Nuusagenda

Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Listen Notes
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Wednesday Sep 03, 2025


Video lek
Maroela Media berig Stellenbosch MHB-bestuurder in die sop oor uitlatings
“Die beweerde opmerkings kan dus hiervolgens neerkom op onbillike diskriminasie. Munisipaliteite bestaan om dienste te lewer, nie om politieke speletjies met werksgeleenthede te speel nie.”
Reaksie op video
Stellenbosch MHB-bestuurder bevorder viktimisasie ten koste van dienslewering, sê AfriForum
 AfriForum sal verdere ondersoek instel na die diskriminerende praktyke binne Stellenbosch Munisipaliteit. Dit volg ná ’n video op sosiale media versprei is waarin Alexander Kannemeyer, die menslikehulpbronbestuurder van Stellenbosch Munisipaliteit, na bewering voorstel om die lewe vir wit werknemers “moeilik” te maak totdat hulle bedank sodat hulle deur die munisipaliteit se voorkeurkandidaat vervang kan word.
AfriForum beklemtoon dat ’n munisipaliteit se primêre fokus altyd dienslewering moet wees en hulle dus die beste personeel vir die werk moet aanstel. Wanneer senior amptenare rasgebaseerde viktimisasie in plaas van merietegebaseerde aanstellings voorstel, ondermyn dit werknemers se regte en bedreig dit ook direk dienslewering aan die publiek.
Die gemeenskap gaan op die ou end aan die kortste ent trek as die munisipaliteit op hul rasgebaseerde vendetta aandring om die beste kandidate óf uit te sluit óf uit te dwing. Dienslewering sal onvermydelik afneem as die beste kandidate vir ’n posisie nie aangestel word nie en uiteindelik boet die gemeenskap daarvoor.
Om ’n werknemer se lewe “moeilik” te maak kom ook, ingevolge die Wet op Gelyke Indiensneming (55 van 1998) se kode op goeie praktyk asook die Wet op Arbeidsverhoudinge (66 van 1995), neer op teistering en word daarvolgens verbied. Dit skep ’n vyandige werkskultuur en stel die munisipaliteit bloot aan KVBA en Arbeidshof-eise vir konstruktiewe ontslag en skadevergoeding.
Mediaverklaring word uitgevee
Die Cape Independent berig dat ‘n mediaverklaring wat die munisipaliteit uitgereik het later verwyder is. Die bewoording is sigbaar by die artikel Kannemeyer scandal pt. 2: more video; Stellenbosch responds, then deletes their response
DA reaksie op video
Democratic Alliance @Our_DA 📹   Die kommentaar in die opname van 'n amptenaar in Stellenbosch is kommerwekkend. Aanstellings moet slegs gebaseer wees op meriete, bevoegdheid en billikheid. Die DA betrek die politieke leierskap van die munisipaliteit om die feite vas te stel om die regte optrede vorentoe te verseker.

Tuesday Sep 02, 2025


Groter moeilikheid klop aan die deur.
‘n Kombinasie van swak beleid, duur krag, tariewe,  geen ekonomiese groei kos massiewe werksverliese in SA. Dit het aan die lig gekom dat Nersa opdrag gegee het dat Eskom en AMSA van vooraf tariewe van krag onderhandel. Op sy beurt het Amsa genoem hy sluit sy langstaalfabrieke.
Opvallend is dit die staalfabrieke wat handdoek ingegooi en toe die smelters as reaksie op veral Nersa wat ‘n R54 miljard fout gemaak het met die berekening van Eskom se tariewe. Kommerwekkend is die maatskappye wat nou afleggings doen oud en gevestig in die land.
Netwerk 24 berig Staalfabrieke: Nog groter poste-bloedbad kan kom ’n Selfs groter bloedbad wat werkverliese betref kan volg op die afleggings waarmee ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) nou in die staalbedryf begin.
So waarsku die vakbond Solidariteit nadat dit bekend geword het Amsa het Vrydag aan sy werknemers bevestig dat hy sy langstaalfabrieke in Vereeniging en Newcastle finaal aan die einde van die maand moet sluit.
Amsa (Mittal SA)
Maroela Media berig ‘Regering se onvermoë rede dat afleggingsbloedbad dreig’  “Ons staalbedryf gaan reeds vir jare onder kragkrisisse gebuk, asook ʼn mislukte spoor- en hawenetwerk en ʼn regering wat eenvoudig nie die beleidsbesluite kan neem om ons nywerhede te beskerm nie. Nou is duisende mense se werk en inkomste op die spel,” sê Venter.
Lys van afleggings groei
Mittal, Ford, Glencore, Merafe Resources Daybreak, Mango, Goodyear om onlangse voorbeelde te lys.
Maroela Media berig Golf van afleggings: Glencore volg ná Ford, Amsa  “Hierdie voorgenome afleggings wys dat die staatsverval nie net individue raak nie, maar hele bedrywe vernietig.”
SEB kos werkgeleenthede
Maroela Media berig Raskwotas in privaatsektor gaan groei; werkgeleenthede ‘verwoes’  “Ons het dit reeds in ons oorsigbesoeke aan die aktekantoor duidelik gemaak ons staan enige pogings om ʼn ‘rasregister’ wat stil-stil ingestel word teen.”
Hofsaak
Netwerk 24 berig Sakeliga, Neasa wend hulle tot konstitusionele hof oor werkplek-rasteikens Die Werkgewersvereniging van Suid-Afrika (Neasa) en Sakeliga gaan hulle regstreeks tot die konstitusionele hof wend om teen ’n “diepliggend defektiewe” uitspraak te appelleer. Dit kom nadat die hooggeregshof in Pretoria verlede week hul aansoek om ’n dringende interdik teen die nuwe numeriese teikens vir die werkplek op grond van ras van die hand gewys het.

Monday Sep 01, 2025


Minister kap polisiekommissaris
Maroela Media berig: Minister kap polisiekommissaris oor dossiere aan taakspan
Prof. Firoz Cachalia sê dit is kommerwekkend dat stappe gedoen word met betrekking tot die taakspan wat politieke moorde ondersoek, voordat die kommissie kans gehad het om sy ondersoek te begin.
Meningsverskille in topbestuur
Netwerk 24 berig Polisie-probleme kring uit met meningsverskille in topbestuur
Pres. Cyril Ramaphosa het hom aan die kant van sy waarnemende minister van polisie geskaar nadat meningsverskille in die polisie se topbestuur na vore gekom het en dit heelwat politieke kommentaar ontlok het.
Firoz Cachalia het onder skoot van onder meer die EFF en MKP gekom nadat hy genl. Fannie Masemola, kommissaris van polisie, verlede week gekritiseer het omdat hy 121 dossiere teruggestuur het na die taakspan wat politieke moorde in KwaZulu-Natal ondersoek.
Volgens Vincent Magwenya, woordvoerder van die presidensie, het Ramaphosa sy misnoeë met Masemola se optrede en sy gevolglike mediaverklaring teenoor Cachalia uitgespreek.
AfriForum ook betrek op Sunday World voorblad
Netwerk 24 berig voorts: Intussen is AfriForum ook by die debat rondom die ondersoekspan na politieke moorde in KwaZulu-Natal se werksaamhede betrek met die Sunday World wat beweer Masemola sê dié burgerlike organisasie meng glo by die eenheid se werksaamhede in.
Dié beskuldigings, wat ook van openlike sabotasie praat, is vervat in ’n dokument wat Masemola vroeër vanjaar vir Mchunu voorberei het.
Barry Bateman, woordvoerder van AfriForum se private vervolgingseenheid, sê by navraag dit is moeilik om betekenisvol kommentaar te lewer omdat hulle nie die nodige inligting en besonderhede het waaroor daar in die “verslag” gepraat word nie.
Madlanga-kommissie
Business Live berig Die Nasionale Anti-korrupsie-adviesraad (Nacac), onder leiding van waarnemende polisieminister Firoz Cachalia, beveel ingrypende veranderinge aan die Madlanga-kommissie van ondersoek se verwysingsraamwerk aan om die omvang daarvan te verander om op die "betwiste toestand van misdaadintelligensie" te fokus.

Thursday Aug 28, 2025


Hof uitspraak. Hofsaak gedryf deur MRK en 2de party na AfriForum druk
Maroela Media berig: Brackenfell-oproer| Malema-toespraak was ‘haatspraak’  Die regter het saam met die getuienis van taalkundiges gestem dat Malema se uitlatings nie “blote beeldspraak en metafories” was nie, maar eerder “direk, duidelik en beslissend”.
Uitspraak
Netwerk 24 berig Malema en EFF skuldig aan haatspraak Malema het in 2022 in ’n toespraak verwys na die voorval en ’n video van ’n man wat ’n EFF-lid afransel. Malema het in 2022 gevra waarom dié man sedertdien nog nie opgespoor en na ’n geïsoleerde plek geneem is waar daar met hom afgereken kon word nie.
“Jy moet nooit bang wees om dood te maak nie. ’n Revolusie vereis dat daar in ’n sekere stadium doodgemaak moet word, want om dood te maak is ’n revolusionêre daad,” het Malema aan ondersteuners gesê.
Reaksie
Video AfriForum neem sterk standpunt in. AfriForum neem sterk standpunt in teen die versprei van halwe waarhede, die saai van verdeeldheid en moddergooiery op sosiale media deur enkele individue met betrekking tot die uitspraak in die Julius Malema-haatspraaksaak.
Renaldo Gouws vra billike vraag of Malema steeds LP kan bly van die parlement
-             Tydlyn van AfriForum sake teen Malema
Litigasie teen Malema begin in 2011: AfriForum het Malema en die ANC gedagvaar vir die sing van "Dubula iBhunu" ("Skiet die Boer"). Die Gelykheidshof het beslis dat die liedjie haatspraak uitmaak en dit verbied.
Uitkoms: Malema en die ANC het aanvanklik teengestaan ​​en geappelleer. In 2012 is 'n skikking bereik wat die verbod 'n bevel van die Hooggeregshof van Appèl (HHA) gemaak het, met 'n verpligting om die sing van haatliedere in die openbaar of privaat te ontmoedig.
2018: Roekelose Ontslag van Vuurwapenklagte
AfriForum het kriminele klagte teen Malema ingestel vir die in die openbaar afvuur van 'n aanvalsgeweer sonder 'n lisensie.  Die regter moet nog uitspraak lewer.
2020: Klagtes oor haatspraak oor die "Kill the Boer"-gesang
AfriForum het klagtes by die Menseregtekommissie ingedien rakende Malema en EFF se herhaalde sing van "Kill the Boer" by geleenthede, wat as haatspraak en aanhitsing beskou word.
2023-2024: Regsgedinge oor haatspraak
Die Gelykheidshof het voortsetting van haatspraaksake teen Malema geskeduleer nadat hy geweier het om verskoning te vra.

Wednesday Aug 27, 2025

-             ANC reg vir volgende verkiesing
Maroela Media berig: ANC geen ‘toeskouer in regering’ – Mbalula
 Fikile Mbalula sê “onlangse oorwinnings in tussenverkiesings, versterkte tak-aktivisme en hernieude vertroue op grondvlak” bevestig dat die ANC vandag steeds die mees vertroude en relevante politieke organisasie in die land is. Hy steur hom dus min aan ander partye se peilings.
Op ‘n BizNewsTv video: skets die meningspeiling-kenner Gareth van Onselen egter ‘n ander prentjie en dat die ANC die wind van voor het.
Van Onselen ontleed die DA se toename in steun in Suid-Afrika se belangrikste metro's en sê die ANC se steil stedelike agteruitgang kan alleenstaande DA-regerings binne bereik plaas. Van Tshwane tot Johannesburg en verder verduidelik Van Onselen waarom plaaslike verkiesings opposisiepartye bevoordeel, die ANC se koalisiestryd, en watter groot verskuiwings vir SA se politieke landskap voorlê.
ANC sal ‘etiese, bekwame kaders’ kies vir 2026 munisipale verkiesings – Mbalula
News 24 berig Die ANC sal “slegs etiese, bekwame en mens gesentreerde kaders” kies om die party in volgende jaar se munisipale verkiesings te verteenwoordig, het die party se sekretaris-generaal Fikile Mbalula gesê.
Mbalula het Dinsdagmiddag in 'n toespraak tot die media die Nasionale Dialoog as nie 'n ANC-projek beskryf nie.
Suid-Afrika se volgende plaaslike regeringsverkiesings sal tussen 1 November volgende jaar en die einde van Januarie 2027 plaasvind, het die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika vroeër Dinsdag tydens 'n inligtingsessie gesê.
Mbalula het gesê die ANC sal volgende week 'n spesiale vergadering van sy nasionale uitvoerende komitee byeenroep, waar alle sake rakende die munisipale verkiesings bespreek sal word, insluitend die party se kandidate.
ANC beleid nie in pas met ekonomiese realiteit nie.
Die ekonoom Dawie Roodt ontleed ook op  BizNewsTv video: ‘n onlangse artikel wat in The Economist  verskyn het wat na Suid-Afrika kyk. Roodt het groot kritiek op SEB, swak beleid, werksverliese en 'n krimpende ekonomie.

Tuesday Aug 26, 2025


Madlanga-kommissie uitgestel
Netwerk 24 berig: Terugslag vir Madlanga-kommissie: Begindatum van 1 September uitgestel
Die kommissie van ondersoek na misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel het ’n terugslag beleef en sal nie meer op 1 September met sy sittings kan begin nie.
In ’n verklaring Dinsdag plaas die kommissie, gelei deur oudregter Mbuyiseli Madlanga, die skuld voor die deur van die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling wat glo traag is met die verkryging van noodsaaklike infrastruktuur soos deur die kommissie benodig word.
Die kommissie is onlangs deur pres. Cyril Ramaphosa tot stand gebring om bewerings deur lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, te ondersoek.
Mkhwanazi het skokkende bewerings gemaak waarin hy onder meer Senzo Mchunu, minister van polisie, van politieke inmenging in polisiesake beskuldig en ook dat hy agter die sluiting sit van die polisie se eenheid wat politieke moorde ondersoek.
Mchunu is intussen op spesiale verlof geplaas en prof. Firoz Cachalia neem in sy plek waar.
“Die kommissie betreur om aan te kondig dat sy sittings nie op 1 September 2025 sal kan begin nie weens vertragings in die verkryging van noodsaaklike infrastruktuur. In ’n mediaverklaring op 20 Augustus 2025 het die kommissie verklaar dat die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling besig is om die kommissie se infrastruktuurvereistes gereed te kry wat nodig is vir die kommissie om met sy sittings te begin.
DG Geskors
The Citizen berig: Die Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het aangekondig dat sy die departement se direkteur-generaal, Doc Mashabane, geskors het.
Die minister het Dinsdag tydens 'n inligtingsessie aan die media, na die uitstel van die Madlanga-kommissie, gesê dat Mashabane Vrydag in kennis gestel is van die einde van sy kontrak.
Sy het verder bygevoeg dat geen nuwe datum vasgestel is vir die Madlanga Regterlike Kommissie van Ondersoek na kriminaliteit, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel nie. Dit kom nadat die kommissie Dinsdag aangekondig het dat die aanvang daarvan vertraag is.
Shadrack Sibiya hofsaak
News 24 berig: Adjunk-nasionale polisiekommissaris vir misdaadopsporing, luitenant-generaal Shadrack Sibiya, het aan joernaliste gesê dat hy “niks verkeerd gedoen het nie”.
Sibiya was Dinsdagoggend in die Gautengse Hooggeregshof in Pretoria vir wat veronderstel was om die verhoor te wees van sy dringende versoek om terug te keer werk toe nadat polisiekommissaris-generaal Fannie Masemola hom verlede maand beveel het om tuis te bly hangende 'n ondersoek.

Monday Aug 25, 2025


ANC steun daal tot onder 30%
Rapport berig: ANC val tot onder 30%, bloei in stede Die ANC se steun op nasionale vlak het nou tot onder 30% geval, terwyl pres. Cyril Ramaphosa se party ook in verskeie van die metro’s deur die DA verbygesteek is in die aanloop tot volgende jaar se munisipale verkiesing.
Volgens peilings van die DA – wat  in die verlede besonder akkuraat was – het die ANC tans net 29% steun onder geregistreerde kiesers. Dit is 11 persentasiepunte minder as die 40% steun wat die ANC in verlede jaar se algemene verkiesing gekry het.
Boonop wys dit dat die DA nou net een persentasiepunt agter die ANC is. Die 28% steun van John Steenhuisen se party is ses persentasiepunte meer as wat die party in verlede jaar se algemene verkiesing gekry het.
Die DA-peiling plaas die steun vir oudpres. Jacob Zuma se MK-party op 11%, die EFF s’n op 8% en die IVP s’n op 3%.
Dié DA-peiling word daagliks telefonies gedoen onder 1 820 demografies verteenwoordigende respondente wat almal geregistreerde kiesers is. Die peiling het ’n foutmarge van 4% en is gemodelleer vir ’n kiesersopkoms van 100% en ’n 14 dae bewegende gemiddelde. Die uitslae van 14 Augustus is aan Rapport gegee.
Die DA se interne peilings is besonder akkuraat en het verlede jaar se steun kort voor die algemene verkiesing binne die foutmarge gepeil. Hierdie peiling het byvoorbeeld in November 2023 – ses maande voor die algemene verkiesing – eerste voorspel dat die ANC nasionaal selfs net 40% van die steun sou kon kry. Met dieselfde peiling is in Februarie verlede jaar – vier maande voor die algemene verkiesing – eerste vasgestel dat die MKP die land se derde grootste party kan word.
ANC kan Tshwane en Johannesburg verloor
City Press wys uit: ’n Heftige stryd word verwag in volgende jaar se plaaslike verkiesings in Johannesburg. Die publikasie het ook in Junie onthul dat Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad, haar hoed in die kryt sal gooi as hul burgemeesterskandidaat in Johannesburg.
eNCA berig dat die DA se Cilliers Brink vol vertroue om Tshwane se burgemeesterspos terug te neem.
ANC verloor glorie volgens Pandor
News 24 berig: In een van haar mees openhartige en ondiplomatiese openbare besinning sedert sy uit die amp getree het, het ANC-staatmaker Naledi Pandor 'n ontnugterende erkenning gelewer: die ANC is maar 'n skaduwee van sy vorige grootsheid.
Pandor het Sondag die Gertrude Shope-gedenklesing by die Akasia-gemeenskapsaal in Pretoria-Noord, Tshwane, gelewer en hulde gebring aan Shope en 'n onbeskaamde herlewing geëis, geanker op revolusionêre moraliteit en ware vernuwing, om die ANC se aansien te herstel.
Soos met baie van haar generasie, het Pandor gesê Shope sou ontsteld gewees het oor Suid-Afrika se wankelrige vordering.

Friday Aug 22, 2025


Ras en plaasaanvalle
Maroela Media berig Plaasaanvalle: ‘Regering kies wéér ontkenning ten spyte van feite’
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) se poging om die voorkoms van enige rasse- en politieke motivering vir plaasaanvalle te ontken, is nóg ʼn bewys dat die regering ontkenning van dié wrede misdade bo aanspreeklikheid en feite kies.
Netwerk 24 berig: AfriForum kap na Dirco oor ontkenning van rasmotief vir plaasaanvalle
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) se weiering om te erken dat plaasaanvalle moontlik rasse- en politieke motiewe het, bevestig weereens die regering se neiging om hierdie wrede misdade te verswyg eerder as om die feite te aanvaar.
So reageer AfriForum op Dirco se verslag wat aanvoer dat die bewerings dat plaasaanvalle op ’n spesifieke ras gemik is of aangevuur word deur rasse-retoriek, ongegrond is.
Weermaghoof besoek Iran
Netwerk 24 berig Angie bankvas agter weermaghoof Angie Motshekga, minister van verdediging en militêre veterane, het nie net goedkeuring vir die weermaghoof se omstrede besoek aan Iran gegee nie, sy is ook “tevrede” met sy verslagdoening daaroor aan haar.
Siphiwe Dlamini, kommunikasiehoof van die departement van verdediging en militêre veterane (DVMV), het dít bevestig toe hy namens die departement klarigheid oor die rasionaal agter genl. Rudzani Maphwanya, hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), se onlangse ampsbesoek aan Iran gegee het.
MTN
News 24 berig: MTN se lank problematiese Iranse onderneming is min werd op papier; tog definieer dit steeds die groep se grootste kontroversies. Hierdie week het die Amerikaanse Departement van Justisie 'n groot jurie-ondersoek na MTN se bedrywighede in Irak en Afghanistan geopen, wat 'n aandeeldaling veroorsaak het en beleggers daaraan herinner het hoe geopolitiek 'n andersins sterk Afrika-groeiverhaal kan oorskadu.
Rusland
Bloomberg berig: Russiese maatskappye brei hul veldtog uit om jong Afrika-vroue te vind om 'n arbeidstekort te help vul, wat kommer verhoog dat baie in Moskou se oorlogspoging in Oekraïne ontplooi word. Die jongste veldtog is in Suid-Afrika, 'n mede-lid van die BRICS-blok van groot ontluikende markekonomieë. Een van die hoofwerwers, Alabuga Special Economic Zone in Tatarstan, vervaardig militêre hommeltuie.

Thursday Aug 21, 2025


Ras speel nie rol by plaasmoorde nie volgens Dirco
Maroela Media berig: Plaasaanvalle nié gemotiveer deur ras of retoriek – Dirco
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) sê die prentjie wat sy Amerikaanse eweknie se Buro vir Demokrasie, Menseregte en Arbeid (DRL) in ’n onlangse verslag skets, word nié deur die feite gestaaf nie.
Netwerk 24 berig: Syfers wys ras-retoriek lei g’n tot geweld teen spesifieke rasgroep op plase, sê departement
Die jongste misdaadsyfers vir landelike gebiede dui nie daarop dat opruiend rassistiese retoriek lei tot geweld teen ’n spesifieke gemeenskap nie, sê die departement van buitelandse betrekkinge en samewerking.
Die polisie se amptelike misdaadsyfers vir die vierde kwartaal van die 2024-’25-boekjaar wys dat ses moorde in plaasgemeenskappe aangemeld is.
As dit van nader bekyk word, wys dit dat dié soort van misdaad nie teen ’n spesifieke rassegroep gemik is nie, sê die departement in ’n verklaring wat Woensdag uitgereik is.
Drie van die slagoffers was werkers, een was ’n plaasbewoner en twee was boere.
“Dié syfers wys dat geweldsmisdaad in landelike gebiede almal raak wat op plase woon en werk,” sê die departement.
Kritiek
Die groot probleem met die Dirco mediaverklaring is dat net statistiek van een kwartaal gebruik word nie. Dit is soos om die mooiste appel te pluk. Statistiek van plaasmoorde moet oor ‘n 10, 20 of 30 jaar periode gebruik en ontleed word.
Verder is daar gaan ras aanduidings by die SAPD plaasmoord statistiek nie maar Dirco gebruik ‘n klein gedeelte (een kwartaal) om hul eie agenda te pas.
AfriForum reaksie. Lees volledige verklaring op skakel.
 Plaasaanvalle: Regering kies wéér ontkenning ten spyte van feite, kap AfriForum
 AfriForum bestempel die Departement van Internasionale Verhoudinge en Samewerking (DIVS) se poging om die voorkoms van enige rasse- en politieke motivering vir plaasaanvalle te ontken, as nóg ’n bewys dat die regering ontkenning van dié wrede misdade bo aanspreeklikheid en feite kies. Die departement het gister in reaksie op ’n verslag van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake, aangevoer dat die bewerings dat plaasaanvalle op ’n spesifieke ras gemik is of aangevuur word deur rasse-retoriek, ongegrond is. AfriForum hou vol dat die DIVS boonop poog om die erns van plaasaanvalle te onderspeel.
 Die DIVS se bewering dat plaasaanvalle bloot deel vorm van gewone misdaad, misken dekades van bewyse wat op die teendeel wys.

Wednesday Aug 20, 2025

 ‘SEB nie diskriminerend nie’: Mashatile verdedig SA se transformasiebeleid
News 24 berig: Adjunkpresident Paul Mashatile het Suid-Afrika se transformasiebeleid verdedig en verklaar dat die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (B-BBEE) nie diskriminerende wetgewing is nie.
Die land se transformasiekwessies was die afgelope maande onder die kollig namate die VSA druk op Suid-Afrika uitoefen rakende sy rasse-gelykheidswette, veral dié rakende grondbesit en B-BBEE.
Terug in die land het die DA ook druk op die regering geplaas, spesifiek oor wette oor gelyke indiensneming.
In reaksie op 'n skriftelike parlementêre vraag van VF Plus-LP Hendrik van den Berg, het Mashatile gesê die regering doen steeds meer om vorige ongeregtighede reg te stel.
Starlink as gevallestudie
Bloomberg berig Suid-Afrika prioritiseer 'n beleidshersieningsproses wat daartoe kan lei dat Elon Musk se SpaceX en ander satelliet-internetmaatskappye toegelaat word om in Afrika se grootste ekonomie te werk sonder om eienaarskap prys te gee, het die land se telekommunikasieminister gesê.
Die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë beoordeel 19 000 openbare voorleggings oor 'n voorstel om die land se swart ekonomiese bemagtigingsregulasies te wysig. Die doel is om te bepaal of inligtingstegnologiemaatskappye in die land kan werk deur middel van ekwiteit-ekwivalente programme, in plaas van 'n vereiste van 30% swart eienaarskap.
Die hoof van die weermag besoek Iran
News 24 berig: Die Amerikaanse regering wil duidelikheid hê oor Suid-Afrika se beleid oor Iran na aanleiding van wyd gepubliseerde kommentaar van die hoofgeneraal van die SA Nasionale Verdedigingsmag (SANDF), Rudzani Maphwanya, tydens 'n reis na Iran.
“Die Amerikaanse regering het met groot kommer kennis geneem van die verklarings wat deur 'n senior SANDF-amptenaar in Iran gemaak is, sowel as die teenstrydige boodskappe van senior verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse regering in reaksie daarop,” het 'n woordvoerder van die Amerikaanse ambassade aan News24 gesê.
“Ons soek duidelikheid van die regering van Suid-Afrika oor die amptelike Suid-Afrikaanse regeringsbeleid rakende Iran.”
Intussen het die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) gesê dat die adjunkminister van internasionale betrekkinge, Alvin Botes, en die adjunkminister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Andries Nel, Dinsdagaand 'n oproep met die Amerikaanse adjunkminister van buitelandse sake, Christopher Landau, gehad het.

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125