Episodes
Friday Feb 07, 2025
Friday Feb 07, 2025
Mediakonferensie
ANC-leiers moet volle skuld dra vir Trump-uitsprake, sê AfriForum
Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanoggend tydens ’n mediakonferensie gesê president Cyril Ramaphosa en die ANC-leierskap moet die volle skuld dra vir die Amerikaanse president, Donald Trump, se uitspraak dat hy befondsing aan Suid-Afrika gaan staak.
AfriForum voer ook aan dat die Presidensie, die ANC en hul bondgenote se pogings om AfriForum die skuld vir Trump se uitsprake te gee, ’n duidelike poging van Ramaphosa en die ANC is om hulself te probeer verontskuldig vir die negatiewe gevolge van hul eie onbesonne, ekstremistiese beledsrigtings en optrede.
ANC beskuldig AfriForum van disinformasie
"Ons kan nie spekuleer oor die redes wat gelei het tot die onlangse aankondiging deur president Trump nie," het Magwenya aan die Mail & Guardian gesê.
“Al wat ons weet is dat daardie aankondiging ingelig word deur dinge wat nie waar is oor ons land nie, oor dinge wat nie waar is oor die wyse waarop ons wetgewing toepas nie. Oor watter besprekings in die Withuis plaasgevind het wat tot daardie aankondiging gelei het, kan ons nie spekuleer en parallelle trek met ander kwessies nie.”
SONA 2025: Ramaphosa reageer op Trump opmerkings: Ons sal nie geboelie word nie
Bloomberg berig: Die wêreld staar die opkoms van nasionalisme, proteksionisme, “die najaag van eng belange en die agteruitgang van gemeenskaplike saak in die gesig,” het Ramaphosa Donderdag in sy staatsrede in Kaapstad gesê.
"Ons is nie bang om ons pad deur hierdie wêreld te navigeer nie," het hy gesê sonder om Trump by die naam te noem. “Ons sal nie afgeskrik word nie. Ons is, as Suid-Afrikaners, ’n veerkragtige volk, en ons sal nie geboelie word nie.”
Reaksie op SONA
Dirk Hermann @SolidariDirk skryf: Die staatsrede van president Ramaphosa was ‘n ramp. Suid-Afrika is onder aanval oor sy rasbeleid. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het aangekondig dat hy nie die G20-samesprekings gaan bywoon nie, onder meer as gevolg van Suid-Afrika se rasbeleid.
In sy eerste groot openbare toespraak het president Ramaphosa aangekondig dat ‘n rasfonds van R100 miljard gestig gaan word, wat deur ‘n nuwe belasting op die privaatsektor gefinansier sal word. Strenger rasregulasies sal volg.
Ons moet Suid-Afrika red van die roekelose ANC. Solidariteit gaan die regering se rasbeleid en die rasfonds trompop loop. Rasregulasies beperk groei, en gewone werkers – 90% swart en 10% wit – betaal die prys. Alle werkers moet saamstaan teen die raselite.
Thursday Feb 06, 2025
Thursday Feb 06, 2025
Geen G20 vergadering vir VSA in SA
Maroela Media berig: Nog Amerikaanse politici kap na SA Marco Rubio, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het gesê hy sal nie die G20-gesprekke later vandeesmaand in Suid-Afrika bywoon nie.
Secretary Marco Rubio @SecRubio skryf Ek sal NIE die G20-beraad in Johannesburg bywoon nie. Suid-Afrika doen baie slegte dinge. Onteiening van private eiendom. Die gebruik van G20 om "solidariteit, gelykheid en volhoubaarheid" te bevorder. Met ander woorde: DEI en klimaatsverandering. My werk is om Amerika se nasionale belange te bevorder, nie belastingbetalersgeld te mors of anti-Amerikanisme te koester nie.
Kallie Kriel @kalliekriel skryf na aanleiding van Rubio se boodskap: Die Presidensie en die ANC sal AfriForum weereens valslik hiervoor blameer in 'n poging om die neem van verantwoordelikheid vir die negatiewe gevolge van hul eie onverantwoordelike beleid en gedrag te ontduik. Ramaphosa en die ANC is direk hiervoor verantwoordelik deur hul eie belange en ideologie bo die belange van Suid-Afrika se burgers te stel. Om die situasie reg te stel, is dringende wysigings aan die Onteieningswet en die BELA-wet nodig.
Joel Pollak @joelpollak skryf "Suid-Afrika se Onteieningswet het baie bepalings wat die staat te veel mag gee. ... Die Onteieningswet is geskryf op 'n manier wat beleggers en sakelui senuweeagtig maak om in Suid-Afrika te belê."
SA regering standpunt
Die SA regering het sy standpunt oor gespanne verhoudings tussen met die VSA bevestig, met Ronald Lamola, minister van internasionale betrekkinge wat aan sy eweknie in die VSA, Marco Rubio, gesê het dat die twee regerings "as gelykes sal betrek" - "nie met 'n bedelbak nie" berig News 24
Koersverandering nodig met SONA 2025
Regering het algehele koersverandering nodig, sê AfriForum in aanloop tot staatsrede
Die Suid-Afrikaanse regering het in die afgelope jaar ’n vernietigende trajek gehandhaaf wat beleid en praktyk betref en benodig nou ’n algehele koersverandering. Die drie mees omstrede en destruktiewe wette van die ganse bedeling is almal in die afgelope jaar bekragtig en kan Suid-Afrika op ’n weg van algehele verval laat afstuur. Die verantwoordelikheid rus nou op president Cyril Ramaphosa om in sy staatsrede te erken dat huidige ANC-beleid besig is om te misluk en dat alternatiewe weë ingeslaan moet word.
Die burgerregteorganisasie verwys hiermee spesifiek na die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys (BELA) en die Wet op Onteiening. Al drie hierdie stukke wetgewing sentraliseer mag in die hande van ’n korrupte regering, misken die grondwetlike regte van burgers en het die potensiaal om die ekonomie skade te berokken. Ramaphosa behoort in sy staatsrede as ’n absolute minimum vereiste die wyse te skets hoe die destruktiewe elemente van hierdie wetgewing ongedaan gemaak kan word.
Wednesday Feb 05, 2025
Wednesday Feb 05, 2025
Swartskaap status vir AfriForum
Die MSM media hak vas by onteiening sonder vergoeding en het gerieflik vir AfriForum die swartskaap gemaak.
Hierdie is ‘n botsing van ideologie, die waarheid en die geloofwaardigheid van die media. Daar is ‘n breuk tussen SA publiek en die plaaslike MSM wat minder geglo word.
Dirk Hermann wys die volgende uit: Solidariteit en AfriForum het nog altyd net in belang van Suid-Afrika opgetree. Ons verbintenis en liefde lê by hierdie land en sy mense. Die ANC het egter 30 jaar lank met elke mislukking nog net verkies om sondebokke vir hul eie misdrywe te probeer skep. In hierdie geval gaan ons nie toelaat dat hulle dit aanhou doen nie.
Nog konfrontasie gaan volg tussen die VSA en SA
Trump se opmerking is net die 1ste stap in ‘n rits gebeure waar daar konfrontasie tussen SA en die VSA gaan wees. Hou dop die besoek van Marco Rubio, die waarskynlike aanstelling van Joel Pollak as ambassadeur en kritiek van Elon Musk om nie te praat van verdere opmerkings van Trump se kant af nie. Op die oomblik kry Trump vinnig wat hy vra as daar gekyk word na Colombia, Mexiko en Kanada.
Die kans is goed dat Suid-Afrika toon doof gaan wees en nie mooi besef wat soek die VSA,
Daar is ook die groter prentjie rondom ander kwessies wat die VSA vies het Israel, Taiwan en steeds BEE en AA in Suid-Afrika.
Nie net Trump is vies vir SA nie maar die hele VSA administrasie soos Red Cruz aandui
Senator Ted Cruz @SenTedCruz The South African government seems to be going out of their way to alienate the United States and our allies. Their timeline to expel our Taiwanese allies from Pretoria is deeply troubling, undermines the national security interests of America and our allies, and will deepen tensions between the U.S. and South Africa. I intend to use my position as the chairman of the Africa subcommittee on the Senate Foreign Relations Committee to investigate these and other concerning decisions by South Africa.
Strategie werk vir VSA. Is dit volhoubaar teen groter lande soos China en die EU
Maroela Media berig: Trump wag eers met tariewe vir Mexiko en Kanada China het intussen teruggeslaan en heffings op die invoer van sommige Amerikaanse goedere aangekondig.
Cyril praat met Elon
Netwerk 24 berig: Cyril, Elon ‘het nommers uitgeruil, kan mekaar enige tyd bel’
Die presidensie wil nie bewerings bevestig of weerlê dat Elon Musk se pa, Errol, die telefoonoproep tussen Musk en pres. Cyril Ramaphosa gefasiliteer het nie.
Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, het Woensdag gesê dit is “irrelevant wie die oproep gefasiliteer het”.
Tuesday Feb 04, 2025
Tuesday Feb 04, 2025
Trump opmerking
Gesprek vlakke het gestyg te danke aan president Donald Trump se beskuldigings dat Suid-Afrika grond “konfiskeer”, wat ’n debat en verdeeldheid oor ras- en grondhervorming beleide in die land ontketen het. President Cyril Ramaphosa het hierdie beskuldigings verwerp en sy grondhervorming beleid verdedig. Trump se dreigement om Amerikaanse hulp aan Suid-Afrika te sny, het ook bygedra tot hernude ontledings oor hoe kry die ANC dit reg om die land so in die grond in te bestuur.
Opvoed van Trump
News 24 berig: Ná die Amerikaanse president Donald Trump se opruiende plasing oor die afsny van befondsing aan Suid-Afrika omdat die regering “grond konfiskeer”, sê president Cyril Ramaphosa hy sal Trump nie met ’n “bedelbak” betrek nie, maar hom eerder opvoed.
Ramaphosa beoog om Pretoria se standpunt oor die Onteieningswet duidelik te maak en enige wanopvattings en verkeerde inligting oor Suid-Afrika tydens sy samesprekings met Trump aan te spreek en reg te stel.
Dreigemente
Maroela Media berig: ‘ANC moet Trump-dreigemente ernstig opneem’ Kenners is dit eens dat enorme ekonomiese gevolge Suid-Afrika in die gesig sou staar as die VSA finansiële steun aan die land onttrek. Iets wat hulle meen al meer waarskynlik blyk te wees.
IRR waarskuwing
Beide president Cyril Ramaphosa en John Steenhuisen het die land 'n onreg aangedoen in hul reaksies op Amerikaanse president Donald Trump se dreigement om die implikasies van die Onteieningswet te ondersoek.
Die IRR het breedvoerig gewaarsku oor die gevolge van die ondertekening van die Onteieningswet, wat Suid-Afrika se ekonomie, sy planne vir groei en ons handelsverhoudinge in groot gevaar plaas.
SA kan nie bekostig om Agoa te verloor nie
Die vakbond Solidariteit het vandag herbeklemtoon dat dit noodsaaklik is dat Suid-Afrika se posisie as begunstigde van die “African Growth and Opportunies Act” (Agoa) beskerm moet word en dat Solidariteit sy werk op hierdie terrein, wat reeds die afgelope twee jaar tot uitgebreide skakeling met die Amerikaanse regering gelei het, sal voortsit.
Joel Pollak moontlik die nuwe VSA ambassadeur in SA
Daar is sprake dat Donald Trump vir Joel Pollak kan benoem as die volgende VSA ambassadeur in SA. Joel Pollak dien tans as die “Senior Editor-at-Large” van Breitbart News. Hy was voorheen Tony Leon se toespraak skrywer toe Leon leier van die opposisie in die parlement was. Hy ken Suid-Afrika goed.
Joel Pollak se skoonma was Rhoda Kadalie wat in 2022 oorlede is. Sy was krities oor die manier waarop die ANC die land regeer het.
Monday Feb 03, 2025
Monday Feb 03, 2025
Opmerking en strafmaatreëls.
Trump opmerking: Suid-Afrika is besig om grond te konfiskeer, en sekere klasse mense BAIE SLEG te behandel. Dit is 'n slegte situasie wat die Radikale Linkse Media nie so graag wil noem nie. 'n Massiewe skending van Menseregte vind op 'n minimum plaas vir almal om te sien. Die Verenigde State sal nie daarvoor staan nie, ons sal optree. Ek sal ook alle toekomstige befondsing aan Suid-Afrika afsny totdat 'n volledige ondersoek na hierdie situasie afgehandel is!
Elon Musk wat dien as Trump adviseur het toe beaam dat dit die waarheid is
Netwerk 24 berig: Trump dreig SA oor onteiening
Pres. Donald Trump van Amerika dreig om “alle toekomstige finansiering” aan Suid-Afrika op te skort hangende ’n ondersoek na onteiening. Trump het op sy sosialemedia-platform, Truth Social, gesê dat “sekere klasse mense” in Suid-Afrika “baie sleg” behandel word.
“Suid-Afrika neem beslag op grond en behandel sekere klasse mense BAIE SLEG,” het Trump in ’n inskrywing op Truth Social gesê. “Amerika sal dit nie duld nie. Ons sal optree. Ek sal ook alle toekomstige finansiering aan Suid-Afrika afsny totdat ’n volledige ondersoek na hierdie situasie afgehandel is!” het hy gesê.
Straf die ANC vra AfriForum
Onteiening: Straf ANC-leiers, nie gewone burgers, pleit AfriForum by Trump Straf eerder ANC-leiers as Suid-Afrika, pleit die burgerregteorganisasie AfriForum by pres. Donald Trump van Amerika.
ANC gee AfriForum die skuld
Die ANC het AfriForum, die skuld gegee vir 'n "rassistiese" wanvoorstelling van die land se grondhervormingsprogramme. Die ANC het gesê AfriForum se sentimente is nou versterk deur die VSA se president, Donald Trump.
Praat met VSA regering versoek die Solidariteit Beweging
Solidariteit Beweging gaan met Trump-administrasie praat
Die Solidariteit Beweging het aangekondig dat hy met die VSA regering in gesprek gaan tree oor pres. Donald Trump se uitsprake Sondagaand in die media oor Suid-Afrika.
Die Solidariteit Beweging is een van die grootste burgerlike bewegings in Suid-Afrika en verteenwoordig sowat twee miljoen Suid-Afrikaners en ʼn netwerk burgerlike instellings, waaronder Solidariteit en AfriForum. Die Beweging is reeds die afgelope paar jaar met verskeie Amerikaanse politici in verbinding om te verseker dat Suid-Afrika se verhouding met die VSA nie skipbreuk lei nie.
Regering standpunt
Netwerk 24 berig: Onteiening: Ramaphosa wil met Trump vergader Die Onteieningswet is nie ’n instrument vir beslaglegging nie. Dis ’n grondwetlik gemandateerde regsproses.
Friday Jan 31, 2025
Friday Jan 31, 2025
Suid-Afrikaanse regering se betrokkenheid by die Demokratiese Republiek van die Kongo
Die Suid-Afrikaanse regering se betrokkenheid by die Demokratiese Republiek van die Kongo word om verskeie redes gekritiseer met die volgende rooi ligte:
Onvoldoende militêre paraatheid:
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is gekritiseer vir 'n gebrek aan voldoende toerusting en hulpbronne om die wisselvallige situasie in die DRK te hanteer. Dit het gelei tot aansienlike ongevalle, met 13 soldate wat onlangs dood is wat SA op die agtervoet plaas.
Diplomatieke spanning:
Suid-Afrika se diplomatieke pogings is gespanne, veral met Rwanda, wat daarvan beskuldig is dat hulle die M23-rebelle ondersteun. Die spanning het die week merkwaardig verhoog met ‘n bek geveg in die media tussen die presidente van Suid-Afrika en Rwanda. Die president van Rwanda Paul Kagame het genoem sy land is reg vir konfrontasie met Suid-Afrika. President Ramaphosa se hantering van die konflik en uitsprake die week het sake net vererger. Die retoriek het Vrydag versag toe Clayson Monyela woordvoerder van buitelandse sake laat weet het die daar is nie “oorlog” tussen die twee lande nie en dat diplomatieke gesprekke plaasvind.
Die historiese spanning tussen Suid-Afrika en Rwanda het pogings bemoeilik om die konflik vreedsaam op te los. Thabo Mbeki het in 2024 die spanning volledig uitgewys.
Ekonomiese belange bo vredesbewaring:
Terwyl Suid-Afrika se betrokkenheid as 'n vredespoging beraam word, speel ekonomiese belange in die mineraalryke streke van die DRK ook 'n beduidende rol. Hierdie dubbele motivering kan die persepsie van hul rol in die konflik bemoeilik. Die woord Glencore word prominent op X genoem.
Miskenning van die kompleksiteit van die konflik:
Die konflik in die DRK is diep gewortel en betrek verskeie faksies. Suid-Afrika se benadering sal dalk nie hierdie kompleksiteite volledig aanspreek nie, wat tot voortdurende onstabiliteit lei. Die konflik is een van die langste aaneenlopende konflikte in die wêreld.
Onvoldoende internasionale koördinering:
SAOG hou noodberaad oor krisis op indruk te skep iets word gedoen. Maroela Media berig: SAOG hou noodberaad oor krisis in DRK Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) sal Vrydag ʼn noodberaad oor die krisis in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) in die Zimbabwiese hoofstad, Harare, hou.
DRK situasie stuur vinnig op ’n groter streeksoorlog af. Lees volledige ontleding op skakel:
-Jaco Kleynhans ontleding: Die situasie in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) stuur vinnig op ’n groter streeksoorlog af. Hierdie is ’n uiters komplekse konflik en ek is bevrees baie Suid-Afrikaanse beleidmakers verstaan dit nie.
Thursday Jan 30, 2025
Thursday Jan 30, 2025
Ramaphosa lieg aantyging
Spanning loop hoog tussen Suid-Afrika en Rwanda. Dit is nadat president Paul Kagame president Cyril Ramaphosa in die openbaar daarvan beskuldig het dat hy lieg berig eNCA
Die minister van verdediging Angie Motshekga dek tafel vir uitval
SABC News@SABCNews DEVELOPING berig: Minister van Verdediging, Angie Motshekga, het onthul dat president Cyril Ramaphosa 'n waarskuwing aan Rwandese magte moes uitreik dat voortgesette vyandelikhede teen die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in die DRK as 'n oorlogsverklaring beskou sal word.
Ramaphosa stuur tweet waarop Paul Kagame reageer.
Maroela Media berig: Ramaphosa verbreek stilte oor DRK Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagmiddag sy swye oor die geweld in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) verbreek en Suid-Afrikaners verseker alles moontlik word gedoen om die ontplooide soldate te ondersteun.
Rwanda president reaksie
Netwerk 24 berig: Rwanda bal vuis vir SA oor gevegte in DRK As Suid-Afrika konfrontasie verkies, sal Rwanda “die saak enige dag in daardie konteks hanteer”, dreig pres. Paul Kagame van Rwanda.
Kagame skryf so op sy X-rekening in reaksie op pres. Cyril Ramaphosa se verklaring Woensdag ná die dood van 13 Suid-Afrikaanse soldate in hewige gevegte in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK).
SA verbind tot vredesmag en Waterkloof lughawe is in rep en roer
Maroela Media berig: SA het ‘geen planne’ om troepe aan DRK te onttrek Maroela Media het intussen verneem dat nóg minstens 50 soldate gister na die Demokratiese Republiek die Kongo vertrek het.
Gesprekke op sosiale media kan soos volg opgesom word:
President Cyril Ramaphosa is gekritiseer vir sy reaksie op die dood van soldate.
Daar is 'n groeiende konsensus dat Suid-Afrika sy troepe aan die DRK moet onttrek en daarop moet fokus om die voortslepende krisis diplomaties op te los.
Sommige kritici voer aan dat president Ramaphosa se hantering van die situasie wanbestuur is, wat tot onnodige sterftes en toenemende spanning met Rwanda gelei het.
Daar is groepering wat heel opgewonde is oor die gedagte dat die konflik kan eskaleer.
Suid-Afrika het in die DRK in dryfsand beland en die konflik kan die land verder intrek. Suid-Afrika is strategies op die agtervoet met groot logistieke uitdagings, die SANW wat net ‘n skaduwee van sy voormalige self is. Verder het M23 en Rwanda die tuis voordeel. Die minister van verdediging Angie Motshekga is ook uit haar diepte as minister. Die kombinasie geskets kan toksies raak vir die land.
Die “rumble in the jungle” is nie ‘n slim plan nie en die situasie benodig water op die vuur en nie nog petrol nie. Verwag ook onthullings hoe ANC elite skep in die DRK se rykdom.
Wednesday Jan 29, 2025
Wednesday Jan 29, 2025
Kwytskelding vir eers na besluit
Reuters berig: Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het Dinsdag 'n kwytskelding uitgereik vir lewensreddende humanitêre hulp tydens 'n 90-dae pouse in buitelandse hulp terwyl Washington 'n hersiening onderneem, volgens 'n memo van die Staatsdepartement wat deur Reuters gesien is.
Slegs ure nadat hy 'n week gelede aangestel is, het die Amerikaanse president Donald Trump die pouse aangekondig sodat buitelandse hulpbydraes hersien kan word om te sien of dit ooreenstem met sy "America First" buitelandse beleid.
Die kwytskelding wat Dinsdag vir lewensreddende hulp uitgereik is, kom nadat Rubio aanvanklik Vrydag vrystelling gegee het vir noodvoedselbystand.
BusinessLive berig dat die Trump-administrasie sê befondsde SA MIV/vigs-vennote gestaak moet word. Alle buitelandse hulp word onderbreek hangende 'n hersiening van of befondsing ooreenstem met president se buitelandse beleid. Die besluit is vir eers nou gedeeltelik kwytgestel volgens BL.
Beleid besluit ontstel
Die Trump-administrasie se besluit om die verskaffing van lewensreddende middels vir MIV, malaria en tuberkulose, sowel as mediese voorrade vir pasgebore babas, te staak in lande wat deur USAID ondersteun word is prominent gister in die Suid-Afrikaanse media bespreek.
Hierdie aanvanklike besluit het wêreldwyd kommer ontlok, veral in Suid-Afrika, waar die impak op kwesbare bevolkings beduidend is. Die besluit word deur die Trump-administrasie gesien as deel van 'n breër patroon van besnoeiing van hulp en befondsing vir verskeie programme, beide plaaslik en internasionaal.
Ontleding van VSA posisie en redes vir beleid
Jaco Kleynhans @JacoKleynhans wys uit op X: Amerika is verantwoordelik vir 42% van alle globale besteding aan humanitêre hulp. Die VSA verskaf 54% van die Wêreldvoedselprogram se begroting en 39% van alle internasionale programme om landmyne op te spoor en te ontlont.
Een miljoen Rohingya-vlugtelinge word uitsluitlik deur die VSA in Bangladesj gevoed. Die Amerikaanse federale regering bestee tans byna $70 miljard per jaar aan buitelandse humanitêre hulp. Daarteenoor bestee China, die wêreld se tweede grootste ekonomie, skaars $7 miljard aan soortgelyke hulp.
Terwyl die Amerikaanse ekonomie 26% van die wêreldekonomie uitmaak en die Amerikaanse bevolking 4% van die wêreldbevolking is, verskaf die VSA dus 42% van alle globale humanitêre hulp.
Met die Amerikaanse federale regering wat tegnies bankrot is en 'n begrotingstekort van meer as 6% per jaar en staatskuld gelykstaande aan 100% van die BBP, is hierdie situasie onvolhoubaar. Ander groot ekonomieë sal eenvoudig hul bydrae moet begin verhoog.
RSG Op en Wakker podsend: Sal SA se buitelandse beleid ons in voet skiet? Jaco Kleynhans bespreek.
Tuesday Jan 28, 2025
Tuesday Jan 28, 2025
13 SANW-troepe sterf
Dailymaverick berig dat 13 SANW-lede in die laaste 5 dae gesterf het in gevegte teen M23 rebelle in Goma in die DRK. Die soldate van Suid-Afrika is deel van ‘n vredesmag.
Weermag ontken dat troepe SANW troepe oorgegee het na video verskyn
Siphiwe Dlamini, SANW-woordvoerder, het Maandagaand aan Daily Maverick gesê dat SANW-troepe tot hul basisse in Goma en Sake, 23 km noordwes, beperk is “in 'n baie gespanne situasie”.
Die troepe is omsingel en kan nie uitkom om behandeling vir hul gewondes te soek of om voorrade of versterkings te ontvang nie.
Dlamini het ontken dat die SANW sy hoofbasis by Sake prysgegee het. ’n Ontstellende video wat op sosiale media versprei is, wys hoe ’n SANW-soldaat ’n wit vlag by die basis hys.
Dlamini het die egtheid van die video bevestig, maar sê die wit vlag is gehys as deel van 'n kort wapenstilstand wat ooreengekom is tussen die SANW-magte en die M23/Rwandese mag om M23 toe te laat om hul dooies van die slagveld af te haal.
Nog 'n bron soos The Insight Factor staan by weergawe dat die wit vlag gehys is.
Ramaphosa praat met Rwanda se Kagame terwyl spanning eskaleer
TimesLive berig: President Cyril Ramaphosa het 'n telefoonoproep met sy Rwandese eweknie Paul Kagame gehou om die onlangse eskalasie van konflik in die oostelike DRK te bespreek, het sy kantoor laat Maandag gesê.
Dringende debat oor DRK
Maroela Media berig: Dringende parlementêre debat oor SA se weermag-ramp in DRK gevra Politieke partye het Maandag, met die nuus dat die M23-rebelle die stad Goma in die DRK ingeneem het, opnuut gevra dat daar dringend oor die lot van Suid-Afrikaanse soldate wat daar ontplooi is, besin word.
Onmiddellike ondersoek gevra
AfriForum eis onmiddellike ondersoek na dood van Suid-Afrikaanse soldate in die DRK AfriForum eis in ’n brief aan Angie Motshekga, minister van Verdediging en Militêre Veterane, ’n onmiddellike en deursigtige ondersoek na omstandighede wat ’n rol gespeel het in ’n M23-rebelle-aanval op ’n militêre basis by Sake, in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), waarin nege Suid-Afrikaanse soldate dood is.
Agtergrond
RSG Podsend: Waarom is SANW betrokke by vredesmag in DRK? Die nuus van die vredesmag in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo wat swaar verliese gely het die afgelope paar dae, het hoofopskrifte wêreldwyd gedomineer. Ons praat hieroor met George Rautenbach, 'n voormalige VN-vredesgesant in konflikgebiede in Afrika.
Monday Jan 27, 2025
Monday Jan 27, 2025
Ramaphosa teken wet
Onteieningswet plaas eiedomsreg in gedrang
Ná ’n vyf jaar lange proses van openbare raadpleging, debatte en dreigemente oor hofsake, het pres. Cyril Ramaphosa gister (23 Januarie) die Onteieningswet onderteken. Dié wetsontwerp is voor die 2024-verkiesing reeds deur die Nasionale Vergadering (NV) aanvaar en maak die onteiening van privaat eiendom sonder vergoeding moontlik.
Die wetsontwerp bepaal dat sowel roerende as onroerende eiendom, soos intellektuele eiendomsbesit, geraak word. Luidens ’n verklaring deur die Presidensie gaan hierdie wet plaaslike, provinsiale en nasionale owerhede in staat stel om vir verskeie redes grond (eiendom), wat in openbare belang is, te onteien.
AfriForum is sedert die ontstaan van dié wetsontwerp gekant daarteen en het aan elke proses deelgeneem totdat dit deur die NV aanvaar is. Die organisasie het toe reeds aangedui dat dit tot regsaksie sal oorgaan indien die wetsontwerp onderteken word. Volgens die AfriForum het die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) met die ondertekening van hierdie wetsontwerp ’n wesenlike bedreiging vir die reg op privaat eiendom in die land moontlik gemaak.
Regsroete
Netwerk 24 berig: Onteiening: Solidariteit sal help betaal as jóú eiendom in visier kom
Solidariteit is bereid om tot R1 miljoen by te dra tot regskoste indien die staat die nuwe Onteieningswet wil gebruik om enige boer of ander private eienaar sonder vergoeding te onteien.
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het dit Sondag bekend gemaak nadat pres. Cyril Ramaphosa dié omstrede wet Donderdag ten spyte van hewige teenkanting in die regering van nasionale eenheid (RNE) onderteken het.
Scenario’s wat kan uitspeel
Netwerk 24 berig: Onteiening, NGV ... Slagordes opgestel vir kabinet se lekgotla
Ná ’n stormagtige naweek waarin dit by tye gelyk het asof die regering van nasionale eenheid (RNE) se toekoms in die weegskaal was, wag die volgende toets vandeesweek met die kabinet se lekgotla.
Die ideologiese verskille tussen veral die ANC en die DA het die naweek duidelik geblyk weens verskille oor die ondertekening van die Onteieningswet.
Albei partye het vir samesprekings gevra, maar teen Sondagaand was daar nog nie enige formele aankondiging nie.
Sunday Times berig op sy voorblad: Die regering van nasionale eenheid (RNE) staar sy ernstigste krisis tot nog toe, met die DA wat dreig om sy steun te weerhou wanneer die regering volgende maand sy begroting in die parlement voorlê sou sy belange geïgnoreer word.









