Episodes
Monday Jun 03, 2024
Monday Jun 03, 2024
Kallie Kriel @kalliekriel video: Verkiesing 2024: Hier is ’n kort bestekopname wat ek sommer gou opgeneem het en ’n paar gedagtes oor @afriforum en ons gemeenskappe se pad vorentoe.
Die volgende scenario’s kan uitspeel: Nuusagenda video: #Election24 scenario’s
Opsie 1. ANC, DA, IVP en ander veelparty vennote
Opsie 2. ANC, EFF en PA. Eise van onteiening sonder vergoeding van EFF
Opsie 3. ANC en MK. Ramaphosa nie meer president nie.
Maroela Media berig: Ramaphosa gaan nêrens – Mbalula Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, sê die party het die mense van Suid-Afrika “hard en duidelik” gehoor en dat ʼn proses van hernuwing en herlewing dringend gevolg sal word. Niemand sal egter aan hom voorskryf wat die leierskap betref nie.
Beeld skryf op sy voorblad Alle oë nou op CR en Steenhuisen
“My lig is nog nie uitgedoof nie,” het pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand skertsend gesê nadat die finale verkiesingsuitslae aangekondig is en midde- in gesprekke oor koalisieregerings of ’n regering van nasionale eenheid wat momentum kry.
Die ANC het geskiedenis gemaak toe hy die eerste keer in drie dekades sy greep op ’n volstrekte meerderheid in die parlement verloor het.
’n Ontspanne Ramaphosa het die kwinkslag gemaak in klaarblyklike verwysing na sprake dat sy dae getel kan wees ná die ANC se swak vertoning in die verkiesing.
Sy Mamabolo, hoof van die Verkiesingskommissie, het per abuis na Rama¬phosa verwys as “extinguished” eerder as “distinguished”, waarop Rama¬phosa hom skertsend gekorrigeer het.
Ramaphosa het in sy toespraak by die bekendmaking van die uitslae gesê: “Of ons daarvan hou of nie, die mense het gepraat.”
Wat dié verkiesing duidelik gemaak het, is dat die mense van Suid-Afrika van hul leiers verwag om saam te werk en in hul behoeftes te voorsien, het Ramaphosa gesê.
Die ANC se nasionale uitvoerende komitee vergader Dinsdagoggend oor die pad vorentoe. Na verwagting sal ’n koalisie¬regering met partye soos die DA en die moontlikheid van ’n regering van na¬sionale eenheid ter sprake kom.
Netwerk 24 berig: Zuma lei MK se koalisiegesprekke in KZN MK is reeds besig met koalisiegesprekke om te verseker dat hy in die regerende stoele in KwaZulu-Natal se provinsiale wetgewer kan sit.
SABC berig: Die stigter van die MK Party en die man wat die party by die OVK geregistreer het (Jabulani Khumalo) gaan die OVK s'n van oudpresident Jacob Zuma as die leier van die party uitdaag in die verkiesingshof wat in die Gautengse hooggeregshof in Johannesburg sit. Die party het die 2024-peilings wat na vore gekom het, betwis met beduidende resultate nasionaal en in die KZN en Mpumalanga provinsie.
Dirk Hermann foto’s: Wat doen ons na die verkiesing verby is? Ons bou verder….Kyk hoe vorder die spinternuwe 400- bedkoshuis van Sol-Tech, Die Plaashuis. Só sluit ons ‘n alliansie met die toekoms, al gebeur wat.
Maroela Media berig: Sterftes, skade ná oorstromings in Oos- en Wes-Kaap In Gqeberha is ʼn 39-jarige polisiekonstabel Saterdagaand dood toe die polisievoertuig waarin hy ʼn passasier was weens slegte weerstoestande omgeslaan het.
Friday May 31, 2024
Friday May 31, 2024
Die Burger berig op sy voorblad ‘Skaakmeester’ Zuma sorg vir slagting, meen ontleders
Of jy hom nou ’n slagoffer, ontwrigter of skaakmeester noem: Jacob Zuma se MK-party het volgens ontleders vir ’n slagting gesorg.
Nadat die telproses teen Donderdag 20:00 by net meer as ’n derde van die stemdistrikte landwyd afgehandel is, het MK op nasionale vlak derde gestaan, ’n kortkop voor die EFF, albei op net meer as 9%.
In KwaZulu-Natal het MK 42,5% van die steun gehad.Die ander wenner in vanjaar se verkiesing lyk na die PA, wat nasionaal op 3,5% in die vyfde plek was. In die Wes-Kaap was hy derde met meer as 11% van die stemme, terwyl die DA daar net bo die 50%-kerf was.
Die “slagting” in KwaZulu-Natal maak ’n ANC-meerderheid op nasionale vlak wiskundig gesproke bykans onmoontlik, sê die politieke ontleder Lukhona Mnguni.
Maroela Media berig: ANC ‘in ontkenning’ oor ondergang Dit is duidelik dat die ANC bloei. Vir die eerste keer in 30 jaar gaan hy sy meerderheidswurggreep op die nasionale regering verloor en as die ANC nasionaal wil regeer, gaan die party ʼn groot koalisievennoot benodig.
Maroela Media berig Onafhanklike ondersoek gevra ná probleme op stemdag Die IRR sê probleme by stempunte kan daartoe lei dat kiesers vertroue in die Verkiesingskommissie (OVK) verloor.
Netwerk 24 berig EFF braak gal oor OVK se ‘onbevoegdheid’ Die ineenstorting van die Verkiesingskommissie (OVK) se grootskerm waarop dit nasionale en provinsiale stemuitslae vertoon, beklemtoon die “onbevoegdheid en onvermoë” van die OVK om Suid-Afrika se demokrasie te beskerm, beweer die EFF. Die OVK se webtuiste het Vrydagoggend vir ure lank geen data oor die stemme wat getel is, weerspieël nie.
Dawie Scholtz @DawieScholtz Nasionale projeksieopdatering, met 27% getel: ANC 41,3%, DA 21,8%, MK 13,8%, EFF 9,2%, IFP 3,8%, PA 2%, VF+ 1,5%, ActionSA 1%, Rise 0.4%, BOSA 0,4%. Stem opkoms: 58,3%
CSIR 🇿🇦 @CSIR skryf: Met 51.5% van VD's verklaar, projekteer ons #SAelections voorspellingsmodel ANC 40.5%, DA 21.7%, MK 14.6%, EFF 9.4%, PA 2% op die Nasionale Stembrief.
Sowetan LIVE @SowetanLIVE video: Minister van polisie, Bheki Cele, sê sowat 50 mense is tydens verkiesings gearresteer omdat hulle probeer het om die algemene verkiesing van 2024 te ontwrig.
Dirk Hermann @SolidariDirk skryf : Solidariteit gee regering weer pak in hof - aanstelling van Kubaanse ingenieurs onwettig. ANC se historiese verhouding met Kuba is vir hulle belangriker as lojaliteit teenoor burgers. Die regering was roekeloos met die Kubane. Dis vir dade soos die wat die kiesers die ANC straf.
Die SA Weerdiens verwag koue weerstoestande – insluitend sneeu – regoor hoogliggende dele in die land hierdie naweek.
Thursday May 30, 2024
Thursday May 30, 2024
Maroela Media berig: Lang rye eerder onbevoegdheid as hoër stemsyfer In sommige gevalle het kiesers eers Donderdag teen 03:00 klaar gestem, met die gevolg dat talle kiesers eerder nie gestem het nie.
Beeld berig op sy voorblad ‘Probleme versuur nie verkiesing ’ Suid-Afrikaners het gestem. Nou is alle oë op die telproses – en daarna, as die ANC se steun tot onder 50% daal, moontlike koalisiegesprekke.
Maroela Media berig Stemtellery begin ná lang toue, tegniese probleme Die finale uitslag word nie voor die naweek verwag nie, maar waarnemers hou die syfers wat drupsgewys begin inkom met ʼn valkoog dop om ʼn aanduiding te kry of die regerende ANC sy parlementêre meerderheid kwyt is.
eNCA @eNCA video: eNCA projekteer dat die ANC vir die eerste keer sy nasionale meerderheid in 'n demokratiese Suid-Afrika gaan verloor en rondom 45% behaal.
Dawie Scholtz @DawieScholtz skryf: News24-projeksie vir NASIONALE STEMMING: ANC 42,3% (-15,2), DA 21,8% (+1), MK 13,6% (+13,6), EFF 9% (-1,8), IVP 3,5% (+0,1), PA 2,2% ( +1.2) Buitengewone verkiesing! MK die sleutel dryfveer
Newzroom Afrika [KYK video] ANC-voorsitter Gwede Mantashe sê aan joernaliste dat die party ná die uitslae koalisies sal bespreek, hy sê ook oudpresident Jacob Zuma is nie 'n lid van die ANC nie.
Jaco Kleynhans @JacoKleynhans skryf: Kort verkiesingsuitslagopsomming sover:
Die ANC het hard pakslae gekry - selfs harder as wat baie verwag het. Hulle verloor sonder twyfel KwaZulu-Natal, waarskynlik ook Gauteng. Die ANC word verniel in die Wes-Kaap. Die ANC het byna ook beheer oor die Noord-Kaap en Vrystaat verloor - hopelik volgende keer.
Die probleme by stemlokale was egter onaanvaarbaar. Te veel mense wat nie gaan stem het en te lang rye wat mense ontmoedig het.
Die DA verras met sterk behoud van Wes-Kaap en groei in steun onder blankes, Indiërs en swart kiesers maar daling in steun onder bruin kiesers gaan hul pla.
MK doen selfs beter as verwag. Toon op desperaatheid van baie swart kiesers. Baie slegte en gevaarlike teken. Desperate mense sal vir radikale (selfs korrupte) groepe stem. EFF groei op sommige plekke en doen in ander (KZN, Wes-Kaap) maar vrot. Geen wesenlik groei vir hulle.
IVP stel teleur. Groei in dele van KZN maar verloor in ander weer steun na MK. Die momentum van twee of drie jaar gelede het nie na vanjaar se verkiesing deurgetrek.
VF Plus verloor deel van sy steun en kon nie op 2019 se momentum voortbou nie. DA het vertroue van baie Afrikaners terug gewen. Afrikaners het in baie hoë persentasie gaan stem. Ook blanke Engelse kiesers. In baie swart gebiede was daar verdere daling in stempersentasie.
Kleiner partye soos Action SA, Rise Mzansi, Bosa en andere duik in die hek. VF Plus staan net-net bo dit uit maar gaan sukkel om soos in 2019 as deel van 'n ander, kategorie beskou te word.
Netwerk 24 berig MK en EFF sal met ANC wil saamwerk – Duvenhage Sowel die EFF as MK sal ná die verkiesing met die ANC wil saamwerk, meen die politieke ontleder prof. André Duvenhage van die Noordwes-Universiteit.
Volgens hom wil Julius Malema, EFF-leier, terugkeer na sy oorspronklike politieke tuiste. “Dis koud buite die ANC.”
’n Swak vertoning in die verkiesing sal vir die EFF as verdere aansporing dien om saam met die ANC te werk.
Jacob Zuma het geen aspirasies om weer president of ’n parlementslid te word nie; hy wil net uit die tronk bly, sê Duvenhage.
“Zuma sal MK aan die ANC verkoop as ’n stuk politieke kapitaal om kwytskelding te kry.” Zuma het nie uit die ANC bedank voordat hy hom by MK aangesluit het nie.
Wednesday May 29, 2024
Wednesday May 29, 2024
Die OVK herhaal dat landsburgers slegs kan stem by 'n stemlokaal waar hulle geregistreer is. Die Kommissie gee 'n opdatering oor die stemming wat by verskeie stemlokale regoor die land plaasvind.
Dawie Scholtz @DawieScholtz skryf: ’n Belangrike opkomende tema: Dit lyk of dit baie stadiger gaan stem met die derde stemming en ander stelselkwessies. Voorbeeld: Edgemead Primêre Skool in Kaapstad Geregistreerde Kiesers: 3216 Gestem teen 13:15: 600 Opkoms: 19% teen 13:15. Baie stadiger as gewoonlik. Groot lyn. BLY IN RY.
Dirk Hermann @SolidariDirk skryf Nuutste Solidariteit-peiling onder lede. 96.35% gaan beslis stem. 2.33% gaan waarskynlik stem. 1% gaan waarskynlik nie stem nie. 0.33 glad nie stem nie. Met die vorige verkiesing het die stempatrone van Afrikaners bykans 100% ooreengestem met die van Solidariteit-lede.
Daar kan met vrymoedigheid gesê word dat Afrikaners oorweldigend gaan stem.
Indien die algemene stempersentasie van vanjaar se verkiesing tussen 60% en 65% sal Solidariteit-lede (waarskynlik ook Afrikaners) se stem tussen 40% en 50% meer tel as die res van die demografie.
Die hoë stempersentasie is ‘n protesstem. Mense is moeg vir die nutteloosheid van die ANC. Die ANC het nie net reggekry om die land in die grond te bestuur nie, maar het ook reggekry om minderhede te vervreem.
Kallie Kriel @kalliekriel skryf #SAelections2024: @afriforum se meer as 130 verkiesingswaarnemers was reeds vroeg landswyd uit die vere om teenwoordig te wees by die opening van die stemlokkale. #LaatJouStemHoor
Jacques Broodryk @JacquesBroodryk video Die @afriforum buurtwagte help om hul gemeenskappe te beveilig op stemdag.
MyBroadband berig: Die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) se webwerf het foute teruggegee toe sommige kiesers Woensdag na die stembus gegaan het. Die webwerf laat kiesers toe om te kyk waar hulle geregistreer is en watter stemlokaal hulle moet besoek. Deur na die OVK se webwerf te navigeer, het 'n generiese fout teruggestuur wat sê dat 'n probleem voorgekom het. Teen 10:15 kon kiesers weer hul registrasiestatus nagaan.
Netwerk 24 berig Probleme het vroegoggend opgeduik by stempunte in verskeie dele van die land.
Die probleme is egter nie groter as wat verwag is nie, sê Werner Horn, DA-verteenwoordiger in die skakelkomitee van politieke partye met die OVK.
Sowel die DA as die VF Plus het klagtes ontvang dat die stemmery by sommige stempunte nie voortgaan nie omdat die elektroniese kieserbestuurstoestelle in sekere dele vanlyn is.
Die kommer is dat kiesers weens die oponthoud die stempunte sal verlaat sonder om te stem en nie sal terugkom nie.
Volgens Horn is daar in die Noord-Kaap besluit om voort te gaan sonder dié toestelle. “Die toestelle is ’n manier om te voorkom dat kiesers twee keer stem. Daar is egter ander maniere om te kontroleer dat kiesers net een keer stem. Dit is deur hulle af te merk op die afgedrukte kieserslys en deur die inkmerke op duime.”
Netwerk 24 berig DA sal nié met ANC in koalisie tree – Steenhuisen Die DA is nie van plan om met die ANC in ’n koalisie te tree, kom die uitslag van Woensdag se algemene verkiesing nie.
Die land se probleme kan nie opgelos word met dieselfde mense wat vir daardie probleme verantwoordelik is om die tafel nie, sê John Steenhuisen, leier van die DA, Woensdag aan Netwerk24.
Netwerk 24 berig: OVK besorg oor ‘veldtog om verkiesing te ondermyn’ Die Verkiesingskommissie (OVK) is bekommerd dat daar reeds ’n georkestreerde poging is om die uitslag van Woensdag se verkiesing te ondermyn.
So het Sy Mamabolo, OVK-hoofkiesbeampte, Dinsdag op ’n mediakonferensie op die vooraand van die verkiesing by die kommissie se nasionale uitslagsentrum in Midrand gesê.
Hy het verwys na video’s wat die laaste paar dae op sosiale media versprei is oor mense van ’n sekere politieke party wat onwettig toegang tot OVK-pakhuise verkry het.
Tuesday May 28, 2024
Tuesday May 28, 2024
Die ANC sal waarskynlik minder as 50% van die nasionale stemme in die 2024 Suid-Afrikaanse algemene verkiesing ontvang, maar sal steeds die grootste party in die Parlement bly, volgens meningspeilings .
Netwerk 24 berig: ‘Perfekte storm is nodig’: Dít moet gebeur voordat ANC se steun só tuimel
Sonder politieke wensdenkery en emosionele uitsprake lyk dit na ’n uitgemaakte saak dat die ANC se steun kan tuimel met die grootste stempersentasie tot nog toe, en tot veel minder as die 57,5% wat hy met die nasionale verkiesing in 2019 gekry het.
Maar ’n perfekte storm sal nodig wees om die ANC se steun tot laag in die 40% af te druk, soos wat peilings by tye wys, sê Wayne Sussman, ’n verkiesingsontleder betrokke by die eNCA/Markdata-meningspeiling.
Vir dit om te gebeur, sal die ANC die meeste van sy steun in KwaZulu-Natal moet verloor en sal sy steun in Gauteng skerp moet afneem, want dié twee provinsies huisves saam 45% van Suid-Afrika se kiesers. Sussman meen die ANC sal steun van tussen 47% en 48% in die nasionale verkiesing behaal.
Vir die ANC om meer as ’n tiende van sy 1999-steun te verloor, sal die EFF van sy steun moet wegrokkel, die MK-party sal ook goeie steun in Mpumalanga moet kry, ActionSA se steun in Soweto sal momentum moet kry en die Patriotic Alliance sal van die landelike bruin stemme by die ANC moet afvat.
Sussman meen dit is onwaarskynlik dat die ANC se steun by die stembus tot net 44% sal daal soos die Social Research Foundation (SRF) se daaglikse peiling vandeesmaand by tye gewys het.
Maroela Media berig: DA hof toe oor Ramaphosa se TV-toespraak “Ramaphosa se manipulasie was berekend en ontwerp om ʼn invloed te hê op die uitslag van die verkiesing deur onverdiende lugtyd vir die ANC te verskaf.”
Om veiligheid te verseker te midde van spesiale stemming, het die regering sekuriteit in die Oos-Kaap en Kwazulu Natal versterk weens potensiële geweldsdreigemente. Fanie Masemola, nasionale polisiekommissaris, berig 500 lede van die openbare orde-polisiëring is oor hierdie streke uitgestuur, met 'n fokus op meer as 600 hoërisiko-stempunte en -brandpunte gedurende die verkiesingstydperk berig die SABC
Nuusagenda voorspelling : ANC - 45%, DA - 23%, MK - 10%, EFF - 9%, IVP - 3%, VF Plus – 1.8%, PA – 1.8 %, Action SA – 1,5%, ACDP 0.75% Rise Mzansi – 0.5%, Bosa – 0.3%, UDM 0.3% Res van partye nie partye wat meer as 3% gaan kry nie. Stempersentasie 63%
Maroela Media berig: Dis ANC vs. MKP in KZN Dít gaan na alle verwagting een van die taaiste verkiesings in dekades wees en die opgang van die MKP het spanning in KwaZulu-Natal, reeds berug vir politieke moorde, verder opgejaag.
’n Ramptoestand is in die Vrystaat en KwaZulu-Natal afgekondig ná swaar reën in April.
Hoogste Hof van Appèl se “Kill the Boer”-uitspraak laat boere in die steek; beklemtoon die belangrikheid daarvan om veiligheid in eie hande te neem
Die Hoogste Hof van Appèl se uitspraak dat die “Kill the Boer”-dreunsang nie haatspraak is nie, plaas beide boere en Afrikaners in gevaar. Verder werp die feit dat waarnemende appèlregter, Raylene Keightley, nie van hierdie saak onttrek is nie, nadat dit aan die lig gekom het dat sy in die verlede sterk, bevooroordeelde menings teen AfriForum uitgespreek het, ’n skadu oor hierdie uitspraak.
Monday May 27, 2024
Monday May 27, 2024
Business Live berig: In 'n ongekende stap op die vooraand van 'n algemene verkiesing, en met sy party wat die verlies van sy meerderheid vir die eerste keer in die gesig staar, het president Cyril Ramaphosa Sondagaand die openbare uitsaaier gebruik om die ANC se prestasies in die amp die afgelope vyf jaar uit te basuin.
Nadat Ramaphosa die belangrikheid van hierdie week se verkiesing aangespreek het en sekere verwante veiligheidskwessies hanteer het, het Ramaphosa die res van sy 30 minute lange toespraak aan die regering se suksesse bestee – van die hantering van Covid-19 tot die aanpak van korrupsie en geslagsgebaseerde geweld en die ondertekening van wet van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering.
Onder die dekmantel van 'n presidensiële toespraak het dit gelyk of Ramaphosa 'n laaste poging aanwend om kiesers van sy party se prestasies in die regering te oortuig.
Die OVK sê kiesers kan hul stemme net uitbring waar hulle geregistreer is, tensy hulle die kommissie formeel skriftelik in kennis gestel het dat hulle nie in daardie gebied sal wees nie.
Twee lede van Umkhonto Wesizwe (MK Party) is in Katlehong, Suidoos van Johannesburg, doodgeskiet.
Maroela Media berig: Vragmotors gekaap om paaie in Mthatha te versper Motoriste wat na Mthatha reis, is versoek om hul reisplanne uit te stel en die dorp heeltemal te vermy aangesien in- en uitgange deur betogende taxibestuurders versper word.
Pretoria FM berig Weermag se hulp ingeroep te midde van taxi-geweld in die Oos-Kaap
Die Oos-Kaapse departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid vra dat die weermag ontplooi word om te help om faksiegevegte tussen minibus-taxi-operateurs onder beheer te bring. Nadat geweld verlede week in dié provinsie uitgebreek en tot die dood van minstens drie mense gelei het, het taxi-operateurs in Mthatha vanoggend weer die strate ingevaar en hoofpaaie in dié stad geblokkeer. Dit sluit die N3 met al die afritte, die N2 in albei rigtings asook die R61 – in.
Maroela Media berig: Geweld ná verkiesing ‘baie moontlik’ “Suid-Afrika het ongelukkig ʼn geskiedenis van geweld wat tydens politieke gebeurtenisse opvlam.”
Dirk Hermann @SolidariDirk skryf: 97% van Solidariteit-lede gaan beslis stem. Dit beteken Solidariteit-lede se stem tel 40% - 50% meer as res van demografie. Hul gaan oorweldigend vir VF+ en DA stem. Pieter Groenewald en John Steenhuisen gee laaste boodskap aan Solidariteit-lede. Ek plaas video’s afsonderlik. DA video en VF Plus video
Maroela Media berig: ‘Geen ongerymdhede,’ sê OVK na video’s Verskeie video’s is in die plasing aangeheg waarin beweringe gemaak word dat daar met stembriewe by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se bergingsterreine in Chesterville en Hammersdale in KwaZulu-Natal gepeuter is.
Kallie Kriel video: #Verkiesing2024: @AfriForum se amptelike verkiesingswaarnemers en landswye netwerk van buurtwagte is gereed om daartoe by te dra dat die verkiesing op 29 Mei glad verloop. Jy kan dus met gerustheid seker maak dat jy wel gaan stem.
Solidariteit l NGV-Krisisberaad l video Hoor hier wat sê Dr. Anthea Jeffrey, Hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge oor die NGV. Gesels saam en hou ons blad dop vir nog boodskappe vanuit die NGV-Krisisberaad.
Friday May 24, 2024
Friday May 24, 2024
Die ANC steun bly daal en MK bly styg volgens SRF peiling vir 23 Mei 6 dae bewegende gemiddelde, 2.3% fout marge. Die peiling vir gister op ‘n 60% kiesers deelname sit die ANC op 40%, DA op 27.3%, MK op 13.6%, EFF 8.7%, ander partye 8.7% en IVP 1.7%.
Nuusagenda video: Verkiesing 2024 Scenarios vir die verkiesing
News 24 berig: As president Cyril Ramaphosa gedink het dat sy openbare ondertekening van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) tot stemme vir die ANC sou lei, het hy hom misgis.
In 'n ietwat ongewone stap het Ramaphosa verlede Woensdag die omstrede wetsontwerp te midde van groot praal en seremonie by die Uniegebou in Pretoria onderteken.
Sedert daardie datum het die Sosiale Navorsingstigting (SRF) se peiling 'n bestendige afname getoon vir die party wat Ramaphosa lei en wat die NGV-wetgewing deurgedruk het.
Die ANC se verlies blyk die DA en oudpresident Jacob Zuma se uMkhonto weSizwe (MK) Party se wins te wees, met albei partye wat 'n toename in steun toon. Die (MK) Party se groei in steun blyk meestal gedryf te word deur Zuma se tuisprovinsie, KwaZulu-Natal.
Op 15 Mei, teen 60% stempersentasie, het die ANC steun van 45,9% gehad. Oor die volgende twee dae het hierdie steun tot onder een persentasiepunt gegroei, en toe vanaf 17 Mei het dit 'n skerp afname begin toon.
Teen 22 Mei het die ANC se steun op 40,8% gestaan – 'n daling van vyf persentasiepunte oor vyf dae.
Mail & Guardian berig: Die ANC sal waarskynlik sy meerderheid in die Nasionale Vergadering verloor ná die verkiesing van 29 Mei.
Netwerk 24 berig: ANC het ‘heelwat opsies’ as hy nie meerderheidstem kry
Sou die ANC sy meerderheid in die verkiesing verloor, is daar heelwat opsies vir die party om ’n koalisieregering te vorm. Een daarvan is die moontlikheid van ’n regering van nasionale eenheid tussen die DA en die ANC, sê prof. Susan Booysen, navorsingsdirekteur van die Mapungubwe-instituut (Mistra) vir strategiese denke.
Maroela Media berig: ‘Zuma enigste leier en sal Uniegebou toe’ Jacob Zuma sê hy sal vir sy “regte” veg terwyl die MK-party (MKP) volhou Zuma is sy enigste leier en dat hy na die verkiesing in die Uniegebou sal wees.
Taxi-operateurs rondom Durban het begin met 'n staking wat groot dele van die stad tot stilstand gebring het nadat hulle die N3 naby die Pavilion Mall met 'n vragmotor en taxi's versper het. Die taxi-operateurs het eers Umgeniweg naby Durbanstasie met taxi's en brandende bande versper.
Dirk Hermann @SolidariDirk. Skryf Die grootste hofsaak, sedert 1994, het begin. Historiese stryd om die regering se obsessie met mag te keer. Hierdie keer wil hul mag oor ons gesondheid hê. Ons moet hul keer.
Die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) is ongeldig, sê Solidariteit in sy hofstukke wat later vandag op die regering beteken gaan word.
“Die kennisgewing in die Staatskoerant stel nie die wet in werking nie. Die kennisgewing voldoen nie aan die vereistes wat die NGV-wet bepaal vir inwerkingstelling nie. Enige aksie wat uit die kennisgewing voortvloei, sal onwettig wees,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.
Hierdie onthulling in Solidariteit se hofstukke kan die implementering van die NGV tot stilstand bring.
Business Live berig: Toelaes is die hoofbron van inkomste vir 23% van huishoudings, toon Stats SA-peiling. Meer as ’n derde van huishoudings in ANC-vestings is afhanklik van maatskaplike toelaes om brood op die tafel te sit, wat die land se vaskopstap weerspieël tussen maatskaplike welsyn in die wêreld se mees ongelyke samelewing en ekonomiese omsigtigheid. Die algemene huishoudingsopname deur Stats SA, wat die Oos-Kaap en Limpopo hoog plaas op die ranglys van huishoudings onder die hoof, toon dat maatskaplike toelae-begunstigdes van 13% in 2002 tot byna 40% in 2023 gestyg het.
Thursday May 23, 2024
Thursday May 23, 2024
Gareth van Onselen wys uit op X: SRF 60% opkoms nasionale baan vanaf gister. Iets ernstigs gebeur met ANC se stem aandeel. Moeilik om te sê wat dit presies dryf, maar MK en die DA is die duidelike begunstigdes. NGV en Zuma besluit? Basis steun dui daarop dat ANC-afname verlangsaam. Maar ernstige drop 'n week uit.
Volledige peilings hier met daaglikse opdatering : Social Research Foundation Daily Tracking Poll - South Africa's May 2024 National Election
EWN berig: Die First Rand Group het 'n interne memorandum aan sy bedryfsentiteite uitgereik met verwysing na moontlike landwye betogings deur lede van Jacob Zuma se MK Party tydens en na verkiesings. Die sekuriteitskennisgewing is as 'n mediumrisiko-ontleding van die bedreigings beskou.
Die memo is vandeesweek aan EWN uitgelek, met First Rand wat die legitimiteit daarvan bevestig het – hul antwoord: “Groot finansiële instellings soos FirstRand word verplig om voortdurend ontluikende risiko’s binne sy bedryfsomgewing te monitor.
Hierdie assesserings word op 'n deurlopende basis met die bedryfsentiteite gedeel om te verseker dat frontliniepersoneel ten volle ingelig en toegerus is om klantbehoeftes te voorsien en besigheidskontinuïteit te verseker."
EWN berig met video: Zoeloe-regimente (Amabutho KaZulu) wat by die ou KwaZulu-Natalse wetgewer in Ulundi aankom, aangesien alle tradisionele leiers in die provinsie deur koning Misuzulu KaZwelithini ontbied is om omstrede Ingonyama-trustraad te bespreek.
Dit is ten spyte daarvan dat die KwaZulu-Natalse Huis van Tradisionele en Khoi-San-leiers, onder voorsitterskap van die ANC-gebonde Inkosi Sifiso Shinga, aan die koning gesê het dit is “ontydig”. Shinga het gesê hulle moet die kwessies wat sommige amakhosi het met betrekking tot die bestuur van die Ingonyama Trust-raad, wat die grond administreer waaroor hulle in beheer is, uitstryk.
Video: Zoeloe-regimente het begin saamtrek in die Ou Ulundi-wetgewergebou waar koning Misuzulu KaZwelithini 'n vergadering van alle Amakhosi in KwaZulu-Natal belê het.
Bloomberg berig: Suid-Afrikaanse finansiële markte is vol optimisme terwyl kiesers gereed maak om hul stem uit te bring.
Daar is ’n wydverspreide oortuiging onder beleggers dat aandele, effekte en die rand ná die verkiesing op 29 Mei sal aanhou styg, veral omdat rekord-treffende kommoditeitspryse die uitvoere waarop Suid-Afrika se ekonomie staatmaak ’n hupstoot gee. In ’n Bloomberg-opname onder 26 beleggers in ontluikende markte was die meeste oorgewig of neutraal teenoor Suid-Afrika, en het gesê hulle verkies die land bo beleggings in Egipte of Nigerië, Afrika se twee ander kragstasies.
Dit is nog 'n merker van hoe dramaties beleggers van plan verander het oor Suid-Afrika, wat gely het onder jare se kragonderbrekings, swak ekonomiese groei en wanbestuur. Onlangse meningspeilings het voorgestel dat die regerende African National Congress sy meerderheid in die Parlement sal verloor, maar genoeg stemme sal wen om te verhoed dat hulle minder markvriendelike mededingers as koalisievennote moet aanstel.
Die volgende ontledings oor die verkiesing uitslag word aanbeveel:
Burning Platform video : Pre - Election Special with Wayne Sussman and Dawie Scholtz
BizNews video: Former DA leader Tony Leon on Election’24: Winners, losers and the Polls –
BizNews video: BNC London: Cronje Q&A - Coalition and electoral challenges post-May 29
Skokonthulling: Kraanwater in Parys vloei onbehandeld van rivier na krane. ’n Ingenieursverslag wat in opdrag van AfriForum oor die toestand van die Parys-watersuiweringsaanleg opgestel is, toon dat onbehandelde rivierwater by dié aanleg, sonder selfs die mees basiese waterbehandeling, direk in die dorp se waternetwerk gepomp word. Daarbenewens toon die verslag dat uiteenlopende basiese instandhoudingswerk op die aanleg nie gedoen word nie, dat die aanleg swak bestuur word en dat nuwe infrastruktuur wat geïnstalleer is, reeds foutief is. Dié en verskeie ander kritieke bevindinge is vervat in ’n volledige verslag wat spruit uit ’n besoek wat AfriForum op 9 Mei by die watersuiweringsaanleg afgelê het.
Wednesday May 22, 2024
Wednesday May 22, 2024
IOL berig: Paul Mashatile, adjunkpresident van die ANC, het gesê die African National Congress (ANC) het nog 30 jaar nodig om huise te bou, werksgeleenthede te skep, paaie en infrastruktuur te bou en te verseker dat die dienste aan almal gelewer word. Hy het gesê hulle het baie gedoen oor die afgelope 30 jaar, maar het by die mense gepleit om hulle meer tyd te gee om hul langdurige beloftes na te kom en meer mense te bereik. Toe hy in 1994 aan bewind verkies is, het die ANC die burgers 'n "beter lewe" vir almal belowe.
Die grootste verloorders hierdie verkiesing gaan die kiesers wees wat presies sal kry waarvoor hulle gestem het...wys 🆂🆃🅰🆃🆂 & 🅵🅰🅲🆃🆂 @stats_fact uit
Netwerk 24 berig Tweespalt in MK: Zuma se dogter ‘vervals sy handtekening in OVK-brief’ Jabulani Khumalo, uitgeskopte stigterslid van die MK-party, hou vol dat oudpres. Jacob Zuma die pos van president en leier van die party onregmatig bekom het.Dit is daarom dat Khumalo nou die kieshof op ’n dringende grondslag nader en vra dat dié hof sy skorsing uit die party tersyde moet stel.
Die IVP het sy voorneme verklaar om koalisies met die ANC of die uMkhonto weSizwe Party (MKP) in KwaZulu-Natal te vermy, selfs al skiet dit nie daarin om 'n meerderheid in die komende algemene verkiesing te verseker nie.
Netwerk 24 berig: EFF glo hy gaan KZN regeer – maar peiling wys MK loop ver voor Hulle is daarvan oortuig dat die EFF ná die verkiesing van 29 Mei die regerende party in KwaZulu-Natal gaan wees, sê dié party.Hulle is ook nie bang vir oudpres. Jacob Zuma se MK nie, sê Marshall Dlamini, sekretaris-generaal van die EFF.
Volgens ’n peiling van die TV-nuuskanaal eNCA en MarkData loop MK tans voor wat steun betref in KwaZulu-Natal. Volgens die peiling geniet MK tans 46,4% van die steun in die provinsie, gevolg deur die IVP (14,5%), die DA (12,2%), die ANC (11,1%) en die EFF (6,7%).
Zingiswa Losi, president van Cosatu, sê die land sal in die hande van rassiste val sou die ANC die verkiesings verloor. Zingiswa Losi, president van Cosatu, het gesê Suid-Afrika staan 'n kans om soos Orania te lyk sou die ANC die verkiesing later vandeesmaand verloor.
Jacques Broodryk @JacquesBroodryk video @afriforum buurtwagte is gerat vir enige onstuimigheid wat tydens die verkiesingstyperk mag ontstaan.
Maroela Media berig: AfriForum slaggereed om verkiesing te monitor “Verkiesings moet vry en regverdig wees, sonder enige inmenging of intimidasie van kiesers. Dít is vir AfriForum van kardinale belang en daarom het ons ook onafhanklike waarnemers opgelei vir hierdie taak.”
Nuusagenda video: #Bela. Angie sing nuwe deuntjie na groot kritiek.
Netwerk 24 berig: ‘Afrikaans werk en ons gaan daaruit leer’ – Motshekga Die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) gaan nie Afrikaans as moeder- en onderrigtaal in openbare skole in Suid-Afrika vernietig nie, sê Angie Motshekga, minister van basiese onderwys.
“Afrikaans as taal in die land werk en ons gaan eerder daaruit leer. Ons gaan niks doen om dit te vernietig nie,” het sy Dinsdag gesê. Sy het onderwysbelanghebbendes by die Motheo TVET-kollege in Bloemfontein toegespreek oor ontwikkelings rakende haar departement se moedertaalgebaseerde tweetalige onderwysprogram (MTO).
AfriForum sê minister se uitlatings oor moedertaalonderrig is blote oëverblindery Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, se mees onlangse uitlatings oor die waarde van moedertaalonderrig en haar departement se waardering vir Afrikaanse skole, is blote oëverblindery in aanloop tot die verkiesing in die lig van die groeiende teenstand teen die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die BELA-wetsontwerp). Dit is die mening van AfriForum nadat die minister gister Afrikaanssprekendes probeer gerusstel het dat die wetsontwerp glad nie Afrikaanse skole teiken nie.
Kallie Kriel @kalliekriel Gerrie Nel en sy span by @afriforum se privaatvervolgingseenheid se net span al hoe nouer om Fikile Mbalula. Dit was 'n lang proses om tot hier te kom, maar al vat dit tyd, sal geregtigheid geskied.
Maroela Media berig Mbalula se ‘Dubai-vakansiedossier’ skep talle vrae AfriForum se privaatvervolgingseenheid sê die eenheid is nou selfs meer oortuig dat daar gronde vir ’n saak teen Mbalula is.
Te midde van toenemende spanning oor die voorsiening van veilige drinkwater aan inwoners van Parys en die omliggende nedersettings gaan AfriForum sowel as verskeie plaaslike gemeenskapsorganisasies, gemeenskapsleiers en inwoners van Parys, Tumahole en Schonkenville eerskomende Donderdag (23 Mei 2024) opruk na die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit. Dié groepe se gemeenskaplike dors na geregtigheid én skoon drinkwater laat hulle nou saam standpunt inneem teen dié munisipaliteit se onvermoë om skoon drinkwater aan die nagenoeg 50 000 inwoners van Parys en die omliggende nedersettings te bied.
Tuesday May 21, 2024
Tuesday May 21, 2024
Maroela Media berig: Zuma steeds op stembrief Die hof se beslissing dat oudpres. Jacob Zuma nie as presidentskandidaat in die verkiesing kan staan nie, het skynbaar min gedoen om sy ondersteuners se entoesiasme te demp.
Jabulani Khumalo, stigter van die MK Party, het die verkiesingshof op 'n dringende basis genader om sy verwydering as leier van MK onwettig te verklaar aangesien hy beweer sy handtekening is vervals. Die hof het ingestem om die aangeleentheid te bereg en kan dit doen sonder dat 'n verhoor nodig is.
Netwerk 24 berig: MK-stigter hof toe oor leierskap van party Met slegs agt dae voor die verkiesing kry die stryd om die leierskap en presidentskap van die uMkhonto weSizwe (MK)-party ‘n nuwe hoofstuk by.Jabulani Khumalo, uitgeskopte stigter van MK, het ‘n dringende hofaansoek in die kieshof in Bloemfontein gebring om sy pos as leier en president van die party terug te kry.
eNCA peiling video vandag . Dit plaas MK as die 3de grootste party in SA verby die EFF
Voor volgende week se verkiesings toon die jongste eNCA Mark Data-peiling dat die Umkhonto weSizwe-party in die KwaZulu-Natalse provinsie lei. Die party, gelei deur oudpresident Jacob Zuma, sit op 46,4 persent gevolg deur die IVP met 14,5 persent.
RW Johnson skryf op BizNews: Swart stemverdeling toon Nguni-oorheersing van ANC verby
Die groot verskynsel van Suid-Afrika se 2024-verkiesing was die ontstaan en groot sukses van Jacob Zuma se MK-party – die jongste ENCA-peiling wys dit is reeds die derde grootste party en binne sig van die 50%-kerf in KwaZulu-Natal.
Die MKP is in werklikheid net die jongste splinterparty van die ANC. Eers was daar Bantu Holomisa se UDM, toe COPE, toe die EFF en nou MK. Dit was kwalik verbasend dat ons gevind het dat respondente op die ENCA-peiling gedink het dat die ANC se agteruitgang sekerlik sal voortduur en dat dit waarskynlik sal aanhou skeur. Maar die peilingsdata het ons ook in staat gestel om die verskillende groot swart partykiesers (IVP, ANC, EFF en MKP) aan mekaar te meet.
Business Live berig: KwaZulu-Natal kan 'n broeiplek van politieke sluipmoorde word ná die verkiesing van 29 Mei gegewe die waarskynlikheid van politieke herbelyning, wat die regerende ANC se verkiesingsmeerderheid kan verminder. Dit is volgens 'n verslag wat Maandag deur die Global Initiative Against Transnational Crime vrygestel is.Meer as 19 munisipale raadslede is sedert die plaaslike munisipale verkiesing in November 2021 in KwaZulu-Natal vermoor. Sedert Februarie 2023 het ses uit agt politieke sluipmoorde wat in die land aangeteken is, in verskeie dele van die provinsie plaasgevind, waar 20,7% van SA se 27 miljoen geregistreerde kiesers woonagtig is.
Netwerk 24 berig: Meer as 200 stempunte in KZN as brandpunte geïdentifiseer Die polisie in KwaZulu-Natal het meer as 200 stempunte as moontlike brandpunte bestempel, minder as twee weke voordat Suid-Afrikaners hul kruisie gaan trek. Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, sê meer as 17 000 polisielede en ander veiligheidspersoneel sal na die provinsie se 4 874 stempunte ontplooi word om te verseker dat die verkiesing glad verloop.
ZANewsFlash berig: Koning Misuzulu KaZwelithini het 'n impromptu vergadering van alle tradisionele leiers in die provinsie belê. Die vergadering wat Donderdag in Ulundi gehou word, is 'n eerste poging om terug te stoot teen die Minister van Landbou, Grondhervormings en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza om amakhosi te ontneem van hul magte om toestemmings te teken om grond te beset. noem 'n imbizo soortgelyk aan die een wat sy oorlede pa in 2018 gebel het toe die regering probeer het om die Ingonyama Trust te ontbind en die Zoeloe-stamgrond onder sy sorg oor te neem.
Maroela Media berig: 99% van Solidariteit-lede gaan stem “Indien die algemene stempersentasie van vanjaar se verkiesing tussen 60% en 65% is, sal Solidariteit-lede se stem tussen 40% en 50% meer tel as die res van die demografie.”
Maroela Media berig: Verkiesing 2024: 10 faktore wat invloed kan hê Die totstandkoming van nuwe politieke partye, die insluiting van onafhanklike kandidate, ʼn swakker regerende party, voortgesette onsekerheid en ʼn behoefte aan verandering en ekonomiese herlewing onderstreep die belang van die verkiesing op 29 Mei, sê prof. Theo Neethling.
Hoe die ANC se “balance of power” werk. Goeie gevallestudie en verduideliking op Morning Shot oor die #NHI. Ook hoekom jy sterk burgerlike organisasies moet hê en nie moet verwag dat die sakesektor sal opstaan teen die ANC.









