Episodes
Thursday Nov 21, 2024
Thursday Nov 21, 2024
Nasionale ramp verklaar
Netwerk 24 berig: Spazawinkels: Nasionale ramp verklaar weens voedselverwante siektes, sterftes
Die Nasionale Rampbestuursentrum het die onlangse en sterftes as ’n nasionale ramp verklaar.
Dit is gedoen ingevolge artikel 23 van die Rampbestuurswet, het die departement van justisie en staatkundige ontwikkeling Donderdagoggend gesê.
“Dit vereis die nakoming van voedselveiligheidswette, die voldoening aan standaarde vir ondernemings, en vereis ’n multisektorale noodplan,” sê die departement in ’n verklaring.
Maroela Media berig: Voedseloordraagbare siektes tot nasionale ramp verklaar
ʼn Vyfjarige seuntjie van Diepkloof is dood nadat hy na bewering snoepgoed by ʼn spazawinkel gekoop het.
Nog ‘n kind sterf
Die SAUK berig: Nog 'n beweerde voedselvergiftigings voorval het die lewe van 'n vyfjarige seuntjie in Diepkloof, Soweto, geëis.
Drie ander jong seuns is in 'n kritieke toestand in die hospitaal. Daar word geglo dat die kinders siek geword het nadat hulle versnaperinge geëet het wat by 'n plaaslike spaza-winkel gekoop is.
Gif betrokke
EWN berig: Die Departement van Landbou is getaak om fabrieke te inspekteer wat 'n plaagdoder vervaardig wat verband hou met die dood van baie kinders in die land. Terbufos is 'n hoogs giftige chemikalie wat gebruik word om plae te beheer en die wettige gebruik daarvan is beperk tot die landbousektor.
Nog geen arrestasies nie
Die SAUK berig: Polisie nasionale kommissaris, luitenant-generaal Fannie Masemola, sê niemand is in hegtenis geneem in verband met die dood van kinders wat gesterf het nadat hulle onwettig versnaperinge van die spaza-winkels in Soweto geëet het nie.
Rapporteer voedsel wat verval het
Die SAUK berig: Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Thembi Simelane, het Suid-Afrikaanse burgers versoek om alle winkels wat vervalste goedere of kos wat verval het verkoop aan owerhede aan te meld.
Koördinasie en kommunikasie van poging
Op die oomblik is die koördinasie en kommunikasie rondom die nasionale ramp nie baie goed nie. Daar is ook nie ‘n sentrale plan om die probleem aan te spreek nie. In Desember is skole gesluit met vakansie en dit sal interessant wees of die toename in voedselverwante siektes ons skoliere dan nog steeds ‘n probleem gaan wees.
Wednesday Nov 20, 2024
Wednesday Nov 20, 2024
Voortslepende waterkrisis in baie munisipaliteite
Kallie Kriel @kalliekriel wys in video met water was soos olie lyk die volgende uit: Waterkrisis: Só lyk die water van 'n inwoner in Parys, Vrystaat. Dit is nog 'n voorbeeld van waarom AfriForum besluit het om te fokus op die vind van oplossings vir die waterkrisis in baie munisipaliteite.
Die voortslepende waterkrisis in baie munisipaliteite in Suid-Afrika, spesifiek in Parys, Vrystaat. Kriel se video en plasing beklemtoon die swak kwaliteit van water in die dorp.
Fondse gaan geblok word
News 24 berig: Die Nasionale Tesourie maak gereed om vroeg volgende maand net minder as R500 miljoen se toelaes aan vyf munisipaliteite te blokkeer in 'n laaste poging om hulle te verplig om vir water te begin betaal.
Die fondse sal slegs – in gedeeltes – vrygestel word as die munisipaliteite begin betaal wat hulle aan waterrade vir grootmaat water verskuldig is.
“Ons waterrade stort in duie weens wanbetaling,” het Minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, aan die Parlement se Portefeuljekomitee oor Water en Sanitasie gesê.
Majodina het gesê die besluit om die fondse te weerhou is deur die departement van water en sanitasie (DWS) en tesourie geneem om die bankrotskap van Magalies Water en Vaal Sentraal Water af te weer.
Moontlike tronkstraf vir persone wat omgewings misdade pleeg
BusinessTech berig: Suid-Afrikaanse owerhede het gesê dat hulle pogings om omgewings misdade te bekamp opskerp; met verhoogde nakomings inspeksies.
Die adjunkminister van bosbou, visserye en die omgewing (DFFE), Narend Singh, het gewaarsku dat tronkstraf dalk die beste is om korporatiewe en munisipale oortreders af te skrik.
Bekendstelling van verslag
Die “National Environmental Compliance and Enforcement Report” is ook deur Sing bekend gestel. Die verslag noem dat meer omgewings inspeksies gedoen is. Wat egter ook uitkom in die verslag is dat daar meer probleme en insidente is maar sake en arrestasies teen oortreders daal.
Ontleding van waterprobleme.
kykNET Argief video: Paneelgesprek met prof. Anja du Plessis en Lambert de Klerk
Paneelgesprek met prof. Anja du Plessis en Lambert de Klerk | 18 November 2024 | kykNET
'n Paneelgesprek met prof. Anja du Plessis en Lambert de Klerk oor die waterkrisis in dele van Suid-Afrika en die impak van die wisselvallige reënval op voedselsekerheid.
Monday Nov 18, 2024
Monday Nov 18, 2024
Daar moet nie ‘n vinnige oplossing en ontlonting verwag word van die zama zamas situasie by skag 11 by Stilfontein nie. ‘n Groot groep van die onwettige myners weier om na die oppervlak te kom en die SAPD wyer om ondergronds te gaan.
Hofuitspraak
‘n Hofuitspraak oor die naweek het opdrag gegee dat die polisie noodhulp personeel toegang tot die myn moet gee, wat toenemende kommer oor die humanitêre implikasies van die regering se harde houding beklemtoon. Die hof het beklemtoon dat individue toegelaat moet word om te verlaat sonder obstruksie
Maroela Media berig Stilfontein: Hofbevel uitgereik, nog drie zama-zamas vas Drie onwettige myners het Saterdag teen 16:00 reeds na die oppervlak gekom. Honderde is egter nog ondergronds vasgekeer.
Gevaarlike scenario
Ian Cameron Voorsitter van die portefeuljekomitee oor Polisie in die parlement beskryf die situasie soos volg: Hierdie scenario weerspieël die huidige situasie met die zama zamas in Stilfontein. Die misdadigers is diep verskans, swaar gewapen, en hul omgewing is deurspek met gevare. Polisie moenie instorm en lewens onnodig in gevaar stel nie. Geduld, strategiese inperking en om te wag dat hul hulpbronne uitgeput is, is die veiligste en doeltreffendste manier om hierdie bedreiging te hanteer. Lewens, insluitend dié van ons beamptes, moet voorkeur geniet.
Gemeenskap reaksie
Gemeenskapslede het hul kommer uitgespreek oor die onwettige mynwerkers se welsyn en die regering versoek om hulp te verleen eerder as om strafmaatreëls af te dwing. Amptenare hou egter vol dat hulp nie verleen sal word aan diegene wat betrokke is by onwettige aktiwiteite nie.
Regering se onvermoë
EWN berig: Sommige gemeenskapslede in Stilfontein het die regering se onvermoë geblameer vir die toename in onwettige mynbou in die gebied.
Skattings van onwettige werkers ondergronds.
Terwyl aanvanklike verslae voorgestel het dat tot 4 000 mynwerkers vasgekeer kan wees, het die polisie hierdie skatting na tussen 350 en 400 individue hersien. Dié mynwerkers is glo sowat ’n maand lank ondergronds.
Situasie is op dooiepunt
Op die oomblik is die situasie op ‘n dooiepunt. As werkers na die oppervlak gaan word hul gearresteer. Op hul beurt weier polisielede om ondergronds te gaan. Dit sal ook hoogs onverantwoordelik wees om van polisielede te verwag om ondergronds te gaan. Myne het opgeleide “proto spanne” wat help met krisisse en ongelukke in myne. Die spanne is egter ook nie opgelei of het die mandaat om op te tree teenoor onwettige myners.
Friday Nov 15, 2024
Friday Nov 15, 2024
Die SAPD wys daarop dat daar sowat 400 zamas is wat vrywillig ondergronds is
The Citizen berig: Brigadier Athlenda Mathe het gesê die aantal onwettige mynwerkers wat weier om weer op te duik is 'oordrewe'. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) skat dat 350 tot 400 onwettige mynwerkers weier om weer op te duik vanaf 'n verlate mynskag by Stilfontein, Noordwes.
Aanvanklik het 'n plaaslike gemeenskapslede wat vrywillig was om die situasie Dinsdag ondergronds te assesseer, 'n geraamde 4 000 tot 4 500 mynwerkers aangemeld.
Daar is ook berig dat verskeie onwettige mynwerkers moontlik gesterf het, hoewel slegs een liggaam tot dusver uit die skag gehaal is.
Minister van polisie na Stilfontein
Maroela Media berig: Stilfontein-myn: Polisieminister gaan samesprekings lei
Senzo Mchunu, minister van polisie, sal Vrydag die ongebruikte skagte in Stilfontein, Noordwes, saam met die Suid-Afrikaanse weermag besoek.
Die minister het die toneel besoek en ‘n video op sy profiel gedeel van die verlate skag met die bewoording: “Die tou word deur verskeie maniere geanker om voldoende ondersteuning te verseker, sou die onwettige mynwerkers weer op die oppervlak wou kom.”
Die minister het daarna met die plaaslike rolspelers vergader wat insluit die SAW, verteenwoordigers van die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie en bestuur van die Kopanong-myn.
Werwing van zamas ondersoek
Newzroom Afrika @Newzroom405 video: 'n Ondersoek is van stapel gestuur om vas te stel wie onwettige mynwerkers in Stilfontein, Noordwes werf. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê hulle het die onwettige mynwerkers genoeg tyd gegee om weer op te duik voordat die situasie erg raak. Sy voeg by dat daar swaar gewapende bendes in die skag is wat ander mynwerkers verhinder het om weer op te duik. Mathe hou vol dat geen polisie- of SANW-amptenare afgestuur sal word nie.
Probleme in ander dele van die land
Carte Blanche video: Zama zamas: Laeveld gekaap
In Mpumalanga is die onwettige goudmynbedryf miljoene werd. Duisende onwettige mynwerkers, beter bekend as zama zamas, het in 'n hedendaagse goudstormloop die Laeveld ingetrek en verlate en operasionele myne ontgin.
Insidente soos volg haal dan die nuus wat die Laevelder berig: Vier Barberton polisielede steel na bewering R1,6 miljoen van zama zamas betaalmeester: Die beamptes het versuim om die geld wat gekonfiskeer is in die polisiestasie te boek, soos dit standaardprosedure is.
Thursday Nov 14, 2024
Thursday Nov 14, 2024
Die SAPD wys daarop dat geen zama zamas ondergronds vasgekeer is nie.
EWN berig: 'Niemand is vasgekeer nie': Wetstoepassers sê hulle sal nie toegee aan eise van onwettige mynwerkers in Stilfontein nie. Die zama zamas weier om bogronds te gaan uit vrees vir arrestasie.
Uit die argiewe: “Liquidation: A Stilfontein Story”
Gebeure by Stilfontein en 4500 zama zamas wat ondergronds verkeer laat my terugdink aan 2005 toe ek betrokke was by die sluiting van die DRD-goudmyn as Solidariteit woordvoerder van Mynbou. Gebeure word verduidelik in die dokumentêr “Liquidation: A Stilfontein Story (2005)” oor die verwoestende ekonomiese rimpeling wat die sluiting van die DRD-goudmyn in die dorpie Stilfontein veroorsaak het. Daarna is myners maande lank gevoed deur skenkings totdat nuwe eienaars weer begin het om van die skagte te bedryf en van die myners weer begin werk het.
“Regering het geen simpatie met onwettige mynwerkers nie”
Bykans 20 jaar verder en Stilfontein is weer in fokus. Wat ‘n onder die radar gebeurtenis was het nasionaal geraak met ‘n opmerking deur ‘n minister “Ons gaan hulle uitrook”. .
News 24 berig: Minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê vasgekeerde onwettige mynwerkers sal nie hulp van die regering ontvang nie, wat hulle as "misdadigers" bestempel. Sy het gesê: "Ons stuur nie hulp aan misdadigers nie. Ons gaan hulle uitrook. Hulle sal uitkom. Misdadigers moet nie gehelp word nie, misdadigers moet vervolg word."
News24 was Woensdag by die myn waar 'n groot kontingent polisie- en SA Nasionale Weermag (SANW)-soldate saamgetrek het.
Owerhede was die afgelope maande by die myn en het ingange en uitgange toegemaak. Die mynwerkers het vandeesweek tou aangevra sodat hulle die siekes, beseerdes en dooies wat onder die geraamde 4 500 zama zamas was wat ondergronds vasgekeer was, kon verwyder.
“Ons gaan hulle uitrook” uitspraak ontlok reaksie
Die vakbond Amcu-president Joseph Mathunjwa sê die regering is in geen posisie om die vasgekeerde onwettige mynwerkers in Stilfontein, Noordwes, as misdadigers te klassifiseer nie. Phillip Mankge, waarnemende adjunk-hoofsekretaris van die NUM, sê Ntshavheni se opmerking is onverantwoordelik en onmenslik berig Newzroom Afrika. Opvallend steun partye soos ActionSA en PA die opmerking van die minister terwyl die DA dit veroordeel.
Kos en water toegelaat maar SAPD bly wag vir onwettige myners.
The Citizen berig: Die polisie en ander veiligheidsbeamptes sal in plek bly totdat alle onwettige mynwerkers weer bogronds is. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) sal Donderdag kos- en wateraflewerings aan onwettige mynwerkers wat ondergronds bly, toelaat.
Die jongste nuus oor die kwessie is dat die ontbinde lyk van een persoon na die oppervlak gebring is.
Wednesday Nov 13, 2024
Wednesday Nov 13, 2024
Moontlike “noodtoestand”
Netwerk 24 berig: Spazawinkels: Cyril spreek binnekort die nasie toe Pres. Cyril Ramaphosa sal “binnekort” die nasie toespreek oor ingrypings aangaande spazawinkels. Dit is Woensdagoggend deur Khumbudzo Ntshavheni, minister in die presidensie, op ’n mediakonferensie in Kaapstad bevestig.
Bekommernisse oor gesondheid en veiligheid laat
Onlangse uitbrekings van vergiftiging wat met spaza-winkels verband hou, het alarm gemaak, met verslae wat aandui dat meer as 200 leerlinge gehospitaliseer is en minstens 23 gesterf het nadat hulle besmette produkte geëet het. Hierdie voorvalle het die dringende behoefte aan strenger gesondheidsregulasies binne die sektor beklemtoon. Winkels wat nie aan die land se wette en verordeninge voldoen nie, moet gesluit word volgens ‘n lid van die parlement.
Oproep vir ingryping
Op X het Herman Mashaba van Action SA die volgende boodskap aan president Cyril Ramaphosa gestuur: “Mnr President, gebruik asseblief u grondwetlike magte om ons arm inwoners te beskerm. U weet baie goed dat hierdie produkte wat verval het, nooit in ryk voorstede verkoop sal word nie, maar slegs in arm gemeenskappe. Toon asseblief empatie en simpatie om verdere lewensverliese te voorkom.” Mashaba het dit opgevolg met ‘n #Spaza4Locals veldtog wat hy op X begin dryf het.
ActionSA parlementêre leier Athol Trollip het Woensdag in die parlement ‘n beroep gedoen op president Cyril Ramaphosa om 'n noodtoestand af te kondig om verskerpte klopjagte op die vervaardigings fasiliteite en spaza-winkels moontlik te maak wat aan vervalste, besmette en vervalde goedere gekoppel is.
Sommige waarnemers het Mashaba en ActionSA se optrede en gedrag tydens die hele kwessie beskryf as vervreemding met sleutelwoorde soos #Hate, #Xenophobia, #Scapegoating, #Fear,
Eienaarskap en regulerings kwessies
Histories was spaza-winkels hoofsaaklik deur Swart Suid-Afrikaners besit, wat as lewensbelangrike ekonomiese spilpunte in townships gedien het. Daar het egter 'n aansienlike verskuiwing plaasgevind, met baie winkels wat nou deur buitelandse burgers besit word.
Regulerende uitdagings en die toekoms
Die gebrek aan formele regulering in die spaza-winkelsektor was 'n aanhoudende kwessie. Baie winkels funksioneer informeel, wat die afdwinging van gesondheidstandaarde en belasting bemoeilik. Met werkloosheid nog op rekord vlakke in Suid-Afrika het die informele ekonomie soos bedryf deur spaza-winkels vir baie inwoners ‘n noodlyn van oorlewing geword.
Wednesday Nov 13, 2024
Wednesday Nov 13, 2024
Minister het geen agtergrond om die land se waterkrisis aan te spreek nie
Pemmy Majodina is in Julie 2024 is sy aangestel as Minister van Water en Sanitasie. Sy het vanaf Mei 2019 tot Junie 2024 as Hoofsweep van die ANC in die Nasionale Vergadering gedien. Voorheen het sy verskeie ministeriële poste in die Oos-Kaapse regering beklee van 2004 tot 2019. Haar opleiding was in die onderwys voordat sy die politiek betree het.
SA het genoeg water volgens die minister
Majodina het Dinsdag in die Parlement gepraat na aanleiding van die onlangse wateruitdagings, wat daartoe gelei het dat die departement waterbesnoeiings in Johannesburg vanaf Donderdag in werking gestel het.
“Die verskaffing van rou water is tans in die weegskaal, ek wil Suid-Afrikaners verseker dat ons genoeg water het. Die balans met bestaande vraag op nasionale skaal, maar daar is gelokaliseerde tekorte in die voorsiening van water. Soos Gauteng, en sommige dele van KwaZulu-Natal.
Alternatiewe bronne moet gevind word
Alternatiewe waterbronne moet gevind word volgens Majodina
Daar is 'n beperking waarop SA se waterbehoeftes deur nuwe damme voorsien kan word, en dit is van kritieke belang dat alternatiewe bronne van water ontwikkel moet word, het Pemmy Majodina, minister van water en sanitasie, Dinsdag in die parlement gesê.
Wat nodig was, het die minister in 'n verklaring oor watersekerheid in die Nasionale Vergadering gesê, is om:
verhoog die gebruik van grondwater;
meer gebruik te maak van ontsouting van seewater in kusdorpe en stede; en
hergebruik water van afvalwaterbehandelingstelsels.
“Benewens die maatreëls om die aanbod van rou water te verhoog, moet ons ook maatreëls instel om die vraag na water te verminder.
SA moet aanpas
Maroela Media berig: Water: SA’ners moet gedrag dringend aanpas Die departement het dit Dinsdag duidelik gestel dat die watertoevoeronderbrekings in Gauteng, eThekwini en omliggende munisipaliteite nie deur droogte veroorsaak word nie.
Tuesday Nov 12, 2024
Tuesday Nov 12, 2024
Genoeg water volgens minister
Ernst van Zyl tweet: AfriForum se waterpunt in Bethal 🚰 Skiet vandag 'n video hier.
Netwerk 24 beig Minister meen 'meeste van SA hét genoeg water'
Suid-Afrika het ondanks tekorte in sommige gebiede oor die algemeen genoeg water. Pemmy Majodina, minister van water en sanitasie, het Dinsdag hierdie versekering aan LP’s en landsburgers gegee toe sy hulle in die Nasionale Vergadering oor die land se watersekerheid toegespreek het.
Volgens Majodina is die voorsiening van onverwerkte of onbehandelde water vir die hele land tans in balans met die bestaande aanvraag. Sy benadruk egter dat gelokaliseerde watertekorte tans in sommige gebiede, soos Gauteng en dele van KwaZulu-Natal, ervaar word.
“Waterbeskikbaarheid in Suid-Afrika kan egter vinnig versleg namate aanbodkontrakte en aanvraag verhoog as gevolg van ekonomiese en bevolkingsgroei, verstedeliking, ondoeltreffende waterverbruik wat toenemende fisieke verliese in munisipale verspreidingstelselse insluit, agteruitgang van vleilande en die impak van klimaatsverandering.”
Majodina sê verder vertragings in die bou van grootmaatwaterinfrastruktuurprojekte landwyd is uitgewis en alle beplande waterprojekte is versnel.
Omvang van probleem in Gauteng
MG berig: Te midde van die landwye waterkrisis het Rand Water onthul dat 2,5 miljard liter van die 5,2 miljard liter wat dit daagliks aan Gautengse munisipaliteite verskaf, verlore gaan deur lekkasies, veroudering van struktuur en diefstal.
Verskeie gemeenskappe in Johannesburg, insluitend Midrand, Winchester Hills, Soweto en dele van Tshwane, sit al etlike weke sonder water, 'n herhaling van die probleme wat verlede somer regdeur Gauteng ondervind is.
Op 'n gesamentlike media-inligtingsessie Maandag met die nasionale water- en sanitasiedepartement, die Gautengse regering en die Stad Johannesburg, het Ramateu Monyokolo, voorsitter van die Rand Waterraad, gesê 48% van die water wat die nutsdiens aan die provinsie se munisipaliteite verskaf, gaan elke dag verlore.
Dringende beroep
Stop eers dié gate (en wanbestuur) voordat Gauteng se krane leegloop, eis AfriForum
AfriForum het ‘n dringende beroep op die Johannesburg-metro gedoen om ’n grootskaalse inisiatief vir die herstel van waterlekkasies aan te pak en die vervanging van verouderde pyplyne en deurlopende instandhouding van die waternetwerk in die stad te prioritiseer. Dié elementêre inisiatiewe is noodsaaklik om die mensgemaakte “Dag Zero”-krisis, wat ontstaan het as ’n produk van swak munisipale en provinsiale bestuur onder leiding van die ANC in dié wêreldstad en provinsie af te weer.
Monday Nov 11, 2024
Monday Nov 11, 2024
Netwerk 24 berig KYK | Spaza-kos eis al 23 kinders in Gauteng: Pas wet toe – Lesufi
Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het Sondag met burgemeesters en senior munisipale amptenare vergader om te benadruk dat hulle verordenings en regulasies oor eetgoed by skole se snoepwinkels en informele handelaars moet toepas.
Die vergadering is belê om te sorg dat daar aan standaarde vir voedselveiligheid voldoen word in ooreenstemming met wetlike vereistes en op ’n wyse wat openbare gesondheid en veiligheid bevorder, aldus Lesufi.
Hy sê die provinsie het 441 gevalle van voedselvergiftiging gehanteer en sedert Januarie is 23 leerlinge dood. Die leerlinge het kos geëet wat hulle by informele handelaars en spazawinkels gekoop het.
Reaksie
Maroela Media berig: Verbod op kosverkope by skole ‘te drasties’ AfriForum het die Gautengse onderwysdepartement in ʼn dringende skrywe versoek om gemagtigde verkopers wat kan bewys dat hulle aan alle voorskrifte beantwoord, toe te laat om die verkoop van voedsel te hervat.
AfriForum versoek opheffing van verbod op kosverkope deur gekeurde verkopers by skole
AfriForum is ernstig bekommerd oor die onlangse vlaag van voedselvergiftigingsgevalle waardeur leerders geraak is en betuig innige meegevoel met almal wat familielede as gevolg hiervan aan die dood afgestaan het, of self siek geword het. Terselfdertyd is AfriForum ook bekommerd oor opdragte deur provinsiale onderwysdepartemente wat die verkoop van voedsel op skoolterreine verbied. Die Gautengse Onderwysdepartement is die mees onlangse instelling wat so ’n opdrag uitgereik het.
Maroela Media berig: Verbod op kos by skole: Departement tree ‘in isolasie’ op Die Federasie van Suid-Afrikaanse Skolebeheerliggame (Fedsas), het Vrydag gesê die departement is nie by magte om hierdie bevele op skole af te dwing nie – allermins nie by wyse van ʼn nuusbrief nie.
Gif gebruik
CarteBlanche wys uit: Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het Sondag wysigings aan die Wet op Plaaslike Regering Munisipale Stelsels (2000) aangekondig. Die Wet, wat informele handelaars (soos spaza-winkels en snoepies) reguleer, het ten doel om die toename in voedselvergiftiging aan te spreek. Soos berig op CarteBlanche, is een van die hoofkwessies egter die verkoop van onwettige plaagdoders deur verkopers regoor die land. Terbufos ('n hoogs giftige plaagdoder wat net in die landbou gebruik mag word) en aldikarb ('n verbode middel in Suid-Afrika) word steeds openlik vir huishoudelike gebruik verkoop. Die onwettige verkoop van hierdie chemikalieë word nie in die gewysigde verordeninge aangespreek nie.
Friday Nov 08, 2024
Friday Nov 08, 2024
Dirk Hermann wys uit: Ons het ‘n stryd teen Bela en die ANC het ‘n stryd met homself.
Daar is radikale en vernietigende stemme binne die ANC en sy alliansievennote wat mag op alle sfere van die samelewing wil uitoefen. Hulle streef 'n Orwelliaanse toekoms na. Dit is dus belangrik om die gesprekke rondom BELA voort te sit en nie ontspoor te word nie wys Werner Human uit.
Na Dinsdag se reuseopkoms by die Bela-protes het die Solidariteit Beweging die volgende verklaring uitgereik Dit is nou tyd vir praat oor Bela
Die Solidariteit Beweging doen ʼn beroep op president Ramaphosa om in te gryp sodat gesprekke oor Bela voortgesit kan word. Die Beweging gaan ook dié oproep deur ʼn skrywe aan president Ramaphosa bevestig.
Suid-Afrika en die regering van nasionale eenheid word deur Bela met sy grootste toets gekonfronteer. Dit kan tot ʼn breuk in die land en die regering van nasionale eenheid lei. Die president het drie maande vir dialoog gegee.
Die nasionale werkkomitee van die ANC se oproep om Bela in die geheel te implementeer, sal gesprekvoering tot ʼn einde bring. Dit ondermyn die president se oproep tot gesprek. Dit sal die spanning net verhoog en sal vertroue in die land skaad. Dit sal die hele regering van nasionale eenheid in gevaar plaas. So ʼn oproep is roekeloos in ʼn tyd waar ʼn nuwe regering nog broos is. Dit is ook nie in goeder trou om midde-in gesprekke so ʼn eensydige verklaring uit te reik nie.
In die RNE is daar spanning oor Bela soos wat vandag se Burger voorblad uitwys: DA is welkom om aan RNE te onttrek – Mbalula
Indien die DA aan die regering van nasionale eenheid (RNE) wil onttrek, is hy welkom om dit te doen. Die RNE sal steeds die land onder stabiele toestande regeer, het Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, Donderdag op ’n mediakonferensie by Luthuli-huis gesê.
Die joernalis Natasha Marrian wys die volgende uit op Business Live: “Gegewe die geskiedkundige uitslag van die 2024-verkiesing, waarin die ANC se steun met 17 persentasiepunte gedaal het, wat die vorming van die regering van nasionale eenheid (GNU) aangespoor het, is die herskikking hierdie keer betekenisvol. Daar is baie dimensies daaraan; een is die potensieel grondverskuiwende ontwikkelings in die verhouding tussen die ANC en sy linkse bondgenote, Cosatu en die SA Kommunistiese Party (SAKP).”
Selfs Cosatu vakbonde wat ‘n beleid gehad het van een unie in een bedryf begin in mekaar se slaai krap. Daily News berig dat die National Education, Health and Allied Workers' Union (Nehawu) se besluit om 'n werwingsveldtog te begin om onderwysers in Kwazulu-Natal by sy geledere aan te sluit, hom teen sy mede-alliansievennoot die SA Demokratiese Onderwysersunie (Sadtu) kan stel. . Albei vakbonde is affiliasies van vakbondfederasie Cosatu.
Die 1ste reaksie is dus om Bela ‘n RNE probleem te maak. Die ANC sit egter met ‘n gesplete persoonlikheid met ‘n RNE-faksie en ‘n Lesufi-faksie wat mekaar daagliks ondermyn. Meng hierby ‘n EFF wat verkrummel en ‘n MK wat links en regs EFF lede oorneem dan het jy ‘n baie toksiese politieke omgewing waar die fokus eerder is om mag te behou.









