Nuusagenda

Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Listen Notes
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Wednesday Feb 12, 2025

Raswette moet weg. Dirk Hermann  video op ‘n  Solidariteit-ledevergadering verduideliking oor hoekom dit moet gebeur.
Dirk Hermann @SolidariDirk skryf  President Trump se uitvoerende bevel. Wat nou? Raswette moet weg! President Donald Trump het die ANC behoorlik geruk met sy uitvoerende bevel. Hulle was nog altyd in watte toedraai.
Hulle mal rasbeleide het hulle in mooi woorde soos gelykheid, billikheid en inklusiwiteit verpak. Met een bevel ruk Trump die watte af. Hy’s reg, raswette is sleg. Hy het die ANC ontbloot en ontwrig, maar dis ons wat verder moet veg en bou.
En Solidariteit gaan dit doen. Op nog ‘n groter skaal as voorheen. Solidariteit kondig vandag ‘n veldtog aan teen die ANC se rasbeleid. Ons eis is eenvoudig: raswette moet weg! Hou gerus dop.
Druk verhoog en veldtog neem toe in intensiteit
Netwerk 24 berig en Burger voorblad:  Solidariteit vra VSA vir nóg druk tot ‘rasmalheid’ gestaak word
Solidariteit doen ’n beroep op pres. Donald Trump van Amerika om voort te gaan met sy druk op Suid-Afrika totdat die land se raswette verwyder is.
Solidariteit se hoofraad het ook besluit om ’n omvattende veldtog teen Suid-Afrika se rasbedeling te begin, het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, Dinsdagmiddag in ’n regstreekse uitsending gesê.
Maroela Media berig Wêreld se oë op SA: Raswette moet nou weg
Solidariteit gaan eis dat die regering voor vanjaar se G20-beraad aankondig hoe en wanneer Suid-Afrika se raswette beëindig gaan word. Die organisasie sê Suid-Afrika is tans die mees rasgereguleerde land ter wêreld, met ongeveer 120 raswette.
'Al nooi Cyril ons sal ons nie saamgaan nie'
Trump-bevel: Al nooi Cyril ons sal ons nie saamgaan nie – Solidariteit
Die Solidariteit-beweging, Solidariteit en AfriForum is nie deur pres. Cyril Ramaphosa genader om deel van die afvaardiging uit te maak wat na Amerika gestuur sal word om met die regering daar te vergader nie. Hulle wil in elk geval nie deel wees van ’n afvaardiging “wat net wil paai nie”, sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.
Die skuld vir die moles is by die ANC wys Kallie Kriel uit
BizNewsTv video:  Kallie Kriel Afriforum - ANC, nie ons nie, het Trump se toorn oor SA gebring. Vir een keer, Cyril, aanvaar verantwoordelikheid.
Die media speel ook rol om die regering se vals narratief te bevorder wys Renaldo Gouws uit in ‘n video wat die stand van joernalisme in SA ontleed. .

Tuesday Feb 11, 2025


SA woordvoerder soek skoor by die VSA ambassade
Vincent Magwenya 🇿🇦 @SpokespersonRSA SAfrica is host to the 2nd largest foreign missions in the world after Washington D.C. Of all the embassies in Pretoria, including the UN Office for Human Rights, you are the only ones monitoring non-existent "land seizures". I suppose the lies will be incomplete without you.
US Embassy SA @USEmbassySA The U.S. is closely monitoring land and farm seizures in South Africa and remains committed to fair and just resolutions. Read the full statement here: 🔗 https://za.usembassy.gov/fact-sheet-president-donald-j-trump-addresses-human-rights-violations-in-south-africa/  #HumanRights #PropertyRights #USASouthAfrica
Dit is nie hoe jy ’n diplomatieke krisis met ’n strategiese vennoot en magtigste land ter wêreld oplos nie wys Jaco Kleynhans @JacoKleynhans uit in antwoord op die tweet.
SA plan van aksie gaan uitloop op verdere konfrontasie.
Die SA plan van aksie bestaan daaruit om die skuld op AfriForum te pak en dan vermakerig die VSA uit te daag met byvoorbeeld die tweet hierbo. Die regering is toon doof en wil nie hoor waaroor die VSA waarsku nie. Verdere konfrontasie tussen die twee lande kan toeneem.  Om vermakerig teenoor die VSA te wees kan op die kort termyn “likes” op X kry maar kan op die lang termyn groot finansiële verliese inhou vir SA.
Die VSA ambassade se feitestel word bevraagteken en media help temperatuur opjaag
News 24 berig: “In wat die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika 'n "feiteblad" noem, het dit AfriForum se bewering jare gelede by Fox News gevoeg dat die regering medepligtig is aan plaasaanvalle ter regverdiging van 'n uitvoerende bevel teen Suid-Afrika, uitgereik deur die Amerikaanse president en veroordeelde misdadiger Donald Trump.”
Uit die News 24 artikel se inleiding kan die gevolgtrekkinge gemaak word dat die "feiteblad" se feite bevraagteken word en dat Donald Trump ‘n “veroordeelde misdadiger” is volgens News 24.
Tydlyn van gebeure op 2 en 3 Februarie
Om die uitval te verstaan is dit belangrik om na die tydlyn van gebeure te kyk asook die ANC strategie om AfriForum die swartskaap te maak. 1. Trump waarsku SA: Trump threatens to cut funding for South Africa over land policy 2. ANC gee AfriForum die skuld: AFRIFORUM’S RACIST AGENDA FUELS MISINFORMATION ON SOUTH AFRICA’S LAND REFORM 3. AfriForum reaksie: AfriForum requests Trump to punish ANC leaders rather than South Africa
Swartskaap strategie werk toe nie en toe die hoogverraad roete
Sondag het die ANC vir AfriForum opnuut beskuldig dat hul die oorsaak is van die diplomatieke uitval. Partye soos MK het selfs Maandag so ver gegaan op AfriForum aan te kla van hoogverraad. AfriForum is eerder bouers en die ANC se strategie van blaam verskuif is nie volhoubaar nie.

Tuesday Feb 11, 2025

 
Die AfriForum en die  Solidariteit Beweging het ‘n ingesteldheid om te bou. Tog is daar partye in SA wat ons aankla van verraad. Dit gaan nie beteken dat ons nie harder bou aan die toekoms in Suid-Afrika nie.

Monday Feb 10, 2025


ANC kritiek teen AfriForum
ANC trek te velde teen Trump, AfriForum Die ANC sê AfriForum blameer die ANC, “nes tipiese rasgedrewe, regsgesinde magte wat nooit verantwoordelikheid neem vir hul besluite nie.” Die Solidariteit Beweging het egter vinnig hierop gereageer.
   -          AfriForum-standpunt
AfriForum verwelkom president Donald Trump se kennisname van die uitdagings in Suid-Afrika en probleme wat wette soos die Onteieningswet en Bela vir inwoners van die land inhou.
Die foute van die ANC het Suid-Afrika in dié situasie geplaas. Dit sluit in die ANC-regering se buitelandse beleid wat die VSA vervreem; en diskriminerende wetgewing soos die Bela-wet, Onteieningswet, en rasgebaseerde wetgewing.
AfriForum se fokus is om vir Afrikaners wat in Suid-Afrika wil bly of moet bly ’n volhoubare toekoms te skep.
Ons besluit nie vir enigiemand om die aanbod om vlugtelingstatus te aanvaar of nie en bou reeds die afgelope 20 jaar aan ons internasionale veldtog om kontak te hou met Afrikaners wat in die buiteland woon.
AfriForum sal aanhou veg teen die Bela-wet, Onteieningswet en rasgebaseerde wetgewing; die beskerming van handelsooreenkomste soos Agoa; en ons sal aanhou om voorspraak te maak vir buitelandse optrede teen die ANC-regering wat nie die inwoners van die land sal benadeel nie.
Kallie Kriel video: AfriForum het sy waardering betuig teenoor president Trump se administrasie vir die erkenning wat gegee word aan die diskriminasie teenoor Afrikaners. Dit versterk ons bedingingsposisie plaaslik.
Valse bewerings van hoogverraad
Hoogverraad: Valse bewerings het geen gronde – AfriForum
Enige ondersoek sal bevestig dat daar geen gronde is vir die valse bewerings van hoogverraad wat nou teen AfriForum gemaak word nie. Só reageer AfriForum nadat die uMkhonto weSizwe Party (MKP) vandag ’n klag van hoogverraad in Kaapstad teen die organisasie aanhangig gemaak het en die South African National Civic Organisation (Sanco) ook vandag aangekondig het dat dit later vandeesweek ’n soortgelyke klag teen AfriForum en ander organisasies in Khayelitsha gaan lê.
Volgens Kallie Kriel, hoofuitvoerende beampte van AfriForum, is die klagtes “absurd” en sal dit nie vir slapelose nagte sorg nie. “Dit is die plig van die burgerlike samelewing en organisasies soos AfriForum om die kollig te plaas op wetgewing en optrede wat die welsyn van burgers en die land bedreig. Ons kan nie swyg oor die onreg wat gepleeg word ten koste van Suid-Afrika, sy mense én die Suid-Afrikaanse ekonomie nie en valse bewerings dat AfriForum ‘misleidende inligting’ oor die Onteieningswet versprei het en dít die rede vir die VSA se optrede teen Suid-Afrika is, is blatante leuens,” beklemtoon Kriel.

Friday Feb 07, 2025


Mediakonferensie
ANC-leiers moet volle skuld dra vir Trump-uitsprake, sê AfriForum
Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanoggend tydens ’n mediakonferensie gesê president Cyril Ramaphosa en die ANC-leierskap moet die volle skuld dra vir die Amerikaanse president, Donald Trump, se uitspraak dat hy befondsing aan Suid-Afrika gaan staak.
AfriForum voer ook aan dat die Presidensie, die ANC en hul bondgenote se pogings om AfriForum die skuld vir Trump se uitsprake te gee, ’n duidelike poging van Ramaphosa en die ANC is om hulself te probeer verontskuldig vir die negatiewe gevolge van hul eie onbesonne, ekstremistiese beledsrigtings en optrede.
ANC beskuldig AfriForum van disinformasie
"Ons kan nie spekuleer oor die redes wat gelei het tot die onlangse aankondiging deur president Trump nie," het Magwenya aan die Mail & Guardian gesê.
“Al wat ons weet is dat daardie aankondiging ingelig word deur dinge wat nie waar is oor ons land nie, oor dinge wat nie waar is oor die wyse waarop ons wetgewing toepas nie. Oor watter besprekings in die Withuis plaasgevind het wat tot daardie aankondiging gelei het, kan ons nie spekuleer en parallelle trek met ander kwessies nie.”
SONA 2025: Ramaphosa reageer op Trump opmerkings: Ons sal nie geboelie word nie
Bloomberg berig: Die wêreld staar die opkoms van nasionalisme, proteksionisme, “die najaag van eng belange en die agteruitgang van gemeenskaplike saak in die gesig,” het Ramaphosa Donderdag in sy staatsrede in Kaapstad gesê.
"Ons is nie bang om ons pad deur hierdie wêreld te navigeer nie," het hy gesê sonder om Trump by die naam te noem. “Ons sal nie afgeskrik word nie. Ons is, as Suid-Afrikaners, ’n veerkragtige volk, en ons sal nie geboelie word nie.”
Reaksie op SONA
Dirk Hermann @SolidariDirk  skryf: Die staatsrede van president Ramaphosa was ‘n ramp. Suid-Afrika is onder aanval oor sy rasbeleid. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het aangekondig dat hy nie die G20-samesprekings gaan bywoon nie, onder meer as gevolg van Suid-Afrika se rasbeleid.
In sy eerste groot openbare toespraak het president Ramaphosa aangekondig dat ‘n rasfonds van R100 miljard gestig gaan word, wat deur ‘n nuwe belasting op die privaatsektor gefinansier sal word. Strenger rasregulasies sal volg.
Ons moet Suid-Afrika red van die roekelose ANC. Solidariteit gaan die regering se rasbeleid en die rasfonds trompop loop. Rasregulasies beperk groei, en gewone werkers – 90% swart en 10% wit – betaal die prys. Alle werkers moet saamstaan teen die raselite.

Thursday Feb 06, 2025


Geen G20 vergadering vir VSA in SA
Maroela Media berig: Nog Amerikaanse politici kap na SA Marco Rubio, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het gesê hy sal nie die G20-gesprekke later vandeesmaand in Suid-Afrika bywoon nie.
Secretary Marco Rubio @SecRubio  skryf Ek sal NIE die G20-beraad in Johannesburg bywoon nie. Suid-Afrika doen baie slegte dinge. Onteiening van private eiendom. Die gebruik van G20 om "solidariteit, gelykheid en volhoubaarheid" te bevorder. Met ander woorde: DEI en klimaatsverandering. My werk is om Amerika se nasionale belange te bevorder, nie belastingbetalersgeld te mors of anti-Amerikanisme te koester nie.
Kallie Kriel @kalliekriel skryf na aanleiding van Rubio se boodskap: Die Presidensie en die ANC sal AfriForum weereens valslik hiervoor blameer in 'n poging om die neem van verantwoordelikheid vir die negatiewe gevolge van hul eie onverantwoordelike beleid en gedrag te ontduik. Ramaphosa en die ANC is direk hiervoor verantwoordelik deur hul eie belange en ideologie bo die belange van Suid-Afrika se burgers te stel. Om die situasie reg te stel, is dringende wysigings aan die Onteieningswet en die BELA-wet nodig.
Joel Pollak @joelpollak skryf "Suid-Afrika se Onteieningswet het baie bepalings wat die staat te veel mag gee. ... Die Onteieningswet is geskryf op 'n manier wat beleggers en sakelui senuweeagtig maak om in Suid-Afrika te belê."
SA regering standpunt
Die SA regering het sy standpunt oor gespanne verhoudings tussen met die VSA bevestig, met Ronald Lamola, minister van internasionale betrekkinge  wat aan sy eweknie in die VSA, Marco Rubio, gesê het dat die twee regerings "as gelykes sal betrek" - "nie met 'n bedelbak nie" berig News 24
Koersverandering nodig met SONA 2025
Regering het algehele koersverandering nodig, sê AfriForum in aanloop tot staatsrede
Die Suid-Afrikaanse regering het in die afgelope jaar ’n vernietigende trajek gehandhaaf wat beleid en praktyk betref en benodig nou ’n algehele koersverandering. Die drie mees omstrede en destruktiewe wette van die ganse bedeling is almal in die afgelope jaar bekragtig en kan Suid-Afrika op ’n weg van algehele verval laat afstuur. Die verantwoordelikheid rus nou op president Cyril Ramaphosa om in sy staatsrede te erken dat huidige ANC-beleid besig is om te misluk en dat alternatiewe weë ingeslaan moet word.
Die burgerregteorganisasie verwys hiermee spesifiek na die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys (BELA) en die Wet op Onteiening. Al drie hierdie stukke wetgewing sentraliseer mag in die hande van ’n korrupte regering, misken die grondwetlike regte van burgers en het die potensiaal om die ekonomie skade te berokken. Ramaphosa behoort in sy staatsrede as ’n absolute minimum vereiste die wyse te skets hoe die destruktiewe elemente van hierdie wetgewing ongedaan gemaak kan word.

Wednesday Feb 05, 2025


Swartskaap status vir AfriForum
Die MSM media hak vas by onteiening sonder vergoeding en het gerieflik vir AfriForum die swartskaap gemaak.
Hierdie is ‘n botsing van ideologie, die waarheid en die geloofwaardigheid van die media. Daar is ‘n breuk tussen SA publiek en die plaaslike MSM wat minder geglo word.
Dirk Hermann wys die volgende uit: Solidariteit en AfriForum het nog altyd net in belang van Suid-Afrika opgetree. Ons verbintenis en liefde lê by hierdie land en sy mense. Die ANC het egter 30 jaar lank met elke mislukking nog net verkies om sondebokke vir hul eie misdrywe te probeer skep. In hierdie geval gaan ons nie toelaat dat hulle dit aanhou doen nie.
Nog konfrontasie gaan volg tussen die VSA en SA
Trump se opmerking is net die 1ste stap in ‘n rits gebeure waar daar konfrontasie tussen SA en die VSA gaan wees. Hou dop die besoek van Marco Rubio, die waarskynlike aanstelling van Joel Pollak as ambassadeur en kritiek van Elon Musk om nie te praat van verdere opmerkings van Trump se kant af nie. Op die oomblik kry Trump vinnig wat hy vra as daar gekyk word na Colombia, Mexiko en Kanada.
Die kans is goed dat Suid-Afrika toon doof gaan wees en nie mooi besef wat soek die VSA,
Daar is ook die groter prentjie rondom ander kwessies wat die VSA vies het Israel, Taiwan en steeds BEE en AA in Suid-Afrika.
Nie net Trump is vies vir SA nie maar die hele VSA administrasie soos Red Cruz aandui
Senator Ted Cruz @SenTedCruz The South African government seems to be going out of their way to alienate the United States and our allies. Their timeline to expel our Taiwanese allies from Pretoria is deeply troubling, undermines the national security interests of America and our allies, and will deepen tensions between the U.S. and South Africa. I intend to use my position as the chairman of the Africa subcommittee on the Senate Foreign Relations Committee to investigate these and other concerning decisions by South Africa.
Strategie werk vir VSA. Is dit volhoubaar teen groter lande soos China en die EU
Maroela Media berig: Trump wag eers met tariewe vir Mexiko en Kanada  China het intussen teruggeslaan en heffings op die invoer van sommige Amerikaanse goedere aangekondig.
Cyril praat met Elon
Netwerk 24 berig: Cyril, Elon ‘het nommers uitgeruil, kan mekaar enige tyd bel’
Die presidensie wil nie bewerings bevestig of weerlê dat Elon Musk se pa, Errol, die telefoonoproep tussen Musk en pres. Cyril Ramaphosa gefasiliteer het nie.
Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, het Woensdag gesê dit is “irrelevant wie die oproep gefasiliteer het”.

Tuesday Feb 04, 2025


Trump opmerking
Gesprek vlakke het gestyg  te danke aan president Donald Trump se beskuldigings dat Suid-Afrika grond “konfiskeer”, wat ’n debat en verdeeldheid oor ras- en grondhervorming beleide in die land ontketen het. President Cyril Ramaphosa het hierdie beskuldigings verwerp en sy grondhervorming beleid verdedig. Trump se dreigement om Amerikaanse hulp aan Suid-Afrika te sny, het ook bygedra tot hernude ontledings oor hoe kry die ANC dit reg om die land so in die grond in te bestuur.
Opvoed van Trump
News 24 berig: Ná die Amerikaanse president Donald Trump se opruiende plasing oor die afsny van befondsing aan Suid-Afrika omdat die regering “grond konfiskeer”, sê president Cyril Ramaphosa hy sal Trump nie met ’n “bedelbak” betrek nie, maar hom eerder opvoed.
Ramaphosa beoog om Pretoria se standpunt oor die Onteieningswet duidelik te maak en enige wanopvattings en verkeerde inligting oor Suid-Afrika tydens sy samesprekings met Trump aan te spreek en reg te stel.
Dreigemente
Maroela Media berig: ‘ANC moet Trump-dreigemente ernstig opneem’  Kenners is dit eens dat enorme ekonomiese gevolge Suid-Afrika in die gesig sou staar as die VSA finansiële steun aan die land onttrek. Iets wat hulle meen al meer waarskynlik blyk te wees.
IRR waarskuwing
Beide president Cyril Ramaphosa en John Steenhuisen het die land 'n onreg aangedoen in hul reaksies op Amerikaanse president Donald Trump se dreigement om die implikasies van die Onteieningswet te ondersoek.
Die IRR het breedvoerig gewaarsku oor die gevolge van die ondertekening van die Onteieningswet, wat Suid-Afrika se ekonomie, sy planne vir groei en ons handelsverhoudinge in groot gevaar plaas.
SA kan nie bekostig om Agoa te verloor nie
 Die vakbond Solidariteit het vandag herbeklemtoon dat dit noodsaaklik is dat Suid-Afrika se posisie as begunstigde van die “African Growth and Opportunies Act” (Agoa) beskerm moet word en dat Solidariteit sy werk op hierdie terrein, wat reeds die afgelope twee jaar tot uitgebreide skakeling met die Amerikaanse regering gelei het, sal voortsit.
Joel Pollak moontlik die nuwe VSA ambassadeur in SA
Daar is sprake dat Donald Trump vir Joel Pollak kan benoem as die volgende VSA ambassadeur in SA. Joel Pollak dien tans as die “Senior Editor-at-Large” van  Breitbart News. Hy was voorheen Tony Leon se toespraak skrywer toe Leon leier van die opposisie in die parlement was.  Hy ken Suid-Afrika goed.
Joel Pollak se skoonma was Rhoda Kadalie wat in 2022 oorlede is. Sy was krities oor die manier waarop die ANC die land regeer het.

Monday Feb 03, 2025


Opmerking en strafmaatreëls.
Trump opmerking: Suid-Afrika is besig om grond te konfiskeer, en sekere klasse mense BAIE SLEG te behandel. Dit is 'n slegte situasie wat die Radikale Linkse Media nie so graag wil noem nie. 'n Massiewe skending  van Menseregte vind op 'n minimum plaas vir almal om te sien. Die Verenigde State sal nie daarvoor staan ​​nie, ons sal optree. Ek sal ook alle toekomstige befondsing aan Suid-Afrika afsny totdat 'n volledige ondersoek na hierdie situasie afgehandel is!
Elon Musk wat dien as Trump adviseur het toe beaam dat dit die waarheid is
Netwerk 24 berig: Trump dreig SA oor onteiening
Pres. Donald Trump van Amerika dreig om “alle toekomstige finansiering” aan Suid-Afrika op te skort hangende ’n ondersoek na onteiening. Trump het op sy sosialemedia-platform, Truth Social, gesê dat “sekere klasse mense” in Suid-Afrika “baie sleg” behandel word.
“Suid-Afrika neem beslag op grond en behandel sekere klasse mense BAIE SLEG,” het Trump in ’n inskrywing op Truth Social gesê. “Amerika sal dit nie duld nie. Ons sal optree. Ek sal ook alle toekomstige finansiering aan Suid-Afrika afsny totdat ’n volledige ondersoek na hierdie situasie afgehandel is!” het hy gesê.
Straf die ANC vra AfriForum
Onteiening: Straf ANC-leiers, nie gewone burgers, pleit AfriForum by Trump Straf eerder ANC-leiers as Suid-Afrika, pleit die burgerregteorganisasie AfriForum by pres. Donald Trump van Amerika.
ANC gee AfriForum die skuld
Die ANC het  AfriForum, die skuld gegee vir 'n "rassistiese" wanvoorstelling van die land se grondhervormingsprogramme. Die ANC het gesê AfriForum se sentimente is nou versterk deur die VSA se president, Donald Trump.
Praat met VSA regering versoek die Solidariteit Beweging
Solidariteit Beweging gaan met Trump-administrasie praat
Die Solidariteit Beweging het aangekondig dat hy met die VSA regering in gesprek gaan tree oor pres. Donald Trump se uitsprake Sondagaand in die media oor Suid-Afrika.
Die Solidariteit Beweging is een van die grootste burgerlike bewegings in Suid-Afrika en verteenwoordig sowat twee miljoen Suid-Afrikaners en ʼn netwerk burgerlike instellings, waaronder Solidariteit en AfriForum. Die Beweging is reeds die afgelope paar jaar met verskeie Amerikaanse politici in verbinding om te verseker dat Suid-Afrika se verhouding met die VSA nie skipbreuk lei nie.
Regering standpunt
Netwerk 24 berig: Onteiening: Ramaphosa wil met Trump vergader Die Onteieningswet is nie ’n instrument vir beslaglegging nie. Dis ’n grondwetlik gemandateerde regsproses.

Friday Jan 31, 2025


Suid-Afrikaanse regering se betrokkenheid by die Demokratiese Republiek van die Kongo
Die Suid-Afrikaanse regering se betrokkenheid by die Demokratiese Republiek van die Kongo word om verskeie redes gekritiseer met die volgende rooi ligte:
Onvoldoende militêre paraatheid:
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is gekritiseer vir 'n gebrek aan voldoende toerusting en hulpbronne om die wisselvallige situasie in die DRK te hanteer. Dit het gelei tot aansienlike ongevalle, met 13 soldate wat onlangs dood is wat SA op die agtervoet plaas.
Diplomatieke spanning:
Suid-Afrika se diplomatieke pogings is gespanne, veral met Rwanda, wat daarvan beskuldig is dat hulle die M23-rebelle ondersteun. Die spanning het die week merkwaardig verhoog met ‘n bek geveg in die media tussen die presidente van Suid-Afrika en Rwanda. Die president van Rwanda Paul Kagame het genoem sy land is reg vir konfrontasie met Suid-Afrika. President Ramaphosa se hantering van die konflik en uitsprake die week het sake net vererger. Die retoriek het Vrydag versag toe Clayson Monyela woordvoerder  van buitelandse sake laat weet het die daar is nie “oorlog” tussen die twee lande nie en dat diplomatieke gesprekke plaasvind.
Die historiese spanning tussen Suid-Afrika en Rwanda het pogings bemoeilik om die konflik vreedsaam op te los. Thabo Mbeki het in 2024 die spanning volledig uitgewys.
Ekonomiese belange bo vredesbewaring:
Terwyl Suid-Afrika se betrokkenheid as 'n vredespoging beraam word, speel ekonomiese belange in die mineraalryke streke van die DRK ook 'n beduidende rol. Hierdie dubbele motivering kan die persepsie van hul rol in die konflik bemoeilik. Die woord Glencore word prominent op X genoem.
Miskenning van die kompleksiteit van die konflik:
Die konflik in die DRK is diep gewortel en betrek verskeie faksies. Suid-Afrika se benadering sal dalk nie hierdie kompleksiteite volledig aanspreek nie, wat tot voortdurende onstabiliteit lei. Die konflik is een van die langste aaneenlopende konflikte in die wêreld.
Onvoldoende internasionale koördinering:
SAOG hou noodberaad oor krisis op indruk te skep iets word gedoen. Maroela Media berig: SAOG hou noodberaad oor krisis in DRK Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) sal Vrydag ʼn noodberaad oor die krisis in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) in die Zimbabwiese hoofstad, Harare, hou.
DRK situasie stuur vinnig op ’n groter streeksoorlog af. Lees volledige ontleding op skakel:
-Jaco Kleynhans ontleding: Die situasie in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) stuur vinnig op ’n groter streeksoorlog af. Hierdie is ’n uiters komplekse konflik en ek is bevrees baie Suid-Afrikaanse beleidmakers verstaan dit nie.

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125