Episodes
Tuesday Mar 11, 2025
Tuesday Mar 11, 2025
Vertrouensbreuk
Kallie Kriel skryf: “Die ANC se hantering van die Bela-wet het ‘n vertrouensbreuk met ons (die Solidariteit Beweging, AfriForum en Solidariteit) veroorsaak en ‘n bepalende rol gespeel in ons besluit om ons saak in die VSA te gaan stel... Ons het alle respek vir hulle (die ANC-leiers) verloor en beskou hul leierskap as ‘n bose kliek wat hul eie belange bo dié van die land stel en geen begrip het van wat goeie regering behels nie.”
Maroela Media berig: ‘ANC-woede wys ons het snaar getref’, sê Solidariteit, AfriForum ná VSA-besoek “Hulle is skaamkwaad vir ons omdat hulle weet hulle is oneerbaar en omdat ons dit ontbloot het.
Minderhede in kookpot
Netwerk 24 berig: Theuns Eloff: (Afrikaanse) minderheidpaddas vergeet van ANC-skerpioen se gif
Minderhede in Suid-Afrika is soos die spreekwoordelike padda in die kookpot. En terwyl hierdie minderheidspaddas nou die hele tyd met mekaar baklei, vergeet hulle van die ANC-skerpioen, skryf Theuns Eloff.
In The Prince and I: A South African Institutional Odyssey, die memoires van dr. Mario Oriani-Ambrosini, ’n senior adviseur van dr. Mangosuthu Buthelezi van die IVP, haal hy (’n jonger) Cyril Ramaphosa aan oor die ANC se langtermynstrategie vir die wit minderheid.
Dit is soos om paddas in lou water te sit en die temperatuur stadig te verhoog. As koudbloediges voel die paddas dit nie, solank die water met verdrag warmer gemaak word. As dit té vinnig gebeur, sal die paddas uitspring (lees: wit mense sal rebelleer of veg). Die swart meerderheid sal wette aanvaar en toepas wat die wit mense se welvaart, grond en ekonomiese mag stadig maar seker wegneem totdat hulle niks oor het nie (en die paddas sterf).
Belangrikheid van transformasie vir die ANC
Maroela Media berig: Ramaphosa vra vir meer transformasie in landbousektor Die president skryf in sy nuusbrief dat die insluiting van swart boere by kommersiële landbou noodsaak dat grond aan dié boere beskikbaar gestel word.
Skinder in die VSA
Newzroom Afrika video: President Cyril Ramaphosa se nasionale veiligheidsadviseur, dr. Sydney Mufamadi, tydens AfriForum se besoek aan die VSA: "Hulle gaan Washington toe om oor hul eie land te skinder..."
Swak ANC beleid veroorsaak probleme met begroting
Maroela Media berig: Begroting | ‘Moedige besluitneming’ nou nodig “Pogings om die 2025-begroting ter tafel te lê het in ʼn politieke klug ontaard,” sê GOOD, een van die partye in die regering van nasionale eenheid (RNE).
Monday Mar 10, 2025
Monday Mar 10, 2025
Trump opmerking
Maroela Media berig Trump nooi boere uit ‘nare SA’: Kom na VSA
Vincent Magwenya, die presidensiële woordvoerder, het Vrydag gesê Suid-Afrika gaan nie betrek word in ʼn twis met die VSA nie. “Ons gaan nie deelneem aan teenproduktiewe megafoon-diplomasie nie,” het hy gesê.
Nie toevallig nie
Maroela Media berig: Niks ‘toevallig’ aan Trump-plasing oor boere
Die Amerikaanse president, Donald Trump, se plasing oor Suid-Afrika se boere is geensins toevallig nie, sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Dit volg direk op die afgelope week se opruiende parlementêre debat en die regering wat niks gedoen het om dit reg te stel nie.
Kritiek
Netwerk 24 berig Trump-aanbod: Landbou ‘opgeoffer vir korttermyn- politieke gewin’
Randgroepe kan nie toegelaat word om die saak van landbou skade te berokken vir korttermyn- politieke gewin nie en hulle moet in belang van deursigtigheid bekend maak met wie hulle in Amerika onderhandel het.
Dit was Sondag van die reaksie op pres. Donald Trump van Amerika se jongste aanbod aan Suid-Afrikaanse boere om met hul gesinne na Amerika te verhuis. Aansoeke om burgerskap sal ook volgens hom bespoedig word.
Volgens Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting, is Trump se benadering om uit die vuis te skiet, werklik baie skadelik vir menseverhoudinge in Suid-Afrika.
Volgens Kallie Kriel, uitvoerende direkteur van AfriForum, is Trump se kommer oor die veiligheid van boere in Suid-Afrika verstaanbaar, “gegewe die ANC-geleide regering se weiering om plaasmoorde, soos sommige ander misdade, tot ’n prioriteitsmisdaad te verklaar”.
“Hulle is onwillig om uitsprake soos ‘Kill the Boer’ te veroordeel en ontken dikwels die moorde en die marteling wat daarmee gepaardgaan.
Sanksies
Netwerk 24 berig: Yanks kan Zondo-lys gebruik om sanksies teen ANC-hoës in te stel, sê Flip Buys
Die Solidariteit-afvaardiging geniet middagete saam met Joel Pollak (links voor). Foto: X
Die Amerikaanse regering kan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping se verslae gebruik om geteikende sanksies teen Suid-Afrikaanse individue in te stel.
So meen Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit-beweging, wat die afgelope twee weke met ’n afvaardiging van Solidariteit na Amerika gereis het.
Thursday Mar 06, 2025
Thursday Mar 06, 2025
Agt dinge wat ons huis toe bring van die VSA-toer af
Dirk Hermann @SolidariDirk skryf: Agt dinge wat ons huis toe bring van die VSA-toer af
ʼn Nuwe wêreld: Ons keer terug huis toe met ʼn diepgaande besef dat die wêreld verander het. President Trump het ʼn soort revolusie begin. Die momentum van “wokeness” is gestuit, skuldkomplekse word uitgedaag, en daar is weer ruimte vir die konserwatiewe idee. Dit daag Suid-Afrika uit, maar skep ook geleenthede vir ons as ʼn kultuurgemeenskap.
ANC-beleid in die ope: Die ANC gebruik al vir lank die Mandela-kapitaal. Daar is ʼn weersin in Amerika in die ANC se binnelandse en buitelandse beleid. Trump se uitvoerende bevel het die ANC se beleid onder die vergrootglas geplaas, nie net in Amerika nie maar ook wêreldwyd. Die Solidariteit Beweging se Washington Memorandum kon dit danksy goeie navorsingstukke beklemtoon. Die ANC kan nie meer wegkruip nie.
Druk vir beleidsverandering: Daar is nou meer druk vir beleidsverandering in Suid-Afrika. Dit sluit kwessies soos onteiening, rassewette, Bela en internasionale beleid in. Ons kan verdere druk van die VSA op die SA regering verwag, aangesien hulle die SA regering se beleid as ʼn bedreiging vir hul nasionale sekuriteit beskou. Ons moet ook plaaslik die druk volhou.
Bondgenote en vriende: Ons keer terug nadat nuwe bondgenote en vriende gemaak is. Ons bevind ons in die vreemde posisie waar die grootste ekonomie in die wêreld Afrikaners as ʼn soort bondgenoot sien. Dit is betekenisvol. Ons het ook vriende in dinkskrums, die media, en selfs die sakewêreld. Die tyd is dus ryp om verskillende wyses van hulp te aanvaar.
ʼn Simpatieke oor vir voortgesette deelname aan Agoa: Daar is ʼn sterk moontlikheid dat Agoa nie voortgesit gaan word nie of dat Suid-Afrika nie meer daaraan gaan mag deelneem nie. Dit is weens die SA regering se buitelandse beleid en die bedreiging van eiendomsreg, wat die voorwaardes vir Agoa verbreek. Agoa bied tariefvoordele aan Afrikalande. Deelname daaraan strek tot voordeel van baie Suid-Afrikaners, maar veral van ons lede in die landbou-, nywerheids- en vervaardigingsektore. Die Solidariteit Beweging het ten minste ʼn simpatieke oor by die Amerikaanse regering gevind om Agoa te red, ondanks teenkanting van die SA regering, en spesifiek die ANC.
Erkenning van Afrikaners: President Trump se uitvoerende bevel verleen erkenning aan die Afrikaner as ʼn kultuurgemeenskap. Dit het ook groter positiewe internasionale gevolge. Die Afrikaner word erken, en hierdie keer nie as die muishond van die wêreld nie.
Kulturele selfvertroue: Die erkenning van die Afrikaner en die herskikking in die wêreld het Afrikaners se kulturele selfvertroue herstel. Ons kan weer ons kop omhoog hou.
Ons sal self: Erkenning, kulturele selfvertroue, nuwe bondgenote en vriende skep ʼn nuwe klimaat vir die Solidariteit Beweging se Ons sal self-plan. Die Trump-administrasie gaan nie dinge vir ons doen nie. Hulle skep ʼn klimaat, maar dit is ons verantwoordelikheid om kulturele infrastruktuur soos skole, opleidingsinstellings, werknetwerke, veiligheidstrukture, maatskaplike strukture, kultuurnetwerke, medianetwerke en vele meer uit te bou. Ons doen dit met wedersydse erkenning vir en gesprekke met ander gemeenskappe. Ons keer beslis terug in ʼn sterker posisie as voor die uitvoerende bevel.
Wednesday Mar 05, 2025
Wednesday Mar 05, 2025
DA kuier ook in Washington
Times Live berig: Emma Powell, DA-LP en partywoordvoerder oor internasionale betrekkinge en samewerking, het onthul dat die party stilweg na Washington gereis het en met sleutelbesluitnemers in die Kongres, die staatsdepartement en die Withuis gesels het.
Klagtes, ondersoek en besluit
Kosmos 94.1 berig Mchunu sê besluit oor verraadsaak sal geneem word
Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, sê die verraadondersoek na AfriForum en Solidariteit oor die beweerde verspreiding van vals inligting word in ʼn ernstige lig beskou.
Die ondersoek volg na talle hoëvlakvergaderings in Washington tussen ʼn afvaardiging van die twee organisasies en amptenare van president Donald Trump se administrasie.
Die organisasies is gekant teen die land se Onteieningswet en vermeende bedreigings teen Afrikaners. Mchunu het aan die Parlement gesê die Nasionale Vervolgingsgesag sal ʼn besluit oor die saak neem.
Niks fout met besoek volgens VF Plus
Netwerk 24 berig VF Plus: Niks fout met kla oor SA in buiteland – moet net nie lieg nie
Die VF Plus het vir AfriForum in die bres getree oor die aanklagte van verraad wat die Valke teen die organisasie moet ondersoek.
Dr. Corné Mulder, VF Plus-leier, meen dit is eintlik die ANC wat in die beskuldigdebank hoort.
Die aanklagte van hoogverraad wat die Valke teen AfriForum ondersoek weens die “verspreiding van misleidende inligting” druis in teen gesonde regsbeginsels, sê hy. Hy het verwys na ANC-beleid en staatskaping wat die land groot skade berokken het.
Maroela Media berig: Hoogverraad-klagte teen AfriForum ‘ligsinnig’
“Dit is nie nou tyd vir ligsinnige politieke foefies wat net verdeeldheid aanblaas nie. Dit is nou die tyd vir koelkop en volwasse leierskap wat nie aan uiterstes toegee nie,” sê die DA.
Toer na Europa
Times Live berig: Solidariteit gaan 'n maandelange toer deur Europa onderneem en wêreldmoondhede vra om druk op die Suid-Afrikaanse regering uit te oefen om sekere hervormings wette te heroorweeg.
Die organisasie sê die lande in die G20 wat hulle gaan besoek, sal gevra word om ’n rol te speel om die Suid-Afrikaanse regering aan te spoor om te heroorweeg wat hulle glo diskriminerende wette is. Die groep is saam met AfriForum tot later vandeesweek in die VSA.
Tuesday Mar 04, 2025
Tuesday Mar 04, 2025
AfriForum is nie skuldig nie volgens regskenner
Newzroom Afrika video: Die regskenner Mpumelelo Zikalala sê om standpunte uit te spreek wat nie die Suid-Afrikaanse regering bevorder nie en om regerings van ander lande te betrek, kan nie as verraad beskou word nie. Hy sê die howe sal die skade wat AfriForum se uitlatings aangerig het, moet bewys. Zikalala glo daar is geen misdaad in wat Afriforum en Solidariteit gedoen het nie.
Nuuspod praat met Prof. Pieter Duvenage en Adv. Francois Botes oor hoogverraad. Beide sien nie hoogverraad in die huidige gebeure nie of enige feitelike basis nie.
AfriForum is reg vir ondersoek van klagtes
AfriForum gereed vir Valke-ondersoek na hoogverraad
Daar is géén regsgronde vir die klagtes van hoogverraad wat teen AfriForum aanhangig gemaak is nie. Daarom meen Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sal hy geen slaap hieroor verloor nie en is dié burgerregteorganisasie gereed vir die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) se ondersoek na dié klagtes. Kriel het vanmiddag Suid-Afrikaanse tyd vanuit die VSA só gereageer op die nuus dat die Valke nou vier klagtes van hoogverraad teen AfriForum ondersoek.
Status van die ondersoek
Newzroom Afrika @Newzroom405 video: Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, sê die NVG sal bepaal of elemente van hoogverraad bestaan nadat vier sake van hoogverraad op AfriForum en Solidariteit Beweging se 'waninligting'-veldtog in die VSA geopen is. Lebeya sê vir ’n hoogverraadsaak moet daar optrede wees wat wys die beskuldigdes “wil skend of dreig om die bestaan van die republiek in gevaar te stel”.
Advies aan Cyril Ramaphosa
Maroela Media berig Bly weg uit Washington, raai kenners Ramaphosa aan
“Los die politici by die huis. Want die ANC se politici, ten minste dié wat ek ken, gaan gekke van hulself in die Withuis maak, gegewe die bui waarin Trump tans is.”
Tucker Carlson onderhoud met Ernst Roets met 2.6m kyke op X om 14H00
Netwerk 24 berig: Vlugtog na Amerika nie die antwoord, selfbeskikking is, sê Ernst Roets
Selfbeskikking is die antwoord vir Afrikaners en ander kultuurgroepe, glo dr. Ernst Roets, wat voorheen aan die Solidariteit-beweging verbind was.
"Wat ons nou moet doen, is om ons eie goed funksionerende gemeenskappe te organiseer wat goed verbind is, trots het, sterk staan in geloof en familiebande bou," het hy op Amerika se The Tucker Carlson Show gesê.
Monday Mar 03, 2025
Monday Mar 03, 2025
- Klagtes by Valke
SABC News berig: en video: Die Valke het bevestig dat vier dossiere van hoogverraad geopen is ná beskuldigings van die verspreiding van misleidende inligting in die Verenigde State oor Suid-Afrika se Onteieningswet. Die SAUK verstaan hulle is teen Afriforum.
Opmerking: Die klagtes van hoogverraad is vergesog en het geen wetlike basis nie. Dit is ‘n welkome PR-toertjie wat deur politieke partye en die media gedryf word om AfriForum en die Solidariteit Beweging te diskrediteer.
Hoogverraad versoekskrif
Netwerk 24 berig ‘Hoogverraad’: Mashaba teken versoekskrif teen AfriForum
Herman Mashaba, leier van ActionSA, het ’n aanlyn versoekskrif onderteken wat vra dat AfriForum se leiers van hoogverraad aangekla word en dat sy registrasie as organisasie opgeskort word.
Die versoekskrif, wat teen Saterdag om 14:00 deur 6 565 mense onderteken is, vra dat die regering formele klagte teen AfriForum moet indien.
Dié organisasie se leiers moet ook aanspreeklik gehou word vir hul “dade van hoogverraad” in Amerika, luidens die petisie.
Maroela Media berig Verklaar Solidariteit, AfriForum tot terreurgroepe, eis EFF
Die EFF het Donderdag gesê hy is gewalg deur die poging van die groepe om die Amerikaanse regering onder pres. Donald Trump te “mobiliseer” om in Suid-Afrika se sake in te meng. “Hulle optrede is ʼn regstreekse bedreiging vir die stabiliteit en soewereiniteit van Suid-Afrika en hulle moet dienooreenkomstig behandel word,” lui ʼn verklaring van die party.
Mandela-kapitaal is op
Dirk Hermann skryf: In een van ons afsprake is vir ons gesê dat die ANC se Mandela-kapitaal nou op is. Hulle tree steeds op asof die wêreld hulle iets skuld, maar daardie tyd is verby. Hulle word nou geoordeel op grond van hulle optrede en beleid. Die wêreld het verander, en uitgediende rooi ideologieë werk nie meer nie. Dit help ook nie om Solidariteit en AfriForum die skuld te gee nie – almal sien daardeur. Ons het die lig op die ANC se roekelose beleid geplaas, maar ons is nie die oorsaak daarvan nie. Hulle is en moet verantwoordelikheid neem.
Stel saak en gesprekke
Kallie Kriel skryf: Diskriminasie teen Afrikaners was 'n prominente tema tydens ons gesprekke met verskeie sleutel besluitnemers in Washington. Benewens diskriminerende rassewette en slagspreuke soos “Kill the Boer”, is behoorlik kennis geneem dat die BELA-wet, wat poog om Afrikaanse skole te vernietig, ’n aanval op die kulturele voortbestaan van Afrikaners en Afrikaanssprekendes is.
Flip Buys op eNuus video: Feite teenoor paniek oor die Solidariteit Beweging se VSA-besoek.
Flip Buys se berekende antwoorde op eNuus op wilde aantygings deur paniekerige regeringslui, radikale politici en sommige mediakommentators oor die Solidariteit Beweging se VSA-besoek.
Tuesday Feb 25, 2025
Tuesday Feb 25, 2025
Gesprekke op die sosiale media
Verskeie plasings op die sosiale media maak melding van president Donald Trump se beleide en besluite, spesifiek met betrekking tot Suid-Afrika. Die plasings beklemtoon verskeie aspekte van Trump se optrede, insluitend sy reaksie op grondhervorming beleide in Suid-Afrika en sy besluit om sekere hulp aan die land op te skort. Die invloed van Elon Musk, 'n Suid-Afrikaans-gebore tegnologie-miljardêr, word ook in die plasings genoem, met sommige wat daarop dui dat sy sienings en verbintenisse moontlik Trump se standpunt oor Suid-Afrika beïnvloed.
ANC speel rassekaart oor VSA besoek
Netwerk 24 berig: Solidariteit se VSA-veldtog: Hulle wil apartheid terugbring – presidensie. Solidariteit en AfriForum is “rassistiese, regse organisasies wat probeer om die demokratiese aanwinste van die afgelope 30
Flip Buys skryf met grafika: Die Presidensie se mening en die lesers van die Burger se reaksie daarop…..Die ANC se enigste kaart wat oor is, is die rassekaart.
Laat jou stem hoor
Dirk Hermann @SolidariDirk skryf Die ANC is histeries oor die Solidariteit Beweging, insluitende Afriforum se besoek aan die VSA se regering. Ons gaan voluit voort. Nie om te paai nie, maar om die waarheid te praat. Hierdie week gaan groot dinge gebeur. Het jy nog enige punte wat ons moet oordra? Ons dra graag jou stem oor.
Memorandum
Dirk Hermann @SolidariDirkskryf Ons het ‘n baie goeie memorandum opgestel met ondersteunende navorsingsdokumente. Ons het wyd gekonsulteer en gaan ons mense se gevoel en wat in die land aangaan duidelik oordra. Lees ook: 30 jaar van verstikkende rassewette: So lyk die gevolge vir Suid-Afrika!
Onteieningswet doelwit bereik volgens Ramaphosa
President het vandag die Huis van Tradisionele leiers toegespreek met die volgende boodskap aan die gehoor: Cyril Ramaphosa 🇿🇦 @CyrilRamaphosa video Die aanvaarding van die Onteieningswet is deel van ons vasberadenheid dat die grond kwessie in ons leeftyd aangespreek sal word.
Uitdagings in SA. Kabinet verwerp aangepaste begroting
President Cyril Ramaphosa se kabinet het Minister van Finansies, Enoch Godongwana, se hersiene begroting verwerp en gesê dit is nie werkbaar nie berig News 24.
Business Day berig op hul voorblad: Die instelling van 'n welvaartbelasting is een van die voorstelle vir 'n regering wat 'n begrotingstekort in die gesig staar nadat koalisievennote die tesourie se plan geblokkeer het om die BTW-koers tot 17% te verhoog, sê bronne. Die voorstel het Maandag op 'n spesiale kabinetsvergadering na vore gekom.
Monday Feb 24, 2025
Monday Feb 24, 2025
Kritiek van die regering
Netwerk 24 berig Solidariteit se VSA-veldtog: Hulle wil apartheid terugbring – presidensie
Solidariteit en AfriForum is “rassistiese, regse organisasies wat probeer om die demokratiese aanwinste van die afgelope 30 jaar om te keer én die terugkeer van apartheid wil sien”, sê pres. Cyril Ramaphosa se kantoor.
“Dít sal nie gebeur nie. Hulle kan die wêreld deurkruis net soos hulle wil, ons sal enige poging weerstaan om ons soewereiniteit en onafhanklikheid te ondermyn.
“Geen land op enige plek in die wêreld sal ons ooit sover kry om ons wette te verander nie,” het Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, Sondag benadruk.
‘Histerie’: Solidariteit ontken hy wil na dae van apartheid terugkeer
Netwerk 24 berig “Histerie! As jy nie ’n argument het nie, speel die apartheidskaart.”
Dit was Maandagoggend die reaksie van dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, oor die presidensie se uitlatings dat Solidariteit en AfriForum na die dae van apartheid wil terugkeer.
Einde van AA nodig
Maroela Media berig Solidariteit vra VSA: Help ons rasbedeling beëindig
Een van die kwessies wat die Solidariteit Beweging in hul gesprekke met die Trump-administrasie wil opper, is die klaaglike mislukking van Suid-Afrika se raswette die afgelope dekades, asook moontlike druk wat die VSA op die regering kan plaas om dié rasbedeling te help beëindig.
Beurtkrag slaan weer toe met fase 6 en later fase 4
Maroela Media berig: Fase 4-beurtkrag geld nou Agt uit die tien opwekkingseenhede wat oor die naweek uitgeskop en Eskom genoop het om beurtkrag in te stel, is weer in diens gestel.
Dirk Hermann skryf: Ras moet gestop word. Dit sit ons krag af. 4 rasfeite oor Eskom wat jou woedend sal maak.
Eskom betaal bykans 30% meer vir aankope as gevolg van swartbemagtigingspremies. Dit het 'n direkte invloed het op hul vermoë om kragstasies in stand te hou.
Die verryking van die swart elite hou ons almal – swart en wit – in die donker.
Eskom het deur hul rasbeleid steenkoolprodusente gedwing om hul aandeelhouding te transformeer. Dit het die weg gebaan vir entiteite in ANC-besit of met ANC-bande om hul vingers in die produsente se welvaart kry. Ons sit in die donker om ANC-kaders te verryk.
Tot 2011 het Eskom die goedkoopste elektrisiteit in die wêreld gelewer. In 2011 het Eskom besluit om 'n sterk fokus op transformasie en BBBEE-doelstellings te plaas. In 2012 was die kosprys van energie 42% hoër as die vorige jaar, en sedertdien wek Eskom elektrisiteit teen 'n gemiddelde koste van 27% meer op as vergelykbare entiteite in lande soos Indië.
Thursday Feb 20, 2025
Thursday Feb 20, 2025
Begroting uitgestel
Die aankondiging van die begrotings het op gister 'n onverwagse wending geneem toe die begrotingstoespraak deur Enoch Godongwana, minister van finansies, skielik uitgestel is.
BTW moet met 2% verhoog
Bloomberg berig Godongwana het planne gehad in sy toespraak om belasting op toegevoegde waarde te verhoog sonder om te sê dit sal die koers met twee persentasiepunte tot 17% verhoog. Dié inligting, wat met die kabinet gedeel is ure voor die begroting Woensdag gelewer sou word, het 'n terugslag veroorsaak wat sy laaste minuut vertraging genoop het en gelei het tot ‘n uitstel na 12 Maart 2025.
Status van begroting
Maroela Media berig: ‘Begroting kom wat vir almal sal werk,’ sê Ramaphosa
“Die regering van nasionale eenheid sal in die komende dae en week ons pogings verskerp om die noodsaaklikhede wat die fundamentele groeidoelwitte van hierdie administrasie dryf, te balanseer met die realiteit van ʼn beperkte fiskale omgewing.”
Skuld groot kopseer
Netwerk 24 berig: Staatskuld staan oor 3 jaar naby R7 000 mjd.
Die verhouding van staatskuld tot die bruto binnelandse produk (BBP) gaan na verwagting volgende jaar 76,1% bereik, wat hoër is as wat in Oktober gesê is.
Dis volgens die begroting wat Woensdag in die parlement ter tafel gelê sou geword het, maar nou in die regering van nasionale eenheid (RNE) herbeding moet word. Dít nadat ministers beswaar aangeteken het veral teen die verhoging van belasting op toegevoegde waarde tot 17%.
Die skuldverhouding, sowel as die staat se leningsvereiste, sal waarskynlik ook verander wanneer die finale begroting op 12 Maart ingedien word.
Vergoeding aan staatsdiens ‘n uitdaging. Nuwe loonooreenkoms.
Netwerk 24 berig Staatsamptenare kry verhoging van 5,5%
Die regering en vakbonde wat die land se meer as 1,3 miljoen staatsamptenare verteenwoordig, het ’n driejaarooreenkoms onderteken wat tot ’n salarisverhoging van 5,5% vanaf 1 April sal lei.
Die aanvanklike aanbod van die staat was ’n verhoging van 3%, terwyl vakbonde 12% geëis het. Ná maande se onderhandelinge het die staatsdiens se koördinerende bedingingsraad (PSCBC) daarin geslaag om op 17 Februarie ’n meerderheidsooreenkoms van 84,34% vir die nuwe verhoging te kry.
Wednesday Feb 19, 2025
Wednesday Feb 19, 2025
Die Nuusagenda is uitgestuur om 14H00 voordat die begroting sou begin.
Dringende kabinet vergadering voor die begroting om 14H00
President Cyril Ramaphosa het Woensdagmiddag 'n noodkabinetsvergadering belê nadat die DA aan Enoch Godongwana, minister van finansies, gesê het hy sal die begroting verwerp as BTW, soos verwag, verhoog word.
Ramaphosa het ure voordat Godongwana Woensdag sy begroting sou aankondig, gereël dat hy leiers van die regering van nasionale eenheid (RNE) politieke partye in kennis stel.
Dit is nie die eerste keer dat die president RNE-vennote byeengeroep het om te verseker dat 'n toespraak in lyn is met die prioriteite van die RNE nie.
Waarskuwing van AfriForum
Moenie SA tot in armoede belas nie, waarsku AfriForum voor begrotingsrede
Die inwoners van Suid-Afrika is veel meer verantwoordelik met hul eie geld as wat die regering daarmee is, daarom meen AfriForum behoort belastingbesnoeiings vandag, as deel van die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede voorgelê word. Ekonomiese groei was boonop die afgelope paar jaar laer as inflasie – en dit plaas reeds ernstige finansiële druk op huisgesinne wat deur ’n verhoging in belasting net verdere sal verarm.
AfriForum dring meer spesifiek daarop aan dat belastingkerwe en belastingkrediete (soos die belastingkrediet op mediese fondse) ooreenkomstig inflasie aangepas moet word, anders word belastingbetalers indirek beroof van hul regmatige terugbetalings. Dit is verder nodig dat belasting op toegevoegde waarde (BTW) en brandstofheffings onveranderd gelaat word.
“Ons lede – en alle belastingbetalers – is in die knyp. Dis nou noodsaaklik om polities ongewilde besluite te neem ter wille van ekonomiese groei en welstand,” benadruk Boshoff.
Hy hou voorts vol dat president Cyril Ramaphosa verskeie onhaalbare beloftes tydens sy afgelope staatsrede gemaak het en daar nie nou gepoog moet word om alles met belastingverhogings te probeer finansier nie.
Verhoging van BTW met maniere om armes te help opsie
Business Day berig: Mandjie van belastingvrye noodsaaklike voedselitems sal na verwagting uitgebrei word. Die tesourie sal maatskaplike toelaes met bo inflasie verhoog, die brandstofheffing vries en die mandjie van nulkoersgoedere verhoog om die armes te beskerm teen die besluit om BTW vir slegs die tweede keer in demokratiese SA te verhoog.
Die besluit om BTW te verhoog is geneem nadat verskillende opsies opgeweeg is, insluitend die wegdoen van die toelae vir maatskaplike verligting van nood (SRD) en die aangaan van meer skuld, verstaan Business Day.
Albei opsies is weens verskeie redes as die minste gunstig beskou, insluitend om graderingsagentskappe in toom te hou.









