Nuusagenda

Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Listen Notes
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Wednesday Dec 18, 2024


Johannesburg se agteruitgang
The Citizen berig: Johannesburg se agteruitgang: Foto's wys die val van SA se rykste stad binne 10 jaar. Faktore wat bydra tot die val van die stad is wanbestuur van fondse, korrupsie, infrastruktuur verwaarlosing, min beplanning, onbevoegde stadsburokrasie en politieke leiers sonder nuwe en werkbare idees.
Dringende onderhoud gedoen
Ná die tydelike ontwrigting van waterbeskikbaarheid weens Rand Water se kritieke driedaagse instandhoudingswerk by die Eikenhof- en Zwartkopjes-pompstasies, verbeter Johannesburg se waterstelsels geleidelik.
Die instandhouding, wat verlede Vrydag begin het, het talle noordelike voorstede sonder water gelaat.
Met voltooiing volgens skedule by Eikenhof, het Rand Water egter gesê daar was merkbare herstel in die watertoevoer berig News 24.
Kapitaal agterstand op onderhoud
Die Stad Johannesburg het 'n waterinfrastruktuur-agterstand van R28 miljard, teenoor 'n totale jaarlikse kapitaal bestedingsbegroting van R8 miljard - dit is die begroting vir alle kapitaalbesteding werke, nie net dié wat waterverwant is nie.
In plaas daarvan om munisipaliteite vir die waterkrisis te blameer, moet die staatsentiteite betaal wat hulle vir belasting en belasting skuld wys Richard Holden uit
Inwoners moet meer kwaad word volgens joernalis
Die joernalis Qaanitah Hunter  skryf: Gauteng se probleme – sy gebrekkige waterinfrastruktuur, verbrokkelende paaie en afwesige bestuur – sal net verdiep. Die provinsie se inwoners is nie kwaad genoeg nie. Hoekom is die inwoners van Gauteng nie kwater oor die ineenstorting van dienste nie?
Soek die fout by die ANC
Tony Leon skryf: Johannesburg se waterkrisis, wat veroorsaak het dat inwoners van die nou vernielde Stad van Goud, dae lank, selfs weke lank van hierdie noodsaaklike vir die lewe ontneem is, sal geen probleme ondervind om op te spoor wie verantwoordelik is vir die heeltemal vermybare ramp nie. Dit is die politici wat die stad en die provinsie regeer, in albei gevalle onder leiding van die ANC.
Kan inwoners uithou tot die 2026 verkiesing ?
Die vraag kom op of inwoners van Johannesburg sal kan uithou tot die 2026 munisipale verkiesing waar die ANC die trekpas gegee kan word ?
Soos wat Johannesburg die afgelope 10 jaar verval het is daar geen aanduiding dat daar ‘n politieke wil bestaan om die verval te briek nie. Die probleem kan net groter raak wat politieke spanning sal verhoog.

Tuesday Dec 17, 2024


Geloftefees 2024
Ernst Roets  skryf: Daar was vandag 223 Gelofte feeste. By die Voortrekkermonument was daar 35 000 mense. By Bloedrivier was daar 2 000. In die 1990's het mense verklaar dit verby is met die Afrikaners en dat Geloftedag ook iets van die verlede is. Toe nie!
Omvang
Maroela Media berig: Foto’s | Duisende ruk op vir Geloftedag: ‘Herlewing onder Afrikaners’  Nagenoeg 35 000 mense het Maandag met die jaarlikse Geloftedag-herdenking by die Voortrekkermonument (VTM) soos een man verklaar “Hier staan ons”.
Beeld berig op sy voorblad FOTO'S | Geloftedag: ‘Tyd vir jeug om terug te keer na hul wortels’ Geloftedag is Maandag op talle plekke in Suid-Afrika en op ses vastelande gevier, en daar blyk ’n oplewing in bywoning onder die jeug te wees. Talle mense voel dit is ook hoogtyd.
Ongeveer 35 000 mense het die Geloftediens by die Voortrekkermonument se amfiteater in Pretoria bygewoon voordat hulle na die monument beweeg het om te sien hoe die sonlig om 12:00 op die senotaaf val. Dit was vanjaar opmerklik dat daar heelwat jong mense op die Voortrekkermonument se terrein was om die dag te herdenk.
Nasionale dialoog
Polities gaan een van die belangrikste gebeurtenisse wees in 2025 die nasionale dialoog wees. Daar is reeds groot voorbrand in 2024 gemaak hiervoor maar die verkiesingsuitslag asook die konflik en protes rondom die Bela-wetgewing het die organisering hiervan vertraag.
Netwerk 24 berig: Wiele aan die rol vir nasionale dialoog in 2025 . Die wiele is aan die rol vir die langverwagte nasionale dialoog, met ’n adviespaneel en bestuurskomitee wat binnekort aangewys gaan word om te verseker dat dit aanstaande jaar al sal plaasvind. Pres. Cyril Ramaphosa het dié aankondiging Maandag in Vredendal aan die Weskus in sy Versoeningsdagboodskap gemaak.
Ons sal self resep begin homself bewys.
Ernst Roets wys die volgende uit in sy Geloftefees toespraak: Net soos na die Tweede Vryheidsoorlog, het dit ons so twee dekades geneem om weer ons voete te vind en te organiseer, maar ons is nou daar. Daarom konsolideer ons vandag onder die slagspreuk, Ons sal self, omdat ons daardie ou wysheid herontdek het – dat die enigste weg na welvaart en sukses deur selfdoen lê.
In die proses het ons ondenkbare prestasies behaal. Waar die Afrikaners slegs drie dekades gelede platgeslaan was, en waar byna geen van ons organisasies die politieke oorgang van die 1990’s oorleef het nie, spog ons vandag met ’n netwerk van meer as vyftig instellings en meer as 700 000 lede wat maandeliks bydra tot die werk van die onderskeie instellings van die Solidariteit Beweging. Dan praat ons nog nie van ons vrywilligers nie.

Thursday Dec 12, 2024


Lesufi druk vir Bela implimentering
Netwerk 24 berig: As Bela misluk, kelder dit NGV-wet ook, sê Lesufi
As die Bela-wet nie slaag nie, sal dit ook die einde van die voorgenome Wet op Nasionale Gesondheidsversekering wees, sê Panyaza Lesufi, premier van Gauteng.
“As die Bela-wet misluk, sal ons vyande bloed ruik en alles moontlik doen om die wet op gesondheidsversekering te kelder,” het Lesufi Donderdag in Boksburg gesê.
Hy was aan die woord op die vyfde spesiale kongres van die SAKP.
Lesufi het Vrydag 13 Desember as ’n baie belangrike dag bestempel. “Ons moet kies of ons ons kinders wil beskerm en of ons wil oorgee aan diegene wat ons haat.”
Lesufi bedank die SAKP vir hul bystand
City Press berig: Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het dank uitgespreek teenoor die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) vir die ondersteuning van die provinsie tydens die vorming van 'n regering van provinsiale eenheid.
Lesufi, wat verplig was om 'n minderheidsregering te stig nadat hy nie konsensus met die DA bereik het nie, het Donderdag by die SAKP se 5de Spesiale Nasionale Kongres in Boksburg gepraat.
Hy het gesê: Toe ons 'n regering van provinsiale eenheid sonder daardie ander politieke party [DA] tot stand gebring het, is ons aangeval en beledig. Maar die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party het saam met ons gestaan. Vandag wil ons hier wees en dankie sê, dankie, dankie.
Vrydag die 13de is D-dag vir Bela
Maroela Media berig: Bela | ‘Onwaarskynlik dat klousules Vrydag in werking tree’
Willie Aucamp sê indien die president Siviwe Gwarube of “enige ander DA-minister afdank”, sal dit beslis die einde van die RNE beteken.
SAKP bly deel van die ANC maar gaan sy kandidate stel in die 2026 munisipale verkiesing
Netwerk 24 berig: Blade bly in kabinet, al is SAKP teen RNE Hy hoef nie uit sy kabinetspos te bedank net omdat die SAKP teen die regering van nasionale eenheid (RNE) gekant is nie, sê dr. Blade Nzimande, minister van wetenskap, tegnologie en innovasie.
EWN berig: Die SAKP het ook aangekondig tydens die kongres dat hy die plaaslike regeringsverkiesings van 2026 alleen gaan deelneem en nie onder die ANC-vaandel nie.
Volgens die SAKP is dit ANC arrogansie wat die SAKP gedwing het om op hul eie aan die verkiesing deel te neem berig Times Live.

Wednesday Dec 11, 2024


Dreigende staking
Netwerk 24 berig: Sadou wil staak oor Bela: Uitgerekte proses van litigasie verwag Die land se grootste onderwysvakbond dreig met ’n staking indien pres. Cyril Ramaphosa nie Vrydag die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) volledig in werking stel nie.
Politieke geraas
Dirk Hermann wys die volgende uit: Dis politieke geraas. Hoe sal Sadou sy lede mobiliseer om te staak, "geen werk, geen betaling," vir 'n saak wat geen voordeel vir hulle inhou nie?
Regs roete wat Sadou wil neem
IOL berig Sadou het Ramaphosa ook in ’n brief meegedeel dat hy nie sal huiwer om sy besluit wetlik te betwis as hy wel die groen lig gee vir die implementering van die twee afdelings, en ook met ’n staking begin nie.
Geskil-meganisme vergadering
Netwerk 24 berig: RNE se geskil-meganisme vergader Donderdag oor Bela Die regering van nasionale eenheid (RNE) se geskil-meganisme sal Donderdag die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) bespreek met die doel om tot ’n ooreenkoms te kom.
Mandaat
Maroela Media berig: Bela | Nedlac-rekords wys ondertekenaars hét mandaat gehad Nedlac se rekords wys dat die presidensie se afvaardiging die nodige toestemming gehad het om namens die president oor Bela te onderhandel en te teken.
 
Flip Buys skryf: Daar is nou twee stories oor onderwys in die nuus. Die eerste kom uit die ANC-dampkring, met Sadou en kie wat aandring dat die Bela wet onveranderd in werking gestel word. Die tweede nuusstorie is dat Suid-Afrikaanse leerlinge die vrotste van al die deelnemende lande gevaar het in wiskunde- en wetenskapstoetse. 
Dit is ’n vierjaarlikse assessering sedert 1995 om die standaard van wiskunde- en wetenskapskennis onder gr. 4- en gr. 8-leerlinge oor die wêreld heen te bepaal. In die gr. 8-assessering het Suid-Afrika 39ste uit 44 lande geëindig. Maar dis nie al nie! Nóg internasionale navorsing oor leesvaardigheid wys dat 81% van Suid-Afrikaanse graad 4-leerlinge nie met begrip kan lees nie. Die syfers bevestig dat  groot dele van die land se onderwys beroerd is, in skole wat deur die ANC beheer word en waar Sadou lede klasgee.
Moedertaalonderrig, veral in die grondslagfase, word ook nog geheel en al onderskat. Daar is biblioteke vol internasionale navorsing wat afdoende bewys dat leerlinge wat nie moedertaalonderrig in hul primêre skooljare ontvang nie, wesenlik in vakke soos wiskunde en wetenskap benadeel word.
Die ANC en Sadou moet eerder hulle werk begin doen as om op Afrikaanse skole te pik. Die 5% Afrikaanse skole is nie julle probleem nie, en nie julle oplossing nie.

Tuesday Dec 10, 2024


Hof toe
Maroela Media berig: ‘Pres. sal moet hof toe om uit ooreenkoms te kom’ – Solidariteit  “Indien pres. Cyril Ramaphosa uit die Bela-skikkingsooreenkoms wil kom, sal hy dit in die hof ongeldig moet verklaar.”
Risiko
Netwerk 24 berig: Onveranderd hou Bela-wet ‘groot risiko’ vir RNE in – Zille Sou pres. Cyril Ramaphosa Vrydag die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) onveranderd implementeer, hou dit ’n “groot risiko” in vir die regering van nasionale eenheid (RNE), waarsku Helen Zille, die DA se federale hoof.
“Dit sal nie rasioneel wees as die president die prosesse (waaronder die Nedlac-skikkingsooreenkoms) waarby die presidensie betrokke was, ignoreer nie. Ons wil in goeder trou ’n oplossing vind,” het Zille Maandag by navraag aan Netwerk24 gesê.
Lesufi kritiek
Times Live berig: Nooit en nooit weer nie': Lesufi neem streng standpunt oor Bela-wet in. Al ons kinders moet toegang hê tot kwaliteit onderwys, ongeag hul taalvaardigheid of kleur van hul vel.  Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het sterk uitgespreek teen politieke partye wat die ondertekening van die twee oorblywende klousules in die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) teenstaan.
Dirk Hermann wys die volgende uit oor Lesufi se uitlating: ‘n Goeie begin sal wees om vir kinders skole te bou. Onder Lesufi is daar nege minder skole en 300 000 meer kinders. ‘n Volgende stap sal wees om aktief ‘n program te begin vir moedertaalonderwys. Dit sal help dat Suid-Afrika nie laaste in die wêreld is in wiskunde en wetenskap. Derdens: hou op om energie te mors op die minder as 5%  skole wat in Afrikaans klas gee.
Gevaarlike spel
MorningShot video wys in ‘n video uit dat Cyril Ramaphosa besig is met ‘n gevaarlike spel wat selfs kan lei tot die ineenstorting van die RNE.
Dreigement van staking
Netwerk 24 berig: Sadou dreig met staking, regstappe oor Bela Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) het ’n dringende brief aan pres. Cyril Ramaphosa geskryf waarin die vakbond eis dat die regering die hele Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) teen Vrydag in werking stel.
Nie genoeg plek in skole nie. 9 minder skole met 300 000 meer leerders
Maroela Media berig: 99% van Gauteng-leerders geplaas  Die Gautengse departement van onderwys is weer onverpoos aan die plan maak om meer plekke in Gautengse skole beskikbaar te stel.

Episode 381 - Bela deurbraak

Friday Nov 29, 2024

Friday Nov 29, 2024


Deurbraak
Maroela Media berig: Bela-skikking ‘reusedeurbraak’
“Hierdie skikking is vir almal wat saam gewerk, gebid en gestap het,” het dr. Dirk Hermann gesê. “Dit is ’n reusedeurbraak en ons is ongelooflik dankbaar.”
Netwerk 24 berig: Openbare skole spring eers Bela vry Openbare skole, veral Afrikaanse openbare skole, gaan vir eers die “gewraakte” klousules oor taal- en toelatingsbeleid in die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) gespaar word.
Paul Mashatile
Netwerk 24 berig Bela: Skikkingsooreenkoms apart van RNE-proses – Mashatile Die Solidariteit-beweging se skikkingsooreenkoms oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) het niks te doen met die proses van die regering van nasionale eenheid (RNE) daaroor nie, sê adj.pres. Paul Mashatile. Hy maak dit duidelik in ’n brief daaroor aan alle RNE-partye.
Cosatu en Sadou kwaad
Netwerk 24 berig: Bela: Sadou veroordeel ‘rassistiese’ skikkingsooreenkoms
Suid-Afrika se grootste onderwysersvakbond verwerp die “rassistiese” skikkingsooreenkoms wat die Solidariteit-beweging met die regering oor die veelbesproke taal- en toelatingsklousules van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) by Nedlac bereik het.
Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) het om dié rede Vrydag ’n beroep op al sy lede in skole, distrikte, provinsiale onderwysdepartemente en die nasionale onderwysdepartement gedoen om “gereed te wees vir die oorlog teen rassisme” en teen Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys.
News 24 berig: ANC-alliansievennoot, die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is “uiters ontsteld en gegrief oor die oënskynlike ooreenkoms tussen die regering, AfriForum en Solidariteit om die implementering van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette se Artikels 4 en 5 af te water en te vertraag”, Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, gesê.
Gemengde reaksie oor skikking op sosiale media
Rondom die skikking tussen die regering, Solidariteit Beweging en AfriForum is daar gemengde reaksies teenoor AfriForum op die sosiale media  met sommige gebruikers wat AfriForum se pogings in die BELA-wet-skikking loof, terwyl ander AfriForum daarvan beskuldig dat hulle lieg en hul agenda probeer afdwing.

Wednesday Nov 27, 2024


Nuwe lughawe
SAUK  Nuus video: Lebogang Maile, Gautengse LUR vir finansies, sê Gauteng sal binnekort 'n nuwe lughawe in die Sedibeng-distrik hê. Maile sê die projek sal na raming 200 miljard rand kos.
BusinessTech berig: Gauteng se LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, het planne vir 'n nuwe lughawe in die Sedibeng-distrik bekend gemaak as deel van 'n geraamde infrastruktuur investering van R200 miljard. Hierdie inisiatief het ten doel om ekonomiese groei en ontwikkeling in die streek te stimuleer.
Die voorgestelde lughawe sal na verwagting konnektiwiteit verbeter en talle werksgeleenthede skep, wat bydra tot die provinsie se ekonomiese herlewing. Maile het die projek se potensiaal beklemtoon om beide plaaslike en internasionale beleggers te lok, wat Sedibeng as 'n belangrike ekonomiese spilpunt posisioneer.
Maile het nie kommentaar gelewer op spesifieke besonderhede oor die projek se tydlyn nie, en befondsingsbronne is nie bekend gemaak nie.
Kritiek op die projek
OUTA @OUTASA  skryf: So, mense, geen water, geen elektrisiteit vir dae in Johannesburg verkeersligte wat nie werk nie, snelweë sonder ligte vir kilometers, brûe nie veilig nie, reservoirs het gekraak... Om nie eers te praat van Ekurhuleni en Tshwane en ander dele van Gauteng nie. Maar 'n nuwe lughawe om na uit te sien! (O, en 'n hoëspoed trein na Limpopo.) Sulke visioenêre leierskap!
Vrae rondom die koste
Richard Wilkinson@wilkinsoncape skryf  Om dit in konteks te plaas. R 200 miljard is $ 11 miljard. Beijing se lughawe het $11 miljard gekos. Dit hanteer 100m passasiers per jaar. OR Tambo het kapasiteit vir 27m passasiers/jaar, hanteer tans 18m/jaar.
Die ligging en koste
Koketso Resane 🇿🇦 @KoketsoResane wys die volgende uit:  Sedibeng is 'n verskriklike ligging vir 'n lughawe hetsy kommersiële of vrag vlugte.  Hoe op aarde word dit op R200 miljard geskat vir die projek?  Moet dit nie ACSA wees wat dit vir ons vertel nie, nie Gauteng regering nie? Wie finansier dit? Tesourie, of Gauteng regering, of ACSA ?
Deel van ‘n groter projek
BusinessTech wys ook uit in dieselfde artikel: Volgens 'n onlangse video wat deur die ANC se Limpopo-tak gepubliseer is, sal die Gauteng-Limpopo Spoorskakelprojek dele van die bestaande noord-suid-korridor insluit en in twee fases gebou word.
Teen die tyd dat die hoëspoed netwerk klaar is, sal dit deur die volgende dorpe en stede loop: Pretoria, Hammanskraal, Bela-Bela, Mokopane, Polokwane, Louis Trichardt en Musina. Elke dorp wat deur die nuwe spoorlyn verbind word, sal na verwagting 'n nuwe ekonomiese spilpunt word, wat werk in die streek skep.

Tuesday Nov 26, 2024


Hofsaak
Netwerk 24 berig: Die EFF en ATM meen die Nasionale Vergadering het “onwettig en onredelik” opgetree toe daar besluit is om nie stappe teen pres. Cyril Ramaphosa te doen rakende die $580 000 in Amerikaanse dollarnote wat in 2020 uit ’n rusbank by sy Phala Phala-wildplaas gesteel is nie.
Die parlementêre paneel wat die Phala Phala-kwessie ondersoek het, het destyds bevind daar is ’n prima facie-saak teen Ramaphosa, maar die ANC het toe sy meerderheid gebruik om teen die verslag te stem en het só verdere ondersoek verhoed. Die konstitusionele hof in Johannesburg het die EFF en ATM se saak Dinsdag begin aanhoor waarin die partye aanvoer die parlement moet die uitvoerende gesag verantwoordbaar hou.
Drie beskuldigdes in voorverhoor
SAUK berig: Die voorverhoor van drie beskuldigdes in die diefstal van Februarie 2020 by president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas sal na verwagting vandag in die Modimolle-streekhof in Limpopo begin.
EFF hou opmars na die hof en sluit MK en ANC lede uit om saam te betoog.
Die optog van die EFF was nie so groot nie maar die woord Phala Phala het op X getrend saam met die woord Malema en Zuma. Ontleed mens die sosiale media dan het die woord Malema sy hoogste gebruik in 3 maande. Die toename in volume is ‘n kombinasie van die optog na die  konstitusionele hof  asook twiets en retweets oor Malema se uitsprake oor die MK Party se agenda om die EFF te vernietig en kritiek op oud-president Jacob Zuma van MK. Malema het hom beskryf het as korrup en  die grootste vyand van die EFF.
Zuma mik vir die ANC
Op sy beurt het Zuma weer sy intensies bekend gemaak om die ANC van binne af oor te neem. Die dinamika is verduidelik in gister se podsend: Stryd om die RET-faksie van SA politiek te beheer.
Magstryd in die ANC. Lesufi speel die EFF kaart
“Panyaza Lesufi se voorneme is om Gauteng as ’n toetsgeval te gebruik om te demonstreer dat ’n ANC-EFF-kombinasie stabiel en doeltreffend kan wees. Dit is 'n kombinasie wat hy na die ANC se nasionale konferensie in 2027 kan neem en daar kan probeer verkoop: beide om homself vir die toppos te posisioneer, en om die anti-GNU-vleuel van die ANC te versterk.
“As hy suksesvol is en dit regkry om sy waagstuk te vertolk in groeiende invloed en uiteindelik beheer oor die ANC, dan is die vooruitsigte vir Suid-Afrika haglik” volgens John Endres van die IRR
Spanning in RNE
Gestel die scenario ontstaan en  Ramaphosa verloor die konstitusionele hof se saak teen die EFF kom die vraag op wat gaan die reaksie wees van Ramaphosa se vennote in die RNE. Gaan hul by Ramaphosa staan as president of voorstel hy moet vervang word ?

Monday Nov 25, 2024

Daar is 3 groepe en verskeie rolspelers wat veg om die hart van die RET-faksie in Suid-Afrika. Dit sluit in die EFF en Julius Malema wat op die agtervoet is nadat MK onder Jacob Zuma prominente EFF lede binne in MK begin akkommodeer het. Die laaste groepering is die RET-faksie in die ANC. Hier is dit veral Panyaza" Lesufi wat aktief die RNE en ANC ondermyn sodat die RNE misluk en ontbind. Ook binne die faksie maar met sy voet in die RNE is adjunk president Paul Mashatile.
Malema in die media met uitsprake
Die toename in media  spruit uit  die voortslepende EFF Nasionale Volksvergadering (EFFNPA2024) waar president Julius Malema Gauteng Provinsiale Afgevaardigdes toespreek. Malema se toesprake wat korrupsie kritiseer, veral voormalige president Zuma teiken, en die party se verbintenis tot integriteit en teenkorrupsiemaatreëls beklemtoon het, het aansienlike aandag en bespreking op sosiale media ontlok.
Zuma is korrup volgens Malema. Herhaal aantygings vandag op mediakonferensie
Netwerk 24 berig: ‘Korrupte ou man’ Zuma sal nooit swart mense kan saamsnoer – Malema Oudpres. Jacob Zuma is “tot in sy wese korrup” en is ’n “ou man” wat nooit die swart mense van Suid-Afrika sal kan saamsnoer om vir hul algehele bevryding te veg nie, sê Julius Malema, leier van die EFF.
Zuma wil weer die ANC oorneem
The Sunday Times berig: Oudpresident Jacob Zuma het besonderhede uiteengesit van 'n gewaagde plan om "my ANC terug te neem" deur “swart” partye onder sy MK Party-vaandel te verenig en die leierskap van die party te herower, wat volgens hom “van ons voorvaders afgewyk het”.
Zuma het sy ambisieuse ANC-terugnameplan vandeesweek in 'n wydlopende onderhoud met die Sunday Times by die Beverly Hills-hotel in uMhlanga bekend gemaak. Alhoewel daar wydverspreide bespiegelings was oor Zuma se voornemens, was die onderhoud die eerste keer dat hy publieke besonderhede gegee het van sy plan om beheer oor die ANC oor te neem.
Die joernalis Natasha Marrian wys die volgende uit in Business Live: “Zuma is bewus daarvan dat die mees kritieke propeller van sy projek om die ANC as meerderheidsparty te vervang, die ANC self is. Hoe die ANC en sy strukture reageer op die MK-party, op die regering van nasionale eenheid (GNU) en op die hernuwingsproses wat hy aangepak het, sal Zuma se sukses of mislukking bepaal.”
Paul Mashatile voorsien ‘n RNE sonder die DA
Dit is veral die Bela-wetgewing wat die grootste spanning in die RNE veroorsaak. Solidariteit se Dirk Hermann noem dit die rooilyn vir die Solidariteit Beweging. .  The City Press berig: RNE sal 'n DA-uittrede oorleef', sê Mashatile
“Mashatile het egter volgehou dat indien die DA of enige ander party die RNE sou verlaat, dit die regering sonder onderbreking sou aanpas en verseker. Ek sê altyd vir diegene wat my vra wat sal gebeur as die DA uittrek dat die RNE sal voortgaan. Ons nooi bloot ander wat daarby wil aansluit. Dit gaan nie net oor die ANC en die DA nie.”

Friday Nov 22, 2024

Die Regering spreek tans die volgende probleme aan met gemengde sukses. Die probleme is tans in die media.
Nasionale ramp verklaar rondom kos wat vergiftig is.
Registrasie van spaza winkels om te help teen voedselvergiftiging.
Onwettige myners steeds in die Stilfontein nommer 11 skag.
Verhore rondom Eskom verhogings wat nie bekostigbaar is nie.
Departement van Onderwys bou net 1 skool die afgelope jaar.
Waterkrisis in Gauteng en ander munisipaliteite.
Bogenoemde is ‘n lys van plaaslike kwessies die week in die media. Internasionaal was daar egter gebeure wat Suid-Afrika direk gaan raak in 2025.
SA hofsaak teen Israel
Op die internasionale front het Suid-Afrika sukses behaal teen Israel. Maroela Media berig: SA regering verwelkom lasbriewe vir Netanyahu en kie
Die Suid-Afrikaanse regering verwelkom die lasbriewe en het gesê dit is ’n “belangrike stap in die rigting van geregtigheid is vir misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade in Palestina”.
Verhouding met die VSA
Die sukses moet gemeet word teenoor die reaksie van ‘n land soos die VSA waar Donald Trump onlangs verkies is tot president van die VSA.
 The African Report wys die volgende uit: Pretoria se vriendskaplike  bande met China en Rusland en sy kritiek op Israel het dit in Republikeine se visier geplaas, wat Suid-Afrika se voortgesette deelname aan die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika bedreig. (AGOA).
Die verkose Amerikaanse president Donald Trump kies vokale kritici van Suid-Afrika se sélf verklaarde “onverbonde” beleid vir sleutel diplomatieke en nasionale veiligheids poste. 'n Inkomende administrasie wat 'n premie op lojaliteit plaas, sal na verwagting minder vergewensgesind wees as die huidige span teenoor president Cyril Ramaphosa se bande met Amerikaanse mededingers China en Rusland, en sy land se kritiek op Israel.
Volgende G20 beraad in Sandton Suid-Afrika.
Suid-Afrika is die week aangewys om die volgende G20 beraad aan te bied. Dit gaan in Sandton in Johannesburg aangebied word.
Suid-Afrika sal sy G20-presidentskap gebruik om te fokus op die bevordering van inklusiewe ekonomiese groei, voedselsekerheid en kunsmatige intelligensie, het president Cyril Ramaphosa Dinsdag by 'n beraad van die Groep van 20 (G20) groot ekonomieë in Brasilië gesê berig Engineering News.

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125