Episodes
Thursday Sep 19, 2024
Thursday Sep 19, 2024
EWN berig: Die African National Congress (ANC) in Tshwane sê hy is gevra om nog een voorlegging oor sy planne te maak sou sy strewe na mag in die hoofstad vrygestel word.
Die metro het nie werk onder die ANC en die DA koalisie begin nou stadig die finansiële situasie verbeter. ActionSA beplan om die koalisie op 26 September tot niet te laat gaan.
Bela gaan nie werk nie en daar is groot protes: Oorweldigende steun teen BELA-wet: AfriForum-petisie groei met meer as 100 000 in 24 uur!
NGV gaan nie werk nie. Maroela Media berig: AfriForum eis behoorlike konsultasie oor NGV
Fitch, ʼn kredietgraderingsagentskap, het die NVG vandeesweek gelys as een van die vernaamste bedreigings vir die stabiliteit van die Suid-Afrikaanse ekonomie.
Siek of nie siek nie. Paul Mashatile werk nie as adjunk president nie. ANC sal planne moet maak oor wie Cyril Ramaphosa opvolg. Maroela Media berig: Mashatile moet rus; antwoord nie Donderdag vraepres. Paul Mashatile se mediese span het hom aangeraai om ʼn week te rus en te herstel ná die “mediese voorval” die afgelope naweek in Limpopo.
Die SAUK werk nie. Business Live berig: Parlement debatteer oor die vervanging van TV-lisensie met huishoudelike heffing Die SAUK-wetsontwerp vereis dat die minister van kommunikasie en digitale tegnologieë ’n finansieringsmodelraamwerk vir die uitsaaier moet skep. Die parlement hou Donderdag openbare verhore oor die SAUK-wetsontwerp, wat poog om die finansieringskrisis daar aan te spreek deur onder meer voor te stel dat die openbare uitsaaier die TV-lisensie met 'n huishoudelike heffing vervang.
Die ANC se beleid en ideologie werk nie. Tog volhard hul. Koos Malan skryf op Netwerk 24: Koos Malan: Wat word nou van die ANC se ‘revolusie’? Moenie dink die ANC het vanweë die vorming van die regering van nasionale eenheid afgesien van sy “revolusie” nie. Die party volg eintlik ’n heel bekende strategie, skryf Koos Malan.
Ofskoon die ANC vir die grootste gedeelte van sy bestaan nie onomwonde kommunisties was nie, is sy ideologiese en strategiese uitkyk deurlopend sterk deur denkbeelde vanuit kommunisme beïnvloed. Sowel Sowjet- as Chinese kommunisme was vir hom rigtinggewend. Die groot twintigste-eeuse figure van die kommunisme, veral Lenin en Mao, was nog altyd vir die ANC helder ligte op sy pad.
Die Poskantoor werk nie meer nie: Netwerk 24 berig: Poskantoor: Gryp dringend in want sakeredders het misluk, eis komitee Dringende ingryping by die sakereddingsproses van die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) word op ’n ministeriële vlak bepleit.
Die ekonomie werk nie lekker nie. Die Rand het versterk na R17.50 maar die ekonomiese beleid kort hervorming. Maroela Media berig Inflasie bly daal, maar hervorming noodsaaklik “Oor vyf jaar sal Suid-Afrika se sukses gemeet word aan twee eenvoudige kriteria: verhoogde ekonomiese groei en verminderde werkloosheid.”
Daar is ‘n sterk moontlikheid dat rentekoerse marginaal vandag verlaag kan word. Fed verlaag rentekoers; SA volg waarskynlik ook Suid-Afrika se Reserwebank maak Donderdag net ná 15:00 ook sy jongste rentekoersbesluit bekend en daar is heelwat optimisme dat die bank ook ʼn verlaging gaan aankondiging.
Tuesday Sep 17, 2024
Tuesday Sep 17, 2024
Ernst Roets skryf: As die president ernstig is om die RNE te laat werk, behoort hy baie ernstig te wees oor die komende gesprekke oor die Bela-wetsontwerp en onderwys in Suid-Afrika. Bela het net die ondersteuning van ekstremiste aan die linkerkant, en die onderskrywing van 'n paar uitgesoekte swak leiers en instansies wat te bang is om standpunt in te neem (die sogenaamde "nuttige idiote").
Die Bela-wetsontwerp sal die katalisator wees vir die ineenstorting van die RNE as die president nie nou 'n ferm standpunt inneem nie. Dit is die mees vernietigende stuk wetgewing sedert die ANC se koms aan bewind in 1994.
Maroela Media berig: Bela beteken nie einde van RNE – Ramaphosa Inteendeel, hy is na verlede week se vergadering tussen die RNE-partye selfs meer oortuig dat ʼn regering van nasionale eenheid noodsaaklik is vir die groei en ontwikkeling van Suid-Afrika, sê die president.
Podsend en onderhoud met Kallie Krie op 702: 'BELA Bill bedreig voortbestaan van Afrikaans' – AfriForum
President Cyril Ramaphosa staar toenemende druk in die gesig oor omstrede klousules in die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette.
President Cyril Ramaphosa het Vrydag die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA) onderteken. Hierdie wetsontwerp het hewige debatte ontketen met talle organisasies en partye, insluitend Solidariteit en Afriforum, wat daarteen teruggedruk het.
Die president het twee klousules van die wetsontwerp onderbreek en drie maande vir dringende bespreking gegee.
Kriel sê die nuwe taalbeleide in hierdie klousules kan Afrikaanssprekende skole en gemeenskappe bedreig.
Hy sê hulle wil ’n oplossing vind wat alle kinders pas sonder om Afrikaans aan te val of hul skole te vernietig. Hy voeg by dat hulle gereed is om hof toe te gaan as daar nie binne die volgende drie maande ’n ooreenkoms bereik word nie.
Bela ʼn kwessie van meertaligheid, nie ras nie “Solidariteit se opposisie teen sekere artikels wat in die Bela-wet vervat is, het hoofsaaklik met moedertaalonderrig te make – en is nie ʼn rassegeveg nie.”
Dit is hoe Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), kwetsende opmerkings van veral die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, beantwoord het tydens ʼn onderhoud op die nuuskanaal NewzRoom Afrika.
MIGHTI JAMIE TV-video vrae: Gaan die minister van basiese onderwys afgedank word?
Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadtu) doen 'n beroep op Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys om te bedank nadat sy die ondertekening van die omstrede wysigingswetsontwerp op basiese onderwyswette (BELA) deur president Cyril Ramaphosa teengestaan het en nadat sy die ondertekening van die wetsontwerp geboikot het. Die minister het 'n omstrede tender van R10 miljard vir 'n landwye skoolvoedingsprogram geblokkeer. Dit het vyande vir haar geskep in kragtige ruimtes.
Ná haar teenkanting teen die president en haar blokkering van die tender ontstaan vrae of sy haar ampstermyn sal kan voltooi.
Monday Sep 16, 2024
Monday Sep 16, 2024
Rapport berig berig: EKSKLUSIEF | Laataand-gesprekke met Kallie en Dirk laat Cyril swig oor Bela Danksy ’n pleidooi van John Steenhuisen dat pres. Cyril Ramaphosa met Dirk Hermann en Kallie Kriel praat voordat hy die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) bekragtig, is twee van die mees omstrede artikels ter elfder ure op ys geplaas.
Rapport kan vandag eksklusief onthul hoe Hermann, hoof van Solidariteit, en Kriel, hoof van AfriForum, in laataand-oproepe en vroegoggend-WhatsApps Ramaphosa oortuig het om verdere konsultasie oor art. 4 en 5 van die Bela-wet aan te vra voordat hy dit bekragtig.
In reaksie op die City Press voorblad: BELA Bill: How Ramaphosa buckled to pressure from Solidarity and Afriforum die volgende: Kallie Kriel skryf: #BelaWet Vir 'n president om by alle gemeenskappe betrokke te raak, selfs diegene wat nie met sy party saamstem nie, word goeie staatsmanskap genoem. Om president Ramaphosa se besluit om met verteenwoordigers van minderheidsgemeenskappe te skakel uit te beeld asof hy 'aan druk vasgegespe' is, is 'n valse narratief wat geskep word deur diegene wat nie wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe wil bevorder nie. Die land het dringend samewerking nodig, nie verhoogde polarisasie nie. #KomOnsPraat
Netwerk 24 berig: RNE sal danksy openheid en dialoog aanhou floreer – Ramaphosa
Die regering van nasionale eenheid (RNE) sal ondanks geskille onder vennote, soos verlede week met die omstrede Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela), nie net oorleef nie, maar ook floreer, glo pres. Cyril Ramaphosa.
Netwerk 24 berig EFF dreig met hofstappe oor afkoeltyd vir 2 Bela-klousules Die EFF sal alle beskikbare regs- en ander kanale oorweeg om pres. Cyril Ramaphosa te dwing om die hele Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela), insluitend die uitgestelde klousules oor taal- en toelatingsbeleid, dadelik ten volle in werking te stel.
Departement eis: Prop nóg kinders in elke klas berig Netwerk 24: “Leiers van Afrikaanse skole in die Pretoriase Moot het die afgelope week ’n voorsmakie gekry van wat kan kom as die Bela-wet se klousule oor toelatingsbeleid in sy huidige vorm in werking sou tree.”
News 24 berig: President Cyril Ramaphosa sê hy sal sake-organisasies in die komende dae ontmoet om hul besware teen die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te bespreek, na aanleiding van 'n versoek van Business Unity South Africa (BUSA).
Maroela Media berig: ActionSA groet veelpartykoalisie in Tshwane “Ons was nog altyd gekant teen onnodige veranderinge aan regerings wat werk, maar ons kan nie, met ’n skoon gewete, stilbly in die aangesig van die duidelike misbruik van openbare vertroue, veral waar die bestuur van openbare finansies betrokke is nie.”
Red Pretoria: AfriForum oorhandig petisie met 17 000 name aan Tshwane-koalisievennote Hoor die pleidooi van die inwoners! Dít is die dringende beroep wat die burgerregteorganisasie AfriForum aan die Tshwane-metro se koalisievennote gaan rig wanneer dit môre (17 September) die name van sowat 17 000 ondertekenaars, wat die organisasie se Red Pretoria-petisie onderteken het, aan verteenwoordigers van die koalisie gaan oorhandig.
Friday Sep 13, 2024
Friday Sep 13, 2024
Kallie Kriel skryf: President Ramaphosa plaas taalbeleidklousule van die Bela-wetsontwerp op ys vir verdere gesprekvoering:
Openbare druk en gesprekvoering het hierdie positiewe verwikkeling tot gevolg gehad. Ek en Dirk Hermann het gister, namens onderskeidelik AfriForum en Solidariteit, gesprekke met president Ramaphosa gevoer, en hy het my vanoggend telefonies ingelig dat hy die deur vir verdere gesprekke oor skole se taalbeleid sal heropen. Sou dit op niks uitloop nie, sal ons regstappe voortgaan. Intussen sal ons gesprekke met verskillende partye voer om met sinvolle voorstelle vorendag te kom wat die behoud van Afrikaanse skole sal verseker.
AfriForum, Solidariteit en SOS verwelkom taktiese deurbraak oor BELA
’n Taktiese deurbraak is vanoggend gemaak in AfriForum, Solidariteit en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se stryd téén twee gewraakte artikels in die Wet op Basiese Onderwyswette wat pas deur president Cyril Ramaphosa onderteken is. In wat dié organisasies as ’n wen vir Afrikaanse gemeenskappe ag, het Ramaphosa besluit om artikels 4 en 5 van dié wet oop te maak vir verdere gesprekvoering en derhalwe nie dadelik te implementeer nie. Dit dien as ’n bewys dat openbare druk sukses kán behaal.
Die president se aankondiging in dié verband volg ná AfriForum en Solidariteit gister (Donderdag) in gesprek met die president was en die versoek aan hom gerig het dat hierdie gewraakte artikels nie geïmplementeer moet word nie. Hierdie artikels bepaal dat die hoof van die provinsiale Onderwysdepartement die finale sê sal hê oor skole se toelatings- en taalbeleide. ’n Staatsamptenaar sal dus ’n beheerliggaam kan veto en onder meer die demografie van die groter onderwysdistrik in die toepassing van dié betrokke artikels in ag neem.
Maroela Media berig: onderteken Bela, maar omstrede artikels op ys
Die toegewing is as ʼn “taktiese deurbraak” bestempel en word onder meer toegeskryf aan die volgehoue druk wat daar op die regering was om die artikels te hersien.
Netwerk 24 berig: KYK | Ramaphosa swig onder druk oor Bela Dit blyk dat pres. Cyril Ramaphosa onder die druk van partye binne die regering van nasionale eenheid (RNE) geswig het oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela).
Hoewel Ramaphosa dit Vrydag onderteken het, is dele van die wetsontwerp waarteen RNE-vennote kapsie gemaak het nie deel van die wet wat hy onderteken het nie.
Artikel 4 en 5 (wat onderskeidelik handel oor toelating en taal) is vir eers op ys geplaas.
Die AfriForum STOP die Bela-wet! Veldtog het 68,861 handtekeninge gekry
Dirk Hermann @SolidariDirk van Solidariteit skryf 50 000 mense het in minder as 48 uur persoonlike e-posse vir president Ramaphosa gestuur. Mense is met reg kwaad
Thursday Sep 12, 2024
Thursday Sep 12, 2024
‘Bela-wet is daad van aggressie teen Afrikaans’ AfriForum, Solidariteit, Solidariteit Helpende Hand, die Skoleondersteuningsentrum, die FAK en die Afrikaanse Onderwysnetwerk het aangekondig dat hulle regstukke gereed is indien Ramaphosa die BELA-wet bekragtig.
Netwerk 24 berig: Herrie oor Bela en bedreiging van RNE ‘ontstel’ Ramaphosa Dit is “ontstellend” vir die president dat die stabiliteit van die regering van nasionale eenheid (RNE) bedreig word elke keer as die RNE-vennote ’n dispuut het, soos ook nou met die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela). “Dit is ontstellend omdat sulke dreigemente nie net teen die president gerig is nie, maar ook teen die stabiliteit van die land én teenoor Suid-Afrikaners,” het Vincent Magwenya, pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Woensdag namens hom by die parlement in Kaapstad gesê.
Dit het gevolg nadat ’n herrie Woensdag onder veral politieke partye en burgerlike organisasies losgebars toe die presidensie bekend gemaak het dat Ramaphosa beplan om dié hoogs omstrede wetsontwerp Vrydag in die openbaar by die Uniegebou te bekragtig.
Bela | Hof toe as Ramaphosa teken berig Maroela Media oor die Solidariteit Beweging wat die hof roete wil neem. “’n Poging tot kulturele etniese suiwering en ’n daad van aggressie, is pres. Cyril Ramaphosa se beoogde ondertekening van die Bela-konsepwet Woensdag genoem.”
News 24 berig: President Cyril Ramaphosa is nie geroer deur John Steenhuisen, DA-leier, se dreigement dat die ondertekening van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA) die regering van nasionale eenheid (RNE) in duie kan laat stort nie.
Die Regering het gekommunikeer: President Cyril Ramaphosa onderteken BELA-wetsontwerp. Ondertekening seremonie sal soos volg plaasvind op Vrydag, 13 September 2024 om 10:30 by die Uniegebou, Pretoria.
BELA-ondertekening is “skole-kaping”, sê Kaapse Forum Kaapse Forum doen ’n beroep op bruin gemeenskappe om nie die dreigende ondertekening van die drakoniese Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA) te beskou as ’n saak wat slegs voormalige model C-skole gaan raak nie. Dit is ’n geveg vir elke skool en elke huishouding in Suid-Afrika en spesifiek Afrikaanssprekende gemeenskappe.
Die DA woordvoerder noem dat die party nie die RNE sal verlaat oor die ondertekening van die omstrede BELA-wetsontwerp deur president Cyril Ramaphosa nie, al is dit daarteen. Willie Aucamp, DA-woordvoerder, sê hulle sal die saak egter hof toe neem. Hy voeg by dat Siviwe Gwarube, minister van onderwys, dit sal implementeer “al glo hulle nie daarin nie” berig Newzroom Afrika @Newzroom405 video:
Alida Kok: Afrikaanses is nou by kruispad skryf op Netwerk 24. “Die Afrikaanse gemeenskap se eerste reaksie op die nuus dat pres. Cyril Ramaphosa die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) môre gaan onderteken, is om dit ’n “daad van aggressie” te noem.” “”Saam met die onlangse ondertekening van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) en die koms van die tweepotstelsel is die moontlike ondertekening van Bela en die verwagte einde van die Cilliers Brink-administrasie in Tshwane van die tekens dat die Afrikaanse gemeenskap by ’n kruispad staan.
Tog kan ’n mens nie meer baie vertroue in die RNE hê nie. ’n Voorwaarde vir die totstandkoming daarvan was ’n nasionale dialoog wat deur ’n verteenwoordigende burgerlike samelewing gelei word.
Wednesday Sep 11, 2024
Wednesday Sep 11, 2024
Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA) is voor die verkiesing deur die Nasionale Vergadering aanvaar. President Cyril Ramaphosa moet dit teken sodat dit ‘n wet kan word. President Ramaphosa teken die wet Vrydag.
Flip Buys, Uitvoerende Hoof van Solidariteit, sê: "Suid-Afrika staan vandag voor 'n belangrike kruispad. Afrikaanse skole is 'n baken van uitnemendheid- ons ag die sukses daarvan baie hoog. Bela is 'n tree terug! "
AfriForum gaan voort met regstappe sodra president BELA onderteken AfriForum beskou die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA) as ’n poging tot kulturele etniese suiwering deur die ANC-regering, aangesien dit die vernietiging van ’n taal- en kultuurgemeenskap se skole sal moontlik maak om sodoende die groep se kulturele voorbestaan in gedrang te bring. Om dié rede is AfriForum se regspan gereed om stappe teen die implementering daarvan te doen sodra die wetsontwerp deur president Cyril Ramaphosa onderteken word. AfriForum het vandag dié aangekondig gemaak tydens ’n gesamentlike mediakonferensie deur AfriForum, Solidariteit, Solidariteit Helpende Hand, die Skoleondersteuningsentrum (SOS) en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK).
Maroela Media berig: Bela | Hof toe as Ramaphosa teken ’n Poging tot kulturele etniese suiwering en ’n daad van aggressie, is pres. Cyril Ramaphosa se beoogde ondertekening van die Bela-konsepwet Woensdag genoem.
Netwerk 24 berig: 'As Bela Vrydag wet word, gaan ons hof toe' – Solidariteit Die Solidariteit-beweging sal hom tot die hof wend indien pres. Cyril Ramaphosa Vrydag voortgaan om die Bela-wysigingswetsontwerp te onderteken, het dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van die Solidariteit-beweging, Woensdag op ’n nuuskonferensie gesê.
“Ons sien die ondertekening as ’n daad van aggressie en verbreking van die vertrouensverhouding met die Afrikaanse gemeenskap. Die ondertekening breek die gees van eenheid van die nasionale regering,” het Hermann gesê.
Netwerk 24 berig: Bela oor 48 uur landswet Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) word ondanks hewige teenstand oor 48 uur amptelik ’n landswet.
Cyril Ramaphosa se kantoor het Woensdagoggend in ’n verklaring aangekondig hy gaan Vrydag hierdie omstrede wetsontwerp bekragtig.
Netwerk 24 berig: As Cyril Bela wet maak, is RNE in gedrang – Steenhuisen As pres. Cyril Ramaphosa die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) as landswet bekragtig, stel hy die toekoms van die regering van nasionale eenheid (RNE) in gevaar, waarsku John Steenhuisen, DA-leier.
Monday Sep 09, 2024
Monday Sep 09, 2024
ActionSA beplan om die regerende koalisie in Tshwane, te verlaat.
Die mosie van wantroue in die DA koalisie is op 26 September maar tans is daar ‘n morsige heen en weer beskuldiging in die media en op die sosiale media tussen die partye.
Herman Mashaba die leier van ActionSA verklaar op X “ Die DA het slegter as die Nasionale Party geword om rasseharmonie in Suid-Afrika te bou. Waarom iemand wat nie saamstem met hul oneerlike rassepolarisasiebeleide as 'n verraaier noem nie?”
News 24 berig: Herman Mashaba sê die EFF is ’n baie beter koalisievennoot vir sy ActionSA-party as die DA en sy “arrogante” Tshwane-burgemeester, Cilliers Brink.
Daar is 'n paar belangrike redes waarom ActionSA dalk die DA-geleide koalisie wil ontspoor:
Onenigheid oor strategie en prioriteite: Herman Mashaba, leier van ActionSA, het die DA daarvan beskuldig dat hulle hulle “misbruik” en dit is tyd om hulle te “onttroon”. Dit dui op fundamentele verskille in hoe die koalisie bestuur moet word.
Begeerte vir meer mag en invloed: Deur die koalisie te verlaat, hoop ActionSA waarskynlik om meer beheer en besluitnemingsmag in Tshwane te verkry. Die huidige reëling sal hulle dalk nie soveel sê gee as wat hulle wil nie.
Potensiaal om ’n nuwe koalisie met die ANC te vorm: Daar is berigte dat ActionSA met die ANC saamspan om die DA van bewind in Tshwane te verwyder. Dit sou 'n groot verskuiwing in alliansies wees. Die strategie word gedryf deur Panyaza Lesufi die premier van Gauteng wat openlik die Regering van Nasionale Eenheid wat nasionaal is probeer ondermyn.
Posisionering vir toekomstige verkiesings: ActionSA se optrede kan gedryf word deur politieke berekeninge oor hoe om meer stemme en setels in toekomstige plaaslike en nasionale verkiesings te kry. Om die DA te stort kan deel van hierdie strategie wees.
Die DA voer egter aan dat die opbreek van die Tshwane-koalisie rampspoedig sal wees, wat die EFF in staat sal stel om invloed te kry en die stad in chaos te dompel soos in Johannesburg. Die DA glo die huidige koalisie lewer goeie resultate vir inwoners en moet in stand gehou word.
Uiteindelik behels ActionSA se motiverings waarskynlik 'n mengsel van beleidsverskille, magsdinamika en politieke skuiwe en ego’s van die leierskap.
Die gevolge van hul optrede kan baie betekenisvol wees vir die toekoms van regering in Tshwane. Die huidige koalisie moes vir jare spook om te herstel van die swak ANC regering wat eers in beheer was. Plaaslike inwoners kan te wagte wees dat dienste gaan verswak.
Die DA het ‘n petisie teen verbreking van die koalisie geloods 34 000 handtekeninge.
AfriForum het ook ‘n petisie geloods met 14 000 handtekeninge.
Netwerk 24 berig Tshwane weet teen dán oor ActionSA Inwoners van Tshwane sal teen die “middel van September” weet of ActionSA sal voortgaan om deel van die veelpartykoalisie in die metro deel te wees.
Herman Mashaba, leier van ActionSA, sê Sondag sy party se hersiening van sy verhouding met die DA in die metro sal afgehandel wees lank voordat die ANC se wantrouemosie teen Cilliers Brink, die burgemeester, op 26 September se sitting voor die raad dien.
Monday Sep 09, 2024
Monday Sep 09, 2024
Die ANC staar 'n uitdagende pad vir suksesvolle hervorming in die gesig ná die 2024-verkiesing, waar dit sy parlementêre meerderheid verloor het.
Die ANC het deurlopend uitdagings met korrupsie en in die nuutste insident is dit al 10 dae dat die minister van Justisie Thembi Simelane antwoorde moet verskaf oor ‘n VBS-lening.
News 24 berig: ’n ANC wat nie hernu word nie, is ’n ANC wat sal aanhou om korrupte mense te dra en daarom is ’n hernuwingsprojek van kardinale belang. Dit was die mening van oudpresident Thabo Mbeki, wat toe hy 'n lesing by Unisa se gelewer het, gesê het die ANC se hernuwing moet nog plaasvind.
Voormalige president Thabo Mbeki het sy gewig agter die RNE ingegooi en gesê dit is 'n noodsaaklike ingryping om te verseker dat die land werk berig Times Live. Hierdie koalisie, terwyl dit die regering stabiliseer, bestaan uit partye met verskillende ideologieë, wat konsensus oor hervormings moet kan bereik om te funksioneer.
Politieke fragmentasie tree na vore. Die verkiesingsuitslae weerspieël 'n beduidende afname in die ANC se steun, wat van meer as 57% in vorige verkiesings tot ongeveer 40% gedaal het. Hierdie fragmentasie dui op 'n verskuiwing in kiesersentiment en 'n potensiële uitdaging vir die ANC om samehangende beleid te implementeer. Dit behels byvoorbeeld dat die ANC in KZN 40 staf lede moet afdank en kantore moet sluit berig News 24.
Die ANC se koalisie is opgestel as 'n RNE wat samewerking tussen partye beklemtoon om dringende kwessies soos werkloosheid, armoede en ongelykheid aan te pak. Die doeltreffendheid van hierdie benadering sal egter afhang van die ANC se vermoë om onenigheid tussen partye te navigeer.
Business Live berig: Die gebrek aan 'n maatskaplike ooreenkoms om SA se hoë werkloosheidsyfer en die ekonomie aan te spreek twee jaar nadat president Cyril Ramaphosa dit aangekondig het, sal groot opduik wanneer maatskaplike vennote Vrydag vir die Nasionale Ekonomiese Ontwikkeling en Arbeidsraad (Nedlac) se jaarlikse beraad in Johannesburg vergader.
As die ANC effektief met die DA en ander koalisievennote kan saamwerk, kan dit dalk beduidende hervormings deurdruk. ’n Suksesvolle koalisie kan bestuur stabiliseer en ’n meer sakevriendelike omgewing bevorder, wat noodsaaklik is vir ekonomiese herstel. In Gauteng gebeur egter die teenoorgestelde waar die ANC aktief die DA en ander partye probeer ondergrawe. In Tshwane is daar tans groot spanning met die ANC wat met behulp van ActionSA die DA en vennote wil uitwerk. Maroela Media berig: DA boos oor ActionSA se ‘smeerveldtog’ Die DA en ActionSA se twis oor wie die septer in die Tshwane-metro moet swaai, ontaard nou in ʼn moddergooiery.
Die jongste voorbeeld van ANC wanbestuur is die Poskantoor wat R4 miljard benodig om nie teen November te likwideer nie. Maroela Media berig: Poskantoor byna by Dag Zero, minister moet ingryp Die DA sê slegs die private sektor kan nou Sapo se voortbestaan verseker.
Friday Sep 06, 2024
Friday Sep 06, 2024
Thembi Simelane, minister van justisie, sê sy het die lening wat sy van Gundo Wealth Services ontvang het, terugbetaal. Simelane verskyn voor die Parlement om haar skakels met die VBS Banks-sage te verduidelik.
EWN berig: Simelane sê sy het nie 'n "onbehoorlike verhouding" met 'n VBS-middelman gehad nie. Simelane het Vrydag aan die parlement se justisiekomitee gesê dat haar R500 000-lening van Gundo Wealth Solutions, wat voordeel getrek het uit die nou ontbinde VBS-bank terwyl sy was nog Polokwane-burgemeester, is ten volle terugbetaal.
Sy kon nie dokumentasie verskaf om dit te bewys nie.
Die Valke het 'n ondersoek na korrupsie en geldwassery na Thembi Simelane, minister van justisie, geloods berig Daily Maverick
Die Valke het verlede week 'n deursoeking en beslagleggingslasbrief op Thembi Simelane se voormalige persoonlike assistent by Polokwane Munisipaliteit uitgevoer om moontlike bewyse van korrupsie te verseker wat verband hou met die munisipaliteit se R349 miljoen belegging by VBS Mutual Bank in 2016 en 2017.
Thembi Simelane, minister van justisie, die burgemeester van die munisipaliteit tussen 2014 en 2021, het ’n uiteindelike begunstigde van VBS-buit geword toe sy ’n twyfelagtige R575 600 “lening” van ’n VBS-hersteller ontvang het om ’n koffiewinkel in Sandton te koop.
News 24 berig dat Simelane, het die enigste "lening" wat die korrupsiebeskuldigde Ralliom Razwinane beweer het hy in 2016 uitgereik het uit sy finansiële adviesgewer Gundo Wealth Solutions se rekening by VBS Mutual Bank geneem.
Die enigste ander kontant wat tussen 2016 en 2018 as “lenings” in die Gundo-rekening gemerk is, beloop R23 000 en is aan drie verskillende mense betaal, het ’n gesamentlike Daily Maverick en News24-ondersoek bevind.
Simelane het beweer Gundo het haar in Oktober 2016 R575 600 “geleen” om ’n koffiewinkel in Sandton te koop.
Sy was destyds burgemeester van die Polokwane Munisipaliteit, en Razwinane was die “kommissie-agent” wat vyf onwettige beleggings van R349 miljoen in VBS gefasiliteer het, begin dae voordat hy die “lening” aan Simelane betaal het.
'n Nuwe mosie van wantroue teen Cilliers Brink, burgemeester van Tshwane, is op 26 September vir 'n stemming neergelê. Die mosie is deur die ANC ingedien. Die aanneming van die mosie berus grootliks daarop of ActionSA in die DA-geleide koalisieregering bly of by ANC aansluit berig EWN.
Red Pretoria veldtog is: 𝟭𝟬 𝟬𝟬𝟬 𝗵𝗮𝗻𝗱𝘁𝗲𝗸𝗲𝗻𝗶𝗻𝗴𝗲 𝘀𝘁𝗲𝗿𝗸, 𝗵𝗲𝘁 𝗷𝘆 𝗮𝗹 𝗴𝗲𝘁𝗲𝗸𝗲𝗻?
Die Tshwane-metro sal weer in chaos en wanfunksie gedompel word indien ActionSA onttrek uit die bestaande koalisie. Jy kan help!
Besoek www.redpretoria.co.za. Vul jou besonderhede in en stuur aan die leiers van ActionSA, DA, IVP, ACDP en VF Plus 'n brief sodat hulle alles in hul vermoë kan doen om die bestaande koalisie te behou. Veg saam met AfriForum en hou die EFF uit Pretoria!
Wednesday Sep 04, 2024
Wednesday Sep 04, 2024
AfriForum skop veldtog af om Tshwane-metro uit die EFF se hande te hou AfriForum het ’n omvattende veldtog afgeskop om die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit uit die hande van ’n EFF-ANC-koalisie te hou. Dit volg nadat ActionSA aangekondig het dat hy dit ernstig oorweeg om hom by die ANC en die EFF te skaar om die burgemeester, Cilliers Brink, uit te stem en sodoende die DA-geleide veelpartykoalisie in die metro ten gronde te laat gaan. Die publiek kan deur die webblad www.redpretoria.co.za só ’n toekoms in die wiele ry. Met die ondertekening van die petisie sal ’n outomatiese skrywe aan leiers van ActionSA, DA, IVP, ACDP en VF+ gestuur word om die geskille in die koalisie so gou moontlik en in die belang van die metro se inwoners by te lê.
Maroela Media berig: AfriForum wil Tshwane-metro uit die EFF se hande hou “Dis tyd dat die inwoners van die Tshwane-metro hul stemme laat hoor deur dit hard en duidelik te maak dat hulle alles in die stryd sal werp om te verhoed dat ’n EFF-ANC-koalisie mag oor die metro bekom.”
Kallie Kriel @kalliekriel video Help @afriforum om te probeer stop dat 'n EFF-koalisie Pretoria regeer. Dit is wat gaan gebeur indien @Action4SA onttrek uit die huidige koalisie. Jy kan help! Besoek http://redpretoria.co.za en vul jou besonderhede in om outomaties 'n skrywe aan die leiers van ActionSA, DA, IVP, ACDP en VF Plus te stuur waarin jy vra dat hulle alles in hul vermoë doen om die bestaande koalisie te red. Versprei die boodskap asb. dringend aan jou vriende en familie.
Rapport berig: Tweespalt in ActionSA oor verwydering van Cilliers Brink Terwyl Herman Mashaba, ActionSA se leier, skynbaar met vakansie is in die buiteland, is daar spanning tussen die party se verteenwoordigers in Tshwane en die senaat wat die party op nasionale vlak bestuur. Die senaat is volgens ’n bron in die binnekring van die party nie ingenome met die Tshwane-span se toenadering tot die ANC nie.
ActionSA se besluit om hom te onttrek aan die DA-geleide koalisie in Tshwane het die afgelope week amper die gewilde burgemeester, Cilliers Brink, sy amp gekos. ’n Beplande mosie van wantroue, waar ActionSA volgens alle aanduidings met die ANC sou saamspan om hom uit sy pos te verwyder, is op die nipper uitgestel.
Daar is 2 politieke kragte wat inspeel. Nasionaal is daar ‘n Regering van Nasionale Eenheid waar die DA en ander partye deel is van die RNE.
Provinsiaal het die ANC geweier om met die DA saam te werk en verkies om ‘n minderheidsregering te vorm. Deel van die strategie is om politieke beheer oor die Metro’s te kry. Tshwane is die enigste Metro nie onder ANC beheer nie. Vir die ANC om beheer te kry benodig hy die steun van die EFF en ActionSA.
The Citizen berig: Die verhouding tussen die ANC en die DA is sterk aan die bokant waar hulle vreedsaam saamwerk, maar swak aan die onderkant waar hulle mekaar se kele is.
Kenners meen die verduideliking hiervoor is nie moeilik om te vind nie. Dit is geleë in 'n magspel wat deur die ANC en DA gespeel word om mekaar te probeer domineer.
Indien ActionSA besluit om eerder die ANC te steun sal dit die party politieke steun kos in die volgende munisipale verkiesing.









