Episodes
Friday Aug 02, 2024
Friday Aug 02, 2024
Dirk Hermann skryf: Dis ‘n reuse vennootskap tussen kultuur en kapitaal. Kanton ontwikkel nie net die reuse projek nie, maar fasiliteer ook die vennootskap tussen kultuur en kapitaal.
Solidariteit berig: Enig in sy soort – Afrikaanse tuiste vir studente word bekendgestel Die eiendomsontwikkelingsmaatskappy, Kanton, wat deel is van die Solidariteit Beweging, het pas sy nuwe kampusontwikkeling vir Akademia in Pretoria aangekondig.
Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, het by die bekendstellingsfunksie genoem dat die projek die grootste in die geskiedenis van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap is.
Alida Kok skryf: Die grootste bouprojek, sonder staatsgeld, uit die Afrikaanse gemeenskap ooit. R3,2 miljard. Bene van finansiering wat eie fondse, lenings, skenkings en beleggings insluit. ‘n Afrikaanse universiteit. Januarie 2028. Video: Akademia-kampus | Argiteksvoorstelling
Maroela Media berig ‘Kinders se kinders’ sal nog by Akademia-kampus baat Wanneer die tweede fase van die projek later voltooi word, sal dit alles van ʼn kapel tot ʼn proefplaas insluit.
AfriForum skryf: Akademia het die aanbou van ’n splinternuwe kampus aan die ooste van Pretoria aangekondig. Die deure van hierdie kampus sal in Januarie 2028 geopen word en daar sal uiteindelik plek wees vir 5 000 voorgraadse en 1 500 nagraadse studente. Dié R3,2 miljard-projek sal ook voorsiening maak vir 1 500 studente om in koshuise op kampus te bly en vir die aanbied van verskeie sportgeleenthede by die wêreldklassportgeriewe.
Uit die argiewe van 10 jaar gelede. “Ons gaan volstoom voort” was Flip Buys se woorde toe Blade Nzimande Akademia wou toemaak omdat dit Afrikaans is. Net soos wat Akademia gebou word moet ons nuwe besighede bou. Die politieke klimaat begin draai om dit meer moontlik te maak. Akademia: “Ons gaan volstoom voort” | Maroela Media Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het Sondag aan Maroela Media gesê hulle gaan volstoom voort met Akademia, ondanks minister Blade Nzimande se uitlatings.
Netwerk 24 berig Jong mense op soek na werk: Indiensneming daal nou al 20 j. in álle provinsies Die indiensneming van jong mense in Suid-Afrika het die afgelope 20 jaar in alle provinsies gedaal – met beduidende dalings wat in Gauteng en die Wes-Kaap gemeet is.
’n Verslag van Statistieke Suid-Afrika (SSA) getiteld “Jeug in Suid-Afrika 2024” toon die totale aantal Suid-Afrikaners van 15 tot 34 jaar oud het van 1996 tot 2022 van 14,7 miljoen tot 21,6 miljoen gestyg. Dit verteenwoordig ’n styging van 38,6% oftewel 6,9 miljoen mense.
Gauteng het die hoogste absolute én persentasiegroei in jeugbevolking ervaar, met ’n styging van 2,5 miljoen mense, oftewel 58,2%.
Sol-Tech #SeptemberOpedag Neem jou toekoms na nuwe hoogtes en woon die Sol-Tech-opedag op 13 en 14 September 2024 by.Onthou om vooraf te registreer: https://sol-tech.co.za/opedag/
Sol-Tech | Promoveringsplegtigheid foto’s: 158 van Sol-Tech se studente het vanmiddag tydens die promoveringsplegtigheid na die volgende fase van hul studies beweeg.Baie geluk aan elkeen van julle, julle maak ons trots!#SolTech #Promoveringsplegtigheid #MySolTech
Thursday Aug 01, 2024
Thursday Aug 01, 2024
Akademia en Kanton stel monumentale kampusontwikkeling bekend Die eiendomsontwikkelingsmaatskappy Kanton het vandag op 1 Augustus die nuwe kampusontwikkelingprojek van Akademia in Pretoria as deel van die Toekomsbouer-veldtog bekendgestel. Dié kampusprojek is die grootste ontwikkelingsprojek in die geskiedenis van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe en verteenwoordig ’n groot historiese keerpunt om die volhoubaarheid van hoër onderwys in Afrikaans te verseker.
Belê in die volhoubaarheid van Afrikaanse hoër onderwys. Besoek https://www.toekomsbouer.co.za Kyk ook Video: Akademia-kampus | Argiteksvoorstelling
Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, sê die nuwe kampus is nie net ʼn studietuiste vir studente nie. Dit moet ook ʼn tuiste vir die gemeenskap wees. Volgens hom speel die gemeenskap speel ʼn kardinale rol in die sukses van die nuwe kampus.
Susan Lombaard skryf: “Hier waar ek in my eie taal my droomtoekoms kan bepaal…” Die droom van ‘n Akademia-kampus word van vandag af ‘n realiteit. In 2028 kan ons seun in sy eie taal op hierdie kampus studeer. Soveel redes om te bly.
Kyk: ‘Monumentale kampusontwikkeling’ bekendgestel berig Maroela Media. “Dié is die grootste ontwikkelingsprojek in die geskiedenis van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap”
Maroela Media berig: MRK gryp in oor beweerde rasvoorvalle by skole “Dit is ontstellend dat hierdie voorvalle 30 jaar ná demokrasie voortduur. Dit is meer ontstellend om te sien dat drie van hierdie voorvalle na bewering in skole plaasgevind het.”
Maroela Media berig: Nóg ’n leerder van Pta-skool geskors ’n Matriekleerder aan die Pretoria High School for Girls is Woensdag geskors oor uitlatings met ’n vermoedelike “rassistiese ondertoon”.
AfriForum video: Alhoewel die Departement van Water en Sanitasie die afgelope twee jaar weer begin het om sy blou- en groendruppelverslag saam te stel, toets AfriForum steeds jaarliks dorpe se drinkwater (bloudruppel) en verwerkte riool (groendruppel) vir die burgerregtewaghond se blou-en-groendruppelverslag.
AfriForum verwelkom behoud van Media24-joernaliste se poste – beklemtoon waarde van openbare druk AfriForum het die nuus verwelkom dat 66 joernaliste uit die sowat 400 wat volgens aanvanklike berigte by Media24 hulle werk sou verloor, wel hulle poste sal behou. Die feit dat die behoud van die titels Beeld en Rapport ook heroorweeg word, al is dit net aanlyn, is ook as goeie nuus beskryf.
Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, is dit noodsaaklik vir die voortbestaan van gehalte joernalistiek in Afrikaans dat hierdie gesoute mediamense se ervaring en kundigheid behou moet word. Die heroorweging van Media24 se besparingstappe bewys volgens haar ook weer die waarde van druk van die burgerlike samelewing om te verseker dat hulle belange nie in die gedrang kom nie.
Wednesday Jul 31, 2024
Wednesday Jul 31, 2024
Dirk Hermann @SolidariDirk skryf: Mev Erasmus, Solidariteit sal u graag verteenwoordig. Hierdie is ‘n groter stuk onreg.
Maroela Media berig: Hoof geskors ná rasherrie by Pta-skool Skoolhoof Phillipa Erasmus is voorlopig geskors hangende ʼn ondersoek dat sy klagtes van leerders verontagsaam het.
Richard Wilkinson verduidelik aan Sara Gon op Chai FM wat gebeur by Pretoria High School for Girls. Luister na die onderhoud om die kwessie te verstaan.
Netwerk 24 berig: KYK | Hoof van Pta Girls’ High tydelik geskors ná rasseherrie
Die skoolhoof van die Pretoria High School for Girls is tydelik geskors te midde van die polemiek oor beweerde rasse-kommentaar wat leerlinge van die skool op ’n WhatsApp-groep gelewer het.
Matome Chiloane, Gautengse LUR vir onderwys, het Dinsdag tydens ’n besoek aan die skool aangekondig dat Phillipa Erasmus, die skoolhoof, van Dinsdag af vir 90 dae geskors word. Die skorsing word as voorsorgmaatreël gedoen ingevolge die Wet op Indiensneming van Opvoeders (Wet 76 van 1998).
Dit volg ná bewerings dat ’n vermeende rassevoorval verlede jaar onder die skoolhoof se aandag gebring is, maar dat sy versuim het om daarop te reageer. Die departement het op 19 Julie ’n ondersoek na dié bewerings van stapel gestuur.
“Die skoolhoof sal geskors wees totdat die dissiplinêre proses van die 12 geskorste leerlinge afgehandel is. Ons verwag die proses kan tot drie maande duur. In hierdie tyd mag die skoolhoof nie kommunikeer met enige personeellid, leerling of ouer nie,” sê Chiloane. Die departement sal ’n adjunkhoof vir hierdie tydperk aanwys om die leisels by die skool oor te neem.
Volgens Chiloane word ander leerkragte ook deur die departement ondersoek. Netwerk24 het vroeër berig die 12 leerlinge het Vrydag skorsingsbriewe ontvang weens beweerde rassistiese kommentaar wat hulle glo op ’n WhatsApp-groep gelewer het. Agt van die 12 leerlinge was op die leerlingraad, maar hul balkies is ná die skorsing – saam met hul voordele as leerlingraadslede – verwyder. Van die leerlinge is in matriek.
Richard Wilkinson @wilkinsoncape skryf: Ten spyte van duidelike bewyse van aanvalle met voorbedagte rade wat sedert ten minste Februarie op wit leerders en personeel beplan word, gaan die pers voort met die Gautengse onderwysdepartement se blatant valse vertelling.
Lees volledige ontleding: HOW WHITE CHILDREN AND TEACHERS ARE BEING SYSTEMATICALLY TARGETED AND ABUSED AT PRETORIA HIGH SCHOOL FOR GIRLS by RICHARD WILKINSON
Netwerk 24 berig: Geskorste meisies se WhatsApp-groep bevat ‘g’n rassistiese taal’ – prokureur ’n Prokureur wat ses van die 12 geskorste meisies van die Pretoria High School for Girls verteenwoordig, sê daar is geen taal in hul WhatsApp-groep gebruik wat hoegenaamd as rassisties of aanstootlik beskou kan word nie.
Tuesday Jul 30, 2024
Tuesday Jul 30, 2024
Maroela Media berig: ‘Zuma wou fliek voor Luthuli-huis hê’ – Mbalula
Fikile Mbalula, die ANC se sekretaris-generaal, waarsku dat oudpres. Jacob Zuma se retoriek gevaarlik is en maatskaplike onrus kan aanwakker.
Die ANC het bevestig dat hy teen April-uitspraak van die hooggeregshof in Durban wat die MK Party toegelaat het om die Umkhonto Wesizwe-naam en die huidige logo te gebruik, sal appelleer. Die aansoek om verlof om teen die saak te appelleer word Donderdag in Durban aangehoor.
EWN berig: Jacob Zuma is deur sy Nasionale Dissiplinêre Komitee van die party geskors vir wangedrag wat verband hou met die ondersteuning van 'n ander politieke organisasie tydens die verkiesing terwyl hy nog 'n ANC-lid was.
Die politieke ontleder, Prins Mashele, het gesê Zuma het 'n duidelike strategie gehad." Hy wou hê die ANC moes hom voor die verkiesing aan 'n openbare dissiplinêre proses onderwerp en hy het dit nie gekry nie.”
Mashele het gesê die skade is aangerig. "Zuma het die ANC groot skade aangerig - daar is geen twyfel daaroor nie. So gaan die ANC in die toekoms, sal die ANC sy wonde moet lek. Ek sien eintlik nie die ANC kom hiervan terug nie. Ek dink dit is die einde van die ANC en wanneer ons die laaste hoofstuk oor die geskiedenis van die ANC skryf, sal ons aanteken dat die persoon wat die laaste spyker geslaan het, Jacob Zuma was.”
Volslae krisis landwyd by vullisterreine – AfriForum-verslag onthul omvang van verval
AfriForum het vandag sy jaarlikse vullisterreinouditverslag by die munisipale vullisterrein in Bethal bekend gemaak en opnuut Suid-Afrikaners se aandag daarop gevestig dat weinig munisipaliteite gehoor gee aan die relevante afvalbestuurswetgewing wat bedoel is om die omgewing teen besoedeling en gemeenskappe se gesondheid te beskerm. Die verval van vullisterreine neem toe en is so omvangryk dat, hoewel AfriForum vanjaar 28 meer terreine geoudit het as verlede jaar, selfs minder vullisterreine vanjaar dié onafhanklike oudit kon slaag. Die oorgrote meerderheid (85,8%) van dié terreine het nie eens aan die minimum vereistes vir verantwoordelike afvalbestuur voldoen nie. Lees die ouditverslag hier. Kyk ook vanaf vullisterrein in Bethal Live video: Dit is 'n vrot spul!
Statistiek SA: Suid-Afrika se bevolking is meer as 63 miljoen, volgens die jongste bevolkings beramings in die middel van die jaar vir 2024. Die data toon dat meer as die helfte van die bevolking vroulik is, altesaam sowat 32 miljoen mense.
Maroela Media berig: Goue swemkoningin wys haar slag Suid-Afrika het vanaand in die pylvak van die 100 m-borsslageindronde sy asem ingehou terwyl Tatjana Smith na goud gestrek het. En goeiste; sy het beslis nie teleurgestel nie!
Landboucom berig: Tot 500 mm winterreën val al in Julie – nóg kom in Augustus
Dele van die Kaapse Wynland, die Kaapse Metropool en aangrensende dele het alreeds net in Julie vanjaar tot 100% van hul jaarlikse totale reënval aangeteken, en nóg goeie reën word vir Augustus voorspel.
Heelparty plekke in die Wynland, die Kaapse Metropool en die aangrensende gebiede het sedert die begin van Julie meer as 400 mm en selfs plek-plek meer as 500 mm reën aangeteken.
Monday Jul 29, 2024
Monday Jul 29, 2024
Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, spreek die media in Johannesburg toe. Hy sê hulle het oudpresident Jacob Zuma ingelig dat hy uit die party geskors is
Jacob Zuma is die eerste ANC-president wie ANC lidmaatskap beëindig is.
Opmerking: Zuma is uit die ANC geskop omdat hy MK begin het. Die ANC beskou dit as 'n groter oortreding as staatskaping, die korrupsie, die jare se leuens, die vernietiging van instellings wat onder die Zuma bewind plaasgevind het.
Maroela Media berig: Zuma uit ANC geskop; MKP woedend oor ‘boendoehof’ Die ANC het sy voormalige leier die trekpas gegee nadat Jacob Zuma hom openlik by die MK-party geskaar het.
Netwerk 24 berig: Zuma-skorsing: MK ‘geskok, woedend’ oor ‘boendoehof’ se voorlopige dokument
Die MK-party (MKP) sê dié party en oudpres. Jacob Zuma is in “skok en woede” gelaat nadat 'n voorlopige dokument van die ANC se nasionale dissiplinêre komitee (NDK) Sondagaand laat uitgelek het.
Die dokument hou verband met die ANC se planne om Zuma uit die party te skors nadat hy die party “in oneer” gebring het.
Die ANC het Zuma ingevolge sy grondwet aangekla omdat hy die MKP gestig het en sy verkiesingsveldtog ondersteun het.
“Dit (die uitlek van die dokument) is 'n doelgerigte poging van (pres.) Cyril Ramaphosa se ANC om president Zuma te ondermyn.
Newzroom Afrika @Newzroom405 video berig: Nhlamulo Ndhlela, woordvoerder van die MK Party, sê die vinnige wending in die skorsing van oudpresident Jacob Zuma is 'n bewys dat die wet en reëls altyd aangepas word wanneer daar met die voormalige staatshoof te doen is.
Business Live berig: Die skuif deur uMkhonto we Sizwe (MK), SA se amptelike opposisieparty, om vakbonde in sy groep te lok, is deur ontleders beskryf as het die potensiaal om die ANC verder te verswak deur te eet in die ondersteuningsbasis wat sy alliansievennoot Cosatu bied.
Ontleders het voorheen gewaarsku dat die invloed van Cosatu en die SAKP op regeringsbeleid en -wetgewing 'n knou gaan kry nadat die ANC sy volstrekte meerderheid tydens die waterskeidings-verkiesing verloor het, wat byna 17 persentasiepunte van 57% in 2019 tot 40% in 2024 gedaal het.
Maroela Media berig: FUL ook hof toe oor Hlophe John Hlophe, leier van die MK-party in die Nasionale Vergadering, het die week nóg teenkanting gekry ná sy aanstelling om in die Regterlike Dienskommissie (RDK) te dien.
Maroela Media berig: Solidariteit: ‘Ons sal aanhou tot NGV tot ʼn val kom’ Solidariteit het nie op hom laat wag nie en dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, tereggewys oor sy uitlatings oor die Nasionale Gesondheidswet.
Landboucom berig: Swak tot matige La Niña-stelsel die komende somer verwag
Die La Niña-stelsel wat Suid-Afrika se weerstelsels in die komende somer kan beïnvloed, gaan later as verwag ontwikkel en kan ook moontlik ’n piek bereik voor 2025.
Friday Jul 26, 2024
Friday Jul 26, 2024
Netwerk 24 berig: EFF-lid wil ‘Boer moer’: DA en VF Plus wil hom laat aankla Die DA en VF Plus wil ’n EFF-raadslid strafregtelik laat aankla wat Donderdag op ’n rumoerige stadsraad vergadering in die Tshwane-metro gesê het hy wil graag ’n “Boer moer” omdat hy “die bloed van ’n Afrikaner” soek.
Die vergadering was deurentyd chaoties omdat die ANC en EFF se raadslede geweier het dat Cilliers Brink, burgemeester, enigsins praat. Die vergadering is tot verdere kennisgewing uitgestel.
Hoewel Obakeng Ramabudo, bra teësinnig, om verskoning gevra het vir sy Boer-uitlating, wil die DA nogtans met stappe teen hom voortgaan en hom ook by die Menseregtekommissie (MRK) verkla.
“Dat hy om verskoning gevra het, maak nie sy haatspraak ongedaan nie,” sê Willie Aucamp, woordvoerder van die DA.
Maroela Media berig: DA MRK toe oor EFF-lid wat wil ‘boer moer’ Hy wil ʼn ‘boer moer omdat hy die bloed soek van ʼn Afrikaner’, het ʼn EFF-raadslid Donderdagmiddag in ʼn Tshwane-raadsvergadering gegil.
Maroela Media berig: ‘Jy sal nie só met die Afrikaner praat’ “Die VF Plus sal nie toelaat dat die Afrikaner op hierdie wyse verneder en gedreig word nie.”
Kyk ook na die video: MorningShot video: EFF's OUTRAGEOUS call for Violence | "Craving to Moer an Boer"
Die SAPD berig via ‘n mediaverklaring: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Mpumalanga het saam met die ProvJOINT-struktuur, insluitend die departement van binnelandse sake en ander rolspelers soos Polisie-intelligensie, 'n vermoedelike militêre opleidings basis in Witrivier ontbloot en 95 buitelandse burgers in verband met die ontdekking.
Netwerk 24 berig: AfriForum kap staat se waterplan Die burgerregteorganisasie AfriForum het die dept: water en sanitasie se waterplan, gekritiseer omdat dit hoofsaaklik klem lê op grootmaatwaterprojekte sonder om aandag te gee aan die opknapping van munisipale verspreidingsnetwerke.
Maroela Media berig: Rasherrie by Pta-skool: Ondersoek eerder departement se ‘boeliegedrag’ ʼn Gautengse prokureur vra daar moet ernstig gekyk word na die provinsiale departement van onderwys oor hoe hulle 12 leerders van die Pretoria High School for Girls hanteer het.
Die Olimpiese spele begin vanaand in Parys, Frankryk. Netwerk 24 berig Veiligheid nog verder opgeskerp ná aanval op treinstelsel Niemand het nog aanspreeklikheid aanvaar vir die gekoördineerde aanvalle op Frankryk se hoëspoed-spoornetwerk nie.
Maroela Media berig: Stormweer: Kaapstad bekommerd oor begrafnisse dié naweek
“Ons spanne is byderhand om te verseker bedrywighede verloop so glad as moontlik onder die omstandighede, maar as die voorspelling hou, sal daar waarskynlik ʼn impak wees.”
Thursday Jul 25, 2024
Thursday Jul 25, 2024
Dirk Hermann skryf: Solidariteit gee regering se planne om gesondheidsorg te sentraliseer ‘n bloedneus. Nou vir die NGV se finale uitklophou.
Netwerk 24 berig: Hof trek streep deur artikels wat DG toelaat om voor te skryf waar dokters werk
Die regering se magte om aan dokters voor te skryf waar hulle moet werk, is nou ongrondwetlik verklaar.
Die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag ’n deel van die huidige Nasionale Gesondheid wet, spesifiek art. 36 tot art. 40, as irrasioneel verklaar en dit uit die wet gesny.
Regter Anthony Miller het dié artikels, wat bekend staan as die sertifikaat van behoefte (SVB)-skema, as irrasioneel beskryf omrede daar geen verband is tussen die skema, die implementering daarvan en die doel waarvoor dit ingestel is nie.
News 24 berig: Solidariteit se uitvoerende hoof, dr Dirk Hermann, het gesê die uitspraak regverdig jare se harde werk en volgehoue ondersteuning van die publiek en rolspelers in die mediese bedryf wat die wetgewing teenstaan.
“Hierdie uitspraak is ’n groot slag vir die hele NGV-idee aangesien die beginsel van sentrale bestuur ’n kern pilaar van die NGV-wet is.
“ ’n Meer uitgebreide gevolg van hierdie uitspraak met betrekking tot die behoefte sertifikaat is dat dele van die NGV-wet nou waarskynlik ook in beginsel onwettig is.
“Die NGV in sy huidige formaat kan nie geïmplementeer word nie aangesien die essensie van die NGV sentrale beplanning is – en dit is nou ongrondwetlik bevind,” het Hermann gesê.
Solidariteit loods “Jy hoort hier!” veldtog. Dirk Hermann skryf: Jy hoort hier! | Maroela Media Ek is deel van ʼn Trekkergeslag met my gesig na Afrika. Hulle dog Boer is ʼn skeldnaam, maar ek dra dit met trots diep in my hart.
Zizi Kodwa bedank as ANC-LP uit die parlement.
Netwerk 24 berig: EFF-raadslid wil graag ’n ‘boer moer’ Hy wil graag ’n “boer moer” omdat hy die “bloed van ’n Afrikaner soek”, sê ’n EFF-raadslid van die Tshwane-metroraad.
Obakeng Ramabodu het Donderdag ’n rumoerige raadsvergadering ingelui met bewerings dat Cilliers Brink, burgemeester, nie respek vir swart mense het nie en dat Tshwane “deurtrek is van rassisme”.
Ramabodu beskuldig Grandi Theunissen, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, daarvan dat hy swart mense in sy kantoor afgedank en met “Afrikaners” vervang het.
Netwerk 24 berig: Brink na MRK oor 'gruwelike haatspraak' Cilliers Brink, burgemeester van Tshwane, wil die Menseregtekommissie (MRK) nader oor die "gruwelike haatspraak" wat Donderdag in 'n stadsraadvergadering gehoor is.
Dit volg op 'n rumoerige vergadering waar Obakeng Ramabodu van die EFF onder meer gesê het hy wil "graag 'n Boer moer" omdat hy die "bloed van 'n Afrikaner soek".
Raadslede van die EFF en ANC is omgekrap omdat hulle meen Brink is in openbare uitsprake neerhalend teenoor swart mense en gee voor hulle is "inherent korrup en dronklappe".
SANW lei nou wagte vir verkeer- en misdaadvoorkoming in Gauteng op berig Defence Web
Maroela Media berig: Kaapstad oor nóg reën gewaarsku Kapenaars het die afgelope twee dae sonskynweer geniet ná gietende reën, maar Woensdagoggend weer met eendeweer wakker geword.
Wednesday Jul 24, 2024
Wednesday Jul 24, 2024
Die SABC berig: Julius Malema, leier van EFF, sê president Cyril Ramaphosa se politieke reis skep vermoede dat die regering van nasionale eenheid nie onlangs geskep is nie. Malema het gister aan die debat oor die Presidensie se begrotingsstemming deelgeneem.
Hy het beskuldigings van die hand gewys dat hy die president beledig het deur te sê Ramaphosa se pa was 'n polisiebeampte tydens apartheid.
President Ramaphosa het Maandag aan Malema gesê dat hy hom en sy pa sowat twee jaar gelede in die Nasionale Vergadering beledig het.
MK Party se koukusleier, dr John Hlophe, bevraagteken waarom daar geen portefeuljekomitee is wat toesig hou oor die Presidensie nie, wat staatsbeheerde maatskappye beskerm wat verantwoordelik is vir 27% van die BBP.
eNCA berig: Opposisiepartye waarsku president Cyril Ramaphosa om nie te gemaklik te raak in die regering van nasionale eenheid nie.
Die MK Party, EFF en ATM beloof om die Phala Phala-plaasdiefstalsaak in 2020 voort te sit.
Dirk Hermann skryf: Solidariteit stamp pilaar van NGV in hof om. Artikel 36 - 40 van Nasionale Gesondheidswet, wat regering mag gee om te bepaal waar mediese praktisyns praktiseer, is deur hooggeregshof ongrondwetlik verklaar. Uitspraak beteken dele van NGV-wet waarskynlik onwettig.
Netwerk 24 berig: Hof beslis dis ongrondwetlik om vir dokters te sê waar hulle mag praktiseer Die artikels in die Nasionale Gesondheidswet wat die regering die mag gee om vir dokters te sê waar hulle mag praktiseer, is ongrondwetlik.
Hierdie belangrike uitspraak is Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria gelewer.
Solidariteit het artikels 36 tot 40 van die wet in die hof uitgedaag.
Hierdie artikels gee die regering die mag om vir dokters te sê waar hulle moet werk.
Volgens Solidariteit kan die nuwe wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NVG), soos dit nou daar uitsien, nie ná vandag se uitspraak geïmplementeer word nie.
Bloomberg berig: Suid-Afrika se inflasiekoers het in Junie effens gedaal, wat 'n ses maande laagtepunt bereik het en die sentrale bank moontlik aangemoedig het om later vanjaar te oorweeg om leenkoste te verminder.
Verbruikerspryse het in Junie met 5,1% gestyg teenoor 'n jaar tevore, vergeleke met 5,2% in die vorige maand, het Pretoria-gebaseerde Statistieke Suid-Afrika Woensdag in 'n verklaring op sy webwerf gesê.
12 Pretoria Girls High-leerlinge geskors te midde van bewerings van rassisme.
Maroela Media berig: Biden lewer Woensdag laaste groot toespraak Joe Biden sal Woensdag sy laaste toespraak uit die Withuis se Oval Office lewer en sal dan na verwagting sy redes verskaf oor waarom hy nie aan vanjaar se verkiesing in November gaan deelneem nie.
Tuesday Jul 23, 2024
Tuesday Jul 23, 2024
Die DA het 'n dringende aansoek in die Wes-Kaapse hooggeregshof geloods om John Hlope te verbied om sy posisie op die RDK in te neem hangende 'n Deel B-hersieningsaansoek wat daarop gemik is om die Parlement se besluit om hom as ongrondwetlik en ongeldig aan te stel tersyde te stel.
Maroela Media berig: DA hof toe oor Hlophe op RDK Die DA weier om vir lief te neem met die feit dat ʼn uitgeskopte regter op dieselfde liggaam gaan dien wat hom vroeër aan growwe wangedrag skuldig bevind en in ʼn staat van beskuldiging geplaas het.
Netwerk 24 berig: DA hof toe oor Hlophe Die DA gaan ook in die hof kapsie maak teen die aanstelling van dr. John Hlophe, voormalige regter-president van die Wes-Kaap en MK se leier in die parlement, in die Regterlike Dienskommissie (RDK).
Helen Zille, federale voorsitter van die DA, het Dinsdag in 'n verklaring gesê die party het reeds hofstukke in die hooggeregshof in Kaapstad hieroor ingedien.
Die DA voel Hlophe kan nie in die RDK dien nie omdat dit juis die instelling is wat bevind het dat hy nie bevoeg is om 'n regter te wees nie nadat hy aan wangedrag skuldig bevind is.
News 24 berig: Dit is irrasioneel en teenstrydig met die onafhanklikheid van die regbank dat die Parlement 'n verwyderde regter aan die Regterlike Dienstekommissie (RDK) toewys om deel te neem aan prosesse om regters aan te stel, sê Helen Zille, DA se federale uitvoerende voorsitter, in 'n dringende aansoek by die hooggeregshof. John Hlophe, MK Party-LP, te verbied om 'n setel in die kommissie op te neem.
Die DA het Vrydag die dringende interdik in die Wes-Kaapse hooggeregshof geloods om Hlophe te keer om 'n setel in die RDK op te neem.
In hofstukke het die DA Hlophe, speaker van die Nasionale Vergadering, die RDK, MK Party en ander partye wat in die Parlement verteenwoordig is, as respondente aangehaal.
Die tweedelige aansoek poog ook om die Nasionale Vergadering se besluit om Hlophe as een van sy verteenwoordigers op die RDK aan te wys, te hersien en tersyde te stel.
Newzroom Afrika @Newzroom405 video AfriForum het die konstitusionele hof genader om voormalige Wes-Kaapse hooggeregshofregter John Hlophe uit die Regterlike Dienskommissie te verwyder. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van Afriforum, sê 'n regter wat aangekla is, kwalifiseer nie om besluite te neem oor watter aspirant-regters geskik is om in die pos te wees nie.
Ramaphosa onderteken die wetsontwerp op klimaatsverandering.
Maroela Media berig: Afrikaans se saak by Laerskool Mikro bepleit Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het reeds aangedui dat die besluit geneem is om volgende jaar ʼn Engelse gr. R-klas by dié skool in te stel.
Maroela Media berig: Harris kap na Trump en beloof oorwinning Die Amerikaanse visepresident Kamala Harris het haar verkiesingsveldtog met ʼn venynige persoonlike aanval op Donald Trump van stapel gestuur en onderneem om in November die verkiesing te wen ondanks pres. Joe Biden se onttrekking.
Monday Jul 22, 2024
Monday Jul 22, 2024
Rapport berig op sy voorblad: AfriForum vra hoogste hof: ‘Skop Hlophe uit!’
AfriForum veg nou in die konstitusionele hof om te keer dat John Hlophe, uitgeskopte regter-president van die Wes-Kaap, in die land se waghondliggaam vir regters dien.
Hlophe se teenwoordigheid in die Regterlike Dienskommissie (RDK) ondermyn die geloofwaardigheid en onafhanklikheid van die regbank, het Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van AfriForum, gister gesê.
Dié burgerregteorganisasie se hofstukke is reeds elektronies beteken aan die speaker van die parlement, Hlophe en die MK-party, waarvan hy die leier in die parlement is. Dit sal in die komende week by die konstitusionele hof ingedien word.
Maroela Media berig: Regterlike skandaal: AfriForum se kruistog teen Hlophe Die Konstitusionele Hof word versoek om te verklaar dat John Hlophe se aanstelling irrasioneel, onregmatig en in stryd met die Nasionale Vergadering se grondwetlike plig is.
Sunday World berig: President Cyril Ramaphosa hou vol Julius Malema het steeds politieke leiding nodig. Ramaphosa het Malema, EFF-leier, berispe omdat hy persoonlike aanvalle gerig op Ramaphosa in die parlement geloods het.
Ramaphosa het Maandag tydens 'n gesamentlike sitting in Kaapstad se middestad gereageer op die parlement se debat oor die opening van die parlementsrede. Malema het Vrydag tydens sy debat oor die opening van die parlement beweer dat Ramaphosa, wat die stigtersleier van die National Union of Mineworkers is, 'n sagte lewe geniet het toe mede-kamerade onder apartheid gely het.
Maroela Media berig: LS Mikro kry dalk gou Engelse leerders Ouers aan dié Afrikaanse skool in Kuilsrivier sê hulle is nie behoorlik in die proses geken nie en is bang dat die skool eersdaags heeltemal kan verengels.
AfriForum het ’n dringende vertoë aan die beheerliggaam en hoof van Laerskool Mikro gerig om die skool se enkelmedium Afrikaanse taalbeleid te handhaaf. Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat die skool oorweeg om in 2025 ’n Engelse Graad R-klas in te stel.
Die skool in Kuilsrivier, ’n omgewing met inwoners wat oorwegend Afrikaanssprekend is, het in 2005 bekendheid verwerf met ’n stryd om dit ’n Afrikaanse laerskool te hou. Sedertdien is dit simbolies van Afrikaanssprekendes se behoefte aan onderrig in eie taal en van die noodsaak van moedertaalonderrig. Die skool se sosiale media bewys die gemeenskap se trots op hulle Afrikaanse kultuur in ’n tyd waar baie omliggende skole reeds gedeeltelik of geheel en al verengels het.
Maroela Media berig: Demokrate loof Biden; Republikeine eis bedanking “Wie regeer ons land nou? Dis nie slinkse Joe nie, hy het geen benul waar hy is nie. As hy nie aan die presidensiële verkiesing kan deelneem nie, kan hy nie ons land regeer nie,” het oudpres. Donald Trump op Truth Social geskryf.
Moontlike teenstanders vir Donald Trump is Kamala Harris, Michelle Obama of Hillary Clinton. Ted Cruz voorspel Michelle Obama of Camila Harris sal kandidaat in Joe Biden se plek wees.
SA se lekkerste lamsvleis kom van die Vrystaat | berig Maroela Media. Honderd skaap- en 50 bokboere van reg oor Suid-Afrika het aan die Lamb Champs-kompetisie deelgeneem om die beste lam- en bokvleis in die land te bepaal.









