Nuusagenda

Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Listen Notes
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Thursday Nov 07, 2024

Die Bela-protes die afgelope Dinsdag by die Voortrekkermonument was ‘n reuse sukses met meer as 10 000 mense wat saamgestap het.
Daar is ‘n treffende foto wat gister groot op Beeld se voorblad gebruik is met die bewoording “Bela is boos”. Die foto is waar ‘n groep leiers ‘n reuse banier vashou waarop staan #StopBela. Agter die banier is daar duisende mense wat soos die Oranjerivier lyk en deel is van die optog.
‘n Soortgelyke foto verskyn op Maroela Media by die artikel  DA eis Ramaphosa moet Bela-belofte nakom
“Aangesien die president aan belanghebbendes verseker het dat ’n konsultasieproses gevolg sal word om die omstrede klousules op te los, moet hy by hierdie verbintenis hou en bewys dat dit nie ‘n leë belofte was nie.”
Die reuseopkoms  eers voor die Voortrekkermonument en toe met die optog het die sosiale media aan die gons. Op Facebook was daar honderde plasings van persone wat die optog bygewoon het met foto’s.
Op X het sake warmer geraak met woorde soos:
Afrikaans, Bela, “Orange” (oranje) wat getrend het.
Daar was selfs ‘n verdwaalde vierkleur wat gou verwyder is wat moes dien as weerligafleier toe ‘n joernalis dit beskryf het as die oud landsvlag en Cosatu kapsie gemaak het.
Opvallend is dit die kleur oranje wat die gesprekke aan die gang gesit het. Op X het Dirk Hermann @SolidariDirk  getweet: “Ek is oranje.” Die tweet is vergesel met ‘n groot oranje grafika en is gou opgevolg deur soortgelyke tweets.
The Citizen berig: ”Ontleder Piet Croucamp het gesê die oranje kleur van AfriForum wat vir die geleentheid gekies is, was ongelukkig en slegte PR.”
Waar Croucamp die bal mis sit is dat oranje nog altyd die kleur was wat Solidariteit sedert 1999 in hul logo gebruik. Toe AfriForum hul logo ontwerp is die oranje tradisie voortgesit en die kleur oranje sal jy vind in al die organisasies wat onder die sambreel van die Solidariteit Beweging val.
Dit is verstaanbaar dat die 10 000 plus opkoms by die Bela-protes op die ANC se senuwees werk en dat die protes heelwat groter was as die Cosatu seksie 77 staking wat ‘n maand gelede gehou is. Hier was Cosatu net ‘n skaduwee van vorige optogte wat veral onder die Vavi era plaasgevind het.
Gister het Panyaza Lesufi, premier van Gauteng,  'n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om die twee oorblywende omstrede klousules van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela), wat deur sommige partye gekant is, te onderteken.
Dit nadat president Ramaphosa 3 maand eenkant gesit het vir Bela onderhandeling. Na Dinsdag se reuse optog moet die druk verskerp dat Bela verwerp moet word. Bela is die grootste toets vir die RNE. Minister Gayton McKenzie wat ‘n memorandum ontvang het, het opgemerk “Suid-Afrika ons is in vir ‘n treat”. Daar gaan nog baie Bela gesels en gestry word.

Wednesday Nov 06, 2024

Meer as 10 000 mense daag op vir protes
Maroela Media berig: ‘Rooi lyn’: Duisende ruk op om ‘nee’ te sê vir Bela-wet
Duisende mense het Dinsdag in Pretoria betoog teen die huidige formaat van die sogenaamde Bela-wet. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging wat die optog gelei het, sê die onderhandelinge met verteenwoordigers van die RNE gaan nou met duidelike bewyse tegemoet gegaan word van die duisende Suid-Afrikaners wat Bela as ’n rooi lyn beskou wat nie oorgesteek mag word nie.
Tyd om te praat oor Bela.
Die Solidariteit Beweging se verklaring vandag Dit is nou tyd vir praat oor Bela
Die Solidariteit Beweging doen ʼn beroep op president Ramaphosa om in te gryp sodat gesprekke oor Bela voortgesit kan word. Die Beweging gaan ook dié oproep deur ʼn skrywe aan president Ramaphosa bevestig.
Suid-Afrika en die regering van nasionale eenheid word deur Bela met sy grootste toets gekonfronteer. Dit kan tot ʼn breuk in die land en die regering van nasionale eenheid lei. Die president het drie maande vir dialoog gegee.
Cosatu en Lesufi-faksie in ANC eis implimentering van Bela
Netwerk 24 berig: Implementeer Bela nóú, eis Cosatu, ANC-LP’s: ‘Nié einde van Afrikaans’
Die onmiddellike inwerkingstelling van die hele omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) sal nie die einde van Afrikaans beteken nie, meen Cosatu.
Dié ANC-alliansievennoot voeg so sy stem by dié van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou), sy filiaal en die grootste onderwysersvakbond in die land, wat pres. Cyril Ramaphosa versoek het om onmiddellik die Bela-wet, insluitend die twee omstrede klousules oor openbare skole se taal- en toelatingsvereistes, in werking te stel.
ANC-LP’s het hulle ook Dinsdagaand by die vakbondfederasie geskaar en in ’n sterk bewoorde verklaring Ramaphosa versoek om die hele wet onmiddellik in werking te stel.
Die ANC-alliansievennoot en -LP’s se reaksie kom nadat derduisende ondersteuners van Solidariteit, Afriforum en 40 ander organisasies en partye, insluitend die DA, VF Plus en die PA, Dinsdag in Pretoria teen die Bela-wet betoog het.
Dinsdag is berig hoe dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, by hul betoging in Pretoria onder meer gesê het dat die Bela-wet die “siel van die Afrikaanse gemeenskap aanval”.

Monday Nov 04, 2024

Bela-protes: Duisende verwag by grootste Afrikaanse optog
Altesaam 41 Afrikaanse organisasies van oor ʼn wye spektrum het vandag op ʼn mediakonferensie hul steun uitgespreek vir die protesoptog op 5 November teen die Bela-wet.
Hulle het ook eendragtig hul teenstand uitgespreek teen die artikels in die Bela-wet wat handel oor taal- en toelatingsbeleid by skole. Duisende mense word by die protesaksie op 5 November verwag.
Kallie Kriel @kalliekriel skryf:  41 organisasies het vanoggend die memorandum onderteken wat tydens môre se vreedsame optog by die Voortrekkermonument teen die anti-Afrikaanse BELA-wet aan die regering oorhandig sal word. Kom stap saam: • Datum: 5 November• Tyd: 09:00• Plek: Voortrekkermonument. Registreer by http://belaprotes.co.za. #BelaProtes #StopBela
AfriForum gereed vir Bela-optog om “grootste uitdaging vir Afrikaanse kultuurgemeenskappe sedert 1994” teen te staan
AfriForum en meer as 40 ander organisasies het vandag hulle gereedheid vir deelname aan die protesoptog teen die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette 32 van 2024 (die Bela-wet) bevestig. Die optogprogram sal môre vanaf 09:00 by die Voortrekkermonument in Pretoria ’n aanvang neem. Die organisasie se verbintenis om die Bela-wet se omstrede artikels teen te staan, is vanoggend tydens ’n mediakonferensie in Centurion herbevestig.
Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, skep die huidige formaat van die wet se bepalings oor openbare skole se toelatings- en taalbeleide die “grootste enkele uitdaging vir Afrikaanse kultuurgemeenskappe sedert 1994”. Hy het die teenstand teen hierdie bepalings, waarmee AfriForum sedert 2017 deurlopend besig is, beskryf as die grootste en belangrikste stryd waarby AfriForum in dié organisasie se 18-jarige bestaan betrokke is.
Kriel noem dat hierdie saak gaan oor die oorlewing van Afrikaanse kultuurgemeenskappe, omdat Afrikaanse skole ’n sentrale rol binne hierdie gemeenskappe speel. “Ten einde ’n magsbalans te handhaaf en om ter beskerming van Afrikaanse kultuurgemeenskappe se oorlewing op te tree, is sigbare protes nodig, wat verduidelik waarom hierdie protesaksie noodsaaklik is,” benadruk Kriel.
Daar is vandag ‘n mediakonferensie gehou oor die protes waar sprekers die volgende uitgewys het:
Flip Buys, Voorsitter van die Solidariteit Beweging wys uit:   "Stap môre 'n paar kilometers saam, sodat ons kinders nie eendag duisende kilometers hoef te vlug nie." –
Dr. Hendrik Theys, Voorsitter van die Afrikaanse Taalraad  "Ons kan nie taalmoord toelaat nie. As jy die taal van 'n gemeenskap wegvat, vat jy sy bestaansreg weg."
Leon Fourie, Uitvoerende Hoof van SOS Skole "Die staat het in 30 jaar nie 'n enkele Afrikaanse skool gebou nie. Politici is openlik vyandig teenoor Afrikaanse skole, dis hulle wat gaan besluit oor onderrig in Afrikaans. SOS verwerp die intreding van artikel 4 en 5."
Joost Strydom @StrydomJoost skryf:  "Die doel van Bela-wetgewing is om in die naam van 'integrasie' Afrikanerkultuur te disintegreer. Ons kinders behoort NIE aan die ANC nie, hulle behoort aan 'n Hoër Gesag"

Friday Nov 01, 2024

Die Voortrekkermonument in Pretoria het saans 'n oranje gloed in solidariteit met die BELA-protes wat op 5 November  op die perseel gehou word.
Gisteraand het ek die oranje Voortrekkermonument gaan afneem. Dit was ‘n tegniese foto waar die uitdaging was om die oranje te wys in die nag en steeds die skerpheid en statuur van die monument te behou.
Ek het die monument van ‘n aantal hoeke afgeneem. Voor die monument en sentraal is die standbeeld van die vrou met twee kinders wat deur Anton van Wouw geskep is, wat 'n Voortrekkervrou en haar twee kinders uitbeeld.
Hierdie beeldhouwerk is 'n huldeblyk aan die krag en moed van Voortrekkervroue tydens die Groot Trek, en weerspieël hul lewensbelangrike rol in baanbrekerswerk en hul families te midde van die swaarkry wat hulle tydens hul reis ondervind het.
Soos wat ek nader aan die monument beweeg het, het die kamera lens al wyer geword en die standbeeld meer sentraal en prominent.
Vandag toe ek die foto’s uitsoek en tegnies versorg vir media gebruik tref die foto van die standbeeld van die Voortrekkervrou en haar twee kinders my weer. Die volgende gedagte oor Bela kom op: Besef ons werklik wat is ons besig om te verloor vir ons kinders en hulle kinders.
Die optog van 5 November is vir die Afrikaner ‘n saak van erns. Op 4 November kom meer as 50 Afrikaner-organisasies bymekaar om hul steun te gee.
Daar is baie gepraat en geskryf oor Bela en die gevare wat dit inhou.
Ernst Roets wys die volgende in ‘n onlangse video uit:  Onderwys, Bela en die "dermatologie probleem"
Roets ondersteun dit dan met ‘n substack inskrywing wat uitwys
Nuwe onderwyswetgewing in Suid-Afrika kan lei tot die ineenstorting van die regering
Die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette sal die klein persentasie van goed funksionerende skole in Suid-Afrika vernietig indien dit geïmplementeer word.
Roets skryf: Dit is omdat die ANC-regering poog om “toegang” tot hierdie goed funksionerende skole te open deur die Afrikaanse skole te dwing om Engels te word, en ook om hulle te dwing om kinders in te neem van townships en ander gebiede waarin daar nie funksionerende skole is nie. Ideologies het die voorstanders van BELA dit duidelik gemaak dat hulle 'n haat vir Afrikaans as taal koester, en dat hulle Afrikaanse skole in Engelse skole wil omskep. Ironies genoeg word Engels aan kinders gedwing onder die vaandel van “dekolonisering”.
Die Bela stryd word gevoer teen ‘n agtergrond van waar ‘n gedeelte van die RNE vyandig is teenoor Afrikaanse skole en ‘n ander gedeelte van die RNE ondersteun Afrikaanse skole. Net soos wat Bela ‘n twispunt is, is daar ander twispunte in die RNE waar daar nie oor kwessies saamgestem word nie. Die kuns van ‘n suksesvolle RNE sal wees om alle rolspelers te akkommodeer.

Thursday Oct 31, 2024

Gauteng Premier Panyaza Lesufi het gister terugvoer gegee oor 100 dae in regering. Hy het twee prominente politieke uitsprake gemaak wat in sy gesig kan ontplof. Die uitsprake is:
Water in Gauteng: Daar sal geen Dag Zero wees, beloof Lesufi
Ek lei ’n beter regering as Ramaphosa, sê Panyaza Lesufi, premier van Gauteng
Om 12h00 vandag het Lesufi ‘n mediaverklaring uitgereik oor die News 24 artikel met die opskrif:  “Ek lei ’n beter regering as Ramaphosa, sê Panyaza Lesufi, premier van Gauteng” Hy noem in die verklaring dat die artikel onakkurate beriggewing is.  
AfriForum se reaksie op die 1ste 100 dae was soos volg: Só lyk Lesufi se eerste 100 dae werklik: Agteruitgang, planloosheid en ernstige bewerings van korrupsie
Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het vandag tydens ’n mediakonferensie gepoog om die indruk te skep dat die eerste 100 dae sedert hy in Junie herkies is as premier, suksesvol was en gekenmerk is deur vooruitgang op verskeie terreine. AfriForum se evaluasie van Lesufi se prestasie tot dusver wys egter op die teendeel en dui eerder op agteruitgang en ’n algehele tekort aan werkbare planne, terwyl die wolk van ’n ernstige korrupsieskandaal ook oor sy kop hang. In die lig van dié evaluasie eis AfriForum die premier se onmiddellike afdanking.
Maroela Media berig: Só lyk Lesufi se eerste 100 dae werklik  “Lesufi gryp na strooihalms om ’n krieseltjie van ’n suksesstorie te vind in sy administrasie se eerste 100 dae. Die feite spreek egter van 100 dae van mislukkings, geen daadwerklike optrede nie en bewerings van korrupsie.”
Op die oomblik loop Johannesburg die ergste deur onder die krisis en RW Johnson beskryf Johannesburg as ‘n sterwende stad weens jare se munisipale verwaarlosing en wanbestuur.
Kyk mens na Gauteng se waterkrisis dan gebeur die volgende dat inwoners net soos met beurtkrag self begin planne beraam om te sorg vir water soos die aankoop van wateropgaartenks.
BusinessTech berig: Maatskappye soos JoJo Tanks het 'n aansienlike toename in die vraag na wateropgaartenks waargeneem, 'n opsie wat noodsaaklik kan word vir inwoners.Hierdie tenks, met installasiekoste vanaf ongeveer R15 000, kan binnekort nodig wees vir diegene wat 'n stabiele watervoorsiening wil waarborg.
Lesufi het ‘n baie groot probleem met die RNE en gaan uit sy pad uit om dit polities te vernietig. Hy beskou kritiek teenoor die RNE as die ideale platform om self sy eie ambisies in die ANC te loods om president te word. Hy verkies ook bondgenote aan die linkerkant bokant die meer gematigde bondgenote wat die ANC nasionaal in die RNE het.  
Merkers om dop te hou is dat die interne spanning in die ANC gaan bly verhoog. Dit word gedryf deur ‘n leierskap stryd en faksionalisme. Korrupsie en skandale speel deurlopend ‘n rol. Veral as daar geen optrede is geen korrupte kaders nie. Daar is ook ideologiese verskille met die ANC wat selfs beplan om ‘n politieke skool te open wat bygewoon moet word deur al sy lede.
Ekstern sal daar in die RNE ook spanning wees met veral die DA. Die RNE het nog min sigbare suksesse saam behaal. Die RNE word verder verdeel omdat daar nie saamgestem kan word oor kwessies soos Bela en die NGV nie.

Wednesday Oct 30, 2024

Panyaza Lesufi, premier van Gauteng het vanoggend met die media gesels oor sy regering se 1ste 100 dae in regering. In sy toespraak het hy ‘n positiewe toneel geskets maar die olifant in die kamer was dat hy nie Gauteng se dreigende waterkrisis duidelik aangespreek het nie.
Newzroom Afrika verwys in ‘n video: "Gauteng staar 'n potensiële waterkrisis in die gesig." Premier Panyaza Lesufi sê hy het Rand Water versoek om met planne vorendag te kom om die potensiële watertekort in Desember te voorkom.
Rondom dag zero was Lesufi se verduideliking soos volg: “Mense sluit onwettig water aan en daar is  infrastruktuur verval. Probleme word aangespreek met ‘n 9 punt plan.”
 Die Gautengse 9-puntplan vir watersekerheid is ontwikkel deur GCRO (Gauteng City-Region Observatory).
Die Gautengse regering het 'n 9-puntplan vir water sekerheid bestaan uit: 1. Verminder water vraag, 2. Bestuur veranderlikheid en droogte voorbereiding, 3. Infrastruktuur opgraderings, 4. Verbeter die monitering van watergehalte, 5. Gemeenskapsbetrokkenheid en -opvoeding, 6. Samewerking oor sektore heen, 7. Belegging in Tegnologie, 8. Geïntegreerde Waterhulpbronbestuur en 9. Langtermynbeplanning en beleidsontwikkeling.
Die probleem is dat jy ‘n goeie plan op papier kan hè maar dit moet uitgevoer kan word.
EWN berig: Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het inwoners versoek om water spaarsamig te gebruik, aangesien tekorte in verskeie munisipaliteite vererger het.
Die provinsiale regering het alle munisipaliteite in die provinsie opdrag gegee om vlak-een-beperkings in te stel.
Rand Water het vroeër in Oktober gewaarsku dat Gautengse huishoudings in die feestyd droë krane in die gesig kan staar as die watertekorte nie opgelos word nie.
By verlede week se Gauteng Plaaslike regering-omkeerberaad het Lesufi ook verwys na die waterkrisis.   Lesufi skets ’n omvattende gebeurlikheidsplan by Dag 1 van die Plaaslike Regering-omkeerberaad om Gauteng se toenemende waterkrisis aan te pak.
In reaksie op die stygende vraag en die verslag dat meer as 30% van water nie verreken is nie, sal vlakwater beperkings oor alle munisipaliteite ingestel word. Premier Lesufi beklemtoon dat waterdienste afgesny sal word vir diegene wat versuim om hul munisipale water rekeninge te betaal, wat verantwoordelike gebruik verseker.
Dit is vir Lesufi maklik  om na die plan te verwys maar hy gee nie tasbare oplossings en stappe om dag zero aan te spreek nie. Daar is geen plan van aksie of veldtog in plek nie.
Wat moet gebeur is die dringende gekoördineerde optrede tussen regeringsentiteite, gemeenskappe en private sektore wat die infrastruktuur  herstel, hulpbronne volhoubaar bestuur en effektiewe bewaring strategieë  implementeer. Tussen is die debat egter in byvoorbeeld Tshwane of AfriForum die gras mag sny of nie.

Tuesday Oct 29, 2024

Woensdag is die mini-begroting. Die kwessie het nie veel vooraf aandag in die media geniet nie en dit lyk of dit net ‘n teoretiese oefen is wat Enoch Godongwana die minister van finansies moet hanteer. Daar is selfs optimisme dat die ekonomie met 3% kan groei.
Een van die voordele van ‘n RNE is dat die partye betrokke net die mini-begroting gaan goedkeur. Of is daar iewers ‘n slang in die gras waaroor die media nie op die oomblik oor berig nie ?
Maroela Media berig: Mini-begroting | Salarisse, onderwysposte in die kollig Ekonome sê salarisse vir staatsamptenare en geld om onderwysposte te behou is van die belangrikste kwessies waaraan die minister van finansies in sy mini-begroting gaan aandag gee.
Die Maroela artikel wys uit dat die mini-begroting oor gewone items in ‘n begroting gaan en die Bloomberg artikel wat volg ondersteun dit met die keuses wat die minister moet maak.
Bloomberg berig: Die nuwe Suid-Afrikaanse koalisieregering se voorneme om skuld te beheer en hervormings te bespoedig om die swak ekonomie aan te wakker, sal op die proef gestel word wanneer hy Woensdag sy eerste begroting bekend maak.
Enoch Godongwana, minister van finansies, se middeltermyn beleidsverklaring sal 'n vroeë blik gee op die prioriteite van die alliansie wat tussen die African National Congress, die sakevriendelike Demokratiese Alliansie en agt kleiner mededingers gesmee is nadat verkiesings in Mei nie 'n regstreekse wenner kon oplewer nie.
Terwyl ekonomiese groei en die skep van welvaart en werksgeleenthede die prioriteit moet wees van al die politieke partye wat deel is van die RNE is dit duidelik dat die partye nie almal op dieselfde bladsy is nie.
 Die DA is lief om prestasies behaal uit te blaker en aan die groot klok te hang. Die nuwe manier van doen het selfs die ondersteuning van Gwede Mantashe gekry wat reken alle ministers moet hul prestasies aan die groot klok hang.
Daar is egter elke dag spanning in die RNE. Ryan Coetzee wat die DA help onderhandel het met die ANC om die RNE te skep verduidelik dit soos volg: Die onderliggende dinamiek in die RNE is dat die ANC ongebonde wil kan voortgaan, asof hy nie sy meerderheid verloor het nie, en die DA is nie daarvoor beskikbaar nie. Die afgelope paar weke was as gevolg daarvan baie broos. Die ANC raak woedend om gedwarsboom te word. Dit gaan nie beter word nie, tensy en totdat die ANC aanvaar dat hy besluite moet bespreek en onderhandel, nie bloot probeer afdwing nie. Dit is die wil van die mense, soos uitgedruk deur 'n verkiesing.As die ANC nie daarvan hou nie, kan hy altyd eerder met MK oor besluite gaan onderhandel. En sterkte daarmee.
In Gauteng is daar tans ‘n minderheidsregering sonder ‘n DA wat moet help om ‘n begroting goed te keur. Wat is die moontlikheid dat die nasionale ANC regering nadat die mini-begroting ook met die idee kan speel om ‘n minderheidsregering te vorm sonder ‘n DA ?

Monday Oct 28, 2024

Die joernalis Carol Paton skryf op News 24 Die RNE begin dinge regmaak. Maar kan dit die trajek van SA verander? Suid-Afrika onder die regering van nasionale eenheid (RNE) kan 2% groei oor die volgende vyf jaar.  Hierdie groei word as haalbaar beskou as gevolg van verbeterings in sleutel sektore en 'n herlewing van sake- en verbruikersvertroue, tesame met matige inflasie en 'n versterkende rand.
Die sleutelpunte sluit die volgende in:
Optimisme vs. Pessimisme:
Terwyl sommige, soos die Buro vir Ekonomiese Navorsing, voorstel dat Suid-Afrika met behoorlike hervormings 3,3% BBP-groei teen 2025 kan bereik, voorspel ander, soos die Internasionale Monetêre Fonds, 'n meer beskeie groei van 1,5%. Hierdie ongelykheid weerspieël verskillende sienings oor die doeltreffendheid van voortgesette hervormings.
Strukturele hervormings nodig:
Aansienlike verbeterings is nodig in sektore soos elektrisiteit, logistiek en water om 'n beter ekonomiese omgewing te bevorder.  Misdaad en die verbetering van munisipale doeltreffendheid moet aangespreek word.
Werkloosheid krisis:
Die dringende behoefte aan vinniger ekonomiese groei om Suid-Afrika se ernstige werkloosheid kwessie aan te pak, wat van 4,2 miljoen werklose individue in 2011 tot 12,4 miljoen vandag gestyg het. Die Nasionale Ontwikkelingsplan het aangedui dat die bereiking van volle indiensneming volgehoue ​​5% jaarlikse groei vir twee dekades sal vereis.
Inklusiewe Groei forum:
 Die onlangse Inklusiewe Groei forum het kommer oor werkloosheid, ongelykheid en uitsluiting uitgelig, wat verskeie belanghebbendes bymekaar gebring het om hierdie dringende kwessies te bespreek.
Korrupsie in die ANC:
Maroela Media berig: ‘ANC se grootste bedreiging kom van binne’  “Die ernstigste eksistensiële bedreiging wat ons as die ANC in die gesig staar, kom van binne,” sê ANC-leier Cyril Ramaphosa.
Interne en eksterne spanning in die ANC:
Tans oorheers interne spanning in die ANC asook eksterne spanning met die DA gebeure binne die RNE.  Intern is daar ‘n faksie en opvolg stryd aan die gaan. Ekstern is daar kopstamp met die DA. Elke dag is daar ‘n nuwe kwessie. Die nuutste sluit in die implementering van die NGV gesprekke rondom die nasionale dialoog  en die Oekraïne-visum ooreenkoms.

Friday Oct 25, 2024

Die stigting van die RNE in Suid-Afrika het ontstaan uit die ANC se onvermoë om 'n meerderheid te verseker in onlangse verkiesings, wat koalisiebestuur met ander partye genoodsaak het, veral die DA.
Weekliks is daar punte waarop die partye in die RNE verskil maar daar is nog nie werkbare meganisme of konsensus om oplossings te kry nie. Een van die groot brandpunte is Bela wetgewing.
Netwerk 24 berig: Nog geen konsensus oor Bela – Mashatile Politieke partye in die regering van nasionale eenheid (RNE) kon nog nie konsensus bereik in hul geskille oor die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) nie.
Adj.pres. Paul Mashatile het dit Donderdagaand ná ’n vergadering van die RNE se geskiloplossingsmeganisme (clearing-house mechanism, CHM) by Tuynhuys in Kaapstad bevestig.
Die nuutste twispunt die week was die presedensie en die DA wat verskillende standpunte oor Rusland het.  Dan sit die presedensie en die DA vas oor die nasionale dialoog wat op 16 Desember gehou moet word.
Die onsekerheid  oor beleid speel af met ‘n magstryd in die ANC en die vraag wie gaan Cyril Ramaphosa opvolg as die volgende president van die ANC en by implikasie Suid-Afrika.
Rondom die spanning in die ANC wys MG die volgende uit: "Mbalula se werklike teiken is Mashatile"
Panyaza Lesufi is nie 'n bedreiging vir die sekretaris-generaal nie, maar kan kollaterale skade wees in 'n gevolmagtigde stryd voor die ANC se verkiesingskonferensie
Senior bronne in die ANC meen die aanvalle op Gautengse voorsitter, Panyaza Lesufi, deur die party se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, is indirek gemik op adjunkpresident Paul Mashatile terwyl die party gereed maak vir sy 2027 verkiesingskonferensie.
Faksies, onderhandeling spanning, strategiese posisionering speel af teen ‘n ekonomie wat nie groei en infrastruktuur wat onder druk is. Daarby word sake vererger deur sistemiese korrupsie en swak ekonomiese beleid en die uitvoering van die beleid.
Die ANC ervaar tans interne verdeeldheid.  Hierdie faksies ding mee om beheer en invloed binne die party, wat onderhandelinge binne die RNE bemoeilik. Die is veral die Lesufi-Paul Mashatile wat sterk na vore getree het sedert die RNE gestig is. Die faksie sal verkies dat die DA moet uit en vervang word met ‘n RET-faksie wat partye soos MK en die EFF betrek.
Die rolspel het al prakties uitgespeel met die DA koalisie wat vervang is in Tshwane. Ironies is dat Gauteng op die oomblik swak regeer word maar dit verhoed nie vir Panyaza Lesufi om ‘n groter leierskap rol in die ANC te wil speel nie.
Netwerk 24 berig: Tyd om Gauteng te herbou – Lesufi Die herlewing van middestede in Gauteng is een van die hoofprioriteite van die provinsiale regering, het Panyaza Lesufi, premier, Donderdag op ’n beraad aan leiers van munisipaliteite in die provinsie gesê.
Gestel die RNE ontbind dan kan die magstryd in die ANC versnel waar Lesufi-Paul Mashatile beheer sal wil oorneem. Dit kan beteken dat Ramaphosa vroeër vervang kan word as ANC president. ‘n Lot wat voorgangers soos Thabo Mbeki en Jacob Zuma ook getref het.

Thursday Oct 24, 2024

Die sukses van Suid-Afrika se Regering van Nasionale Eenheid (RNE), wat ná die 2024-verkiesing gestig is, hang af van verskeie kritieke faktore en historiese lesse van vorige eenheidsregerings.
Elke week is daar nuwe spanning in die RNE rondom Bela, die NGV, Rusland en die nuutste spannings kwessie is die nasionale dialoog wat vir Desember beplan is.
Met die nasionale dialoog is die geleentheid aangekondig deur die Adjunkpresident Paul Mashatile vir 16 Desember  en die DA het dadelik laat weet hulle is nie geken in die reëlings nie.
Vroeër die week het die ANC en DA ook verskil oor Rusland. Maroela Media berig: Poetin g’n pel van DA John Steenhuisen en sy party distansieer hul van pres. Cyril Ramaphosa se opmerking dat Rusland “’n waardevolle bondgenoot en vriend” van Suid-Afrika is.
Die RNE het gevorm in reaksie op die gefragmenteerde politieke landskap waar geen party 'n meerderheid verseker het nie. Die ANC het, ondanks die feit dat hy 40% van die stemme gekry het, gekies vir 'n magsdeling reëling met ander partye, insluitend die DA en IVP.
Hierdie benadering het ten doel om stabiliteit te bevorder deur samewerking tussen diverse politieke entiteite, wat 'n breër tendens weerspieël wat in verdeelde samelewings waargeneem word waar sulke regerings gesien word as meganismes om konflik te versag en bestuur te bevorder.
Netwerk 24 berig die volgende oor geskille: Geskille in RNE oor Bela-wetgewing Donderdag bespreek
Geskille wat politieke partye in die regering van nasionale eenheid (RNE) oor veral die omstrede taal- en toelatingsbeleide vir skole in die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) het, word vandag bespreek.
Adj.pres. Paul Mashatile het dit Donderdagoggend bevestig voor ’n vergadering van die RNE se geskiloplossings- of sogenaamde Clearing House-meganisme (CHM) by Tuynhuis in Kaapstad.
Die meganisme dien as platform vir die tien RNE-partye om hul geskille oor wetgewing, beleid en ander landskwessies intern op te los.
Vir die RNE om doeltreffend te funksioneer, moet politieke elite samewerking bo verdeeldheid prioritiseer. Dit vereis 'n kulturele verskuiwing na aanspreeklikheid en wedersydse respek onder partyleiers, wat noodsaaklik is vir die bevordering van 'n stabiele bestuur omgewing.
Dit is juis hier waar Gauteng premie Panyaza Lesufi ‘n gaping gesien het om die RNE te verdeel. Hy het reeds suksesvol die volgende strategie uitgevoer:
Goedkeuring van Bela wetgewing met druk van sy kant af.
Die vervanging van die DA koalisie in Tshwane met een deur die ANC-EFF-ActionSA.
Gauteng te regeer met ‘n minderheidsregering.
Lesufi daag openlik die ANC se nasionale gesag uit en die nasionale leierskap het nie die politieke wil en vermoë om hom in lyn te kry nie.
Op die oomblik steur die ANC hom nie veel aan die mening van sy junior vennote in die RNE nie. Die verhouding is nie volhoubaar nie en die vraag ontstaan Gaan die RNE partye saam Kersfees sien ?

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125