Nuusagenda

Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Listen Notes
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Tuesday Oct 08, 2024

AfriForum het vandag bekend gemaak:  Die Gautengse Premier, Panyaza Lesufi, is na bewering ’n kernfiguur in ’n grootskaalse toesmeerveldtog van ongebreidelde korrupsie, geldwassery en bedrog wat die provinsiale regering nou al reeds honderde miljoene rande beloop en aan die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling toegeken is om maatskappye sonder winsoogmerk (MSW) te ondersteun. AfriForum se privaatvervolgingseenheid verteenwoordig nou ’n fluitjieblaser in hierdie saak en is die opdrag opgelê om die geïmpliseerde amptenare en hulle instaatstellers, insluitend politici, strafregtelik aanspreeklik te hou vir hierdie diefstal wat nou al vir byna ’n dekade aan die gang is.
AfriForum @afriforum video: Panyaza Lesufi geïmpliseer in beweerde toesmeer van korrupsie en dwarsboming van strafregtelike ondersoek.  Dis duidelik dat hy onbevoeg is en nie sy pos as premier van Gauteng waardig is nie. Lesufi moet waai.
Die profiel van hom wat styg en sy planne om die RNE te sink het veroorsaak dat Lesufi gister ontbied is na Luthuli-huis berig soos wat The Times berig: EXCLUSIVE | Mbalula summons Lesufi to Luthuli House over public anti-GNU remarks
Met die laaste verkiesing het die ANC nasionaal 40.18% van die stem gekry en in Gauteng waar hy die premier is van ‘n minderheidsregering het die ANC 34.76% gekry.
In ‘n opvolg berig deur The Times lyk dit of Lesufi die rondte gewen het: 2-0: Mbalula’s attempt to discipline Mtolo, Duma and Lesufi falls flat during officials meeting
Ferial Haffajee skryf in Dailymaverick na die verkiesing oor die ANC se steun wat gedaal het in Gauteng: “Lesufi het meer soos die emir van 'n ryk emiraat gedra, sy eie polisiemag gebou, slim stede beplan en lugkastele gebou. Op die ou end het Gauteng se kiesers teen sy merk van populisme gestem.”
Op die oomblik is daar nie sterk ander leiers in die ANC wat president Cyril Ramaphosa kan opvolg nie en Lesufi tree na vore as een van die logiese kandidate.  Vir Lesufi om president te word sal hy ‘n paar stappe moet doen:
Vernietig die RNE waar die DA ‘n sentrale vennoot is.
Konsolideer die sogenaamde RET faksie en verkry samewerking van veral die EFF en die MK.
Polities het Lesufi na die verkiesing strategiese suksesse behaal wat insluit:
Die ondertekening van Bela
Die verwydering van die burgermeester van Tshwane.
Die suksesse was egter tot Lesufi voordeel en nie noodwendig tot die voordeel van die ANC nie.  Indien Lesufi president word beteken dit dat Suid-Afrika meer van die slegte ANC beleid en ideologie kry wat op die oomblik nie werk nie.
Lesufi se ampstermyn as Gautengse Premier word gekenmerk deur wye kritiek en korrupsie. AfriForum het verlede week ‘n “Lesufi moet waai” veldtog geloods.

Monday Oct 07, 2024

Cosatu gebruik ’n stakingsertifikaat wat uit 2017 dateer vir goedkeuring vir sy nasionale staking oor die swak ekonomie en afleggings Maandag berig News 24.
Teen 14H00 het nie #Cosatu of ‘n staking verwante tema getrend op X nie. Weg is die dae waar Cosatu optogte en stakings duisende lede gelok is. Op Cosatu se X profiel het die video gedeel ‘n paar honderd stakers op. Net soos wat die ANC met die verkiesing in geplof het 40.18% stemme het Cosatu vandag gewys dat dit nie meer die noemenswaardige vakbond federasie van vroeër is nie.
Cosatu is ondersteun die vakbond federasie Fedusa wat in die verlede nie groot wat op die tipe optogte en stakings nie. Die vakbonde federasie SAFTU het nie die staking ondersteun nie.
Die hoof optog   was na die JSE in Johannesburg. Aksies is ook beplan vir  Amanzimtoti, Kaapstad, Durban, Oos-Londen, Jozini, Kimberley, Komatipoort, Pietermaritzburg, Polokwane, Rustenburg en Sasolburg.
Die landwye staking word om verskeie redes as 'n mislukking gekenmerk:
Gebrek aan deelname
Ten spyte van Cosatu se oproep om massadeelname om werkloosheid en ekonomiese kwessies aan te spreek, dui verslae daarop dat die opkoms aansienlik laer was as wat verwag is. Baie werkers het verkies om nie deel te neem nie, wat gelei het tot 'n gebrek aan sigbare impak van die betogings in groot stede.
Ekonomiese konteks
Die staking het plaasgevind in 'n uitdagende ekonomiese omgewing, gekenmerk deur hoë werkloosheidsyfers en stygende lewenskoste. Baie besighede en ekonomiese ontleders het egter aangevoer dat sulke stakingsaksies die reeds brose ekonomie verder benadeel.
Regs- en organisatoriese uitdagings
Cosatu se staking is wetlik beskerm onder Suid-Afrikaanse arbeidswette, maar tog was daar dispute oor die wettigheid van die stakingsertifikaat. Sakegroepe het hierdie sertifisering betwis, wat moontlik sommige potensiële deelnemers ontmoedig het om by die betogings aan te sluit weens vrese vir regsgevolge of kommer oor werksekerheid.
Openbare sentiment
Openbare sentiment teenoor stakings is gemeng. Alhoewel daar simpatie is vir die lot van werkers wat werkloosheid en ekonomiese swaarkry in die gesig staar, is daar ook frustrasie met voortdurende ontwrigtings wat deur stakings veroorsaak word.
Cosatu net soos die ANC is in ‘n krisis. Daar is ‘n interne stryd  oor sy organisatoriese beginsels en identiteit.  Histories was Cosatu 'n kritieke bondgenoot van die ANC, wat organisatoriese ondersteuning en legitimiteit verskaf het. Die verhouding het baie verswak in die Ramaphosa era.

Friday Oct 04, 2024

Die huidige landskap van Suid-Afrika se Regering van Nasionale Eenheid (RNE) openbaar aansienlike uitdagings, veral met betrekking tot die daarstelling van meganismes om beleidsdooipunte op te los.
Die Mail & Guardian wys op hul voorblad: RNE het steeds 'n 'veiligheidsnet' nodig.  Namate spanning binne die GNU toeneem, veral oor basiese onderwyswetgewing, NGV en metro’s soos Tshwane  word dit al hoe duideliker dat 'n robuuste veiligheidsnet noodsaaklik is vir effektiewe bestuur.
Die RNE is gevorm in reaksie op die verdelende aard van die onlangse nasionale en provinsiale verkiesings. Met lae kiesersopkoms en groeiende politieke vervreemding was die behoefte aan stabiliteit, vrede en doeltreffende bestuur nog nooit so krities nie. Die RNE se grondbeginsels beklemtoon konsensus-gebaseerde besluitneming, wat daarop gemik is om verskeie politieke faksies te verenig in die aanspreek van dringende kwessies soos armoede, werkloosheid en ongelykheid.
Ten spyte van hierdie voornemens het vordering met die skep van 'n gestruktureerde benadering om beleidsdooipunte op te los, tot stilstand gekom. Die gebrek aan 'n duidelike meganisme om meningsverskille tussen partye aan te spreek, hou risiko's vir bestuurstabiliteit in.
Hierdie dooiepunt is veral duidelik in gesprekke rondom ekonomiese bestuur en basiese onderwysbeleid, waar ideologiese verskille tussen koalisievennote tot beduidende wrywing lei.
Maandag 7 Oktober hou Cosatu ‘n artikel 77 staking onder Nedlac se beskerming teen werkloosheid. Nie net is dit ‘n mosie van wantroue teen die ANC nie. Dit ontbloot ook die spanning in die ekonomie omdat daar geringe groei is wat veroorsaak dat werkloosheid verhoog.
Engineering News berig: Busa het kommer uitgespreek oor die beplande landwye betoging op 7 Oktober deur Cosatu en gesê herhalende betogings, met die gebruik van “verouderde” sertifikate van die Nedlac plaas onnodige spanning op besighede en die ekonomie.
Business Tech berig: Suid-Afrika sal na verwagting in 2025 ekonomiese groei sien, maar top-regerings- en sakeamptenare is dalk te optimisties oor wat haalbaar is. Vroeër hierdie week het die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BER) die bekendstelling aangekondig van die Impumelelo Economic Growth Lab om  navorsingskapasiteit rondom ekonomiese hervorming te ondersteun. Die BEO het gesê dat die vier gebiede wat die belangrikste winste in die kortste tyd sal bring, is:
Elektrisiteitshervormings en die bekostigbare prys van elektrisiteit – Volhou die vermindering in beurtkrag deur momentum op die elektrisiteitsprogram te handhaaf
Hawens en spoorhervormings – Verhoog uitvoervolumes, veral vir nywerhede wat werkskeppers is soos landbou en mynbou.
Water – Verbeter dienslewering sal sakevertroue verhoog en investering aanmoedig
Misdaad, korrupsie, bestuur en ander hervormings—Verbeter sakevertroue deur die grys lys te verwyder, visumhervormings te finaliseer en plaaslike regeringsbestuur te verbeter.
Om die ekonomie te laat groei moet die RNE werk. Op die oomblik bedryf elke party in die RNE sy eie agenda en trek in sy eie rigting. Die werkswyse is tot nadeel van Suid-Afrika.

Thursday Oct 03, 2024

AfriForum het ’n beroep op die DA en die VF+ gedoen om hul posisies in die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) te heroorweeg indien die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA) nie gewysig word nie weens verskeie kritieke bekommernisse rondom kulturele bewaring, opvoedkundige regte en politieke aanspreeklikheid.
Politieke aanspreeklikheid
AfriForum se oproep aan die DA en VF+ om hul deelname aan die RNE te heroorweeg, is gewortel in kommer oor politieke aanspreeklikheid en verteenwoordiging. AfriForum wys uit dat die vinnige vordering van die BELA-wetsontwerp deur parlementêre prosesse 'n verontagsaming van die openbare mening en 'n onwilligheid om in betekenisvolle dialoog met geaffekteerde gemeenskappe betrokke te raak toon.
AfriForum loods ‘n petisie : Lesufi moet waai
 Die tyd is nou! Lesufi moet waai. Eis Lesufi se afdanking hier. Voeg jou naam by as jy glo Lesufi moet bedank en ons toekoms beskerm word!
AKSIEberaad op 10 Oktober
Die Solidariteit Beweging hou in samewerking met die Skoleondersteuningsentrum SOS, Solidariteit en AfriForum 'n eksklusiewe Bela-AKSIEberaad.  'n Plan van aksie gaan onder andere bespreek word om die vyandige artikels oor taalbeleid in ons skole stop te sit.
Nasionale ‘dag van protes’
Solidariteit beplan op by Nedlac ‘n artikel 77 sertifikaat te kry sodat hul ‘n Nasionale ‘dag van protes’ teen die Bela-wet kan hou.  Solidariteit se rede is: “Ons is uiters gefrustreerd met die ANC se houding teenoor Bela, spesifiek die van die ANC in Gauteng.  
Bou van nuwe skole
Minstens 17 skole in Gauteng staan halfklaar weens bouwerk wat sloer en die provinsiale departement van infrastruktuurontwikkeling wat glo nie die nodige kapasiteit het nie berig Maroela Media
Kulturele bekommernisse oor opvoedkundige regte
AfriForum wys uit dat die BELA-wetsontwerp kulturele etniese suiwering daarstel, spruit uit die potensiaal daarvan om Afrikaanstalige onderwys af te breek, gemeenskapsbestuur te ondermyn en historiese patrone van kulturele onderdrukking te weerspieël.
AfriForum  beskou hierdie ontwikkelings as nie bloot wetsveranderinge nie, maar as eksistensiële bedreigings vir hul kulturele identiteit en regte binne Suid-Afrika se opvoedkundige raamwerk.

Wednesday Oct 02, 2024

Sedert Panyaza Lesufi in Oktober 2022 sy amp as Premier van Gauteng aanvaar het is baie politieke beloftes gemaak maar min tasbare suksesse vir die provinsie se inwoners.
Die ANC het 'n aansienlike afname in kiesersteun in Gauteng ervaar. In die vanjaar se  verkiesing het die ANC net 34% van die stemme behaal van 50.19% wat in 2019 behaal is.
Na die baie swak verkiesings uitslag het Lesufi verkies om eerder ‘n minderheidsregering in Gauteng te vorm teenoor die nasionale voorbeeld waar ‘n Regering van Nasionale Eenheid geskep is deur die ANC saam met ander politieke partye.  Lesufi wou geen mag aan die DA gee al is dit tot nadeel van Gauteng.
Die Social Research Foundation meningsopname het vandag bekend gemaak dat 60% van kiesers hou van die RNE.  Kieser sentiment bots met Lesufi se planne om die RNE tot niet te maak.
Geen ANC president het vir twee termyne gedien nie.  Lesufi wil nie net die RNE vernietig nie maar hy het ook die ambisie om vir Cyril Ramaphosa op te volg.
Op die oomblik probeer Lesufi die indruk skep dat hy en Helen Zille koppe stamp en dat hy die ondersteuning van die ANC geniet.  Die uitval tussen Lesufi en Zille kan die tafel dek vir die ontbinding van die RNE wat een van Lesufi se doelwitte is.
Lesufi het sedert die verkiesing twee kwessie gedryf naamlik die ondertekening van Bela en die verwydering van die burgermeester van Tshwane. Rondom Tshwane stuur die ANC onder Lesufi hom nie veel aan dreigemente of ultimatums nie.
Via ‘n video vra Kallie Kriel: AfriForum vra DA en VF+ om RNE te heroorweeg sou Bela-wet bly Die burgerregteorganisasie AfriForum se direksie het eenparig besluit om die DA en VF+ amptelik te versoek om hulle deelname aan die regering van nasionale eenheid (RNE) in heroorweging te neem sou die klousule in die Bela-wysigingswet wat die voortbestaan van Afrikaanse skole bedreig, onveranderd geïmplementeer word.
Kallie Kriel  wys uit: (Grafika op skakel)  Hier is die bewys dat Panyaza Lesufi die grootste hindernis is tot toegang tot kwaliteit onderwys, nie die Afrikaanse taal wat hy so verafsku nie. Onder Lesufi se termyn as LUR vir Onderwys in Gauteng het die aantal skole afgeneem, terwyl die aantal leerders met byna 340,000 gegroei het.
Op sy beurt weer het Solidariteit Nedlac genader vir ‘n seksie 77 sertifikaat vir ‘n dag van protes rondom Bela.
“Gauteng is ’n gemors, met onvoltooide bouprojekte rondom Suid-Afrika se ekonomiese spilpunt. Tog beweer amptenare teen al die bewyse dat geen geld gemors is nie, terwyl die premier se gloeilamp-oomblik die behoefte is aan "verbeterde projekbestuur" wys Currencynews uit.
Daar is olifante in die kamer soos motoriste wat R43 miljard betaal het aan e-tol en nadat dit geskrap is meegedeel is dat hul nie vergoed gaan word nie soos wat  Maroela Media bevestig:   E-tol | ‘Motoriste gaan nie geld terugkry’  
Op die oomblik word die Lesufi minderheidsregering in Gauteng nie tot verantwoording geroep nie met geen aanspreeklikheid. Lesufi verbloem sy politieke mislukking met retoriek. Dit is nie ‘n volhoubare model nie.

Monday Sep 30, 2024

Die magstryd binne die ANC het al hoe meer kompleks geword, en dit behels hoofsaaklik faksies wat in lyn is met Cyril Ramaphosa en Panyaza Lesufi, laasgenoemde is 'n prominente figuur in die ANC en die Gautengse premier. Hierdie interne konflik weerspieël breër kwessies van bestuur, korrupsie en party lojaliteit.
Die Lesufi faksie dryf twee kwessie op die oomblik:
Die opmerklik gekoördineerde poging dat Bela volledig geïmplementeer moet word.
Verwydering van die burgermeester van Tshwane .
Met beide kwessies het die Lesufi faksie wat ook radikale ekonomiese transformasie (RET) voorstaan  veld gewen en momentum gekry vir opvolg aksies.
Lesufi se doelwit en uitkoms is dat die RNE moet misluk. Cyril Ramaphosa moet bedank en Lesufi vir Ramaphosa moet opvolg as volgende president van die ANC en by implikasie van SA.
Lesufi was baie vermakerig op X rondom die Tshwane besluit en die volgende tweet vir Helen Zille gestuur: Gogo @helenzille the decision to support the Motion of No Confidence was taken by the NATIONAL Working Committee of the ANC and no amount of propaganda and misuse of media houses will change that narrative. The decision to not incorporate the DA in the Gauteng Government of Provincial Unity was also taken by the National Leadership of the ANC, the sooner you accept this reality the sooner the healing process will begin. The BELA Bill (Act ) was approved by the ANC NEC subcommittee on Education and Health and fully voted by all MPs of the ANC in parliament not Gauteng. Insult us as you wish. Call us names like roque as you wish, reality is the ANC will never be a branch of the DA.
Lesufi het dan ook vir Zille gekap en genoem sy kan nie die ANC voorskryf nie.
Netwerk 24 berig: Ramaphosa, Lesufi kan nie albei septer swaai in ANC, sê Zille
Wie swaai werklik die septer in die ANC? Dit is óf pres. Cyril Ramaphosa, nasionale ANC-leier, óf Panyaza Lesufi, Gautengse premier en provinsiale ANC-voorsitter, maar dit kan nie albei wees nie, sê Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad.
William Gumede wys in die Sunday Times uit:   Ramaphosa moet die ANC se anti-RNE-faksie weerstaan Daar is sterk opposisie teen die RNE binne die ANC, sowel as van partye wat daarvan weggebreek het, soos die MK en die EFF, wat werk om dit te laat misluk. Die uitslag van die ANC se opvolg stryd, wat sal bepaal wie as partyleier by Cyril Ramaphosa gaan oorneem, sal afhang van die sukses van die RNE.
Kwessie wat tans verder spanning in die ANC bring is:
Thembi Simelane wat betrokke is by ‘n VBS skandaal.
Paul Mashatile betrokke R85 miljoen twyfelagtige transaksie van persone naby aan hom.
Die magstryd tussen hierdie faksies weerspieël dieper kwessies binne die SA politiek. Lesufi sal doelbewus Ramaphosa se mag bly uitdaag. Die uitslag van hierdie stryd sal nie net die ANC nie, maar ook Suid-Afrika se politieke landskap beïnvloed.

Friday Sep 27, 2024

Die koalisieregering van die Demokratiese Alliansie (DA) in Tshwane is ontbind nadat ActionSA aan die veelpartykoalisie onttrek het, wat 'n mosie van wantroue teen burgemeester Cilliers Brink moontlik gemaak het. Hierdie stap het die Stad Tshwane in politieke onstabiliteit gedompel.
AfriForum se reaksie op die gebeure is: Ons sal self! Verbrokkeling van Tshwane-metro-koalisie onderstreep noodsaaklikheid van selfdoenaksies
Selfdoenaksies nou belangriker as ooit om gemeenskappe te red. Dít is AfriForum se reaksie op die nuus dat die burgemeester van die Tshwane-metro, Cilliers Brink, uit sy amp verwyder is ná die ANC en ActionSA saamgespan het, met behulp van die EFF, om ’n mosie van wantroue teen hom te bring.
Met gebeure in Tshwane kom die status van die RNE onder druk. Netwerk 24 berig:  DA in Gauteng vra Steenhuisen om met Cyril te praat
Die DA in Gauteng het ’n versoek gerig aan sy nasionale leier, John Steenhuisen, om met pres. Cyril Ramaphosa te vergader oor die toekoms van die regering van nasionale eenheid (RNE).
Solly Msimanga, DA-leier in Gauteng, sê die versoek is egter nie ’n dreigement om die RNE te laat verbrokkel nie.
Opvallend was ActionSA nog 2 maande gelede gelukkig oor die koalisie. Maroela Media berig: Nee, ons lei nié aan geheueverlies – ActionSA ná stemming  Die DA sê 26 September 2024 sal die geskiedenis ingaan as ʼn dag waarop ʼn rugsteker ʼn funksionele regering laat sink het, en sodoende stabiliteit vir chaos verruil het.
Netwerk 24 berig: Tshwane: 'Brink sal weer as burgemeesterskandidaat voorgestel word'
Die DA sal Cilliers Brink weer as kandidaat vir burgemeester voorstel, sê Solly Msimanga, die party se leier in Gauteng. Hy en Brink, wat Donderdag as burgemeester van die Tshwane-metro uitgeskop is, het Vrydagoggend ’n nuuskonferensie toegespreek.
Die ineenstorting van die Tshwane-koalisie verteenwoordig 'n groot politieke verskuiwing, met die DA wat ná 8 jaar beheer oor die hoofstad verloor het.
Die ineenstorting van die Demokratiese Alliansie (DA) koalisieregering in Tshwane en die vorming van 'n nuwe koalisie gelei deur die ANC-faksie van Gautengse premier Panyaza Lesufi wek kommer oor die toekoms van dienslewering in die hoofstad. Potensiële langtermyn-effekte sluit:
Omkeer van dissiplinêre aksies en inmenging in tenders
Stedelike verval en diensleweringsmislukkings
Destabilisering van Tshwane se instellings
Potensiële ommekeer van finansiële regruk pogings
Die  DA  waarsku dat die nuwe ANC-geleide koalisie in Tshwane ernstige risiko's van korrupsie, diensleweringsmislukkings en institusionele onstabiliteit inhou wat die vordering wat onder die vorige veelparty regering gemaak is, ongedaan kan maak. Die ANC en sy vennote sal  aanvoer hulle kan beter dienste aan alle inwoners lewer.

Thursday Sep 26, 2024

Cilliers Brink, wat vir 17 maande as burgemeester van Tshwane gedien het sal waarskynlik vanmiddag verwyder word.  (Die opname is 14H00 gemaak en toe was mosie van wantroue nog nie ingestel nie)
Netwerk 24 berig : ANC se nasionale leierskap steun mosie om van Brink ontslae te raak “Ná ’n vergadering wat tot in die middernagtelike ure van Donderdag geduur het, het die ANC se nasionale leierskap sy steun gegee vir die mosie van wantroue teen Cilliers Brink, burgemeester van Tshwane.”
Hierdie stap word grootliks beskou as 'n reaksie op die koalisieregering onder leiding van Brink, wat vordering gemaak het in infrastruktuur en dienslewering ondanks voortdurende uitdagings. Brink se administrasie is gekenmerk deur pogings om korrupsie te bekamp en stadsbestuur te verbeter, wat sommige faksies binne die ANC en ander opposisiepartye beskou as 'n bedreiging vir hul politieke invloed. Onder DA beheer het dit moeiliker geraak om korrupsie te bedryf in Tshwane.
Implikasies van Brink se  verwydering behels:
Verskuiwing in magsbalans: As Brink en sy koalisie vennote verwyder word, kan dit lei tot 'n aansienlike magsverskuiwing binne die Tshwane-raad. Met die hulp van ActionSA en die EFF gaan die ANC beheer oorneem.  Dit sal 'n terugkeer na tradisionele party-oorheersing deur die ANC in die metro aandui, wat sedert die laaste plaaslike verkiesing deur koalisiebestuur beheer is.
Impak op koalisiepolitiek: Die verwydering sal waarskynlik die huidige koalisieregering destabiliseer. ’n Suksesvolle mosie teen Brink kan ander partye aanmoedig om koalisies regoor Suid-Afrika uit te daag, wat lei tot verdere fragmentering van opposisie-alliansies. Dit het ‘n invloed nasionaal, provinsiaal asook op munisipale vlak.  Gestel die DA onttrek uit die provinsiale koalisie in KZN dan kan MK die nuwe regering daar vorm. Frans Cronje wys op BizNews uit dat mosie wat Brink gaan verwyder aantoon dat daar ‘n kraak in die RNE ontstaan en deur oopmaak vir ‘n ANC koalisie met die EFF.
Cronje verwys ook na die rol wat MICE (Money, Ideology, Compromise (Coercion), Ego-driven motive) speel.   MICE is 'n akroniem wat in die politiek gebruik word om die vier primêre motiewe agter mag te beskryf: Geld, Ideologie, Kompromie en Ego. Om hierdie motiverings te verstaan, is van kardinale belang vir die erkenning van potensiële interne bedreigings en die gedrag van politieke akteurs te verstaan.
Openbare sentiment en bestuur: Brink se administrasie het glo openbare dienste verbeter, soos om slaggate reg te maak en infrastruktuur te verbeter in gebiede wat onderhou word. Sy verwydering kan hierdie winste omkeer, wat lei tot openbare ontevredenheid as daaropvolgende leierskap nie daarin slaag om dienslewering standaarde te handhaaf of te verbeter.
Toekomstige politieke strategieë: Die DA en sy bondgenote beywer hulle aktief teen die mosie van wantroue en stel dit as 'n magsgreep deur die ANC voor. Sou Brink aanbly, kan dit die koalisie se posisie verstewig en 'n presedent skep om soortgelyke mosies in ander munisipaliteite te weerstaan. Omgekeerd, as hy verwyder word, kan dit die DA aanspoor om sy strategieë en alliansies te heroorweeg om vorentoe te beweeg.
Brink se potensiële verwydering as burgemeester bedreig nie net sy administrasie nie, maar hou ook breër implikasies in vir Tshwane se politieke landskap, koalisiebestuursdinamika en openbare diensleweringsuitkomste.
 
Verwag meer wanbestuur en korrupsie: Toe die ANC Tshwane beheer het was wanbestuur en korrupsie aan die orde van die dag. Dit sal geen verrassing wees as die euwels weer kop uitsteek nie.
Die Rol van Panyaza Lesufi  Die verwydering van Brink wys ook dat Panyaza Lesufi die ANC nasionaal ondermyn. Lesufi sal die politieke skuif gebruik as basis om mag te konsolideer en waarskynlik homself dan later beskikbaar te stel as opvolger vir Cyril Ramaphosa as leier van die ANC.
Die manier waarop minderhede hul lot in die ANC se hande vertrou sal ook wantroue skep.
Netwerk 24 berig: Alida Kok: Kan CR se ANC Lesufi s’n keer? Die erns van die hou wat die ANC aan die regerende koalisie in Tshwane toedien in vandag se mosie van wantroue teen Cilliers Brink, die burgemeester, sal ook ’n aanduiding wees van hoe geslaag insette vanuit die Afrikaanse gemeenskap deur die ANC in vlakke van regering geïntegreer word.
As Ramaphosa se ANC op nasionale vlak kan verhinder dat Panyaza Lesufi se ANC in Gauteng met die EFF saamwerk of – nog beter – as Brink op ’n manier gered word, wink ’n nuwe politiek van verhoudinge en onderhandeling.
Die verwydering van die DA koalisie in Tshwane is Lesufi se tweede wen in twee weke nadat hy die ondertekening van die Bela-wetgewing deurgedruk het.
Daar sal aangepas moet word by die absurde situasie om die RNE nasionaal te ondersteun maar op provinsiale en munisipale vlak opposisie politiek te bedryf.
Op die oomblik is daar ‘n RNEphoria nasionaal maar die ANC gebruik steeds sy “Balance of Forces” strategieë vir politieke gewin provinsiaal en op munisipale vlak. Dit is nie ‘n verhouding wat volhoubaar kan bly voortbestaan nie.
Na Lesufi se Tshwane sukses sal hy sy politieke visier daarop stel om die RNE tot niet te maak. Hy sal ook sy posisie verstewig en sy hand opsteek om Cyril Ramaphosa se opvolger te word.

Wednesday Sep 25, 2024

Die eerste 100 dae van Suid-Afrika se Regering van Nasionale Eenheid (RNE), wat ná die verkiesing op 29 Mei 2024 begin het, is gekenmerk deur beide prestasies en uitdagings.
Prestasies en positiewe neigings sluit in:
Vorming en samewerking: Die RNE, wat die African National Congress (ANC), die Demokratiese Alliansie (DA), Vryheidsfront Plus (VF+) en die Patriotiese Alliansie (PA) insluit, is gestig met 'n duidelike verbintenis om saam te werk vir die land se belange. 'n Verklaring van voorneme is deur hierdie partye onderteken om aanspreeklikheid, deursigtigheid en goeie bestuur te bevorder. Daar was egter reeds verskillende vertolking van die samewerking met president Ramaphosa wat verlede week die Bela-wetgewing onderteken het met groot teenstand van die ander vennote.
Strategiese prioriteite: Die regering het drie strategiese prioriteite uiteengesit: die dryf van inklusiewe groei en werkskepping, die vermindering van armoede en die bou van 'n bekwame staat. Hierdie prioriteite is beklemtoon tydens die eerste Kabinet Lekgotla, waar ministers saamgewerk het aan die implementering van aksies wat in lyn is met hierdie doelwitte. In praktyk ondergrawe die ANC van die prioriteite soos byvoorbeeld die ANC wat Donderdag die Tshwane Burgermeester wil vervang met die hulp van die EFF.
Positiewe ontvangs: Leiers van die verskillende partye het optimisme uitgespreek oor die RNE se begin, wat aandui dat samewerking tussen ministers duidelik is en dat hulle gesamentlik nasionale uitdagings aanspreek. Business Tech berig: “Ramaphosa het op 24 September vir die eerste keer sedert die stigting van die RNE met die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies (VN) gepraat en probeer om 'n boodskap van hernieude optimisme in Suid-Afrika oor te dra.
Ander rolspelers is egter meer skepties byvoorbeeld as dit kom by die implimentering van die NGV as een kwessie. Daar is egter ‘n RNEphoria gevoel in die ekonomie. Baie soos die Ramaphoria van 4 jaar gelede wat toe verdamp het in swak ANC beleid.
Uitdagings en negatiewe kragte behels:
Diverse belange: Ten spyte van aanvanklike suksesse, is daar inherente uitdagings in die bestuur van die diverse belange van die koalisievennote. Politieke ontleders het opgemerk dat die bereiking van konsensus oor omstrede kwessies deurslaggewend sal wees vir die RNE se volhoubaarheid en doeltreffendheid. Voorbeelde hiervan is Bela, NGV en die Tshwane koalisie.
Publieke verwagtinge: Suid-Afrikaners het hoë verwagtinge van die RNE om vinnig tasbare resultate te lewer. Die regering se vermoë om aan hierdie verwagtinge te voldoen, sal 'n beduidende faktor wees in sy vermeende sukses oor tyd. Mens kry egter die indruk dat minister aangestel buite die ANC eerder optree as brandweermanne wat ANC krisisse moet hanteer soos die befondsing van Onderwys.
Wetgewende struikelblokke: Die RNE staar wetgewende uitdagings in die gesig, aangesien dit die kompleksiteite van die aanvaarding van wetsontwerpe navigeer, terwyl dit verseker dat alle partye tevrede is met die uitkomste. Die onlangse goedkeuring van die BELA-wet het sekere meningsverskille onder koalisielede oor spesifieke bepalings uitgelig.
Ideologiese verskille: Die vakbond SADTU hou tans hul 10de kongres. Die vakbond is deel van Cosatu wat op sy beurt deel is van die 3 party alliansie in die ANC. Die kongres tema is: "Mobilisering van bewussyn en verenig revolusionêre professionele persone om fundamentele leer en funksionele vaardighede te versterk vir inklusiewe ekonomiese groei in die nastrewing van 'n sosialistiese samelewing." Daar is ‘n DA minister van onderwys wat die departement moet bestuur waar die meerderheid onderwysers in die land eerder ‘n sosialistiese rewolusie wil bevorder eerder as net om goeie onderwysers te wees.
Dan is daar ‘n begrotingstekort in onderwys en soos wat Netwerk 24 dit beskryf: Besnoeiings in basiese onderwys ’n ‘nasionale krisis’ na afloop van ‘n mediakonferensie deur die minister.
Daar is ook die kwessie van SEB-wetgewing wat die ekonomie lamlê. ‘n Internasionale rolspeler soos Starlink wil nie beleggings in SA doen weens die uitspeel van SEB.
Opsommend die volgende: Oor die algemeen, terwyl die eerste 100 dae van Suid-Afrika se Regering van Nasionale Eenheid belowende tekens van samewerking en strategiese fokus toon, is die pad vorentoe belaai met uitdagings wat versigtige navigasie vereis om langtermyn sukses en stabiliteit te verseker. Daarby is die ANC intern verdeel met die Lesufi-faksie wat hom openlik beywer om die RNE te sink.

Friday Sep 20, 2024

Goeie bestuur kan nie swak beleid en ideologie regruk nie. Kombineer jy swak bestuur met swak beleid en ideologie dan is ‘n ramp jou voorland.
Maroela Media berig: ‘Katastrofiese sensus’ kan stede se begrotings knou Die kop van die statistikus-generaal word geëis noudat die ernstige gevolge van die onlangse gebrekkige sensusopname al hoe duideliker word.
Netwerk 24 berig: Tesourie: Swak sensus besnoei geld vir 7 m. armes, 30% van metro-beursies
Die domino’s hou aan val soos die nadraai van die erg problematiese gevolgtrekkings van die 2022-sensus die tesourie nou noop om meeste metro’s se toedelings te besnoei en 6,8 miljoen armes te ignoreer.
Die nasionale tesourie kon met die publikasie van die nasionale begrotingsraamwerk in Februarie reeds nie al sy nodige bevolkingsdata van 2011 af tot meer onlangse syfers opdateer nie weens die afwesigheid van belangrike data uit die jongste sensus van 2022.
Nou sal hy nie eens die middel-van-die-jaar-ramings, wat drasties verskil van die sensus, kan benut om voorsiening te maak in die begroting vir miljoene mense wat nie met die sensus getel is nie.
Verder word hy nou genoop om armoedevlakke van 2011 te benut om te bereken hoeveel arm huishoudings in die land tans ondersteuning benodig – al is daar volgens meer akkurate maar nietoelaatbare data nou 6,8 miljoen meer armes.
Die sensus van 2022 is 11 jaar pleks van die gewone 10 ná die vorige een in 2011 gedoen.
Met opnames wat tydens Covid-19-inperking moes geskied, het talle probleme vroeg al begin kop uitsteek. Dit is egter eers met die publikasie van die syfers in Oktober verlede jaar dat die omvang van die tekortkominge duidelik geword het.
Oorweldigende steun teen Bela-wet groei steeds: AfriForum-petisie nou verby 200 000 kerf
AfriForum se Stop Bela-petisie (www.stopbela.co.za) teen die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys 32 van 2024 groei steeds. ’n Dag nadat die 150 000 kerf verbygesteek is, het die aantal ondertekenaars tot meer as 200 000 gestyg. Dit is ’n duidelike bewys van die publiek se sterk teenstand teen hierdie wet met sy verskeie ondeurdagte en gevaarlike bepalings.
Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, is dit duidelik dat die publiek baie ernstig teen die wet se aanslag teen Afrikaanse skole en kinders is. Hulle besef ook dat die implementering daarvan ’n ernstige bedreiging vir die toekoms van gehalte onderrig en moedertaalonderrig oor die algemeen in die land sal inhou.
Solidariteit verwelkom verligting wat rentekoersverlaging meebring
Solidariteit verwelkom die besluit van die Reserwebank se monetêre beleidskomitee om met ʼn rentekoersverlagting van 25 basispunte broodnodige verligting aan huishoudings reg oor die land te bring.
“Hierdie rentekoersverlaging is heel waarskynlik nog nie genoeg om die ekonomie weer behoorlik aan die gang te kry nie, maar almal wat huis- en motorpaaiemente afbetaal, sal darem ʼn mate van verligting voel.

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125