Nuusagenda

Die Nuusagenda kyk na die belangrikste nuus van die dag in Suid-Afrika. Die Nuusagenda is opgestel en opgeneem deur Reint Dykema, Kennisbestuurder by AfriForum Navorsingsinstituut.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Listen Notes
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Friday Nov 01, 2024

Die Voortrekkermonument in Pretoria het saans 'n oranje gloed in solidariteit met die BELA-protes wat op 5 November  op die perseel gehou word.
Gisteraand het ek die oranje Voortrekkermonument gaan afneem. Dit was ‘n tegniese foto waar die uitdaging was om die oranje te wys in die nag en steeds die skerpheid en statuur van die monument te behou.
Ek het die monument van ‘n aantal hoeke afgeneem. Voor die monument en sentraal is die standbeeld van die vrou met twee kinders wat deur Anton van Wouw geskep is, wat 'n Voortrekkervrou en haar twee kinders uitbeeld.
Hierdie beeldhouwerk is 'n huldeblyk aan die krag en moed van Voortrekkervroue tydens die Groot Trek, en weerspieël hul lewensbelangrike rol in baanbrekerswerk en hul families te midde van die swaarkry wat hulle tydens hul reis ondervind het.
Soos wat ek nader aan die monument beweeg het, het die kamera lens al wyer geword en die standbeeld meer sentraal en prominent.
Vandag toe ek die foto’s uitsoek en tegnies versorg vir media gebruik tref die foto van die standbeeld van die Voortrekkervrou en haar twee kinders my weer. Die volgende gedagte oor Bela kom op: Besef ons werklik wat is ons besig om te verloor vir ons kinders en hulle kinders.
Die optog van 5 November is vir die Afrikaner ‘n saak van erns. Op 4 November kom meer as 50 Afrikaner-organisasies bymekaar om hul steun te gee.
Daar is baie gepraat en geskryf oor Bela en die gevare wat dit inhou.
Ernst Roets wys die volgende in ‘n onlangse video uit:  Onderwys, Bela en die "dermatologie probleem"
Roets ondersteun dit dan met ‘n substack inskrywing wat uitwys
Nuwe onderwyswetgewing in Suid-Afrika kan lei tot die ineenstorting van die regering
Die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette sal die klein persentasie van goed funksionerende skole in Suid-Afrika vernietig indien dit geïmplementeer word.
Roets skryf: Dit is omdat die ANC-regering poog om “toegang” tot hierdie goed funksionerende skole te open deur die Afrikaanse skole te dwing om Engels te word, en ook om hulle te dwing om kinders in te neem van townships en ander gebiede waarin daar nie funksionerende skole is nie. Ideologies het die voorstanders van BELA dit duidelik gemaak dat hulle 'n haat vir Afrikaans as taal koester, en dat hulle Afrikaanse skole in Engelse skole wil omskep. Ironies genoeg word Engels aan kinders gedwing onder die vaandel van “dekolonisering”.
Die Bela stryd word gevoer teen ‘n agtergrond van waar ‘n gedeelte van die RNE vyandig is teenoor Afrikaanse skole en ‘n ander gedeelte van die RNE ondersteun Afrikaanse skole. Net soos wat Bela ‘n twispunt is, is daar ander twispunte in die RNE waar daar nie oor kwessies saamgestem word nie. Die kuns van ‘n suksesvolle RNE sal wees om alle rolspelers te akkommodeer.

Thursday Oct 31, 2024

Gauteng Premier Panyaza Lesufi het gister terugvoer gegee oor 100 dae in regering. Hy het twee prominente politieke uitsprake gemaak wat in sy gesig kan ontplof. Die uitsprake is:
Water in Gauteng: Daar sal geen Dag Zero wees, beloof Lesufi
Ek lei ’n beter regering as Ramaphosa, sê Panyaza Lesufi, premier van Gauteng
Om 12h00 vandag het Lesufi ‘n mediaverklaring uitgereik oor die News 24 artikel met die opskrif:  “Ek lei ’n beter regering as Ramaphosa, sê Panyaza Lesufi, premier van Gauteng” Hy noem in die verklaring dat die artikel onakkurate beriggewing is.  
AfriForum se reaksie op die 1ste 100 dae was soos volg: Só lyk Lesufi se eerste 100 dae werklik: Agteruitgang, planloosheid en ernstige bewerings van korrupsie
Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het vandag tydens ’n mediakonferensie gepoog om die indruk te skep dat die eerste 100 dae sedert hy in Junie herkies is as premier, suksesvol was en gekenmerk is deur vooruitgang op verskeie terreine. AfriForum se evaluasie van Lesufi se prestasie tot dusver wys egter op die teendeel en dui eerder op agteruitgang en ’n algehele tekort aan werkbare planne, terwyl die wolk van ’n ernstige korrupsieskandaal ook oor sy kop hang. In die lig van dié evaluasie eis AfriForum die premier se onmiddellike afdanking.
Maroela Media berig: Só lyk Lesufi se eerste 100 dae werklik  “Lesufi gryp na strooihalms om ’n krieseltjie van ’n suksesstorie te vind in sy administrasie se eerste 100 dae. Die feite spreek egter van 100 dae van mislukkings, geen daadwerklike optrede nie en bewerings van korrupsie.”
Op die oomblik loop Johannesburg die ergste deur onder die krisis en RW Johnson beskryf Johannesburg as ‘n sterwende stad weens jare se munisipale verwaarlosing en wanbestuur.
Kyk mens na Gauteng se waterkrisis dan gebeur die volgende dat inwoners net soos met beurtkrag self begin planne beraam om te sorg vir water soos die aankoop van wateropgaartenks.
BusinessTech berig: Maatskappye soos JoJo Tanks het 'n aansienlike toename in die vraag na wateropgaartenks waargeneem, 'n opsie wat noodsaaklik kan word vir inwoners.Hierdie tenks, met installasiekoste vanaf ongeveer R15 000, kan binnekort nodig wees vir diegene wat 'n stabiele watervoorsiening wil waarborg.
Lesufi het ‘n baie groot probleem met die RNE en gaan uit sy pad uit om dit polities te vernietig. Hy beskou kritiek teenoor die RNE as die ideale platform om self sy eie ambisies in die ANC te loods om president te word. Hy verkies ook bondgenote aan die linkerkant bokant die meer gematigde bondgenote wat die ANC nasionaal in die RNE het.  
Merkers om dop te hou is dat die interne spanning in die ANC gaan bly verhoog. Dit word gedryf deur ‘n leierskap stryd en faksionalisme. Korrupsie en skandale speel deurlopend ‘n rol. Veral as daar geen optrede is geen korrupte kaders nie. Daar is ook ideologiese verskille met die ANC wat selfs beplan om ‘n politieke skool te open wat bygewoon moet word deur al sy lede.
Ekstern sal daar in die RNE ook spanning wees met veral die DA. Die RNE het nog min sigbare suksesse saam behaal. Die RNE word verder verdeel omdat daar nie saamgestem kan word oor kwessies soos Bela en die NGV nie.

Wednesday Oct 30, 2024

Panyaza Lesufi, premier van Gauteng het vanoggend met die media gesels oor sy regering se 1ste 100 dae in regering. In sy toespraak het hy ‘n positiewe toneel geskets maar die olifant in die kamer was dat hy nie Gauteng se dreigende waterkrisis duidelik aangespreek het nie.
Newzroom Afrika verwys in ‘n video: "Gauteng staar 'n potensiële waterkrisis in die gesig." Premier Panyaza Lesufi sê hy het Rand Water versoek om met planne vorendag te kom om die potensiële watertekort in Desember te voorkom.
Rondom dag zero was Lesufi se verduideliking soos volg: “Mense sluit onwettig water aan en daar is  infrastruktuur verval. Probleme word aangespreek met ‘n 9 punt plan.”
 Die Gautengse 9-puntplan vir watersekerheid is ontwikkel deur GCRO (Gauteng City-Region Observatory).
Die Gautengse regering het 'n 9-puntplan vir water sekerheid bestaan uit: 1. Verminder water vraag, 2. Bestuur veranderlikheid en droogte voorbereiding, 3. Infrastruktuur opgraderings, 4. Verbeter die monitering van watergehalte, 5. Gemeenskapsbetrokkenheid en -opvoeding, 6. Samewerking oor sektore heen, 7. Belegging in Tegnologie, 8. Geïntegreerde Waterhulpbronbestuur en 9. Langtermynbeplanning en beleidsontwikkeling.
Die probleem is dat jy ‘n goeie plan op papier kan hè maar dit moet uitgevoer kan word.
EWN berig: Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het inwoners versoek om water spaarsamig te gebruik, aangesien tekorte in verskeie munisipaliteite vererger het.
Die provinsiale regering het alle munisipaliteite in die provinsie opdrag gegee om vlak-een-beperkings in te stel.
Rand Water het vroeër in Oktober gewaarsku dat Gautengse huishoudings in die feestyd droë krane in die gesig kan staar as die watertekorte nie opgelos word nie.
By verlede week se Gauteng Plaaslike regering-omkeerberaad het Lesufi ook verwys na die waterkrisis.   Lesufi skets ’n omvattende gebeurlikheidsplan by Dag 1 van die Plaaslike Regering-omkeerberaad om Gauteng se toenemende waterkrisis aan te pak.
In reaksie op die stygende vraag en die verslag dat meer as 30% van water nie verreken is nie, sal vlakwater beperkings oor alle munisipaliteite ingestel word. Premier Lesufi beklemtoon dat waterdienste afgesny sal word vir diegene wat versuim om hul munisipale water rekeninge te betaal, wat verantwoordelike gebruik verseker.
Dit is vir Lesufi maklik  om na die plan te verwys maar hy gee nie tasbare oplossings en stappe om dag zero aan te spreek nie. Daar is geen plan van aksie of veldtog in plek nie.
Wat moet gebeur is die dringende gekoördineerde optrede tussen regeringsentiteite, gemeenskappe en private sektore wat die infrastruktuur  herstel, hulpbronne volhoubaar bestuur en effektiewe bewaring strategieë  implementeer. Tussen is die debat egter in byvoorbeeld Tshwane of AfriForum die gras mag sny of nie.

Tuesday Oct 29, 2024

Woensdag is die mini-begroting. Die kwessie het nie veel vooraf aandag in die media geniet nie en dit lyk of dit net ‘n teoretiese oefen is wat Enoch Godongwana die minister van finansies moet hanteer. Daar is selfs optimisme dat die ekonomie met 3% kan groei.
Een van die voordele van ‘n RNE is dat die partye betrokke net die mini-begroting gaan goedkeur. Of is daar iewers ‘n slang in die gras waaroor die media nie op die oomblik oor berig nie ?
Maroela Media berig: Mini-begroting | Salarisse, onderwysposte in die kollig Ekonome sê salarisse vir staatsamptenare en geld om onderwysposte te behou is van die belangrikste kwessies waaraan die minister van finansies in sy mini-begroting gaan aandag gee.
Die Maroela artikel wys uit dat die mini-begroting oor gewone items in ‘n begroting gaan en die Bloomberg artikel wat volg ondersteun dit met die keuses wat die minister moet maak.
Bloomberg berig: Die nuwe Suid-Afrikaanse koalisieregering se voorneme om skuld te beheer en hervormings te bespoedig om die swak ekonomie aan te wakker, sal op die proef gestel word wanneer hy Woensdag sy eerste begroting bekend maak.
Enoch Godongwana, minister van finansies, se middeltermyn beleidsverklaring sal 'n vroeë blik gee op die prioriteite van die alliansie wat tussen die African National Congress, die sakevriendelike Demokratiese Alliansie en agt kleiner mededingers gesmee is nadat verkiesings in Mei nie 'n regstreekse wenner kon oplewer nie.
Terwyl ekonomiese groei en die skep van welvaart en werksgeleenthede die prioriteit moet wees van al die politieke partye wat deel is van die RNE is dit duidelik dat die partye nie almal op dieselfde bladsy is nie.
 Die DA is lief om prestasies behaal uit te blaker en aan die groot klok te hang. Die nuwe manier van doen het selfs die ondersteuning van Gwede Mantashe gekry wat reken alle ministers moet hul prestasies aan die groot klok hang.
Daar is egter elke dag spanning in die RNE. Ryan Coetzee wat die DA help onderhandel het met die ANC om die RNE te skep verduidelik dit soos volg: Die onderliggende dinamiek in die RNE is dat die ANC ongebonde wil kan voortgaan, asof hy nie sy meerderheid verloor het nie, en die DA is nie daarvoor beskikbaar nie. Die afgelope paar weke was as gevolg daarvan baie broos. Die ANC raak woedend om gedwarsboom te word. Dit gaan nie beter word nie, tensy en totdat die ANC aanvaar dat hy besluite moet bespreek en onderhandel, nie bloot probeer afdwing nie. Dit is die wil van die mense, soos uitgedruk deur 'n verkiesing.As die ANC nie daarvan hou nie, kan hy altyd eerder met MK oor besluite gaan onderhandel. En sterkte daarmee.
In Gauteng is daar tans ‘n minderheidsregering sonder ‘n DA wat moet help om ‘n begroting goed te keur. Wat is die moontlikheid dat die nasionale ANC regering nadat die mini-begroting ook met die idee kan speel om ‘n minderheidsregering te vorm sonder ‘n DA ?

Monday Oct 28, 2024

Die joernalis Carol Paton skryf op News 24 Die RNE begin dinge regmaak. Maar kan dit die trajek van SA verander? Suid-Afrika onder die regering van nasionale eenheid (RNE) kan 2% groei oor die volgende vyf jaar.  Hierdie groei word as haalbaar beskou as gevolg van verbeterings in sleutel sektore en 'n herlewing van sake- en verbruikersvertroue, tesame met matige inflasie en 'n versterkende rand.
Die sleutelpunte sluit die volgende in:
Optimisme vs. Pessimisme:
Terwyl sommige, soos die Buro vir Ekonomiese Navorsing, voorstel dat Suid-Afrika met behoorlike hervormings 3,3% BBP-groei teen 2025 kan bereik, voorspel ander, soos die Internasionale Monetêre Fonds, 'n meer beskeie groei van 1,5%. Hierdie ongelykheid weerspieël verskillende sienings oor die doeltreffendheid van voortgesette hervormings.
Strukturele hervormings nodig:
Aansienlike verbeterings is nodig in sektore soos elektrisiteit, logistiek en water om 'n beter ekonomiese omgewing te bevorder.  Misdaad en die verbetering van munisipale doeltreffendheid moet aangespreek word.
Werkloosheid krisis:
Die dringende behoefte aan vinniger ekonomiese groei om Suid-Afrika se ernstige werkloosheid kwessie aan te pak, wat van 4,2 miljoen werklose individue in 2011 tot 12,4 miljoen vandag gestyg het. Die Nasionale Ontwikkelingsplan het aangedui dat die bereiking van volle indiensneming volgehoue ​​5% jaarlikse groei vir twee dekades sal vereis.
Inklusiewe Groei forum:
 Die onlangse Inklusiewe Groei forum het kommer oor werkloosheid, ongelykheid en uitsluiting uitgelig, wat verskeie belanghebbendes bymekaar gebring het om hierdie dringende kwessies te bespreek.
Korrupsie in die ANC:
Maroela Media berig: ‘ANC se grootste bedreiging kom van binne’  “Die ernstigste eksistensiële bedreiging wat ons as die ANC in die gesig staar, kom van binne,” sê ANC-leier Cyril Ramaphosa.
Interne en eksterne spanning in die ANC:
Tans oorheers interne spanning in die ANC asook eksterne spanning met die DA gebeure binne die RNE.  Intern is daar ‘n faksie en opvolg stryd aan die gaan. Ekstern is daar kopstamp met die DA. Elke dag is daar ‘n nuwe kwessie. Die nuutste sluit in die implementering van die NGV gesprekke rondom die nasionale dialoog  en die Oekraïne-visum ooreenkoms.

Friday Oct 25, 2024

Die stigting van die RNE in Suid-Afrika het ontstaan uit die ANC se onvermoë om 'n meerderheid te verseker in onlangse verkiesings, wat koalisiebestuur met ander partye genoodsaak het, veral die DA.
Weekliks is daar punte waarop die partye in die RNE verskil maar daar is nog nie werkbare meganisme of konsensus om oplossings te kry nie. Een van die groot brandpunte is Bela wetgewing.
Netwerk 24 berig: Nog geen konsensus oor Bela – Mashatile Politieke partye in die regering van nasionale eenheid (RNE) kon nog nie konsensus bereik in hul geskille oor die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) nie.
Adj.pres. Paul Mashatile het dit Donderdagaand ná ’n vergadering van die RNE se geskiloplossingsmeganisme (clearing-house mechanism, CHM) by Tuynhuys in Kaapstad bevestig.
Die nuutste twispunt die week was die presedensie en die DA wat verskillende standpunte oor Rusland het.  Dan sit die presedensie en die DA vas oor die nasionale dialoog wat op 16 Desember gehou moet word.
Die onsekerheid  oor beleid speel af met ‘n magstryd in die ANC en die vraag wie gaan Cyril Ramaphosa opvolg as die volgende president van die ANC en by implikasie Suid-Afrika.
Rondom die spanning in die ANC wys MG die volgende uit: "Mbalula se werklike teiken is Mashatile"
Panyaza Lesufi is nie 'n bedreiging vir die sekretaris-generaal nie, maar kan kollaterale skade wees in 'n gevolmagtigde stryd voor die ANC se verkiesingskonferensie
Senior bronne in die ANC meen die aanvalle op Gautengse voorsitter, Panyaza Lesufi, deur die party se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, is indirek gemik op adjunkpresident Paul Mashatile terwyl die party gereed maak vir sy 2027 verkiesingskonferensie.
Faksies, onderhandeling spanning, strategiese posisionering speel af teen ‘n ekonomie wat nie groei en infrastruktuur wat onder druk is. Daarby word sake vererger deur sistemiese korrupsie en swak ekonomiese beleid en die uitvoering van die beleid.
Die ANC ervaar tans interne verdeeldheid.  Hierdie faksies ding mee om beheer en invloed binne die party, wat onderhandelinge binne die RNE bemoeilik. Die is veral die Lesufi-Paul Mashatile wat sterk na vore getree het sedert die RNE gestig is. Die faksie sal verkies dat die DA moet uit en vervang word met ‘n RET-faksie wat partye soos MK en die EFF betrek.
Die rolspel het al prakties uitgespeel met die DA koalisie wat vervang is in Tshwane. Ironies is dat Gauteng op die oomblik swak regeer word maar dit verhoed nie vir Panyaza Lesufi om ‘n groter leierskap rol in die ANC te wil speel nie.
Netwerk 24 berig: Tyd om Gauteng te herbou – Lesufi Die herlewing van middestede in Gauteng is een van die hoofprioriteite van die provinsiale regering, het Panyaza Lesufi, premier, Donderdag op ’n beraad aan leiers van munisipaliteite in die provinsie gesê.
Gestel die RNE ontbind dan kan die magstryd in die ANC versnel waar Lesufi-Paul Mashatile beheer sal wil oorneem. Dit kan beteken dat Ramaphosa vroeër vervang kan word as ANC president. ‘n Lot wat voorgangers soos Thabo Mbeki en Jacob Zuma ook getref het.

Thursday Oct 24, 2024

Die sukses van Suid-Afrika se Regering van Nasionale Eenheid (RNE), wat ná die 2024-verkiesing gestig is, hang af van verskeie kritieke faktore en historiese lesse van vorige eenheidsregerings.
Elke week is daar nuwe spanning in die RNE rondom Bela, die NGV, Rusland en die nuutste spannings kwessie is die nasionale dialoog wat vir Desember beplan is.
Met die nasionale dialoog is die geleentheid aangekondig deur die Adjunkpresident Paul Mashatile vir 16 Desember  en die DA het dadelik laat weet hulle is nie geken in die reëlings nie.
Vroeër die week het die ANC en DA ook verskil oor Rusland. Maroela Media berig: Poetin g’n pel van DA John Steenhuisen en sy party distansieer hul van pres. Cyril Ramaphosa se opmerking dat Rusland “’n waardevolle bondgenoot en vriend” van Suid-Afrika is.
Die RNE het gevorm in reaksie op die gefragmenteerde politieke landskap waar geen party 'n meerderheid verseker het nie. Die ANC het, ondanks die feit dat hy 40% van die stemme gekry het, gekies vir 'n magsdeling reëling met ander partye, insluitend die DA en IVP.
Hierdie benadering het ten doel om stabiliteit te bevorder deur samewerking tussen diverse politieke entiteite, wat 'n breër tendens weerspieël wat in verdeelde samelewings waargeneem word waar sulke regerings gesien word as meganismes om konflik te versag en bestuur te bevorder.
Netwerk 24 berig die volgende oor geskille: Geskille in RNE oor Bela-wetgewing Donderdag bespreek
Geskille wat politieke partye in die regering van nasionale eenheid (RNE) oor veral die omstrede taal- en toelatingsbeleide vir skole in die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) het, word vandag bespreek.
Adj.pres. Paul Mashatile het dit Donderdagoggend bevestig voor ’n vergadering van die RNE se geskiloplossings- of sogenaamde Clearing House-meganisme (CHM) by Tuynhuis in Kaapstad.
Die meganisme dien as platform vir die tien RNE-partye om hul geskille oor wetgewing, beleid en ander landskwessies intern op te los.
Vir die RNE om doeltreffend te funksioneer, moet politieke elite samewerking bo verdeeldheid prioritiseer. Dit vereis 'n kulturele verskuiwing na aanspreeklikheid en wedersydse respek onder partyleiers, wat noodsaaklik is vir die bevordering van 'n stabiele bestuur omgewing.
Dit is juis hier waar Gauteng premie Panyaza Lesufi ‘n gaping gesien het om die RNE te verdeel. Hy het reeds suksesvol die volgende strategie uitgevoer:
Goedkeuring van Bela wetgewing met druk van sy kant af.
Die vervanging van die DA koalisie in Tshwane met een deur die ANC-EFF-ActionSA.
Gauteng te regeer met ‘n minderheidsregering.
Lesufi daag openlik die ANC se nasionale gesag uit en die nasionale leierskap het nie die politieke wil en vermoë om hom in lyn te kry nie.
Op die oomblik steur die ANC hom nie veel aan die mening van sy junior vennote in die RNE nie. Die verhouding is nie volhoubaar nie en die vraag ontstaan Gaan die RNE partye saam Kersfees sien ?

Wednesday Oct 23, 2024

Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, is in die middel van 'n krisis wat die provinsie raak, hoofsaaklik weens deurlopende kwessies wat verband hou met watervoorsiening, riool en munisipale skuld.
Lesufi se premierskap word gekenmerk deur buitensporige politieke beloftes maar in praktyk is die provinsie se krane droog. ‘n Studie wat die week bekend gemaak is voel Gauteng se inwoners dat lewenskwaliteit op ‘n  rekord laagtepunt is en ‘n kommerwekkende afname toon.
Lesufi bring ook spanning in die RNE omdat hy weier om met die DA saam te werk wat die 2de grootste party in die RNE is berig Bloomberg.
Die provinsie worstel ook met 'n dreigende waterkrisis, wat oproepe van organisasies soos AfriForum laat ontstaan ​​​​vir Lesufi se verwydering. AfriForum wys uit dat sy administrasie nie daarin geslaag het om effektiewe toesig en aanspreeklikheid oor watervoorsienings kwessies te verseker nie, wat al hoe meer kritiek word namate inwoners tekorte in die gesig staar.
Netwerk 24 berig: ‘Géén water in Gauteng as daar nie ingegryp word’ Die departement van water en sanitasie het munisipaliteite in Gauteng, sowel as die premier, Panyaza Lesufi, gewaarsku daar gaan binnekort geen water in die provinsie wees as daar nie drasties ingegryp word nie. Vlak 1-waterbeperkings is op 18 September weens die dreigende krisis ingestel.
News 24 berig: Water oorbenutting en munisipale nie-inkomste kwessies is wat Gauteng in 'n waterkrisis gedompel het, volgens Pemmy Majodina, minister van water en sanitasie, wat daarop gewys het dat Rand Water die regte hoeveelheid water onttrek om die provinsie voldoende te voorsien.
Die publieke sentiment teenoor Lesufi se leierskap is toenemend negatief. Kritici voer aan dat sy administrasie se onvermoë om doeltreffend op hierdie dringende kwessies te hanteer skep ‘n krisis.
Lesufi self besef daar is groot probleme. Netwerk 24 berig: ‘Gauteng is in ’n krisis gedompel’ – Lesufi Gauteng is in ’n krisis gedompel en daar moet nuwe idees gevind word om te verseker dat die ekonomiese hartland ’n herlewing beleef. So het Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, Dinsdag in Sandton met die bekendmaking van die Gauteng City-Region Observatory (GCRO)-studie oor lewensgehalte aan Netwerk24 gesê. Kliek hier vir die volledige studie.
Die studie wys dat alles nie wel is in Gauteng en een van die outeurs wys die volgende uit: 'n Sleutelbevinding van die Gauteng Stad-streek Observatory (GCRO) se sewende opname wat Dinsdag vrygestel word, is dat die Lewenskwaliteit-indeks, wat 33 aanwysers van regoor die opname kombineer om 'n maatstaf van welstand te verskaf, met meer as twee gedaal het. opeenvolgende opnames tot sy laagste vlak ooit. Die indeks meet ontwikkelingsvordering oor sewe dimensies van gesondheid, veiligheid, lewens tevredenheid, sosio-ekonomiese status, dienste, regerings tevredenheid en deelname.
Inwoners van Gauteng sit moet die probleem dat die provinsie regeer word deur ‘n minderheidsregering. Vir die persone in magsposisies soos Lesufi is dit belangriker om mag te behou as om die provinsie se probleme aan te spreek.
As dag zero Gauteng met water tref gaan daar nie vinnige kits oplossings wees nie. Selfs al word Lesufi vervang gaan dit nie dadelik maak dat die probleme verdwyn nie.

Tuesday Oct 22, 2024

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdienswet (Wet No. 8 van 2001) is die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) die enigste instansie wat wetlik gemagtig is om swaar weerwaarskuwings in Suid-Afrika uit te reik. Dit is 'n misdaad om enige swaarweer waarskuwing te publiseer, te vervaardig of te versprei wat 'n mens weet of behoort te weet misleidend of vals is. Hierdie regulasie is bedoel om te verseker dat die publiek akkurate en betroubare inligting ontvang oor gevaarlike weerstoestande, wat deurslaggewend is vir veiligheid en ramp gereedheid.
Die vraag ontstaan: Hoe betroubaar is die Suid-Afrikaanse Weerdiens ?
Soms is waarskuwings laat of daar is geen waarskuwings nie.
Soms is daar waarskuwings maar niks gebeur nie.
Soms is die waarskuwings vir ‘n bepaalde gebied maar dan reën dit op ‘n ander plek.
Soms stem voorspellings nie ooreen met informasie wat jy via ander weerdienste en hul Toeps beskikbaar gestel word.  
Die SAWD gebruik  “IMPACT BASED SEVERE WEATHER WARNING SYSTEM (ImpB-SWWS)” vir waarskuwings. Die hoofdoel van die impak gebaseerde SWWS is om seker te maak dat die waarskuwings wat uitgereik word maklik verstaanbaar is. Dit is sodat die nodige aksies voor die tyd geneem kan word om nadelige impakte te versag. Hierdie waarskuwings sal nie gebruik maak van meteorologiese jargon nie en deur 'n robotkleurkodering te gebruik, vereenvoudig dit die waarskuwings vlakke en moet daarop reageer.
Die uitdaging bestaan ook dat as die SAWD ‘n waarskuwing uitreik dan moet dit nog deur die media vertolk en gekommunikeer word. Dit gebeur in baie gevalle as die venster tyd van die waarskuwing reeds verby is.
Rondom die huidige weer is die volgende waarskuwing gegee op 21 Oktober: Weerdiens waarsku tot 200 mm reën kan val
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bygewerkte kaarte uitgereik van die Oos-Kaapse en KwaZulu-Natalse gebiede waar swaar reën Maandag en Dinsdag (21 en 22 Oktober 2024) verwag word. Swaar donderstorms kan ook in ander dele van die land voorkom.
’n Oranje vlak 6-waarskuwing is uitgereik vir ontwrigtende reënval en vloede wat vir die  kusgebiede in dié twee provinsies voorspel is. Die jongste kaarte volg op waarskuwings wat die weerdiens Saterdag 19 Oktober uitgereik het oor die weerstoestande wat tot Dinsdag 22 Oktober verwag word.
Die huidige seisoen vir die landbou het uitdagend begin en word beskryf as: Reën kol-kol ‘normaal’ aan begin van somerreënseisoen. Dan is daar ook die moontlikheid dat dit ‘n La Niña jaar met heelwat reën besig is om te verander na ‘n droëer jaar met minder reën.
Dit is veral landbouers wat ander weerdienste se Toeps gebruik.  Uit die argiewe van 28 Februarie 2024 berig Lanboucom Groot reën vir die Overberg? Dit hang af na watter app jy kyk. Die volgende dag is die artikel opgevolg met: Voorspeller waarsku oor akkuraatheid van Europese weermodelle
Om die “regte weer en voorspelling” te kry moet daar gekyk word wat voorspel die SAWD en dit dan evalueer teenoor ander weer Toeps se voorspellings opweeg.  Akkuraatheid en duidelikheid verhoog as jy inteken op die subskripsie weergawes wat die Toeps bied.

Monday Oct 21, 2024

Panyaza Lesufi se ampstermyn as premier van Gauteng het om verskeie redes beduidende kritiek ondervind, wat wissel van onrealistiese beloftes tot wanbestuur van noodsaaklike dienste. ‘n Eenvoudige kwessie soos watervoorsiening raak ‘n krisis met krane wat gereeld leegloop in Gauteng.
IOL berig: 'Lesufi se verwydering is die enigste uitweg', sê AfriForum terwyl Gauteng 'n dreigende waterkrisis in die gesig staar
AfriForum het ’n waarskuwing oor Gauteng se naderende waterkrisis uitgereik en dit toegeskryf aan ernstige munisipale verval en premier Panyaza Lesufi se versuim om beslissende stappe te neem.
AfriForum voer aan dat Lesufi se onvermoë om swak presterende munisipaliteite deur artikel 139-ingrypings aan te spreek, sy ontoereikendheid in die nakoming van sy pligte bewys.
Hulle vra vir nasionale regeringsingryping en Lesufi se verwydering om 'n ramp in Suid-Afrika se ekonomiese middelpunt te voorkom.
Die ouditeur-generaal se onlangse verslag beklemtoon kommerwekkende vlakke van finansiële wanbestuur, bestuursmislukkings en infrastruktuur-agteruitgang in Gautengse munisipaliteite.
Maroela Media berig: AfriForum waarsku oor Gauteng se ‘dag zero’  AfriForum meen Gauteng se dreigende waterkrisis kan aan die ernstige omvang van munisipale verval toegeskryf word, wat onder premier Panyaza Lesufi se leiding vererger het.
Business Live berig: Gauteng worstel met beduidende wateruitdagings, aangesien inwoners in Tshwane en Johannesburg die toenemende druk op die provinsie se watervoorsiening konfronteer.
Die No Drop-verslag sê fisieke waterverliese - wat 33% uitmaak - kan toegeskryf word aan wydverspreide lekkasies, onwettige waterverbindings en ongereguleerde watergebruik. Munisipaliteite is versoek om verordeninge toe te pas, lekkasies te herstel en onwettige aktiwiteite te bekamp wat die druk op die stelsel vererger.
News 24 berig: Johannesburg Water, wat verantwoordelik is vir die verskaffing van Suid-Afrika se ekonomiese hartland van drinkbare water, is in ’n uitwissing, is finansieel onvolhoubaar en lewer toenemend substandaard dienste – alles te danke aan politieke inmenging.
Die besonderhede van sy onsekere toestand is vervat in 'n harde 29-bladsy "omdraai strategie" wat dit in Julie aan die Stad Johannesburg voorgelê het.
Die SAUK berig: ’n Opname van Gauteng City-Region Observatory (GCRO) het aan die lig gebring dat 64% van huishoudings in die provinsie glo dat die provinsie op die punt staan ​​om sonder water te wees.
Lesufi het ‘n geloofwaardigheid probleem. Lesufi se leierskap in Gauteng gekenmerk deur 'n reeks onrealistiese beloftes, bestuursmislukkings en twyfelagtige ekonomiese strategieë.
Die waterkrisis dra by tot die persepsie dat hy nie effektief die belange van Gauteng se inwoners dien nie. Hy is meer gepla om politieke mag op die kort termyn te behou met ‘n minderheidsregering as om op die langtermyn ‘n water en infrastruktuur krisis af te weer. Sy binnekring se fokus is hoe om mag te behou en selfs mag uit te brei deur die ANC leierskap oor te neem.

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20241125