beskerm en die moontlikheid van “nul vergoeding” uit te skakel. Laat vaar die gebruik van rassekwotas of -teikens in indiensneming, en vrystel buitelandse maatskappye van lastige rasseregulasies, soos Swart Ekonomiese Bemagtiging.  Handhaaf Suid-Afrika se bestaande wette oor haatspraak teen Julius Malema, en spreek hom kragtiger uit. Onttrek aan die mislukte en immorele Internasionale strafhof-saak teen Israel en hou op om Iran te ondersteun, en kom eerlik oor samewerking met die regime, insluitend kommersiële bande en kerntegnologie.

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125