Nuusagenda

Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Listen Notes
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Thursday Jan 30, 2025


Ramaphosa lieg aantyging
Spanning loop hoog tussen Suid-Afrika en Rwanda. Dit is nadat president Paul Kagame president Cyril Ramaphosa in die openbaar daarvan beskuldig het dat hy lieg berig eNCA
Die minister van verdediging Angie Motshekga dek tafel vir uitval
SABC News@SABCNews DEVELOPING  berig: Minister van Verdediging, Angie Motshekga, het onthul dat president Cyril Ramaphosa 'n waarskuwing aan Rwandese magte moes uitreik dat voortgesette vyandelikhede teen die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in die DRK as 'n oorlogsverklaring beskou sal word.
Ramaphosa stuur tweet waarop Paul Kagame reageer.
Maroela Media berig: Ramaphosa verbreek stilte oor DRK Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagmiddag sy swye oor die geweld in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) verbreek en Suid-Afrikaners verseker alles moontlik word gedoen om die ontplooide soldate te ondersteun.
Rwanda president reaksie
Netwerk 24 berig: Rwanda bal vuis vir SA oor gevegte in DRK As Suid-Afrika konfrontasie verkies, sal Rwanda “die saak enige dag in daardie konteks hanteer”, dreig pres. Paul Kagame van Rwanda.
Kagame skryf so op sy X-rekening in reaksie op pres. Cyril Ramaphosa se verklaring Woensdag ná die dood van 13 Suid-Afrikaanse soldate in hewige gevegte in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK).
SA verbind tot vredesmag en Waterkloof lughawe is in rep en roer
Maroela Media berig: SA het ‘geen planne’ om troepe aan DRK te onttrek Maroela Media het intussen verneem dat nóg minstens 50 soldate gister na die Demokratiese Republiek die Kongo vertrek het.
Gesprekke op sosiale media kan soos volg opgesom word:
President Cyril Ramaphosa is gekritiseer vir sy reaksie op die dood van soldate.
Daar is 'n groeiende konsensus dat Suid-Afrika sy troepe aan die DRK moet onttrek en daarop moet fokus om die voortslepende krisis diplomaties op te los.
Sommige kritici voer aan dat president Ramaphosa se hantering van die situasie wanbestuur is, wat tot onnodige sterftes en toenemende spanning met Rwanda gelei het.
Daar is groepering wat heel opgewonde is oor die gedagte dat die konflik kan eskaleer.
Suid-Afrika het in die DRK in dryfsand beland en die konflik kan die land verder intrek. Suid-Afrika is strategies op die agtervoet met groot logistieke uitdagings, die SANW wat net ‘n skaduwee van sy voormalige self is. Verder het M23 en Rwanda die tuis voordeel. Die minister van verdediging Angie Motshekga  is ook uit haar diepte as minister. Die kombinasie geskets kan toksies raak vir die land.
Die “rumble in the jungle” is nie ‘n slim plan nie en die situasie benodig water op die vuur en nie nog petrol nie.  Verwag ook onthullings hoe ANC elite skep in die DRK se rykdom.

Wednesday Jan 29, 2025


Kwytskelding vir eers na besluit
Reuters berig: Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het Dinsdag 'n kwytskelding uitgereik vir lewensreddende humanitêre hulp tydens 'n 90-dae pouse in buitelandse hulp terwyl Washington 'n hersiening onderneem, volgens 'n memo van die Staatsdepartement wat deur Reuters gesien is.
Slegs ure nadat hy 'n week gelede aangestel is, het die Amerikaanse president Donald Trump die pouse aangekondig sodat buitelandse hulpbydraes hersien kan word om te sien of dit ooreenstem met sy "America First" buitelandse beleid.
Die kwytskelding wat Dinsdag vir lewensreddende hulp uitgereik is, kom nadat Rubio aanvanklik Vrydag vrystelling gegee het vir noodvoedselbystand.
BusinessLive berig dat die Trump-administrasie sê befondsde SA MIV/vigs-vennote gestaak moet word. Alle buitelandse hulp word onderbreek hangende 'n hersiening van of befondsing ooreenstem met president se buitelandse beleid. Die besluit is vir eers nou gedeeltelik kwytgestel volgens BL.
Beleid besluit ontstel
Die Trump-administrasie se besluit om die verskaffing van lewensreddende middels vir MIV, malaria en tuberkulose, sowel as mediese voorrade vir pasgebore babas, te staak in lande wat deur USAID ondersteun word is prominent gister in die Suid-Afrikaanse media bespreek.
Hierdie aanvanklike besluit het wêreldwyd kommer ontlok, veral in Suid-Afrika, waar die impak op kwesbare bevolkings beduidend is. Die besluit word deur die Trump-administrasie gesien as deel van 'n breër patroon van besnoeiing van hulp en befondsing vir verskeie programme, beide plaaslik en internasionaal.
Ontleding van VSA posisie en redes vir beleid
Jaco Kleynhans @JacoKleynhans wys uit op X: Amerika is verantwoordelik vir 42% van alle globale besteding aan humanitêre hulp. Die VSA verskaf 54% van die Wêreldvoedselprogram se begroting en 39% van alle internasionale programme om landmyne op te spoor en te ontlont.
Een miljoen Rohingya-vlugtelinge word uitsluitlik deur die VSA in Bangladesj gevoed. Die Amerikaanse federale regering bestee tans byna $70 miljard per jaar aan buitelandse humanitêre hulp. Daarteenoor bestee China, die wêreld se tweede grootste ekonomie, skaars $7 miljard aan soortgelyke hulp.
Terwyl die Amerikaanse ekonomie 26% van die wêreldekonomie uitmaak en die Amerikaanse bevolking 4% van die wêreldbevolking is, verskaf die VSA dus 42% van alle globale humanitêre hulp.
Met die Amerikaanse federale regering wat tegnies bankrot is en 'n begrotingstekort van meer as 6% per jaar en staatskuld gelykstaande aan 100% van die BBP, is hierdie situasie onvolhoubaar. Ander groot ekonomieë sal eenvoudig hul bydrae moet begin verhoog.
RSG Op en Wakker podsend: Sal SA se buitelandse beleid ons in voet skiet? Jaco Kleynhans bespreek.

Tuesday Jan 28, 2025


13 SANW-troepe sterf
Dailymaverick berig dat 13 SANW-lede in die laaste 5 dae gesterf het in gevegte teen M23 rebelle in Goma in die DRK. Die soldate van Suid-Afrika is deel van ‘n vredesmag.
Weermag ontken dat troepe SANW troepe oorgegee het na video verskyn
Siphiwe Dlamini, SANW-woordvoerder, het Maandagaand aan Daily Maverick gesê dat SANW-troepe tot hul basisse in Goma en Sake, 23 km noordwes, beperk is “in 'n baie gespanne situasie”.
Die troepe is omsingel en kan nie uitkom om behandeling vir hul gewondes te soek of om voorrade of versterkings te ontvang nie.
Dlamini het ontken dat die SANW sy hoofbasis by Sake prysgegee het. ’n Ontstellende video wat op sosiale media versprei is, wys hoe ’n SANW-soldaat ’n wit vlag by die basis hys.
Dlamini het die egtheid van die video bevestig, maar sê die wit vlag is gehys as deel van 'n kort wapenstilstand wat ooreengekom is tussen die SANW-magte en die M23/Rwandese mag om M23 toe te laat om hul dooies van die slagveld af te haal.
Nog 'n bron soos The Insight Factor staan by weergawe dat die wit vlag gehys is.
Ramaphosa praat met Rwanda se Kagame terwyl spanning eskaleer
TimesLive berig: President Cyril Ramaphosa het 'n telefoonoproep met sy Rwandese eweknie Paul Kagame gehou om die onlangse eskalasie van konflik in die oostelike DRK te bespreek, het sy kantoor laat Maandag gesê.
Dringende debat oor DRK
Maroela Media berig: Dringende parlementêre debat oor SA se weermag-ramp in DRK gevra  Politieke partye het Maandag, met die nuus dat die M23-rebelle die stad Goma in die DRK ingeneem het, opnuut gevra dat daar dringend oor die lot van Suid-Afrikaanse soldate wat daar ontplooi is, besin word.
Onmiddellike ondersoek gevra
AfriForum eis onmiddellike ondersoek na dood van Suid-Afrikaanse soldate in die DRK  AfriForum eis in ’n brief aan Angie Motshekga, minister van Verdediging en Militêre Veterane, ’n onmiddellike en deursigtige ondersoek na omstandighede wat ’n rol gespeel het in ’n M23-rebelle-aanval op ’n militêre basis by Sake, in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), waarin nege Suid-Afrikaanse soldate dood is.
Agtergrond
RSG Podsend: Waarom is SANW betrokke by vredesmag in DRK? Die nuus van die vredesmag in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo wat swaar verliese gely het die afgelope paar dae, het hoofopskrifte wêreldwyd gedomineer. Ons praat hieroor met George Rautenbach, 'n voormalige VN-vredesgesant in konflikgebiede in Afrika.

Monday Jan 27, 2025


Ramaphosa teken wet
Onteieningswet plaas eiedomsreg in gedrang
Ná ’n vyf jaar lange proses van openbare raadpleging, debatte en dreigemente oor hofsake, het pres. Cyril Ramaphosa gister (23 Januarie) die Onteieningswet onderteken. Dié wetsontwerp is voor die 2024-verkiesing reeds deur die Nasionale Vergadering (NV) aanvaar en maak die onteiening van privaat eiendom sonder vergoeding moontlik.
Die wetsontwerp bepaal dat sowel roerende as onroerende eiendom, soos intellektuele eiendomsbesit, geraak word. Luidens ’n verklaring deur die Presidensie gaan hierdie wet plaaslike, provinsiale en nasionale owerhede in staat stel om vir verskeie redes grond (eiendom), wat in openbare belang is, te onteien.
AfriForum is sedert die ontstaan van dié wetsontwerp gekant daarteen en het aan elke proses deelgeneem totdat dit deur die NV aanvaar is. Die organisasie het toe reeds aangedui dat dit tot regsaksie sal oorgaan indien die wetsontwerp onderteken word. Volgens die AfriForum het die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) met die ondertekening van hierdie wetsontwerp ’n wesenlike bedreiging vir die reg op privaat eiendom in die land moontlik gemaak.
Regsroete
Netwerk 24 berig: Onteiening: Solidariteit sal help betaal as jóú eiendom in visier kom
Solidariteit is bereid om tot R1 miljoen by te dra tot regskoste indien die staat die nuwe Onteieningswet wil gebruik om enige boer of ander private eienaar sonder vergoeding te onteien.
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het dit Sondag bekend gemaak nadat pres. Cyril Ramaphosa dié omstrede wet Donderdag ten spyte van hewige teenkanting in die regering van nasionale eenheid (RNE) onderteken het.
Scenario’s wat kan uitspeel
Netwerk 24 berig: Onteiening, NGV ... Slagordes opgestel vir kabinet se lekgotla
Ná ’n stormagtige naweek waarin dit by tye gelyk het asof die regering van nasionale eenheid (RNE) se toekoms in die weegskaal was, wag die volgende toets vandeesweek met die kabinet se lekgotla.
Die ideologiese verskille tussen veral die ANC en die DA het die naweek duidelik geblyk weens verskille oor die ondertekening van die Onteieningswet.
Albei partye het vir samesprekings gevra, maar teen Sondagaand was daar nog nie enige formele aankondiging nie.
Sunday Times berig op sy voorblad: Die regering van nasionale eenheid (RNE) staar sy ernstigste krisis tot nog toe, met die DA wat dreig om sy steun te weerhou wanneer die regering volgende maand sy begroting in die parlement voorlê sou sy belange geïgnoreer word.

Thursday Jan 23, 2025


Samewerking met Trump
Netwerk 24 berig: Hy sal met Trump kan saamwerk, sê Ramaphosa Pres. Donald Trump van Amerika is ’n goeie transaksiemaker, en hy self ook. “Ons sal dus kan saamwerk,” meen pres. Cyril Ramaphosa..
Hy het Woensdagmiddag op ’n mediakonferensie by die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) in Davos, Switserland, benadruk dat hy nie bekommerd is dat betrekkinge tussen Suid-Afrika en Amerika onder die Trump-administrasie sal versleg nie.
Die Ramaphosa-administrasie se sterk politieke bande met China en Rusland wek egter kommer oor die land se betrekkinge met Amerika.
Gemeenskaplike grond
Bloomberg berig: Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa het gesê hy verwag om gemeenskaplike grond met sy Amerikaanse eweknie Donald Trump te vind, ondanks kommer onder sommige wêreldleiers oor wat sy terugkeer na die Withuis kan bring.
Prioriteite van Trump
Maroela Media berig: VSA eerste (tweede én derde), en SA laaste? ʼn Professor in ekonomie sê pres. Donald Trump het nog nooit weggeskram van sy retoriek van Amerika eerste, tweede en derde nie.
Trump boodskap aan Wêreld Ekonomiese Forum. Gaan dit sekerheid bring aan markte ?
Bloomberg berig: Donald Trump daag nie persoonlik op nie, en sy video-boodskap  sal kom aangesien die Wêreld Ekonomiese Forum reeds besig is om te beëindig. Maar Donald Trump is steeds waaroor almal in Davos wil praat.
Aanhangers soos die Argentynse president Javier Milei vier fees. Volodymyr Zelenskiy van die Oekraïne sien met hoop na sy nuwe Amerikaanse eweknie. Trump-teikens soos die Duitse kanselier Olaf Scholz hou kop.
Daar is skaars 'n gesprek in hierdie Switserse bergoord wat nie 'n beoordeling van die nuwe president se planne bevat nie. “As jy nie die speelveld waarop Trump speel, verstaan ​​nie, sal dit moeilik wees om sy visie te verstaan,” het Milei Woensdag in Bloomberg House aan Bloomberg-hoofredakteur John Micklethwait gesê. "Die riglyne wat hy voorlê, sal 'n baie beter wêreld skep."
’n Libertêre puris en die eerste buitelandse leier wat Trump ná sy verkiesingsoorwinning gesien het, sien Milei geen konflik tussen sy vryhandelsbeskouings en Trump se liefde vir tariewe nie. "Dit is nie dat hy 'n proteksionis is nie, maar hy weet die rol wat die VSA in die wêreld het en gevolglik is sy kommersiële beleid deel van sy geopolitieke strategie," het Milei gesê.
Ander leiers was nie heeltemal so openlik entoesiasties nie, maar hulle het te kenne gegee dat hulle gereed is om volgens Trump se reëls te speel.

Wednesday Jan 22, 2025


Trump kommunikeer met MAGA ondersteuners en is ernstig om hul mandaat uit te voer
In strategiese kommunikasie moet jy jou nismark identifiseer en met hul kommunikeer. Die wêreld en die media is onder die indruk dat Trump met sy inhuldiging met hul kommunikeer.  Trump se kommunikasie is gemik op die kiesers in die VSA wat vir hom gestem het en hy het hom daartoe verbind om die mandaat wat hy deur verkiesings beloftes gemaak het uit te voer.
Beloftes gekoppel aan aksie en optrede
Trump het nog dieselfde aand van sy inhuldiging aan die werk gespring. Daar is uitvoerende bevele uitgeroep wat Biden beleid herroep het en amptenare wat die Trump administrasie en beleid nie ondersteun is afgedank. Maroela Media berig: ‘You’re fired!’ Trump gee talle al trekpas Pres. Donald Trump het teen Dinsdagoggend reeds vier senior staatsamptenare afgedank.
Media stel steeds belang in klieks en koerant verkope
Die inhuldiging van Donald Trump was nuuswaardig. Sit daarby vir Elon Musk en genoeg inhoud kan geskep word wat sorg vir meer klieks op skakels in webwerwe en koerant verkope. Omdat Suid-Afrika byna nie meer enige koerante het nie is dit net The Citizen wat ‘n Musk foto op die voorblad het.
Die media bestaan uit:
Tradisionele media soos koerante en TV
Nuwe media wat alles elektronies is.
Hibriede media wat kombinasie van bogenoemde is en die twee mediums wat in interaksie met mekaar kommunikeer.
Trump gebruik Truth Social as die platform waarmee hy kommunikeer. Sy uitsprake spoel dan oor na X waar dit nie meer gesensor word soos wat 4 jaar gelede die geval is nie. Sy boodskappe word dan verder vertolk en vergroot deur nuwe media instellings wat gebruik maak van potsend, Telegram, You Tube en Tik Tok. Wat tradisionele media oor Trump berig pla hom en sy ondersteuners nie veel nie. In hul oë is tradisionele media nie meer geloofwaardig en irrelevant.
Kyk mens na Trump se inhuldiging was daar op X byna 5 miljard teksindrukke en byna 700 miljoen videokyke. Dit wys dat tradisionele media moet vertolk wat gebeur in die nuwe media omgewing.
Menings oor Trump. Vandag se gevalle studie in Die Burger.
Vandag se Burger  bevat ‘n spotprent wat suggereer dat Trump en Elon Musk se ondersteuners almal Nazi’s is. Daar is ‘n rubriek  deur  Fienie Grobler met opskrif Trump-woorde skiet weer seer en op die teenoorgestelde blad is Trump met swaard in die hand by Reuters vertaalde artikel wat aangepas is: Wat kan Trump alles doen ? . Daar is darem ‘n lesersbrief Aanvaar tog nou dat Trump die president is wat balans probeer skep.
Uit die minder as 48 uur nadat Trump president geword het is dit duidelik dat die publiek in SA nie moet staatmaak op die tradisionele media as hul presies wil uitvind wat gebeur in die VSA. Artikels wat gebruik word, word in die meeste gevalle net oorgeneem van Bloomberg, Reuters en die AFP wat Trump administrasie van nature vyandig gesind is.

Monday Jan 20, 2025


Donald Trump word ingehuldig as die president van die VSA
Donald Trump word vandag ingehuldig as die president van die VSA. Oor die algemeen is die publiek en media in Suid-Afrika skepties en pessimisties oor sy presidentskap.
Van die media se kant sal daar ‘n daaglikse dosis anti-Trump retoriek gepubliseer word en sy besluite sal onder ‘n vergrootglas gesit word.
Polities sit die SA regering en die Trump bewind nie langs dieselfde vuur nie. Suid-Afrika het nuwe vriende gemaak in die BRICS dampkring. Daar is ‘n groot vriendskap met Iran en ‘n anti-Israel veldtog wat gedryf is deur die regering. Die Trump bewind is sterk pro-Israel.
Daar is  kwessies waar Trump ‘n invloed en impak gaan uitoefen oor Suid-Afrika wat insluit.
VSA posisie oor AGOA.
Gebeure in Israel.
Rusland se oorlog met Oekraïne. Suid-Afrika is goeie vriende met Rusland.
Die G20 beraad November 2025 in SA.
Invoertariewe teen lande soos China wat weer Suid-Afrika beïnvloed.
Starlink se uitsluiting in SA.
Een van Trump se staatmakers is Elon Musk. Die gee die nuwe bewind ‘n Suid-Afrikaanse hoek. Musk is egter nie veel gepla oor wat is Suid-Afrika se interne politieke dinamika nie.
Trump belowe nuwe era. Trump transformeer die Republikeinse party
Jaco Kleynhans @JacoKleynhans Vanoggend se gesprek op RSG: Podsend Dis Trump-dag vir Amerika
Netwerk 24 berig: KYK | Amerikaanse agteruitgang nou verby, sê Trump op vooraand van inhuldiging
Donald Trump beloof ’n rits presidensiële stappe om “Amerikaanse agteruitgang”, die sogenaamde woke-denkwyses en immigrasiekwale te stuit.
Eerste aksies. Nuwe energie planne
Bloomberg berig Die verkose president Donald Trump is gereed om noodmagte in te roep as deel van sy plan om binnelandse energieproduksie te ontketen terwyl hy probeer om president Joe Biden se optrede om klimaatsverandering te bekamp, ​​volgens mense wat vertroud is met die saak.
Die stap sal onder 'n reeks aksies wees wat Trump sal neem - ure nadat hy Maandag ingesweer is - om veldtogbeloftes na te kom om binnelandse energie-uitset 'n hupstoot te gee.
Invoertariewe
Landboucom berig: Die dreigemente van Donald Trump oor invoertariewe teen lande soos China kan tot die groter fragmentering van die wêreldhandel lei en ook nuwe onsekerhede oor handel in landbouprodukte skep.

Thursday Jan 16, 2025


Regsaksie
AfriForum, Solidariteit en SOS begin met regsaksie teen die Bela-wet
AfriForum, Solidariteit en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het met regsaksie teen die promulgering van die Bela-wet begin.
Volgens dié organisasies het president Cyril Ramaphosa irrasioneel en strydig met verskeie ooreenkomste en ’n aanbeveling van die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, opgetree deur die Bela-wet in sy geheel te promulgeer. Gwarube het aanbeveel dat die implementering van die taal en toelatingsklousules van die wet weens die afwesigheid van toepaslike norme en standaarde uitgestel moes word.
Netwerk 24 berig: AfriForum, Solidariteit begin met regstappe teen Bela
AfriForum, Solidariteit en die SOS, wat almal deel van die Solidariteit Beweging is, het reeds regsbriewe aan onderskeidelik Ramaphosa en Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys, gestuur waarin uitgewys word dat die ondertekening van die promulgeringskennisgewing irrasioneel is.
In terme van die regsbriewe het die minister en president 10 dae om die dispuut op te los. Indien daar nie ’n oplossing is nie, het die partye geen ander keuse as om hof toe te gaan nie.
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het Donderdag by 'n mediakonferensie in Centurion gesê die promulgering van die Bela-wet in sy geheel is ’n daad van aggressie deur die regering teen Afrikaanse skole en kinders.
“Die promulgering is ’n aanduiding dat die ANC besig is om die regering van nasionale eenheid in ’n regering van nasionale onenigheid te omskep wat poog om partye soos die DA en VF Plus bloot te koöpteer om die ANC se beleid te help uitvoer,” sê Kriel.
Ooreenkomste gebreek
News 24 berig: AfriForum, Solidariteit en die Solidariteit Ondersteuningsentrum vir Skole (SOS) het Donderdag tydens 'n mediakonferensie president Cyril Ramaphosa se volledige implementering van die wet gekritiseer as "irrasioneel en 'n verbreking van verskeie ooreenkomste".
Hulle het gesê die besluit weerspreek 'n aanbeveling van Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys, dat die implementering van klousules met betrekking tot taal- en toelatingsbeleide vertraag word.
Gwarube het vroeër gesê sy het Ramaphosa gevra om dit ingevolge artikel 79 van die Grondwet terug te verwys na die Parlement vir heroorweging.
Maar AfriForum het gesê deur die mede-ondertekening van die promulgasiekennisgewing het Gwarube teen haar aanbevelings opgetree.
Kallie Kriel gee AfriForum se standpunt
Kallie Kriel video: AfriForum, Solidariteit en SOS begin met regsaksie teen die Bela-wet.

Wednesday Jan 15, 2025


Een eksamen versoek
Times Live berig: By die aankondiging van Gauteng se matriekuitslae vir 2024, het beide Gautengse LUR vir onderwys, Matome Chiloane en premier Panyaza Lesufi, sterk steun uitgespreek vir die konsolidering van die verskillende eksamenstelsels wat nou in plek is, insluitend die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) en die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) eksamens .
Kritiek teen Lesufi voorstel
Ayanda Sakhile Zulu wys die volgende op X uit: Weereens stel Panyaza die bisarre idee van 'n enkele onderwysstelsel in SA voor. Die gebrekkige redenasie wat hierdie voorstel onderlê, is dat die bestaan ​​van IEB-onderwys op een of ander manier “klassisme bevorder” en ongelykheid voortduur.
In plaas daarvan om die basiese beginsels reg te kry met openbare onderwys, is hy meer besorgd daaroor om die platform te misbruik om te staan ​​en voor te doen as een of ander kampvegter van "gelykheid".
 In suksesvolle state soos Suid-Korea is daar byna geen verskil in kwaliteit tussen openbare en private onderwys nie, want staatsamptenare kry eintlik dinge gedoen. Hulle teiken nie instellings wat onregverdig werk en beskuldig hulle van onsinnige dinge nie.
Johnell Prinsloo onderwys navorser by Solidariteit wys die volgende uit: Onafhanklike skole is  binne hul regte om onafhanklike eksamens te skryf.  Onafhanklike eksamens word gereguleer deur DBO-beleid. Ten spyte van regulering is baie van hierdie eksamens van 'n hoër standaard.
Om kinders te dwing om dieselfde eksamen te skryf sal nie gelyke prestasie tot gevolg hê nie, ons het gesien hoe Afrikaanse skole vir 'n geruime tyd oorheers tot matriekuitslae. Die kwaliteit van die onderwys voordat die eksamen geskryf word, is die bepalende faktor.
Onafhanklike skole sal bloot beter as hul openbare eweknieë presteer. Universiteite skryf nie dieselfde toetse of eksamens nie al is die vakke dieselfde ...
Lesufi se fokus is op die verkeerde plek.
Panyaza Lesufi gebruik die voorstel as weerligafleiers vir probleme soos te min skole wat gebou is. Uitdagings met plasings en die deurvloeikoers van leerders wat uitval voor matriek. Dan is daar ook die implementering van Bela wat problematies gaan wees.
Bela bly die kat in die duiwehok
Solidariteit, AfriForum en SOS kondig verdere stappe teen Bela-wet aan op 16 Januarie
 Solidariteit, AfriForum en die Solidariteit Skoleondersteuningsenstrum (SOS) gaan Donderdagoggend tydens ’n mediakonferensie verdere aankondigings maak rakende stappe wat dié organisasies teen die promulgering van die Bela-wet gaan doen.

Tuesday Jan 14, 2025


"Regte" slaagsyfer 50,25% vs slaagsyfers van 87,3%
BusinessTech wys uit: Van die 1,22 miljoen leerders wat in 2013 in graad 1 begin skoolgaan het, het slegs 614 562 matriek in 2024 geslaag, wat beteken dat die land se "regte" slaagsyfer net 50,25% is.
Hierdie teenstrydigheid beklemtoon die uitdagings binne die onderwysstelsel met betrekking tot behoud en voltooiingsyfers van leerders.  
Maroela Media berig:  2024-matrieks geloof vir ‘harde werk en toewyding’ Politieke partye en ander organisasies het 2024 se matrieks gelukgewens met hul uitslae en slaagsyfer van 87,3%, maar terselfdertyd ook hul kommer uitgespreek oor die vele uitdagings in die onderwyssektor.
Tendens in 2014 uitgewerk deur Paul Joubert wat navorser was by Solidariteit
Vanaf 2014 argiewe. Matriekuitslae: vier middelmatigheid
Net so het die vakbond Solidariteit kommer uitgespreek oor die aantal leerlinge wat van graad een tot matriek kom.
Van die 1,2 miljoen leerlinge in graad een in 2002, het 34% (sowat 408 000) matriek geslaag, het Paul Joubert, senior ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, gesê.
Een rede vir die daling in getalle was “uitskot”, waar swak leerlinge in graad 11 verhinder word om matriek toe te gaan om die slaagsyfers te verhoog. Volgens Joubert was die grootste probleme in die skoolstelsel leerlinge se onbevredigende taalvaardighede, insluitend begrip, en syfervaardighede.
Wiskunde en wetenskap kandidate daal wat moet sorg vir STEM-gegradueerdes
BusinessDay berig op hul voorblad: STEM-gegradueerdes is meer geneig om werk te kry as dié met geesteswetenskappe-grade, en die bedrywe waarin hulle loopbane volg, is die sleuteldrywers van die ekonomie.
Die totale aantal voltydse studente wat in 2024 matriek geskryf het, het gestyg tot 705 291, hoër as die 691 152 wat die eksamen in 2023 geskryf het. Maar die aantal kandidate wat vir wiskunde ingeskryf het, het gedaal tot 255 762 in 2024, 'n daling van meer as 12 000 op die 268 100 studente wat vir die vak ingeskryf is 2023.
Reaksie
Matriekslaagsyfer onakkuraat weens vroeë skoolverlatingskoers, terwyl Bela verdere skadu oor toekoms gooi, sê AfriForum
AfriForum wens almal wat in 2024 matriek geslaag het, van harte geluk en bedank die onderwysers wat dit ten spyte van vele uitdagings in die onderwyssektor met hulle toewyding en harde werk moontlik gemaak het.
Terselfdertyd spreek dié organisasie ook kommer uit oor die matriekslaagsyfer wat pas aangekondig is. Oorsigtelik beskou, klink dit na ’n uitnemende prestasie, maar AfriForum is bekommerd oor die groep leerlinge wat uit die skoolstelsel verdwyn het voordat hulle selfs die matriekeksamen kon aflê. Volgens die Departement van Basiese Onderwys se tegniese verslag is die hoeveelheid matrikulante wat die eksamen geskryf het, 36% minder as die aantal wat in 2013 in graad 1 was.

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125