Episodes
Tuesday Feb 18, 2025
Tuesday Feb 18, 2025
Koue skouer van die VSA
Netwerk 24 berig: SA hoor niks weer nadat VSA sê hy onttrek finansiering Amerika het nog nie op Suid-Afrika se versoeke gereageer om pres. Donald Trump se uitvoerende bevel oor die opskorting van finansiering te bespreek nie, sê Ronald Lamola, minister van buitelandse sake.
Trump het vandeesmaand Amerikaanse geldhulp aan Suid-Afrika opgeskort weens die Onteieningswet en Suid-Afrika se saak teen Israel voor die Internasionale Geregshof.
“Ondanks pogings, ook van ons ambassade in Washington, om te kommunikeer, wag ons steeds op terugvoering. Ons hoop dat hulle tyd sal maak om te reageer en gesprekke te voer,” het Lamola Maandag in 'n onderhoud met Reuters gesê.
Beskerm SA teen Trump vra Mbalula
Fikile Mbalula het die naweek aangevoer dat: "Ons moet vir ons land veg end dit verdedig teen skurke soos Donald Trump"
Iran en kernkrag
Reuters berig: SA kan na Rusland of Iran wend om sy burgerlike kernkragkapasiteit uit te brei, het 'n senior minister van die regering gesê, 'n standpunt wat ontleders sê kan 'n breuk met die VSA verdiep en die hernuwing van 'n strategiese energieverdrag verder vertraag.
SA, wat Afrika se enigste kernkragsentrale, Koeberg, bedryf, beplan om 2 500 MW se nuwe kapasiteit by te voeg om die elektrisiteitsonderbrekings wat die ekonomie teister, aan te pak en om emissies te verminder.
Breuk bande met SA versoek
CNBC Africa berig Vier Amerikaanse kongreslede het president Donald Trump gevra om Suid-Afrika se toegang tot die Amerikaanse mark deur die African Growth and Opportunity Act (AGOA) te herroep, asook om diplomatieke betrekkinge te verbreek en te beskuldig dat dit Amerikaanse belange wêreldwyd ondermyn.
Van slaansak na slaanstok
Maroela Media berig: Nuuskommentaar: Van slaansak na slaanstok Afrikaners is ʼn waardevolle, onderwaardeerde minderheid en ʼn baie sinvolle slaanstok in die VSA se wraaktog teen die ANC. Die regering moes met ʼn ferm hand bewus gemaak word van presies wat hulle waag om te verloor deur suksesvolle minderhede wat lief is vir die land só te vervreem.
Ontmoeting met minister Gayton Mckenzie, leier van die Patriotic Alliance,
Kallie Kriel skryf: AfriForum, as die grootste burgerregteorganisasie in Suid-Afrika, en Minister Gayton Mckenzie, leier van die Patriotic Alliance, het ‘n konstruktiewe bespreking gevoer oor AfriForum, die Solidariteit Beweging en Solidariteit se komende besoek aan die Verenigde State.
Monday Feb 17, 2025
Monday Feb 17, 2025
Diplomatieke sendings op pad
Maroela Media berig: Diplomatieke sendings op pad na die VSA
“Ons organisasie glo dat ons ’n wesenlike bydrae kan lewer om die skade wat deur die huidige diplomatieke geskil, maar ook jare se oneerlikheid, skynheiligheid en bloot net swak diplomasie veroorsaak is, by te lê.”
The Sunday Times berig op sy voorblad: Die topvlakspan wat Suid-Afrika na Washington stuur om die verbrokkeling in betrekkinge te probeer herstel, sal eers na China, Frankryk, Duitsland en ander lande reis om hul steun te wen en "vernedering" in die VSA te probeer vermy.
Hulle missie is om die grootste diplomatieke krisis wat Suid-Afrika in die gesig gestaar het sedert demokrasie in 1994 teë te werk, wat vandeesmaand uitgebreek het toe president Donald Trump alle hulp aan die land gesny het weens sy anti-Israel-standpunt en beweerde grondgrype wat wit Afrikaners teiken.
Die span, wie se lede vernoem sal word na president Cyril Ramaphosa wat die naweek van 'n AU-beraad in Addis Abeba terugkeer, sal na Frankryk, Duitsland, die EU-hoofkwartier in Brussel, China, Brasilië en ander lede van Brics reis voordat hulle na die VSA gaan.
Memorandum aan Trump.
Maroela Media berig: Duisende vra Trump: Help ons ʼn Skare van minstens 2 000 mense het Saterdagoggend opgeruk na die Amerikaanse ambassade in Pretoria om ʼn memorandum aan pres. Donald Trump van die VSA te oorhandig.
Verkondiging van leuens en korrekte feite
eNCA @eNCA [ON AIR] video Adjunkpresident Paul Mashatile sê die nuwe administrasie in die Verenigde State is gevoer met leuens oor Suid-Afrika.
Die opmerking van Mashatile is deel van die regering se “Gee AfriForum die skuld” veldtog wat die regering teen AfriForum voer sedert die VSA ‘n bevel teen Suid-Afrika gelys wat plae.
In ‘n boodskap het Chief Rabbi Goldstein video: met die titel: Trump is goed vir Suid-Afrika het Goldstein die redes herhaal waarop AfriForum al die afgelope 2 weke wys. Goldstein het net begin om die rol uit te wys wat Iran speel in Suid-Afrika.
Iran invloed op SA
Maroela Media berig ANC, Iran se nou bande blootgelê “Dit dui daarop dat die VSA intelligensie het wat wys dat die ANC in die geheim ʼn diep militêre vennootskap met Iran op taktiese én strategiese vlak bou.”
Begroting regering kort geld. Skok verhogings. Minister soek ekstra R300 miljard
Maroela Media berig: Beweerde plan vir hoër BTW gekap: ‘Dit suig geld uit die ekonomie’ Gissings vanuit anonieme bronne dat die regering Woensdag ’n moontlike verhoging in belasting op toegevoegde waarde (BTW) gaan aankondig, het woede uit talle oorde ontlok.
Thursday Feb 13, 2025
Thursday Feb 13, 2025
Geen klein misverstand
Netwerk 24 berig: Diplomatieke krisis ‘nie net klein misverstand’ – Dirk Hermann
Wanneer ’n afvaardiging van die Solidariteit-beweging binnekort met die Amerikaners vergader, sal hulle kwessies soos die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys (Bela), Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) en die Onteieningswet opper.
Dié afvaardiging sal aan die einde van Februarie, onder leiding van Flip Buys, voorsitter van die beweging, na Amerika vertrek te midde van diplomatieke spanning tussen Suid-Afrika en Amerika.
Die beweging wil ook gaan bewys dat hy nie vals inligting verskaf soos die Suid-Afrikaanse regering beweer nie, sê Werner Human, bedryfshoof van Solidariteit.
“Die beste manier om dit te bewys is om op feite te werk en kwessies soos Bela, NGV en die Onteieningswet op die tafel te lê,” sê Human.
Humanitêre proses
Pretoria FM BLITSBERIG: Twee Amerikaanse departemente werk aan humanitêre proses vir Afrikaners
Die Amerikaanse departemente van buitelandse sake en binnelandse veiligheid is besig met ‘n gesamentlike proses om humanitêre verligting vir Afrikaners wat slagoffers van onregverdige rassediskriminasie is te verseker.
Dié aankondiging is kort te vore op die webblad van die VSA se ambassade in Suid-Afrika gemaak. Volgens die kennisgewing sluit die proses die oorweging van aansoekers se geskiktheid vir hervestiging in.
Opmerkings
AfriForum veroordeel kwetsende en opruiende uitsprake
AfriForum doen ’n dringende beroep op burgers, en veral dié in leiersposisies, om nie kwetsende of opruiende uitsprake te maak of video’s daarvan te versprei wat spanning tussen burgers en verskillende kultuurgemeenskappe kan veroorsaak nie.
Volgens AfriForum is dit noodsaaklik om deurgaans met wedersydse erkenning en respek teenoor alle kultuurgemeenskappe en landsburgers op te tree.
AfriForum se beroep volg nadat ’n video, waarin ernstige kwetsende en dreigende taal gebruik is, die afgelope week wyd op sosiale media versprei is, en verskeie regeringsamptenare en politieke leiers ook beledigende en opruiende uitsprake gemaak het wat spanning tussen kultuurgemeenskappe verhoog.
Wednesday Feb 12, 2025
Wednesday Feb 12, 2025
Raswette moet weg. Dirk Hermann video op ‘n Solidariteit-ledevergadering verduideliking oor hoekom dit moet gebeur.
Dirk Hermann @SolidariDirk skryf President Trump se uitvoerende bevel. Wat nou? Raswette moet weg! President Donald Trump het die ANC behoorlik geruk met sy uitvoerende bevel. Hulle was nog altyd in watte toedraai.
Hulle mal rasbeleide het hulle in mooi woorde soos gelykheid, billikheid en inklusiwiteit verpak. Met een bevel ruk Trump die watte af. Hy’s reg, raswette is sleg. Hy het die ANC ontbloot en ontwrig, maar dis ons wat verder moet veg en bou.
En Solidariteit gaan dit doen. Op nog ‘n groter skaal as voorheen. Solidariteit kondig vandag ‘n veldtog aan teen die ANC se rasbeleid. Ons eis is eenvoudig: raswette moet weg! Hou gerus dop.
Druk verhoog en veldtog neem toe in intensiteit
Netwerk 24 berig en Burger voorblad: Solidariteit vra VSA vir nóg druk tot ‘rasmalheid’ gestaak word
Solidariteit doen ’n beroep op pres. Donald Trump van Amerika om voort te gaan met sy druk op Suid-Afrika totdat die land se raswette verwyder is.
Solidariteit se hoofraad het ook besluit om ’n omvattende veldtog teen Suid-Afrika se rasbedeling te begin, het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, Dinsdagmiddag in ’n regstreekse uitsending gesê.
Maroela Media berig Wêreld se oë op SA: Raswette moet nou weg
Solidariteit gaan eis dat die regering voor vanjaar se G20-beraad aankondig hoe en wanneer Suid-Afrika se raswette beëindig gaan word. Die organisasie sê Suid-Afrika is tans die mees rasgereguleerde land ter wêreld, met ongeveer 120 raswette.
'Al nooi Cyril ons sal ons nie saamgaan nie'
Trump-bevel: Al nooi Cyril ons sal ons nie saamgaan nie – Solidariteit
Die Solidariteit-beweging, Solidariteit en AfriForum is nie deur pres. Cyril Ramaphosa genader om deel van die afvaardiging uit te maak wat na Amerika gestuur sal word om met die regering daar te vergader nie. Hulle wil in elk geval nie deel wees van ’n afvaardiging “wat net wil paai nie”, sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.
Die skuld vir die moles is by die ANC wys Kallie Kriel uit
BizNewsTv video: Kallie Kriel Afriforum - ANC, nie ons nie, het Trump se toorn oor SA gebring. Vir een keer, Cyril, aanvaar verantwoordelikheid.
Die media speel ook rol om die regering se vals narratief te bevorder wys Renaldo Gouws uit in ‘n video wat die stand van joernalisme in SA ontleed. .
Tuesday Feb 11, 2025
Tuesday Feb 11, 2025
SA woordvoerder soek skoor by die VSA ambassade
Vincent Magwenya 🇿🇦 @SpokespersonRSA SAfrica is host to the 2nd largest foreign missions in the world after Washington D.C. Of all the embassies in Pretoria, including the UN Office for Human Rights, you are the only ones monitoring non-existent "land seizures". I suppose the lies will be incomplete without you.
US Embassy SA @USEmbassySA The U.S. is closely monitoring land and farm seizures in South Africa and remains committed to fair and just resolutions. Read the full statement here: 🔗 https://za.usembassy.gov/fact-sheet-president-donald-j-trump-addresses-human-rights-violations-in-south-africa/ #HumanRights #PropertyRights #USASouthAfrica
Dit is nie hoe jy ’n diplomatieke krisis met ’n strategiese vennoot en magtigste land ter wêreld oplos nie wys Jaco Kleynhans @JacoKleynhans uit in antwoord op die tweet.
SA plan van aksie gaan uitloop op verdere konfrontasie.
Die SA plan van aksie bestaan daaruit om die skuld op AfriForum te pak en dan vermakerig die VSA uit te daag met byvoorbeeld die tweet hierbo. Die regering is toon doof en wil nie hoor waaroor die VSA waarsku nie. Verdere konfrontasie tussen die twee lande kan toeneem. Om vermakerig teenoor die VSA te wees kan op die kort termyn “likes” op X kry maar kan op die lang termyn groot finansiële verliese inhou vir SA.
Die VSA ambassade se feitestel word bevraagteken en media help temperatuur opjaag
News 24 berig: “In wat die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika 'n "feiteblad" noem, het dit AfriForum se bewering jare gelede by Fox News gevoeg dat die regering medepligtig is aan plaasaanvalle ter regverdiging van 'n uitvoerende bevel teen Suid-Afrika, uitgereik deur die Amerikaanse president en veroordeelde misdadiger Donald Trump.”
Uit die News 24 artikel se inleiding kan die gevolgtrekkinge gemaak word dat die "feiteblad" se feite bevraagteken word en dat Donald Trump ‘n “veroordeelde misdadiger” is volgens News 24.
Tydlyn van gebeure op 2 en 3 Februarie
Om die uitval te verstaan is dit belangrik om na die tydlyn van gebeure te kyk asook die ANC strategie om AfriForum die swartskaap te maak. 1. Trump waarsku SA: Trump threatens to cut funding for South Africa over land policy 2. ANC gee AfriForum die skuld: AFRIFORUM’S RACIST AGENDA FUELS MISINFORMATION ON SOUTH AFRICA’S LAND REFORM 3. AfriForum reaksie: AfriForum requests Trump to punish ANC leaders rather than South Africa
Swartskaap strategie werk toe nie en toe die hoogverraad roete
Sondag het die ANC vir AfriForum opnuut beskuldig dat hul die oorsaak is van die diplomatieke uitval. Partye soos MK het selfs Maandag so ver gegaan op AfriForum aan te kla van hoogverraad. AfriForum is eerder bouers en die ANC se strategie van blaam verskuif is nie volhoubaar nie.
Tuesday Feb 11, 2025
Tuesday Feb 11, 2025
Die AfriForum en die Solidariteit Beweging het ‘n ingesteldheid om te bou. Tog is daar partye in SA wat ons aankla van verraad. Dit gaan nie beteken dat ons nie harder bou aan die toekoms in Suid-Afrika nie.
Monday Feb 10, 2025
Monday Feb 10, 2025
ANC kritiek teen AfriForum
ANC trek te velde teen Trump, AfriForum Die ANC sê AfriForum blameer die ANC, “nes tipiese rasgedrewe, regsgesinde magte wat nooit verantwoordelikheid neem vir hul besluite nie.” Die Solidariteit Beweging het egter vinnig hierop gereageer.
- AfriForum-standpunt
AfriForum verwelkom president Donald Trump se kennisname van die uitdagings in Suid-Afrika en probleme wat wette soos die Onteieningswet en Bela vir inwoners van die land inhou.
Die foute van die ANC het Suid-Afrika in dié situasie geplaas. Dit sluit in die ANC-regering se buitelandse beleid wat die VSA vervreem; en diskriminerende wetgewing soos die Bela-wet, Onteieningswet, en rasgebaseerde wetgewing.
AfriForum se fokus is om vir Afrikaners wat in Suid-Afrika wil bly of moet bly ’n volhoubare toekoms te skep.
Ons besluit nie vir enigiemand om die aanbod om vlugtelingstatus te aanvaar of nie en bou reeds die afgelope 20 jaar aan ons internasionale veldtog om kontak te hou met Afrikaners wat in die buiteland woon.
AfriForum sal aanhou veg teen die Bela-wet, Onteieningswet en rasgebaseerde wetgewing; die beskerming van handelsooreenkomste soos Agoa; en ons sal aanhou om voorspraak te maak vir buitelandse optrede teen die ANC-regering wat nie die inwoners van die land sal benadeel nie.
Kallie Kriel video: AfriForum het sy waardering betuig teenoor president Trump se administrasie vir die erkenning wat gegee word aan die diskriminasie teenoor Afrikaners. Dit versterk ons bedingingsposisie plaaslik.
Valse bewerings van hoogverraad
Hoogverraad: Valse bewerings het geen gronde – AfriForum
Enige ondersoek sal bevestig dat daar geen gronde is vir die valse bewerings van hoogverraad wat nou teen AfriForum gemaak word nie. Só reageer AfriForum nadat die uMkhonto weSizwe Party (MKP) vandag ’n klag van hoogverraad in Kaapstad teen die organisasie aanhangig gemaak het en die South African National Civic Organisation (Sanco) ook vandag aangekondig het dat dit later vandeesweek ’n soortgelyke klag teen AfriForum en ander organisasies in Khayelitsha gaan lê.
Volgens Kallie Kriel, hoofuitvoerende beampte van AfriForum, is die klagtes “absurd” en sal dit nie vir slapelose nagte sorg nie. “Dit is die plig van die burgerlike samelewing en organisasies soos AfriForum om die kollig te plaas op wetgewing en optrede wat die welsyn van burgers en die land bedreig. Ons kan nie swyg oor die onreg wat gepleeg word ten koste van Suid-Afrika, sy mense én die Suid-Afrikaanse ekonomie nie en valse bewerings dat AfriForum ‘misleidende inligting’ oor die Onteieningswet versprei het en dít die rede vir die VSA se optrede teen Suid-Afrika is, is blatante leuens,” beklemtoon Kriel.
Friday Feb 07, 2025
Friday Feb 07, 2025
Mediakonferensie
ANC-leiers moet volle skuld dra vir Trump-uitsprake, sê AfriForum
Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanoggend tydens ’n mediakonferensie gesê president Cyril Ramaphosa en die ANC-leierskap moet die volle skuld dra vir die Amerikaanse president, Donald Trump, se uitspraak dat hy befondsing aan Suid-Afrika gaan staak.
AfriForum voer ook aan dat die Presidensie, die ANC en hul bondgenote se pogings om AfriForum die skuld vir Trump se uitsprake te gee, ’n duidelike poging van Ramaphosa en die ANC is om hulself te probeer verontskuldig vir die negatiewe gevolge van hul eie onbesonne, ekstremistiese beledsrigtings en optrede.
ANC beskuldig AfriForum van disinformasie
"Ons kan nie spekuleer oor die redes wat gelei het tot die onlangse aankondiging deur president Trump nie," het Magwenya aan die Mail & Guardian gesê.
“Al wat ons weet is dat daardie aankondiging ingelig word deur dinge wat nie waar is oor ons land nie, oor dinge wat nie waar is oor die wyse waarop ons wetgewing toepas nie. Oor watter besprekings in die Withuis plaasgevind het wat tot daardie aankondiging gelei het, kan ons nie spekuleer en parallelle trek met ander kwessies nie.”
SONA 2025: Ramaphosa reageer op Trump opmerkings: Ons sal nie geboelie word nie
Bloomberg berig: Die wêreld staar die opkoms van nasionalisme, proteksionisme, “die najaag van eng belange en die agteruitgang van gemeenskaplike saak in die gesig,” het Ramaphosa Donderdag in sy staatsrede in Kaapstad gesê.
"Ons is nie bang om ons pad deur hierdie wêreld te navigeer nie," het hy gesê sonder om Trump by die naam te noem. “Ons sal nie afgeskrik word nie. Ons is, as Suid-Afrikaners, ’n veerkragtige volk, en ons sal nie geboelie word nie.”
Reaksie op SONA
Dirk Hermann @SolidariDirk skryf: Die staatsrede van president Ramaphosa was ‘n ramp. Suid-Afrika is onder aanval oor sy rasbeleid. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het aangekondig dat hy nie die G20-samesprekings gaan bywoon nie, onder meer as gevolg van Suid-Afrika se rasbeleid.
In sy eerste groot openbare toespraak het president Ramaphosa aangekondig dat ‘n rasfonds van R100 miljard gestig gaan word, wat deur ‘n nuwe belasting op die privaatsektor gefinansier sal word. Strenger rasregulasies sal volg.
Ons moet Suid-Afrika red van die roekelose ANC. Solidariteit gaan die regering se rasbeleid en die rasfonds trompop loop. Rasregulasies beperk groei, en gewone werkers – 90% swart en 10% wit – betaal die prys. Alle werkers moet saamstaan teen die raselite.
Thursday Feb 06, 2025
Thursday Feb 06, 2025
Geen G20 vergadering vir VSA in SA
Maroela Media berig: Nog Amerikaanse politici kap na SA Marco Rubio, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het gesê hy sal nie die G20-gesprekke later vandeesmaand in Suid-Afrika bywoon nie.
Secretary Marco Rubio @SecRubio skryf Ek sal NIE die G20-beraad in Johannesburg bywoon nie. Suid-Afrika doen baie slegte dinge. Onteiening van private eiendom. Die gebruik van G20 om "solidariteit, gelykheid en volhoubaarheid" te bevorder. Met ander woorde: DEI en klimaatsverandering. My werk is om Amerika se nasionale belange te bevorder, nie belastingbetalersgeld te mors of anti-Amerikanisme te koester nie.
Kallie Kriel @kalliekriel skryf na aanleiding van Rubio se boodskap: Die Presidensie en die ANC sal AfriForum weereens valslik hiervoor blameer in 'n poging om die neem van verantwoordelikheid vir die negatiewe gevolge van hul eie onverantwoordelike beleid en gedrag te ontduik. Ramaphosa en die ANC is direk hiervoor verantwoordelik deur hul eie belange en ideologie bo die belange van Suid-Afrika se burgers te stel. Om die situasie reg te stel, is dringende wysigings aan die Onteieningswet en die BELA-wet nodig.
Joel Pollak @joelpollak skryf "Suid-Afrika se Onteieningswet het baie bepalings wat die staat te veel mag gee. ... Die Onteieningswet is geskryf op 'n manier wat beleggers en sakelui senuweeagtig maak om in Suid-Afrika te belê."
SA regering standpunt
Die SA regering het sy standpunt oor gespanne verhoudings tussen met die VSA bevestig, met Ronald Lamola, minister van internasionale betrekkinge wat aan sy eweknie in die VSA, Marco Rubio, gesê het dat die twee regerings "as gelykes sal betrek" - "nie met 'n bedelbak nie" berig News 24
Koersverandering nodig met SONA 2025
Regering het algehele koersverandering nodig, sê AfriForum in aanloop tot staatsrede
Die Suid-Afrikaanse regering het in die afgelope jaar ’n vernietigende trajek gehandhaaf wat beleid en praktyk betref en benodig nou ’n algehele koersverandering. Die drie mees omstrede en destruktiewe wette van die ganse bedeling is almal in die afgelope jaar bekragtig en kan Suid-Afrika op ’n weg van algehele verval laat afstuur. Die verantwoordelikheid rus nou op president Cyril Ramaphosa om in sy staatsrede te erken dat huidige ANC-beleid besig is om te misluk en dat alternatiewe weë ingeslaan moet word.
Die burgerregteorganisasie verwys hiermee spesifiek na die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys (BELA) en die Wet op Onteiening. Al drie hierdie stukke wetgewing sentraliseer mag in die hande van ’n korrupte regering, misken die grondwetlike regte van burgers en het die potensiaal om die ekonomie skade te berokken. Ramaphosa behoort in sy staatsrede as ’n absolute minimum vereiste die wyse te skets hoe die destruktiewe elemente van hierdie wetgewing ongedaan gemaak kan word.
Wednesday Feb 05, 2025
Wednesday Feb 05, 2025
Swartskaap status vir AfriForum
Die MSM media hak vas by onteiening sonder vergoeding en het gerieflik vir AfriForum die swartskaap gemaak.
Hierdie is ‘n botsing van ideologie, die waarheid en die geloofwaardigheid van die media. Daar is ‘n breuk tussen SA publiek en die plaaslike MSM wat minder geglo word.
Dirk Hermann wys die volgende uit: Solidariteit en AfriForum het nog altyd net in belang van Suid-Afrika opgetree. Ons verbintenis en liefde lê by hierdie land en sy mense. Die ANC het egter 30 jaar lank met elke mislukking nog net verkies om sondebokke vir hul eie misdrywe te probeer skep. In hierdie geval gaan ons nie toelaat dat hulle dit aanhou doen nie.
Nog konfrontasie gaan volg tussen die VSA en SA
Trump se opmerking is net die 1ste stap in ‘n rits gebeure waar daar konfrontasie tussen SA en die VSA gaan wees. Hou dop die besoek van Marco Rubio, die waarskynlike aanstelling van Joel Pollak as ambassadeur en kritiek van Elon Musk om nie te praat van verdere opmerkings van Trump se kant af nie. Op die oomblik kry Trump vinnig wat hy vra as daar gekyk word na Colombia, Mexiko en Kanada.
Die kans is goed dat Suid-Afrika toon doof gaan wees en nie mooi besef wat soek die VSA,
Daar is ook die groter prentjie rondom ander kwessies wat die VSA vies het Israel, Taiwan en steeds BEE en AA in Suid-Afrika.
Nie net Trump is vies vir SA nie maar die hele VSA administrasie soos Red Cruz aandui
Senator Ted Cruz @SenTedCruz The South African government seems to be going out of their way to alienate the United States and our allies. Their timeline to expel our Taiwanese allies from Pretoria is deeply troubling, undermines the national security interests of America and our allies, and will deepen tensions between the U.S. and South Africa. I intend to use my position as the chairman of the Africa subcommittee on the Senate Foreign Relations Committee to investigate these and other concerning decisions by South Africa.
Strategie werk vir VSA. Is dit volhoubaar teen groter lande soos China en die EU
Maroela Media berig: Trump wag eers met tariewe vir Mexiko en Kanada China het intussen teruggeslaan en heffings op die invoer van sommige Amerikaanse goedere aangekondig.
Cyril praat met Elon
Netwerk 24 berig: Cyril, Elon ‘het nommers uitgeruil, kan mekaar enige tyd bel’
Die presidensie wil nie bewerings bevestig of weerlê dat Elon Musk se pa, Errol, die telefoonoproep tussen Musk en pres. Cyril Ramaphosa gefasiliteer het nie.
Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, het Woensdag gesê dit is “irrelevant wie die oproep gefasiliteer het”.









